Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande - Wikipedia

Die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Prinsenvlag
Vergroot
Die Prinsenvlag

Die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande) (Nederlands: De Republiek der Zeven Verenigde Nederlanden) was die naam van die republiek wat ontstaan het tydens die Tagtigjarige Oorlog op die grondgebied van wat nou ongeveer Nederland is.

Die 7 Nederlande was die 7 gebiede wat deel uitgemaak het van die Republiek: Holland, Zeeland, Groningen, Utrecht, Friesland, Gelderland en Overijssel.

Drenthe en vanaf 1648 (Vrede van Münster) sowel as dele van Limburg, Zeeuws-Vlaandere en Brabant het ook aan die Republiek behoort, maar hierdie gebiede het nie die status van selfstandige provinsie gehad nie. Drenthe het in teenstelling met Zeeuws-Vlaandere, Brabant en Limburg wel oor 'n eie vergadering beskik; die ander drie gebiede is deur die Haagse State-Generaal bestuur.

[wysig] Geskiedenis

Vanaf 1568 kom die Nederlande in opstand teen die Spaanse oorheersing en in die besonder teen die Tiende Penning en die strafmaatreëls wat die hertog van Alva teen ketters neem. Hierdie opstand heet later die Tagtigjarige Oorlog.

As gevolg van onderlinge verdeeldheid verdeel die Nederlande in dele wat die opstand steun en dele wat die Spaanse koning (Philipp II) steun. In 1579 teken enkele noordelike dele die Unie van Utrecht, waarin hulle ooreenkom om gesamentlik in opstand te kom teen Spaanse oorheersing. Die Unie van Utrecht word op 26 Julie 1581 (volgens sommige bronne 22 Julie 1581) gevolg deur die Acte van Verlatinghe, waarin die noorde formeel onafhanklikheid verklaar.

Aanvanklik soek die Nederlande buitelandse leiers (Nederlands: landvoogden) om die bestuur op hulle te neem. Die inmenging van die Franse hertog van Anjou en enkele jare later die Engelse graaf van Leicester was egter nie suksesvol nie. Die Republiek besluit om selfstandig te word en hulself te bestuur.

By die Vrede van Münster word die nuwe Republiek amptelik erken as selfstandige nasie. Die Republiek gaan inmiddels 'n Goue Eeu deur en was 'n internasionale supermag op militêre, ekonomiese, kuns, wetenskap en politieke gebied. Die republiek verkry 'n indrukwekkende koloniale ryk.

Die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande verloor, vanaf die tweede helfte van die 17de eeu, geleidelik sy vooraanstaande posisie en speel 'n steeds kleiner rol in die internasionale wêreld. Verskillende duur oorloë en 'n swak ekonomiese beleid dra by tot hierdie posisie. In 1795 val Franse troepe die Republiek binne en stig die Bataafse Republiek. Hiermee kom 'n einde aan die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande. Na die Franse oorheersing word Nederland tot 1830 saam met België 'n monargie.

[wysig] Sewe?

Die Republiek omvat 8 lande en 3 'Generaliteitslande':

Daar word na die '7 Nederlande' verwys, omdat Drenthe te arm geag word en nie mee kon doen nie. Drenthe was tog nie 'n 'Generaliteitsland' nie en kon sy bestuur self hanteer.

[wysig] Politiek

Die Republiek bestaan uit sewe provinsies of gebiede, wat elk 'n groot mate van vryheid gehad het. Elke provinsie is bestuur deur 'n stadhouer en die Provinciale Staten. In teorie benoem en beheer die Provinciale Staten die stadhouer, in praktyk word die rol van stadhouer gereeld vervul deur lede van die Oranje-familie. Gedurende die bestaan van die Republiek was daar 'n deurlopende stryd tussen die Oranje-gesindes en die Regenten-gesindes.

Elke provinsie het verteenwoordiging in die State-Generaal gehad. Die State Generaal was gesetel in Den Haag en het hulle met landsake gebesig. Ook die bestuur van Drenthe, Brabant en Limburg was 'n taak van die State Generaal.

Gaandeweg ontwikkel die Republiek van 'n konfederasie na 'n federasie, om na die Franse Rewolusie oor te gaan na 'n eenheidstaat en 'n monargie, saam met die Suidelike Nederlande en die prinsbisdom Luik. Na die afskeiding van België ontstaan die moderne Nederland.

Die leuse van die Republiek was: Eendracht maakt macht ('n slagspreuk wat later deur België oorgeneem is en ook in Suid-Afrika gebruik is).

Gebruiklike name vir die Republiek van die Verenigde Nederlande:

  • Republiek van die Verenigde Nederlande
  • Republiek van die Verenigde Provinsies
  • Republiek van die Sewe Provinsies
  • Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande
  • Republiek van die Sewe Verenigde Provinsies
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com