Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Burundi - Wikipedia

Burundi

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.


Republika y'u Burundi
République du Burundi
Landswapen van {{{algemene_naam}}}
Vlag [[]]
Nasionale leuse: Unité, Travail, Progrès (Frans)
Volkslied: Burundi bwacu
Ligging van
Hoofstad Bujumbura
3°30′S 30°00′E
Grootste stad Bujumbura
Amptelike tale Kirundi en Frans. Swahili word ook gebruik.
Regering
President
Republiek
Pierre Nkurunziza
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
- Datum
Van België
1 Julie 1962
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 E10 27 830 vk km  (142ste)
Bevolking
 - 2003 skatting
 - Digtheid
 
6 054 714 (99ste)
206,1 / vk km
BBP (PPP)
 - Totaal
 - Per kapita
2003 skatting

4 517 (142)
627(163)

HDI
Geldeenheid Burundiese frank (FBu) (BIF)
Tydsone
 - Somertyd
EET (UTC+2)
(UTC+2)
Internet TLD .bi
Skakelkode +257

Burundi is naas Rwanda die mees digbevolkte land in Afrika. Net soos sy buurstaat is dit 'n voormalige deelgebied van Duits-Oos-Afrika, wat later as mandaatgebied van die Verenigde Nasies 'n Belgiese administrasie kry. Albei lande word deur etniese konflikte tussen die Toetsi-minderheid en die meerderheid van die Hoetoe geteister.


Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Hoofartikel:Geskiedenis van Burundi

Burundi is oorspronklik die tuisland van die Hoetoe, 'n volk van akkerbouers. Tydens die 15de eeu vestig die Toetsi, veeboere wat vanuit die noorde na die gebied van die groot mere van Sentraal-Afrika getrek het, hulle in die gebied van die huidige Burundi en onderwerp die inheemse bevolking in 'n feodale stelsel. Omtrent 1500 word die Koninkryk Burundi opgerig.

In die laat 19de eeu kom Burundi saam met die aangrensende Rwanda onder die invloed van die Duitse Ryk en word as selfregerende sultanaat deel van Duits-Oos-Afrika. Troepe vanuit Belgies-Kongo verower die gebied in 1916 en stel 'n militêre bewind in. Burundi word saam met Rwanda ná die Eerste Wêreldoorlog deel van die Belgiese mandaatgebied Rwanda-Urundi.

In 1960 word die mandaatgebied weer in sy oorspronklike deelgebiede Rwanda en Burundi geskei. Die monargistiese Mwami- of Koninklike Party wen die eerste algemene verkiesing, wat in 1961 onder die toesig van die Verenigde Nasies plaasvind. Met die onafhanklikwording op 1 Julie van die volgende jaar word die monargistiese staatsbestel bybehou, tog bly die politieke en ekonomiese bemagtiging van die Hoetoe-meerderheid 'n ernstige vraagstuk wat die ontwikkeling van die land oorskadu. Ondanks 'n aantal maatreëls ter bevordering van die belange van die Hoetoe eis 'n opstand in 1959 duisende slagoffers onder die Toetsi. Die verdeeldheid van die politieke Toetsi-elite en etniese konflikte lei tot herhaalde staatsgrepe, en in Julie 1966 Koning Mwamboetsa IV afstand van die troon doen ten gunste van die nuwe maghebber Michel Micombero, wat op 28 November van dieselfde jaar die Republiek van Burundi uitroep. Hy bly diktatoriale staats- en regeringshoof tot die staatsgreep van 1976. Die burgeroorlog tussen Toetsi en Hoetoe in die sewentigerjare lei tot grootskaalse slagtings van veral opgeleide Hoetoe en politieke spanninge met Tansanië, wat as 'n toevlugsoord vir duisende Hoetoe dien.

Die etniese konflkite duur ook in die tagtiger- en negentigerjare voort. Burundi probeer herhaaldelik voordeel uit die burgeroorlog in die aangrensende Demokratiese Republiek van Kongo te trek, waarby die yl bevolkte landgebiede en natuurlike hulpbronne van die buurstaat 'n begeerlike objek vir Burundi se maghebbers maak.

[wysig] Politiek

[wysig] Geografie

Kaart van Burundi
Vergroot
Kaart van Burundi

Hoofartikel: Geografie van Burundi

[wysig] Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van Burundi

Burundi is die armste land in die wereld (BBP per capita: US$106 in 2005). Bestaansboerdery is die ekonomiese basis vir die grootste deel van die bevolking, wat maniok (broodwortels), piesangs, mielies, bone, rys en groente verbou. Katoen, koffie, tee en tabak is belangrike uitvoerprodukte. Die lae produktiwiteit van die veeteelt belemmer die opbou van uitvoermarkte, en net velle word in groot hoeveelhede bemark.

Vissery speel 'n belangrike rol as een van die skaars bronne van proteïen in die land, terwyl die bosbou deur die grootskaalse ontwouding en erosie geknel word.

Die industriële ontwikkeling van die land is weens die gebrek aan kapitaal, die lae binnelandse navraag en die ongunstige geografiese ligging beperk op die verwerking van voedselprodukte en klereproduksie. Die natuurlike hulpbronne van uraan, koper, kobalt en nikkel is nog nie ontgin nie.

[wysig] Mense

Hoofartikel: Mense van Burundi

[wysig] Kultuur

Hoofartikel: Kultuur of Burundi

  • Musiek van Burundi

[wysig] Ander

  • Kommunikasie van Burundi
  • Buitelandse verbande van Burundi
  • Militêr van Burundi
  • Vervoer in Burundi

[wysig] Regering

[wysig] Nuus

[wysig] Eksterne Skakels


 
Lande van Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Mauritanië | Mauritius | Marokko | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Principe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Wes-Sahara | Zambië | Zimbabwe

Afhanklike gebiede: Brits: Britse Indiese Oseaan Gebied - Sint Helena en afhanklikhede| Portugees: Madeiraeilande |

Spaans: Kanariese-eilande - Ceuta en Melilla | Frans: Mayotte - Réunion

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com