Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
België - Wikipedia

België

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Koninkrijk België
Royaume de Belgique
Königreich Belgien
Vlag van België Landswapen van België
(Vlag van België) (Landswapen van België)
Nasionale leuse: Nederlands: Eendracht maakt macht; Frans: L'union fait la force; Duits: Einigkeit macht stark
(Afrikaans: Eendrag maak mag
)
België se ligging
Amptelike tale Nederlands, Frans, Duits
Hoofstad Brussel
Grootste stad Brussel
Koning van die Belge Albert II
Eerste Minister Guy Verhofstadt
Oppervlakte
 - Totaal
 - % water
Gelys 136ste
30 510 km²
6,20%
Bevolking
 - Totaal (2005)
 - Bevolkingsdigtheid
Gelys 78ste
10 364 388
342/km²
Onafhanklikheid 1830
BNP
  - Totaal (2004)
  - BNP per capita
Gelys 30ste
VSA-$ 316,2 biljoen
VSA-$ 30 600
Geldeenheid Euro (€)1
Tydsone
 
UTC+1
Somertyd: UTC+2
Volkslied La Brabançonne
Internet TLD .be
Skakelkode +32
1 Voor 1 Januarie 2002: Belgiese Frank.

Die Koninkryk van België (Nederlands: Koninkrijk België; Frans: Royaume de Belgique; Duits: Königreich Belgien) is 'n land in noordwes Europa begrens deur Nederland, Duitsland, Luxemburg en Frankryk. België het 'n bevolking van meer as tien miljoen mense in 'n gebied dertig-duisend vierkante kilometer groot. België lê op 'n kulturele kruispad tussen die Germaanse Europa (met Nederlandssprekende mense in die noorde, die Vlaminge) en die Romaanse Europa (met Franssprekende mense in die suide). Twee hooftale word in België gepraat: Nederlands—soms nie-amptelik Vlaams genoem—in Vlaandere in die noorde; en Frans, in Wallonië in die suide. Die hoofstad, Brussel, is amptelik tweetalig, maar die meerderheid van die inwoners praat Frans. 'n Amptelik erkende minderheid Duitse sprekers is in die ooste gesetel. Die linguistieke diversiteit lei gereeld tot politieke konflik, en word weerspieël in België se ingewikkelde regeringstelsel en politieke geskiedenis.

België se naam is afgelei van die gebiede se eerste benoemde inwoners, die Belgae, 'n groep van meestal Keltiese stamme, en van die Romeinse provinsie in noordelike Gallië, wat as Gallia Belgica bekendgestaan het. Geskiedkundig was België deel van die Lae Lande, wat ook Nederland en Luxemburg ingesluit het en 'n effens groter gebied as die huidige Benelux-stategroep gedek het. Van die einde van die Middeleeue tot die sewentiende eeu, was dit 'n vooruitstrewende handel- en kultuurmiddelpunt. Van die sestiende eeu tot met onafhanklikheid in 1830 was België, op daardie stadium die Suidelike-Nederlande genoem, die terrein van baie veldslae tussen die Europese moondhede, en is dit die "die vegkamp van Europa"[1] genoem. Meer onlangs was België 'n stigterslid van die Europese Unie en huisves dit die hoofkantore daarvan, sowel as dié van ander belangrike internasionale organisasies, soos NAVO.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Die Sewentien Provinsies (oranje, bruin en geel gebiede) en die Bisdom van Liège (groen gebied). Vir 'n detail beskrywing, kyk Sewentien Provinsies.
Vergroot
Die Sewentien Provinsies (oranje, bruin en geel gebiede) en die Bisdom van Liège (groen gebied). Vir 'n detail beskrywing, kyk Sewentien Provinsies.
Episode van die Belgiese Revolusie van  1830, Egide Charles Gustave Wappers (1834), in die Antieke Kunsmuseum, Brussel
Vergroot
Episode van die Belgiese Revolusie van 1830, Egide Charles Gustave Wappers (1834), in die Antieke Kunsmuseum, Brussel

Oor die afgelope twee millennia het die gebied wat nou as België bekendstaan beduidende demografiese, politiese en kulturele skommelings ondervind. Die eerste goed gedokumenteerde bevolkingsbeweging was die verowering van die gebied deur die Romeinse Republiek in die 1ste eeu v.C., in die 5de eeu gevolg deur die Germaanse Franke. Die Franke vestig die Merowingiese koninkryk, wat in die 8ste eeu die Karolingiese Ryk geword het. Tydens die Middeleeue, word die Lae Lande verdeel in menige klein feudale state. Meeste daarvan is in die loop van die 14de en 15de eeue deur die huis van Boergonje as die Boergondiese Nederlande verenig. Die state bereik 'n mate van selfbestuur in die 15de eeu en is daarna die Sewentien Provinsies genoem.

Die geskiedenis van België kan vanaf die 16de eeu onderskei word van die van die Lae Lande. 'n Burgeroorlog, die Tagtigjarige oorlog (1568–1648), het die Sewentien Provinsies in die Verenigde Provinsies in die noorde en die Suidelike Nederlande in die suide verdeel. Die suidelike provinsies is opeenvolgend deur die Spaanse en Oostenrykse Habsburgers geheers. Tot met onafhanklikheid was die Suidelike Nederlande gesog deur talle Franse veroweraars en was dit die teater vir meeste van die Frans-Spaanse en Frans-Oostenrykse oorloë tydens die 17de en 18de eeue. Na die Veldtogte van die Franse Revolusionêre Oorloë in 1794, is die Lae Lande—insluitend gebiede wat nooit onder Habsburgbeheer was nie, soos die Bisdom van Liège—deur Frankryk oorrompel wat 'n einde gebring het aan die Spaans-Oostenrykse heerskappy in die gebied. Die hereniging van die Lae lande as die Verenigde Koninkryk van die Nederlande het aan die einde van die Franse Ryk in 1815 plaasgevind.

Die 1830 Belgiese Revolusie lei tot die vestiging van 'n onafhanklike, Katolieke en neutrale België onder 'n voorlopige regering. Sedert die inhuldiging van Leopold I as koning in 1831, is België 'n grondwetlike monargie en parlementêre demokrasie. Tussen onafhanklikheid en die Tweede Wêreldoorlog het die demokratiese stelsel ontwikkel van 'n oligargie gekenmerk deur twee hoofpartye, die Katolieke en die Liberale, na 'n algemene stemregstelsel wat 'n derde party, die Belgiese Arbeiders Party insluit, en 'n sterk rol vir die vakunies. Oorspronklik was Frans, wat die aangenome taal van die adelstand en die bourgeoisie was, die enigste amptelike taal. Die land het sedertdien 'n tweetalige Nederlands-Franse stelsel ontwikkel.

Die Berlyn Konferensie van 1885 kom ooreen om die Kongo aan Koning Leopold II as sy private besitting, genaamd die Kongo Vrystaat, te oorhandig. In 1908 is dit as 'n kolonie aan België gesedeer, hierna die Belgiese Kongo genoem. België se neutraliteit is in 1914 geskend toe Duitsland België as deel van die Schlieffenplan ingeval het. Die voormalige Duitse kolonies Ruanda-Urundi — nou bekend as Rwanda en Burundi — is in 1916 deur die Belgiese Kongo beset. Die gebiede word in 1924 deur die Volkebond aan België as mandaatgebiede toegeken. België is in 1940 weer tydens die blitzkriegoffensief deur Duitsland ingeval. Die Belgiese Kongo verkry sy onafhanklikheid op 30 Julie 1960 tydens die Kongo Krisis, en Ruanda-Urundi word in 1962 onafhanklik.

Na die Tweede Wêreldoorlog sluit België by NAVO aan, en; vorm saam met Nederland en Luxemburg die Beneluxnasiegroep. België was ook een van die stigterslede van die Europese Ekonomiese Gemeenskap. België huisves die hoofkantore van NAVO en 'n groot deel van die Europese Unie se instellings en administratiewe owerhede, insluitend die Europese Kommissie, die Raad van die Europese Unie en meeste van die sessies van die Europese Parlement. Gedurende die 20ste eeu, en in besonder sedert die Tweede Wêreldoorlog, is die geskiedenis al hoe meer oorheers deur die outonomie van sy twee hoof taalgemeenskappe. Die tydperk word gekenmerk deur 'n styging in tussen-gemeenskap spanning, en die eenheid van die Belgiese staat kom in die kollig.[2] Deur middel van grondwetlike hervorminge in die 1970's en 1980's, lei regionalisering van die unitêre staat tot die daarstel van 'n drievlakstelsel van federalisme, linguistieke gemeenskap en streeksregerings, 'n kompromis wat daarop gemik is om taalspanning te minimeer. Deesdae hou die federale entiteite meer wetgewende mag as die nasionale tweekamerparlement.

[wysig] Politiek

Koning Baudouin (Nederlands: Boudewijn) in 1969
Vergroot
Koning Baudouin (Nederlands: Boudewijn) in 1969

België is 'n grondwetlike populêre monargie en parlementêre demokrasie wat na die Tweede Wêreldoorlog ontwikkel het van 'n unitêre staat tot 'n federasie. Die tweekamerparlement bestaan uit 'n senaat en 'n Kamer van Verteenwoordigers. Die eersgenoemde is 'n mengsel van direk verkose senior politici en verteenwoordigers van die gemeenskappe en geweste; terwyl laasgenoemde alle Belge agtien jaar en ouer in 'n proporsionele kiesstelsel verteenwoordig. België is een van die min lande met verpligte stemmery het en dus een van die hoogste verkiesingsdeelname ter wêreld het.[3]

Die federale regering, voorheen deur die koning benoem, moet die vertroue van die Kamer van Verteenwoordigers hê. Dit word deur die Eerste Minister gelei. Die aantal Nederlands- en Franssprekende ministers is gelyk soos vereis deur die Grondwet.[4] Die Koning of Koningin is die staatshoof. Hy of sy het egter slegs beperkte prerogatiewe. Werklike mag is gevestig in die Eerste Minister en die verskillende regerings wat die land regeer. Die regstelsel is gegrond op Siviele reg en het sy oorsprong in die Napoleontiese kode. Die appèlhof is een vlak laer as die Hof van Cassation, 'n instelling gegrond op die Franse Cour de cassation.

België se politieke instellings is kompleks; politieke mag is grootliks georganiseer ter ondersteuning van verteenwoordiging van die die hooftaalgroepe. Sedert ongeveer 1970 het die belangrike nasionale Belgiese politieke partye verdeel in afsonderlike komponente wat hoofsaaklik die belange van die twee gemeenskappe verteenwoordig. Die belangrikste partye in elke gemeenskap behoort tot drie hoof politiese families: die regtervleuel Liberale, die sentristiese Christen Demokrate, en die linkervleuel Sosiaal Demokrate. Ander belangrike jonger partye is die Groenpartye en, veral in Vlaandere, die nasionaliste en verregse partye. Politiek word beïnvloed deur drukgroepe, soos vakunies en sakebelange in die vorm van die Verbond van Belgiese Ondernemings (Frans: Fédération des Entreprises de Belgique; Nederlands: Verbond van Belgische Ondernemingen).

Albert II,  Koning van die Belge
Vergroot
Albert II, Koning van die Belge

Die huidige koning, Albert II, het Koning Baudouin in 1993 opgevolg. In 1999 het Eerste Minister Guy Verhofstadt van die VLD 'n ses-party Liberaal-Sosiaal Demokrate-Groen koalisie, baiekeer "die reënboog regering" genoem. Dit was die eerste regering sonder die Christen-Demokrate sedert 1958.[5] In die 2003 verkiesings, het Verhofstadt 'n tweede termyn in die amp gewen en 'n Liberaal-Sosiaal-Demokrate koalisie van vier partye gelei.[6] Meer onlangs het die volgehoue groei van die Vlaamse ultra-regse nasionaliste separatiste party Vlaams Belang, die Vlaams Blok verbygesteek te midde van kommer oor rassisme wat deur die party voorgestaan word. [7][8]

'n Beduidende prestasie van die twee opeenvolgende Verhofstadt-regerings is die behaal van 'n begroting wat klop; België is een van die paar lidlande van die EU wat dit kon regkry. Die beleid is in die 1990's onder druk van die Europese Raad deur opeenvolgende regerings toegepas. Die val van die vorige regering word hoofsaaklik toegeskryf aan die dioksien krisis,[9] 'n groot voedselvergiftiging skandaal in 1999 wat gelei het tot die vestiging van die Belgiese Voedsel Agentskap.[10] Die voorval het uitgeloop op 'n ongewoon groot verteenwoordiging deur die Groenparty in die parlement, en groter klem op omgewingspolitiek in die eerste Verhofstadt regering. Een Groenbeleid het byvoorbeeld gelei tot die kernkraguitfaseringwetgewing, wat gedeeltelik deur die huidige regering aangepas is. Die afwesigheid van Christen-Demokrate in die regering het dit vir Verhofstadt moontlik gemaak om sosiale aangeleenthede uit 'n meer liberale oogpunt aan te pak en om nuwe wetgewing oor die gebruik van sagte dwelms, gay huwelik en genadedood deur te voer. Tydens die twee mees onlangse parlementsittings het die regering aktiewe diplomasie in Afrika,[11] aangemoedig, militêre ingryping in die Irakontwapeningskrisis teengestaan, en wetgewing aangaande oorlogsmisdade deurgevoer. Beide van Verhofstadt se termyne is gekenmerk deur dispute tussen die Belgiese gemeenskappe. Die hoof geskilpunte is die nagtelike lugroetes by Brussellughawe en die status van die verkiesingsdistrik Brussel-Halle-Vilvoorde.


[wysig] Gemeenskappe en geweste

België is verdeel in drie gemeenskappe en drie gebiede.
Vlaamse gemeenskap (Nederlandssprekend)
Vlaamse gemeenskap
(Nederlandssprekend)
Franssprekende gemeenskap
Franssprekende
gemeenskap
Duitssprekende gemeenskap
Duitssprekende
gemeenskap
Vlaamse gebied
Vlaamse gebied
Waalse gebied
Waalse gebied
Brusselhoofstadgebied
Brusselhoofstadgebied

Die land se grondwet is op 14 Julie 1993 aangepas om 'n unieke federale staat gegrond op drie vlakke:

  1. Die federale regering in Brussel.
  2. Die drie taalgemeenskappe:
    • die Vlaamse gemeenskap (Nederlandssprekend);
    • die Franse gemeenskap (Franssprekend); en
    • die Duitssprekende gemeenskap.
  3. Die drie gebiede (wat van die taalgemeenskappe verskil met betrekking tot die Duitssprekende gemeenskap en die Brusselgebied):
    • die Vlaamse gebied;
    • die Waalse gebied; en
    • die Brusselhoofstadgebied.

Konflikte tussen die liggame word deur die Arbitrasiehof besleg. Die reling maak voorsiening vir 'n kompromis wat verskillende kulture toelaat om vreedsaam met mekaar te lewe.

Die Vlaamse gemeenskap het die Vlaamse gebied in 1980 geabsorbeer om die regering van Vlaandere te vorm[12]. Die oorvleuelende grense van die geweste en gemeenskappe het twee noemenswaardige eienaardighede te weeg gebring: die Brusselshoofstadgebied word ingesluit in beide die Vlaamse en Franse gemeenskappe, en die gebied van die Duitssprekende gemeenskap lê geheel en al in die Waalse gebied. Die Vlaamse en Waalse geweste word verder onderverdeel in administratiewe entiteite, die provinsies.

Op die hoogste vlak van die drievlak-opstelling is die federale regering wat omsien na buitelandse sake, ontwikkelingsteun, verdediging, leër, polisie, ekonomiese bestuur, welsyn, sosiale sekuriteit, vervoer, energie, telekommunikasie, en wetenskaplike navorsing, beperkte vermoëns in onderwys en kultuur, en die toesig van belasting deur streeksowerhede. Die federale regering beheer meer as 90 persent van alle belasting. Die gemeenskapregerings is verantwoordelik vir die bevordering van taal, kultuur en onderwys - hoofsaaklik in skole, biblioteke en teaters. Die derde vlak is die gewesregerings, wat hoofsaaklik grond- en eiendomverwante sake soos behuising, vervoer, ens. hanteer. Byvoorbeeld, vir die bou van 'n skool word die boupermit vir 'n skoolgebou in Brussel wat aan die openbare skoolstelsel behoort deur die gewesregering van Brussel toegeken. Die skool as 'n inrigting val onder die regulasies van die Vlaamse regering as die primêre onderrigtaal Nederlands is, maar onder die Franse gemeenskapregering as die primêre taal Frans is.

[wysig] Geografie

 Brussel, Antwerpen, Gent, Charleroi, Liège, Brugge  en Namur is die sewe grootste stede van België
Vergroot
Brussel, Antwerpen, Gent, Charleroi, Liège, Brugge en Namur is die sewe grootste stede van België
Landskap in die Hautes Fagnes, in die Ardennes
Vergroot
Landskap in die Hautes Fagnes, in die Ardennes

België, met 'n oppervlak van 30 528 vierkante kilometer, het drie geografiese streke: die kusvlakte in die noordweste, wat deel uitmaak van die Noordseebekken, die sentrale plato, en die Ardennes hooglande in die suidooste. Die kusvlakte bestaan hoofsaaklik uit sandduine en polders. Polders is drooggemaakte gebiede, naby seevlak of onder seevlak wat van die see herwin is, waarvan dit beskerm is met dyke of verder in die binneland, deur velde wat met kanale gedreineer word. Die tweede geografiese streek, die sentrale plato, lê verder in die binneland. Dit is 'n golwende gebied wat geleidelik styg en baie vrugbare valleie het en deur waterweë bedien word. Daar is ook dele wat meer gebroke is met grotte en klein klowe.

Die derde geografiese gebied, genaamd die Ardennes, is meer ru as die eerste twee. Dit is 'n dig beboste plato, baie rotsagtig en nie baie goed vir boerdery nie, wat tot in die noorde van Frankryk strek. Dit is waar meeste van België se wild aangetref word. België se hoogste punt, die Signal de Botrange in die Hoë Vene-gebergte, teen slegs 694 meter (2 277 voet) is in die gebied geleë.

Die klimaat is maritiem-gematig, met beduidende neerslag in al die seisoene (Köppen klimaat klassifikasie: Cfb). Die gemiddelde temperatuur is 3°C (37°F) in Januarie, en 18°C (64°F) in Julie; die gemiddelde neerslag is 65 millimeter (2,6 duim) in Januarie, en 78 millimeter (3,1 duim) in Julie).[13]. In die Ardenne neem die maritieme invloed geleidelik af, en hier word jaarliks meer as 120 dae met temperature benede vriespunt aangeteken.

[wysig] Ekonomie

België is digbevolk en is geleë in een van die wêreld se mees geïndustrialiseerde gebiede.

Staalvervaardiging langs die Meuse by Ougrée, naby Liège.
Vergroot
Staalvervaardiging langs die Meuse by Ougrée, naby Liège.

België was die eerste kontinentale Europese land om die Industriële Revolusie in die vroeë 1800's te ondergaan. Die stede in die Waalse steenkoolbekkens, veral Liège en Charleroi, het naas die mynbou ook yster- en staalbedrywe ontwikkel wat tot in die middel van die 20ste eeu floreer het. Ander tipiese Belgiese nywerhede is glas, lood, sink, spoorewegmateriaal en -waens.

Die Vlaamse gebiede steun veral op die tekstielbedryf en voedselverwerking en -vervaardiging. Teen die 1840's beleef die tekstielnywerheid van Vlaandere egter 'n ernstige krisis en was daar hongersnood in Vlaandere (1846–50). Na die Tweede Wêreldoorlog het Gent en Antwerpen snelle uitbreiding van die chemiese en petroleum industrieë ondervind. Die 1973 en 1979 olie krisisse het die land in 'n langdurige resessie gewerp. Die belgiese staalbedryf het sedertdien ernstige agteruitgaan beleef. Dit was verantwoordelik dat die ekonomiese ontwikkeling van Wallonië kwaai ingeperk is.[14] In die 1980's en 90's het die ekonomiese middelpunt van die land aanhou noordwaarts skuif na Vlaandere. Deesdae is nywerheidsaktiwitiet gekonsentreer in die digbevolkte Vlaamse gebied in die Noorde.

Gouweloze kreek in die polderlandskap by Stene, Ostende
Vergroot
Gouweloze kreek in die polderlandskap by Stene, Ostende

Teen die einde van die 1980s het Belgiese makro-ekonomiese beleide kumulatiewe regeringskuld van ongeveer 120% van BBP tot gevolg gehad. Alhoewel die regering onlangs daarin geslaag het om sy begroting te balanseer, beloop openbare skuld tans byna 100% van BBP.[15] In 2004 is die reële BBP-groeikoers op 2,7% geskat[16] maar daar word verwag dat dit in 2005 na 1.3% sou val.[17]

Uitsig oor die Semoisrivier
Vergroot
Uitsig oor die Semoisrivier

België het 'n besonder oop ekonomie. Dit het uitstekende vervoerinfrastruktuur in die vorm van hawens, kanale, spoorweë en snelweë wat sy industrie met die van buurlande integreer. Antwerpen is die tweede grootste Europese hawe. As een van die stigterslede van die Europese Unie ondersteun België die uitbreiding van die magte van die EU instansies om die lede se ekonomië te integreer. In 1999, neem België die Euro, die Europese enkelgeldeenheid, aan, wat die Belgiese frank in 2002 vervang. Die Belgiese ekonomie is strek gefokus op buitelandse handel, veral in hoë waardetoegevoegte goedere. Die belangrikste invoere is voedselprodukte, masjinerie, ongeslypte diamante, petroleum en petroleumprodukte, chemikalieë, klere en bybehore, en tekstiel. Die hoofuitvoere is motors en motoronderdele, voedsel en voedselprodukte, yster en staal, geslypte diamante, tekstiel, plastiek, petroleum produkte, en nonferrous metale. Sedert 1922 het België en Luxemburg 'n enkele handelsmark binne 'n aksyns- en monetêre unie—die België-Luxemburg Ekonomiese Unie. Die hoof handelsvenote is Duitsland, Nederland, Frankryk, die Verenigde Koninkryk, Italië, die VSA en Spanje. België is nommer nege op die 2005 Verenigde Nasies Human Development Index.

[wysig] Demografie

Die bevolkingsdigtheid (342 per vierkante kilometer) is een van die hoogstes in Europa, na Nederland en sommige klein lande soos Monaco. Die gebiede met die hoogste bevolkingsdigtheid is die Brussel-Antwerpen-Gent-Leuven agglomerate, ook bekend as die Vlaamse Diamant, sowel as belangrike stedelike sentra soos Liège, Charleroi, Kortrijk, Brugge, Hasselt en Namur. Die Ardennes het die laagste digtheid. Teen 2005 het die Vlaamse gebied 'n bevolking van omtrent 6 043 161 gehad, Wallonië 3 395 942 en Brussel 1 006 749.[18] Byna die hele bevolking is stedelik (97.3% in 1999[19]). Die belangrikste stede en hulle bevolking is Brussel (1 006 749), Antwerpen (457 749), Gent (230 951), Charleroi (201 373), en Liège (185 574).[20]

Onze-Lieve-Vrouwekerk in Antwerpen
Vergroot
Onze-Lieve-Vrouwekerk in Antwerpen

Omtrent 60% van die land is Nederlandssprekend, 40% Franssprekend, en 1% Duitssprekend. Brussel is amptelik Frans-Nederlands tweetalig, maar meestal Franssprekend; dit het van 'n Nederlandsprekende plek ontwikkel tot 'n tans oorheersend Franse karakter toe die Belgiese staat, wat op daardie stadium Frans as amptelike taal gehad het (al het die meerderheid van die bevolking Nederlands gepraat), in 1830 onafhanklik geword het.

Beide die Nederlands wat in België gepraat word en die Belgiese Frans verskil effens in woordeskat en semantiese klem van die variëteite wat in Frankryk en Nederland gepraat word. Baie mense praat nog steeds dialekte van Vlaams en Waals. Die dialekte, saam met ander soos Picardies of Limburgs,[21] word nie in die openbare lewe gebruik nie.

Die laïque grondwet maak voorsiening vir geloofsvryheid, en die regering respekteer dit in die algemeen in praktyk. Volgens die 2001 Opname en Studie van Geloof,[22] identifiseer omtrent 47% van die bevolking hulleself as behorend tot die Katolieke kerk. Volgens die syfers is die Moslembevolking die tweede grootste geloofsgemeenskap teen 3,5%. Sedert onafhanklikheid het Katolisisme, counterbalanced deur sterkvryedenke en veral vrymesselaarbewegings, 'n belangrike rol gespeel in in België se politieke lewe, in besonder deur die Christen vakunie (CSC/ACV) en die Christen Demokrate partye (CD&V, CDH).

Die oorgrote meerderheid van Belge is Vlaams en Waals. Saam verteenwoordig hulle 'n bietjie meer as 85%. Daar is baie ander Europese bevolkings wat 'n groot en groeiende deel vorm soos Italiaanse, Franse, en Duitse, wat ongeveer 11,1% beslaan. Arabiese immigrante, meestal uit Marokko en Algerië, en Turkye tel meer as 3% van die totale bevolking.

98% van die volwasse bevolking is geletterd.[23] Onderwys is verpligtend van die ouderdom van ses tot 18, maar baie Belge hou aan studeer tot die ouderdom van omtrent 23. In 1999 het België teen 42% in verhouding die derde hoogste aantal 18–21-jariges onder die OECD-lande gehad wat vir na-sekondêre opvoeding geregistreer was.[24] Nogtans styg kommer in die afgelope aantal jare oor seker vorm van ongeletterdheid soos funksionele ongeletterdheid. In die tydperk 1994–98, ontbreek 18.4% van die bevolking funksionele geletterdheidvermoëens.[25] In 'n spieëlbeeld van die historiese politiese konflikte tussen die vryedenke en Katolieke segmente van die bevolking is die Belgiese onderwysstelsel verdeel in 'n laïque tak wat deur die gemeenskappe, die provinsies en die munisipaliteite beheer word en 'n gesubsidieerde godsdienstige—meestal Katolieke—tak wat deur beide die gemeenskappe en die godsdienstige owerhede beheer word—gewoonlik die dioceses. Daar moet daarop gelet word dat – ten minste vir die Katolieke skole – die godsdienstige owerhede baie beperkte mag oor die skole het.

[wysig] Kultuur

Fosses-La-Ville, Sint Brigide kapel (VIII-Xde eeu) - voorbeeld van Romaanse argitektuur in  België.
Vergroot
Fosses-La-Ville, Sint Brigide kapel (VIII-Xde eeu) - voorbeeld van Romaanse argitektuur in België.
Saint-Gilles (Brussel), Rue Defaqz, balkon van die huis Ciamberlani (1897 - Argitek: Paul Hankar - voorbeeld van Art Nouveau argitektuur in België.
Vergroot
Saint-Gilles (Brussel), Rue Defaqz, balkon van die huis Ciamberlani (1897 - Argitek: Paul Hankar - voorbeeld van Art Nouveau argitektuur in België.
Woluwe-Saint-Lambert Avenue de Tervuren 279, palais Stoclet (1905/1911) - Argitek: Joseph Hoffmann - voorbeeld van Art Nouveau argitektuur in België.
Vergroot
Woluwe-Saint-Lambert Avenue de Tervuren 279, palais Stoclet (1905/1911) - Argitek: Joseph Hoffmann - voorbeeld van Art Nouveau argitektuur in België.

Die Belgiese kultuurlewe neig om binne elkeen van die gemeenskappe gefokus te wees. Gedeelte elemente is minder belangrik aangesien daar geen tweetalige universiteite is nie, behalwe die koninklike militêre akademie, geen gemene media, en geen enkele groot gemene kulturele of wetenskaplike organisasie waar beide hoofgemeenskappe verteenwoordig is nie. Behalwe vir die verskille is België wel bekend vir die land se skone kunste en argitektuur.

Die gebied wat ooreenkom met vandag se België het die vooruitgang van belangrike kunsbewegings wat 'n reuse invloed op Europese kuns gehad het ondervind. Die Mosankuns, die vroeë Nederlandse skilderkuns, die Vlaamse Renaissance- en Barokskilderkuns, en belangrike voorbeelde van Romaanse, Gotiese, Renaissance- en Barokargitektuur, en die Renaissance sangmusiek van die Hollandse Skool het in die suidelike deel van die Lae Lande ontwikkel en is mylpale in kunsgeskiedenis.

Die ryk kuns uitset, baie keer in geheel na verwys as Vlaamse kuns, het in die tweede helfte van die 17de eeu geleidelik agteruitgegaan. Baie oorspronklike kunstenaars het egter gedurende die 19de- en 20ste eeue te voorskyn gekom. In musiek het Adolphe Sax die saxofoon in 1846 uitgevind. Eugène Ysaÿe was 'n belangrike 19de- en 20ste eeuse Belgiese violis. In argitektuur was Victor Horta 'n belangrike inisieerder van die Art Nouveaustyl. België het beroemde vorms van romantiese, ekspressioniste en surrealiste skilders opgelewer; dit sluit Egide Wappers, James Ensor, Constant Permeke en René Magritte in. Op 8 November 1948 lei die Belgiese skrywers Christian Dotremont en Joseph Noiret die stigting van die vereniging van skilders en literatore gedoop "CoBrA", na die naam van die 3 nasionale hoofstede van die lande waaruit die aanvanklik betrokke kunstenaars kom: Copenhagen, Brussel, Amsterdam). Dotremont en Noiret betrek later ook die skrywers Marcel Havrenne en Hugo Claus en die skilders Pol Bury, Pierre Alechinsky, Louis Van Lint, die etnoloog Luc de Heusch en die musikant Jacques Calonne in Brussel by die beweging.

In letterkunde het België verskeie bekende outeurs opgelewer soos die digters Emile Verhaeren, Jacques Brel en roman skrywer Hendrik Conscience en Georges Simenon. Die digter en toneelskrywer Maurice Maeterlinck het die Nobelprys vir letterkunde in 1911 ontvang. Die bekendste Frans-Belgiese strokiesverhale is Die avonture van Kuifie deur Hergé maar baie ander belangrike outeurs van strokiesverhale is Belgies, insluitend Edgar P. Jacobs, Marc Sleen, Willy Vandersteen en André Franquin.

Meers onlangs het vername filmregisseurs verskyn, meeste van hulle sterk beinvloed deur Franse filmkuns. Die gebrek aan 'n groot Belgiese filmmaatskappy het hulle gedwing om te emigreer of in lae-begroting produksies deel te neem. Belgiese regisseurs sluit Stijn Coninx, Luc en Jean-Pierre Dardenne in; akteurs sluit Jan Decleir, Marie Gillain in; en films sluit in Man Bites Dog en The Alzheimer Affair. In die 1980's het Antwerpen se Koninklike Akademie van die Skone Kunste belangrike mode toonaangewers, die Antwerpse Ses opgelewer.

België het ook bygedra tot die ontwikkeling van wetenskap en tegnologie. Die wiskundige Simon Stevin, die anatomis Andreas Vesalius en die kartograaf Gerardus Mercator is onder die meer invloedryke wetenskaplikes uit die begin van die Vroeë Modernisme in die Lae Lande. Meer onlangs, teen die einde van die 19de eeu, in toegepaste wetenskap, het die chemikus Ernest Solvay en die ingenieur Zenobe Gramme die Solvayproses en die Grammedinamo uitgevind. Georges Lemaître is 'n beroemde Belgiese kosmoloog aan wie die voorstel van die oerknalteorie van die begin van die heelal in 1927 toegeskryf word. Drie Nobelpryse in Sielkunde of Medisyne is aan Belge toegeken: Jules Bordet in 1919, Corneille Heymans in 1938, en Albert Claude en Christian De Duve in 1974. Ilya Prigogine is in 1977 die Nobelprys in Chemie toegeken.

Kim Clijsters tydens haar kwarteindfinaal wedstryd teen Martina Hingis by die Australiese Ope in 2006
Vergroot
Kim Clijsters tydens haar kwarteindfinaal wedstryd teen Martina Hingis by die Australiese Ope in 2006

Op 1 Desember 2005 is Vader Damien deur die Vlaminge as die Grootste Belg van alle tye gekies terwyl die Wale Jacques Brel gekies het.

'n Mens kan nie België se kultuurlewe verstaan sonder om die volksfeeste in ag te neem nie. Voorbeelde sluit die Karnaval van Binche, die Ducasse van Ath, die optog van die Heilige Bloed in Brugge, die 15de-Augustusfees in Liège, en die Waalse fees in Namur in. 'n Belangrike nie-amptelike vakansiedag is Sint Nicholasdag, wat die fees vir kinders herdenk en in Liège van die studente.

België is goed verteenwoordig in die sportwêreld—sokker en fietsry is veral gewild. Die nasionale sokkerspan is die Rooi Duiwels. Onder die bekende fietsryers het Eddy Merckx die Tours de France vyf keer gewen. België het ook twee huidige vroue-tenniskampioene: Kim Clijsters en Justine Henin-Hardenne.

Baie hoogsaangeskrewe restaurante kan in hoë-impak gastronomiese gidse soos die Michelingids aangetref word. Belgiese sjokolade handelsmerke soos Neuhaus, is wêreldbekend en word wyd verkoop; selfs die goedkoopste en gewildste handelsmerk, Leonidas, het 'n reputasie verwerf vir hulle kwaliteit. België produseer meer as 500 bier (alebiere, pils) variëteite (kyk Belgiese bier). Belge het 'n reputasie vir 'n voorliefde vir wafels en Pommes Frites (Belgiese aartappelskyfies), beide oorspronklik uit België; die nasionale kos is biefstuk of mossels met skyfies.

[wysig] Sien ook

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:

[wysig] Verwysings

[wysig] Notas

1.^  Nuttall encyclopedia
2.^  Taaldispuut verdeel België, BBC Nuus, 13 Mei, 2005
3.^  Election turnout in national lower house elections from 1960 to 1995, numbers from Mark N. Franklin's "Electoral Participation."
4.^  Constitution of Belgium Art. 99
5.^  Belgium's "rainbow" coalition sworn in, BBC News, 12 July, 1999
6.^  Composition of the Chamber of Representatives, on the official homepage of the Chamber, in French
7.^ Court says Vlaams Blok conviction is sound, Expatriate Online, 10 November, 2004
8.^ Court rules Vlaams Blok is racist, BBC News, 9 November, 2004
9.^ Dioxin contamination scandal hits Belgium: Effects spread through European Union and beyond, World Socialist Web Site, 8 June, 1999
10.^ History of the Federal Food Agency, at its official homepage
11.^ The Rwanda article at Tiscali.References shows an example of Belgium's recent African policies.
12.^ The official homepage of Flanders (Community and Region)
13.^ Eurometeo: The meteo at Brussels
14-15.^ US Department of State's report
16.^ National Bank of Belgium
17.^ Economic forecast of the Economist, 30 September, 2005
18,20.^ Official statistics of Belgium
19,24.^ United Nation Development Programme
21-22.^ Ethnologue.com published by SIL International
23.^ Digest of Education Satistics 2003, US National Education Statistics
25.^ International Religious Freedom Report 2004 at the US Department of State


Lande in Europa
Albanië | Andorra | Armenië1 | Azerbeidjan1 | België | Bosnië-Herzegowina | Bulgarye | Kroasië | Ciprus2 | Denemarke | Estland | Finland | Frankryk | Duitsland | Georgia1 | Griekeland | Hongarye | Ysland3 | Ierland | Italië | Letland | Liechtenstein | Litaue | Luxemburg | Macedonië | Malta | Moldawië | Monaco | Montenegro | Nederland | Noorweë | Oostenryk | Pole | Portugal | Roemenië | Rusland1 | San Marino | Serwië | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Switserland | Tsjeggië | Turkye1 | Oekraïne | Verenigde Koninkryk | Vatikaanstad | Wit Rusland
Afhanklikhede: Akrotiri and Dhekelia2 | Faroëreilande | Gibraltar | Guernsey | Jan Mayen | Jersey | Eiland Man | Svalbard
1. Land deels in Asië. 2. Geografies in Asië , maar gereeld beskou as deel van Europa agv kulturele en historiese oorwegings. 3. Land deels in Noord-Amerika


 
Europese Unie (EU)
Vlag van die Europese Unie
België | Ciprus | Denemarke | Duitsland | Estland | Finland | Frankryk | Griekeland | Hongarye | Ierland | Italië | Letland | Litaue | Luxemburg | Malta | Nederland | Oostenryk | Pole | Portugal | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Tsjeggië | Verenigde Koninkryk
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com