Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Nederlands (taal) - Wikipedia

Nederlands (taal)

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Nederlands
Gepraat in: Nederland, België , Suriname, Aruba, Nederlandse Antille (die Nederlandse Antille bestaan uit Sint-Maarten, Sint-Eustatius, Saba, Bonaire en Curaçao), Indonesië, Suid-Afrika en Duitsland (grensgebiede). Ook groepe in Verenigde State van Amerika, Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Daar is ook andere groepe emigrante wêreldwyd.
Moedertaalpraters: 23 miljoen (met Afrikaans ongeveer 30 miljoen)
Totaal: 28 miljoen (met Afrikaans ongeveer 44 miljoen)
Rank: 37
Taalfamilie
Indo-Europees
  • Germaans
    • West-Germaans
      • Neder-Duits
      • Neder-Frankies
        • Nederlands
          • (Afrikaans)
Dialekte:
Kreole:
  • Berbice
  • Skepi
  • Petjoh
  • Afrikaans (halfkreool)
  • etc.
Amptelike status:
Amptelike taal: Nederland, België (Vlaandere en Brussel), Aruba, Nederlandse Antille (St.-Maarten, St.-Eustatius, Saba, Bonaire, Curaçao), Suriname en in die Europese Unie.

(Tot 1925 naas Engels in Suid-Afrika (volledig vervang deur Afrikaans), tot 1949 in Nederlands-Indië en tot 1960 in Belgies Kongo.)

Taalorganisasie: Nederlandse Taalunie
Taalcodes
ISO 639-1: nl
ISO 639-2(B): nld

Nederlands is 'n Wes-Germaanse taal wat deur omtrent 23 miljoen moedertaalsprekers in die wêreld gepraat word. Die totale aantal sprekers word geskat op omtrent 28 miljoen. Behalwe dat Nederlands die amptelike taal van Nederland is, is dit ook 'n amptelike taal in België (amptelike taal van die Belgiese deelstaat Vlaandere en naas Frans is Nederlands ook een van die twee amptelike tale in die Brusselse Hoofstedelike deelstaat).

In Frans-Vlaandere, 'n klein gebied in die noorde van Frankryk, word deur sommige mense nog Nederlandse dialekte as omgangstaal gepraat. Party praat vir hierdie dialekte liewer oor Wes-Vlaams, wat ook in die Belgiese provinsie Wes-Vlaandere gepraat word. Ook Nedersaksies (in Noordoos-Nederland en die aangrensende gebied in Duitsland) en Limburgs (in die Nederlandse en Belgiese provinsies Limburg) word deesdae dikwels beskou as van die verskillende tale wat in Nederland gepraat word.

Verder is Nederlands die amptelike taal van die Suid-Amerikaanse land Suriname en die eiland Aruba en die Nederlandse Antille. Aruba en die Nederlandse Antille is dan ook Nederlandse kolonies. Omtrent 95% van die grammatika en woordeskat in Afrikaans is presies dieselfde in Nederlands of het sy oorsprong in Nederlands.

In Suidoos-Asië is kennis van die Nederlandse taal dikwels 'n voorvereiste vir die studie van die geskiedenis en die regswetenskappe van Indonesië. In Indonesië self is daar nog steeds heelwat ou mense wat Nederlands verstaan en/of kan praat. Van die mense praat die kenmerkende Petjoh; 'n gekreoliseerde vorm van Nederlands. Dit word ook onder ouer mense van gemengde Nederlandse en Indonesiese afkoms (die sogehete Indo's of Indische Nederlanders) in Nederland gepraat.

In Noord-Amerika word teen die begin van die 20ste eeu nog wel Nederlands in 'n aantal dorpe gepraat; Nederlands dien dikwels as preektaal in die kerke, en daar verskyn ook Nederlandse koerante. Hierdie klein taalgemeenskappe is intussen verengels. Party van hierdie verengelste gemeenskappe -- soos in New Jersey en New York -- dateer van groepe mense wat in die sewentiende eeu soontoe getrek het (Bergen County, Ramapough) en hul dialekte het baie na Seeus (Zeeland se dialek) gelyk.

Nederlands is egter nog steeds die huistaal van klein groepe immigrante in Kanada, Australië, Nieu-Seeland en die VSA, soos in Michigan (Holland, Overisel) en Iowa (Pella), wat van die 19de eeu stam. Nederlands is hierby 'n klein wêreldtaal.

Die Nederlandse Taalunie sorg vir die behoud en die bevordering van die Nederlandse taal. Die lede is Nederland, België en Suriname. Die Taalunie het ook 'n spesiale band met Suid-Afrika en Indonesië, ofskoon hy nie Afrikaans as doel van aksie wil erken nie. Die onafhanklike en minder amptelike Genootschap Onze Taal speel egter wel 'n aktiewer rol in die bekendstelling en handhawing van Afrikaans.

Nederlanders, Vlaminge, Surinamers, Antilliane en Afrikaners kan mekaar sonder enige moeite begryp. Afrikaans staan dikwels digter by die Nederlandse Standaardtaal as menige Nederlandse dialekte in Europa. Menige mense wil Afrikaans en Nederlands weer saamvoeg om op te tree teen die Engelse taal, wat steeds 'n meer oorheersende rol kry in Suid-Afrika en in die Nederlandse bedryfslewe.

Die verspreiding van Nederlands (en Afrikaans)
Vergroot
Die verspreiding van Nederlands (en Afrikaans)

Inhoud

[wysig] Taalgeskiedenis

Nederlands is 'n Wes-Germaanse taal. Die oudste taalvorm is Oudnederfrankies of Wesfrankies, wat in die "Lae Lande" van die Frankiese Ryk ontwikkel, alhoewel die taal ook onder die invloed van Fries en Saksies kom. Met die uitbreiding van die Saliese of Wes-Franke na die gebied van die huidige Nederland en Vlaandere ontstaan reeds vanaf die vierde eeu 'n Germaanse taalgebied op Romeinse gebied, wat later met die verowering van Noord-Gallië (486) ook na die Romaanstalige gebiede van die suide uitgebrei word. Die kontak met die Wesfranke oefen 'n groot invloed op die ontwikkeling van die Noord-Franse taal, die langue d'oïl, uit en lei tot die taalkundige skeiding van die suide, wat met onder meer Oksitaans, die langue d'oc sy eie taalvorm en kultuur ontwikkel (oïl en oc is die sjibboletwoorde vir 'ja', onderskeidelik in Noord- en Suid-Frankryk).

Die Indo-Europese taalwetenskap beskou Nederlands naas Nedersaksies en Oosnederduits as die westelike tak van die Nederduitse dialekgroep. Nederlands en die Nederduitse dialekte is nou verwant sodat sprekers van albei tale mekaar maklik kan verstaan. Nederduits is ook die taal waarin tydens die Tweede Vryheidsoorlog die politieke gesprekke tussen President Paulus "Oom" Kruger en die Duitse keiser Willem II plaasvind.

Die Nederlandse taalgebied In Europa
Vergroot
Die Nederlandse taalgebied In Europa

In die 17de eeu is daar nog steeds inheemse bronne wat Nederlands by die Duitse taalgebied reken. Alhoewel Nederlands aanvanklik net soos Nederduits ondanks die klankverskuiwing nog nouverwant is aan Hoogduits en die Nederlandse dialekte geleidelik oorgaan na Nederduitse, is daar besondere omstandighede wat verseker dat Nederlands as 'n eie taalvorm kan ontwikkel.

Anders as die yl bevolkte Nederduitse vlaktes is Nederland en veral Vlaandere reeds vanaf die middeleeue digbevolkte gebiede met 'n groot verstedelikte bevolking en 'n ryk kulturele lewe en literatuur in die landstaal. Daar is minder kontak met die Hoogduitse taalgebied, aangesien die suidelike Nederlande (veral Vlaandere) al vroeg hul eie identiteit en kultuur ontwikkel en na die noorde uitbrei. Ook die vryheidsoorlog teen die Spanjaarde en die afsonderlike godsdienstige ontwikkeling deur die uitbreiding van die calvinisme in die noorde skep 'n klimaat wat die vorming van 'n eie nasionale bewussyn bevorder.

Die oudste Nederlandse grammatika, die Twe-Spraack dateer uit die 16e eeu. Hierdie boek is 'n aanset om die volkstaal te ontwikkel tot 'n standaardtaal. Begin 17e eeu word 'n vertaling van die bybel na Nederlands begin. Hierdie vertaling is in 1635 gereed en omdat dit 'n boek is wat in die hele taalgebied versprei het, het dit taalkundig 'n belangrike invloed gehad op die standaardtaal; baie woorde en uitdrukkinge wat vandag in die standaardtaal aanwesig is, is oorspronklik afkomstig uit die Statenbybel.

Die huidige Nederlandse standaardtaal berus op die Nederduitse skryftaal van die 17de eeu, waarby die woordeskat geleidelik met Brabantse en Hollandse vorme uitgebou is. 'n Ouer taalvorm is die verkeerstaal van die Hanse, wat vir die handel en wetenskap ontwikkel is en net soos in Noord-Duitsland ook eeue lank in Antwerpen, Brugge en Holland gebruik word.

In teenstelling met die huidige Hoogduits bewaar Nederlands talle Ou-Duitse woordvorme soos oorlog, lenen, kiezen (vergelyk Duits Kurfürst en auserkoren) en verbazen. Nederlands is nie deur die Hoogduitse klankverskuiwing beïnvloed nie, waarby byvoorbeeld "t" tot "ss" en "z" (/ts/), "p" tot "f" en "pf" en "k" tot "ch" ontwikkel: Vergelyk Nederlands water met Duits Wasser, zout met Salz (/zalts/), kopen met kaufen, paard met Pferd en zoeken met suchen. Nederlands ondergaan ook party eie veranderings. In woorde soos zout (sout) het -al- of -ol- na -ou- verander.

Aan die begin van die 19e eeu word begin met die standardisering van die spelling; die eerste spelling wat in groot gebruik raak is die spelling van Siegenbeek. Die spelling word nog verskeie male aangepas, waarna gestandardiseer word op die spelling van De Vries en Te Winkel, in 1864 in België en in 1883 in Nederland. Die spelling van De Vries en Te Winkel blyk dusdanig bruikbaar dat, alhoewel daar enkele moderniseringe was, hy vandag nog altyd gebruik word. Ook in die Afrikaanse spelling is nog baie elemente uit die spelling van De Vries & Te Winkel aanwesig.

Danksy die kontak met die Franse taalgebied is daar vroeër 'n groot aantal woorde uit Frans ontleen, waarby die Franse taal nog steeds 'n invloed op die Nederlands van Vlaandere uitoefen. Die wedersydse beïnvloeding tussen Frans en Nederlands kan byvoorbeel gesien word in 'n woord soos mitrailleur; hierdie Franse leenwoord het as basis die Franse mitraille, wat op sy beurt afkomstig is uit die Germaanse woord maitan, wat binne Nederlands geëvolueer het tot mijt. Vandag kom die meeste leenwoorde in Nederlands uit die Engelse taal.

Die struktuur van die Nederlandse taal stem grotendeels ooreen met Nederduits, alhoewel die grammatika geleidelik vereenvoudig is. Die sinsbou is feitlik onveranderd.

[wysig] Taalkundige terme

In die Middeleeue word die Nederlandse taal meesal Duuts of Diets genoem, wat eintlik "volkstaal" beteken ('diet' = volk) en ter onderskeiding van die Latynse taal van die kerk en die Frans van die adel dien. In sy gediftongeerde vorm Duits word hierdie term nog in die 17de eeu gebruik; later word na die Germaanse taal van die Nederlande as Nederduits verwys, in teenstelling met Opperduits (die Hoogduitse taal in Duitsland). Nederduits is vandag net die taalkundige term vir die dialekte van Noord-Duitsland, wat nie aan die Hoogduitse klankverskuiwing deelgeneem het nie. Die Engelse benaming vir Nederlands, Dutch, en ook die term "Nederduits" of "Nederduitsch" in die name van die drie Afrikaanse susterkerke van Suid-Afrika, herinner nog aan die ou benaming.

[wysig] Nederlandse dialekte

Nederlandse dialekte
Vergroot
Nederlandse dialekte
Suriname
Vergroot
Suriname
Nederlandse Antillen
Vergroot
Nederlandse Antillen
Aruba
Vergroot
Aruba
Nederlands verspreid oor die V.S.A.
Vergroot
Nederlands verspreid oor die V.S.A.

Die kaart aan die regterkant gee 'n oorsig oor die verspreiding van die Nederlandse dialekte, alhoewel die meeste oorgangsdialekte nie vertoon word nie.

A. Suidwestelike dialekgroep (Seelands/Wes-Vlaams)

1. Wes-Vlaams, insluitende Frans-Vlaams en Seeuws-Vlaams
2. Seeuws

B. Noordwestelike dialekgroep (Hollands)

3. Suid-Hollands
4. Weshoeks
5. Waterlands en Volendams
6. Saans
7. Kennemerlands
8. Wes-Fries
9. Bildts, Midslands, Stadsfries en Amelands

C. Noordoostelike dialekgroep (Nedersaksies)

10. Kollumerlands
11. Gronings en Noord-Drents
12. Stellingwerfs
13. Midden-Drents
14. Suid-Drents
15. Twents
16. Twents-Graafskaps
17. Gelders-Overyssels
18. Veluws

D. Noordelik-sentrale dialekgroep

19. Utrechts-Alblasserwaards

E. Suidelik-sentrale dialekgroep

20. Suid-Gelders
21. Noord-Brabants en Noord-Limburgs
22. Brabants
23. Oos-Vlaams

F. Suidoostelike dialekgroep

24. Limburgs

G. Suriname (nie in die prent nie)

25. Surinaams-Nederlands

H. Nederlandse Antille en Aruba (nie in die prent nie)

26. Antiliaans-Nederlands

[wysig] Nederlandse Kreoolse tale

Suid-Afrikaanse provinsies met 'n meerderheid van Afrikaanstaliges. Daar is ook groot Afrikaanse gemeenskappe in die ander provinsies.
Vergroot
Suid-Afrikaanse provinsies met 'n meerderheid van Afrikaanstaliges. Daar is ook groot Afrikaanse gemeenskappe in die ander provinsies.
  • 1. Berbice-Nederlands in Guyana*
  • 2. Skepi in Guyana*
  • 3. Negerhollands op die Maagdeneilande en Porto Rico*
  • 4. Petjoh in Indonesië
  • 5. Javindo in Indonesië*
  • 6. Mohawk Nederlands in die Verenigde State
  • 7. Jersey Nederlands in die Verenigde State*
  • 8. Albany Nederlands in die Verenigde State
  • 9. Afrikaans in Suid-Afrika en Namibië (Halfkreool)

(* = bestaan nie meer)

[wysig] Eksterne skakels

Vergroot


Indo-Europese tale > Germaanse tale >
Noord-Germaanse tale: Wes-Germaanse tale: Oos-Germaanse tale:
Deens | Faroëes | Nynorsk en Bokmål (Noors) | Yslands | Sweeds Afrikaans | Duits | Engels | Fries | Jiddisj | Luxemburgs | Nederlands | Nedersaksies | Skots Boergondies | Goties | Vandaals
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com