Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Romaanse taal - Wikipedia

Romaanse taal

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Romaanse amps- en verkeerstale wêreldwyd:     Frans     Spaans     Portugees     Italiaans     Roemeens
Vergroot
Romaanse amps- en verkeerstale wêreldwyd:

   Frans

   Spaans

   Portugees

   Italiaans

   Roemeens

Die term Romaanse taal verwys na die groot en wydverspreide familie van tale, wat hulle oorsprong in die Latynse taal het. Latyn self word by die Italiese tale gereken. Daar is tans meer as 600 miljoen sprekers van Romaanse tale wêreldwyd, hoofsaaklik in Noord- en Suid-Amerika, Europa en Afrika.

Romaanse tale in Europa
Vergroot
Romaanse tale in Europa

Die Romaanse tale het almal uit die Vulgêr-Latynse omgangstaal van die soldate, setlaars en slawe van die Romeinse Ryk ontwikkel, wat in baie opsigte van die klassieke Latynse skryftaal van die Romeinse literati met sy fyn afgewerkte en soms kunsmatige grammatika verskil. Die omgangstaal in die Romeinse Ryk was deur 'n duidelik eenvoudiger verbuigingstelsel en sinsbou gekenmerk. Ook sy woordeskat wyk af van die klassieke Latyn. Vulgêr-Latyn het in die tydperk tussen 200 v.C. en 100 danksy die uitbreiding van die Romeinse magsgebied en die administratiewe en opvoedkundige beleid van die Romeinse owerhede die oorheersende taal in groot dele van Europa geword, en dit was in die antieke tydperk die verkeerstaal van 'n gebied, wat van die Iberiese Skiereiland in die weste tot by die Swart See in die ooste van Europa gestrek het.

Na die ondergang van die Romeinse Ryk het die plaaslike variante van Vulgêr-Latyn geleidelik tot tientalle selfstandige tale en dialekte ontwikkel. Die oorsese koloniale gebiede van Spanje, Portugal en Frankryk het die Romaanse taalgebied sedert die 15de eeu aansienlik vergroot, en tans woon twee derdes van alle Romaanstaliges buite Europa.

Die Romaanse dialekte en tale het in die loop van hulle geskiedenis onder die invloed van baie vreemde tale gestaan, nogtans is die Vulgêr-Latynse fonologie, morfologie, woordeskat en sinsbou grotendeels bewaar. Die Romaanse groep van tale beskik dus oor 'n aantal gemeenskaplike besonderhede, waarmee hulle duidelik van die ander taalgroepe in die Indo-Europese familie van tale onderskei kan word. Hulle het byvoorbeeld meesal die verbuigings van die klassieke Latyn verloor en in plaas daarvan 'n meer of min vaste woordvolgorde ontwikkel. Daarnaas maak hulle grootskaals gebruik van voorsetsels.

Die hoofsaaklike tale in die Romaanse groep is:

Frans

Italiaans

Katalaans

Oksitaans

Portugees

Retoromaans

Roemeens

Sardies

Spaans

[wysig] Voorbeelde

LATYN FRANS ITALIAANS KATALAANS PORTUGEES ROEMEENS SPAANS AFRIKAANS
annus an anno any ano an año jaar
bonus bon buono bon bom bun bueno goed
decem dix dieci deu dez zece diez tien
ego je io jo eu eu yo ek
homo homme uomo home homem om hombre man
hora heure ora hora hora orã hora uur
solis soleil sole sol sol soare sol son



Indo-Europese tale > Kentum-tale > Italiese en Romaanse tale >
Romaanse tale > Italiese tale >
Iberoromaans Galloromaans Retoromaans Italoromaans Sardies Balkanromaans Italiese groep|
Aranees Asturies Galicies Katalaans Portugees Spaans Langues d'oil: Frans Gallo Jèrriais Lorrain Pikardies Wallonies Anglonormannies Oksitaans: Auvergne Gascogne Languedoc Limousin Frankoprovensaals Romansch Ladinies Friulaans Dalmaties Italiaans Korsikaans Napolitaans Sardies Aroemeens Istro-Roemaans Meglenoroemaans Roemeens Oskies Umbries Faliskies Latyn
Romaanse Kunstale: Interlingua, Interlingue, Lingua Franca Nova.
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com