Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Brugge - Wikipedia

Brugge

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Brugge / Bruges / Brügge
Land: België
Gewes (deelstaat): Vlaandere
Provinsie: Wes-Vlaandere
Koördinate: 51°13' N, 3°14' O
Oppervlakte: 138,4 vk km
Bevolking: 117 327 (1 Januarie 2005)
Bevolkingsdigtheid: 838 / vk km
Hoogte: 2 m bo seespieël
Burgemeester: Patrick Moenaert (CD&V)
Die kloktoring van Brugge
Vergroot
Die kloktoring van Brugge

Brugge (Frans: Bruges, Duits: Brügge) is die hoofstad van die Belgiese provinsie Wes-Vlaandere met 'n oppervlak van 138,4 vierkante kilometer en sowat 117 000 inwoners (2005). Die stad, wat danksy die groot aantal kanale ook as die "Venesië van die Noorde" bekend staan, is in 2000 deur die UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys. In 2002 is dit saam met die Spaanse Salamanca die kulturele hoofstad van Europa.

[wysig] Geskiedenis

Die naam van Brugge gaan terug op die Nordiese woord bryggja, wat letterlik "landingsplek" of "hawehoof" beteken. Die stad het sy oorsprong in ' burg of klein dorpie, wat in die jaar 892 deur Boudewyn Ysterarm, die eerste graaf van Vlaandere, gestig is.

Brugge, wat in die Middeleeue vir sy gesofistikeerde lakennywerheid bekend staan, kry in 1128 stadstatus. As gevolg van 'n stormvloed kry die stad in 1134 'n regstreekse toegang tot die Noordsee, wat sy deelname aan die internasionale handelsverkeer vergemaklik. Brugge trek veral voordeel uit 'n driehoekshandel, wat op laken uit Vlaandere, wol uit Engeland en wyn uit die Franse gewes Gascogne steun.

In 1200 word Brugge ook die reg op 'n jaarlikse mark toegestaan, wat vinnig handelaars uit ander gebiede soos die Duitse Rynland, maar ook die eerste Italiaanse handelvlote met ware uit die Levant lok. Brugge geniet al sedert 1190 die voorreg van selfregering, en die Vlaamse Hanse, 'n verbond van plaaslike koopmanne, slaag daarin om die mag in Bruuge te gryp.

Met die uitbreiding van die Noord-Duitse Hanse, 'n magtige verbond van handelstede, kom ook koopmanne uit Hamburg en Lübeck gereeld na Brugge. Hulle geniet sedert 1253 selfs 'n aantal voorregte soos laer invoerregte. Die Hanse-verbond rig in Brugge ook een van sy drie kantore in die Noordseegebied op, naas die Stalhof in Londen en die Bryggen in die Noorse hawestad Bergen. Brugge het vinnig die grootste omset en speel vir die Hanse 'n belangrike rol as skakel met buitelandse markte.

'n Kanaal by die Rozenhoedkaai
Vergroot
'n Kanaal by die Rozenhoedkaai
Brugge, soos gesien vanuit die kloktoring
Vergroot
Brugge, soos gesien vanuit die kloktoring

Handelsbande met die res van Europa word sedert die laat 13de eeu gevestig, en Brugge word 'n belangrike sakereisbestemming vir koopmanne uit die suide van Duitsland, Genua, Venesië, Florence, Portugal, Kastilië en Skotland. Die huis van die plaaslike koopmansgesin Van der Beurse dien as die eerste "beurs" (die woord beurs is van die familienaam afgelei).

Die sosiale spanninge tussen die koopmansgesinne, wat die bolaag van Brugge verteenwoordig, en die gildes van die ambagsmanne verskerp tegelykertyd. Die maatskaplike krisis bereik 'n hoogtepunt deur die politieke alliansie tussen die stadsregering en die Franse koning Filips IV. In die opstand van 18 Mei 1302 is sowat 4 000 Franse soldate, wat as besettingsmag in Brugge bly, gedood. Die toelating van ambagsmanne tot die stadsregering is 'n kompromis, maar danksy die ekonomiese vooruitgang verswak die sosiale knelpunte. Tydens hierdie tydperk ontstaan die belangrikste historiese geboue van Brugge in die kenmerkende gotiese boustyl, soos byvoorbeeld die markplein, die kloktoring en die raadsaal.

Onder die heerskappy van die Boergondiese hertoë begin in die 15de eeu 'n kulturele, argitektoniese en ekonomiese bloeitydperk. Brugge word teen die einde van die Middeleeue die welvarendste stad in die noorde van Europa. Die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk en die opening van die Engelse wolstapel in Antwerpen het reeds nadelige uitwerkings op die Brugse handel en ekonomie. Maar toe die Zwin, die inham wat as Brugge se natuurlike hawe dien, teen die einde van die 15de eeu begin versand, ervaar die stad sy ergste ekonomiese teenspoed. Nadat die stad sy toegang tot die see kwytgeraak het, keer die Boergondiese hof Brugge die rug. Keiser Maksimiliaan I beperk die voorregte van Brugge, en Antwerpen verrys as Vlaandere se nuwe handelsentrum. Die meeste buitelandse koopmanne en handelskantore verhuis in 1488 na Antwerpen. Brugge verarm en kom in 1524 onder Spaanse heerskappy. Die Hugenote-oorloë dien Brugge 'n verdere ekonomiese nekslag toe. Naas die ekonomiese stilstand moet die stad ook die bewind van vreemde magte verduur. Brugge kom vervolgens onder Oostenrykse (1713 tot 1795), Franse (1795 tot 1815) en Nederlandse heerskappy (tot 1830).

Tydens die 19de eeu word Brugge nouliks deur die industrialisering van België geraak. Eers met die aansluiting by die seehawe van Zeebrugge in 1907 kry die stad 'n nuwe ekonomiese perspektief.

Vandag trek Brugge voordeel uit die stilstand van die verlede. Sy historiese stadskern, wat in sy oorspronklike vorm bewaar is, het van die stad nou 'n gewilde toeristebestemming gemaak.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com