Nederland
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Nederland is 'n land in Europa. Neder verwys na die feit dat meer as die helfte van Nederland onder die seespieël lê. Dit word begrens deur die Noordsee, België en Duitsland. Nederland vorm saam met die eiland Aruba en die Nederlandse Antille die Nederlandse Koninkryk.
Mense verwys dikwels na Nederland as Holland - die naam van die ou provinsie Holland en die gesamentlike naam van die twee huidige provinsies Noord- en Zuid-Holland, maar Holland is net 'n deel van Nederland, soos Engeland net 'n deel van die Verenigde Koninkryk is.
Nederland |
|
Amptelike taal | Nederlands, Fries ook in Friesland. |
Hoofstad | Amsterdam |
Regeringstelsel | Konstitusionele monargie (Koninkryk) |
Religie | 30% Katoliek 20% Protestant 5,7% Moslem 0,6% Hindoe 1,7% Andere gelowe 42% Ateïs (2003, bron: CBS) |
Oppervlak – % water |
41.526 km² 18,41% |
Bevolking – Digtheid: |
16,3 miljoen (2005) 482/km² |
Geldeenheid | Euro (EUR of €) |
Tydsone | UTC +1 |
Nasionale feesdag | 30 April (Koninginnedag) |
Web | Kode | Tel. | .nl | NLD | 31 |
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis
[wysig] Oudheid
In die oudheid was die gebied wat nou Nederland is bevolk deur 'n aantal Germaanse stamme, die Franke in die suide, Batawiërs in die rivieregebied, Friese in die noorde en Sakse in die ooste. In die 1ste eeu arriveer die Romeine en verower gebied tot aan die Ryn, waar sy felle gevegte lewer met die Germane en uiteindelik die Ryn tot die noordgrens van Hulle ryk maak. Na die val van die Wes-Romeinse ryk trek die Franke suidwaarts en stig die Frankiese ryk.
[wysig] Middeleeue
In die middeleeue word wat nou Nederland is via die Oos-Frankiese Ryk 'n onderdeel van die Heilige Romeinse Ryk. Later in die middeleeue verswak die mag van die keiser op die ryk en verskuif die mag na graafskappe en hertogdomme. Deur veroweringe en strategiese huwelike verword dit tot die Bourgondiese ryk. Die Bourgondiese ryk word ingelyf in die Franse koninkryk, maar sonder die gebied wat vandag Nederland en België is. Dit is so'n bietjie die tyd dat die begrip Nederlande bekend word. Die Nederlande word deel van die Habsburgse ryk, wat bestaan uit Oostenryk, die Nederlande en Spanje. Hierdie periode word afgesluit met koning Karel V, wat later ook nog keiser van die Heilige Romeinse Ryk word.
[wysig] Tagtigjarige oorlog
Gedurende hierdie periode, begin 16de eeu, kom die protestantisme in Nederland sterk op. Dit was vir die seun van Karel V, Filips II, streng katoliek, onverteerbaar. Die Spaanse inkwisisie hou meedoënloos huis in die Nederlande met onthoofdinge en brandstapels om die ketters uit te roei. Dit het gelei tot grote onvrede in die Nederlande en dit lei tot 'n opstand. Stadhouer Willem van Oranje probeer Filips II te oortuig om die inkwisisie te stop en pleit vir vryheid van godsdiens. Filips II stuur egter 'n Spaanse leër om die opstand neer te slaan. Willem van Oranje word teen sy wil leier van die opstand, wat uitgroei 'n oorlog, die tagtigjarige oorlog. Die Republiek der Zeven Vereenigde Nederlanden word uitgeroep. In 1648 word die Vrede van Munster geteken en bly die suidelike provinsies in Spaanse hande, en erken Spanje die onafhanklikheid van die republiek. Die grens wat nou die grens tussen Nederland en België is, lê vas.
[wysig] Goue eeu
Die republiek werp die feodale stelsel van sig af en gaan 'n kapitalistiese struktuur kryg. Dit het gelei tot grote vooruitgang in die ekonomie en wetenskap. Die windmeule word ontdek en maak 'n industrie moontlik en ook, heel belangrik, inpoldering van land moontlik waardeur gebiede onder die seespieël in snel tempo drooggemaak word. Ontwikkelinge in die skeepsboukuns maak handel moontlik met lande wat ver weg is en kolonies word gestig in Noord-Amerika, die Karibiese gebied, Suid-Afrika en Asië. Die internasionale mag van Nederland neem so snel toe dat dit die Engelse besorg maak en in 1689 breek die eerste van die vier Engels-Nederlandse oorloë uit, wat die Nederlanders hulle kolonie Nieuw Amsterdam kos.
[wysig] Ontstaan van die koninkryk
In die derde Engels-Nederlandse oorlog word die Engelse oorwin en stadhouer Willem III van Oranje-Nassau bestyg die Engelse troon. Die ekonomiese sentrum verskuif nou egter na Londen. Dit het tot onvrede gelei in die republiek, en baie burgers het nou vir die oorgang na 'n meer demokratiese bedeling begin pleit. Dit het gelei tot 'n vierde oorlog. Dit het die republiek so verswak dat sy 'n aantal jare later geen party was nie vir die leërs van Napoleon wat na die Franse revolusie Europa verower. Die Engelse maak van die Franse besetting gebruik en verower enkele kolonies, waaronder die Kaapkolonie en Nederlands Indië van Nederland. Nadat die Franse verdryf is, word besluit om 'n sterk staat noord van Frankryk in te stel. Dit omvat die vereniging van die noordelike en suidelike Nederlande. Nederland kry ook Nederlands Indië terug. Die hereniging lei egter tot groot onvrede by Franse bewoners van die suidelike Nederlande. 'n Lae populariteit van koning Willem I maak dit moontlik dat sy die Vlaamse boerebevolking vir hulle saak win. In 1830 breek 'n opstand uit en die staat België word uitgeroep. Die huidige staatsvorm van Nederland ontstaan in 1848, waarby die mag aan die parlement toegeken word.
[wysig] Politiek
[wysig] Staatsvorm
Nederland is 'n konstitusionele monargie met 'n parlementêre stelsel. Die setel van die Tweede Kamer en die regering is in Den Haag. Die staatshoof is Koningin Beatrix. Die parlement bestaan uit twee kamers, waar die Tweede Kamer regstreeks verkies word en die Eerste Kamer deur die Provinsiale State wat op sy beurt regstreeks verkies word. Die Tweede Kamer bestaan uit 150 parlementariërs, die Eerste Kamer uit 75 parlementariërs.
[wysig] Kroon
Die Kroon word gevorm deur die koning of koningin en die kabinetministers. Die koning word binne die Kroon volledig ingelig oor alle politieke sake van die dag.
[wysig] Wetgewingsproses
'n Besluit kan ingedien word deur die regering of 'n willekeurig Tweede-Kamerlid. Hierna volg 'n stemming in die Tweede Kamer. 'n Besluit kan in die Tweede Kamer uitgebreid bespreek en verander word totdat dit goedgekeur word.
Hierna volg 'n goedkeuring in die Eerste Kamer. Die Eerste Kamer doen alleen 'n toetsing of 'n besluit strydig is met die grondwet, andere wette en internasionale verdrae. Die Eerste Kamer kan alleen ja of nee stem, in geval van nee gaan die besluit terug na die Tweede Kamer.
[wysig] Provinsies
Nederland is verdeel in 12 provinsies. Die laaste wysiging was in 1986 waarby Flevoland, waarvan die droogmaking voltooi is in 1968, sy eie bestuur gekry het.
Provinsie | Hoofstad |
---|---|
Groningen | Groningen |
Friesland | Leeuwarden |
Drenthe | Assen |
Overijssel | Zwolle |
Gelderland | Arnhem |
Utrecht | Utrecht |
Flevoland | Lelystad |
Noord-Holland | Haarlem |
Zuid-Holland | Den Haag |
Zeeland | Middelburg |
Nood-Brabant | Den Bosch |
Limburg | Maastricht |
Die grootste stede:
Stad | Inwoners |
---|---|
Amsterdam | 743 905 |
Rotterdam | 600 000 |
Den Haag | 476 000 |
Utrecht | 281 569 |
Eindhoven | 209 399 |
[wysig] Geografie
Wat baie besoekers aan Nederland opval is die ekstreme platheid van die landskap - veral in die weste waar die land onder seespieël lê. In die ooste lyk dit effe minder plat, maar steeds redelik plat. Slegs Limburg is heuwelagtig, die hoogste punt is die Vaalserberg met 322 m.
Groot stukke land is uit water gewin; tydens die Suiderseewerke is die provinsie Flevoland geheel uit die Suidersee gewin. Water maak 'n belangrike deel uit van die oppervlak van Nederland, ongeveer 18% bestaan uit water.
'n Ander belangrike waterboukundige projek is die Deltawerke, wat na 'n watersnoodramp in 1953 begin is om Zeeland te beskerm teen oorstrominge. Die Deltawerke omvat baie indrukwekkende waterwerke soos die Oosterscheldekering en die Haringvlietdam.
'n Aantal van die groot riviere mond in Nederland uit in see. Die Ryn kom Nederland by Tolkamer binne, waar die Waal by Nijmegen aftak en 70% van die water afneem. By Westervoort vertak die Ryn die IJssel en by Wijk bij Duurstede gaan die Ryn oor in die Lek. Die ou rivierbedding van die Ryn staan vandag bekend as die Kromme Ryn, maar vervoer geen noemenswaardige waterhoeveelhede meer nie. Die Lek mond uit in die Nieuwe Waterweg.
Die Maas kom in Suid-Limburg by Wezet Nederland binne en stroom noordwaarts. By Mook buig die rivier af in westelike rigting om uiteindelik uit te mond in die Hollands Diep wat in verbinding staan met meerdere andere watere.
Die Schelde kom Nederland ten noorde van Antwerpen binne en verbreed sig tot die Westerschelde.
[wysig] Ekonomie
Die Nederlandse ekonomie is 'n tipiese dienste-ekonomie, ongeveer 73% van die bevolking werk in die dienstesektor, 25% in die industrie en 2% in die landbou. Soos in baie westerse lande vind 'n proses van deïndustrialisasie plaas, waarby tegnologies laagwaardige industrieë verhuis na lae-lonelande in Oos-Europa en Asië. Die Nederlandse ekonomie is baie internasionaal, belangrike uitvoervennote is Duitsland, Frankryk, Groot-Brittanje, Italië en die Verenigde State. Belangrike invoervennote is Duitsland, Verenigde State, België, China, Frankryk en Groot Brittanje. 4% van die Suid-Afrikaanse uitvoer gaan na Nederland, maar dit speel op die Nederlandse invoerbalans slegs 'n klein rol.
[wysig] Vervoer
Nederland beskik oor 'n digte snelwegnetwerk. Die hoofare is die A1 van Amsterdam na die Duitse grens by Hengelo, die A2 van Maastricht na Amsterdam, die A4 van Delft na Amsterdam, die A12 van Den Haag na die Duitse grens by Emmerik, die A13 van Rotterdam na Den Haag en die A50 van Emmeloord na Eindhoven. Die hoeveelheid verkeer in die Randstad is 'n groot probleem, 'n dag waarop meer as 500km aan verkeersknope ontstaan is geen uitsondering nie.
Daar is ook 'n dig spoorwegnet, met groot knooppunte in Utrecht, Rotterdam, Amsterdam en Amersfoort, met elk baie verbindings in alle rigtings. Die Nederlandse Spoorweë maak baie gebruik van dubbeldektreine om die verkeerstroom aan reisigers aan te kun.
Via die seehawe van Rotterdam is Nederland 'n belangrike deurvoerland vir die res van Europa. Groot seeskepe meer aan in Rotterdam waar hulle lading in kleinere binneskepe oorgelaai word. Via die Ryn kan 'n belangrike deel van Europa bereik word. Olie uit die Midde-Ooste word in Rotterdam via 'n uitgebreide pypleidingstelsel verder Europa in vervoer.
[wysig] Landbou
Nederlandse landbouprodukte, soos kaas en blomme is oor die hele wêreld bekend en vorm 'n belangrike uitvoerproduk. In die Westland word groot hoeveelhede vrugte in kasse verbou, in die suide en ooste van die land word groot hoeveelhede vee aangehou.
[wysig] Grondstowwe
Nederland beskik oor steenkool-, aardolie- en veral aardgasreserwes. Die aardgasveld in Slochteren behoort tot die grootste in die wêreld en Nederland beset 'n 20e plek op die lys van lande met die grootste gasreserwes. Dit is 'n belangrike nasionale inkomstebron en gasleidinge vanuit Slochteren loop tot in Italië.
'n Ander grondstof wat 'n rol in die industrie speel is sout. Dit word gewin rondom Hengelo en is 'n bron van chloor vir die chemiese industrie.
[wysig] Kommunikasie
Die telefoonnetwerk is in hande van 'n voormalig staatsbedryf, Koninklijke PTT Nederland. Omdat dit feitelik 'n monopolie is, is daar wetgewing wat ander maatskappye regte toestaan om teen 'n wetlike tarief toegang tot die fisieke telefoonlyne te verkry, waardeur op hulle eie netwerke hulle eie dienste aan kan bied. Die telefoonnetwerk bestaan vir ongeveer 25% uit digitale ISDN-lyne en vir 75% uit tradisionele analoë lyne.
Nederland het ook 'n groot aantal selfoongebruikers, 11 miljoen. 5 selfoonnetwerke bestaan vir mobiele GSM-kommunikasie.
Televisie gaan vir die grootste deel via analoog (PAL) deur middel van kabel. Die proses van digitalisering is in aan die gang maar die wet van die remmende voorsprong is hier van toepassing, dit word ernstig gehinder deur die relatief goeie kwaliteit beeld wat die analoë televisiekabels lewer.
Internet is vandag danksy 'n groot aantal verskaffers wat lae pryse veroorsaak het grotendeels breëband via televisiekabel en ADSL, sodat ongeveer 60% van die gesinne vandag 'n breëbandaansluiting het. Omdat Amsterdam wêreldwyd 'n belangrike knooppunt is, het daar gedurende die .com-periode groot hoeveelhede glasvesels in die grond gegaan, wat 'n uitgebreide infrastruktuur aan hoofsnelweë opgelewer het, wat op sy beurt weer verskaffers van bedienerhuisvesting ("server hosting") na Nederland getrek het.
[wysig] Demografie
[wysig] Tale
Die amptelike tale van Nederland is Nederlands en Fries. Nedersaksies en Limburgs geniet erkenning as streekstale. Fries word gepraat in die provinsie Friesland, dit word deur so te sê iedereen in die provinsie verstaan en ongeveer 'n derde van die bevolking daar as primêre omgangstaal gebruik. Die oorgangsgebied tussen die Nederlandse en Nedersaksiese taalgebied begin oostelik van die provinsie ), maar Nedersaksies word eintlik net in die mees oostelike dele van die land algemeen gepraat. Limburgs word veral in die provinsie Limburg gepraat waarby dit in die suidelike deel van die provinsie sterk van Nederlands begin afwyk. Hoewel die bespreking van of Limburgs 'n taal of 'n dialek is nog voltrek moet word, is die gebruik van Limburgs baie sterk - in Limburg word dit gewoonlik as primêre omgangstaal gebruik. Vrywel die gehele Nederlandse bevolking praat Nederlands op moedertaalvlak.
Naas die inheemse tale het Nederland 'n hoop immigrante gekry wat hulle tale meegebring het, wat tot gevolg het daar hier en daar bietjie Sranan Tongo(=Surinaams), Arabies of Turks gepraat word, veral in die grote stede. Gebrekkige kennis van Nederlands in hierdie groepe besorg die regering die laatste jare groot hoofbrekens.
[wysig] Kultuur
[wysig] Literatuur
Die Nederlandse literatuur is tans baie lewendig en trek 'n hoop lesers in die binne- en buiteland. Bekende skrywers is onder meer Simon Vestdijk, Gerard (van 't) Reve, Harry Mulisch, Cees Noteboom, Willem Frederik Hermans.
Bekende skrywers uit die verlede is Pieter Corneliszoon Hooft, die digter Joost van den Vondel, en Multatuli.
[wysig] Film
Danksy 'n subsidie wat baie effektief geblyk te wees het, het die filmindustrie in Nederland die laaste jare besonder sterk gegroei, waarby tans (2005) die aantalle films in produksie in die tientalle loop. Enkele suksesvolle films van die afgelope jare sluit in Minoes, De Tweeling, Pietje Bell en Passievrucht.
'n Beroemde Nederlandse film uit die sewentigerjare is Soldaat van Oranje van regisseur Paul Verhoeven. Nederlandse regisseurs is ook in die Engelstalige mark aktief, 'n voorbeeld van 'n film wat deur 'n Nederlandse regisseur Jan de Bont gemaak is, is Speed.
Ondanks die goeie produksie van Nederlandstalige films is Engelstalige films in die bioskope tog in die meerderheid, wat met ondertitels gekyk word.
[wysig] Musiek
Die Nederlandse musiekindustrie gaan tans (2005) 'n rustige periode deur. 'n Aantal musiekgroepe het gestop en ander raak uit die mode. Baie produktiewe periodes was die begin van die tagtigerjare en halfweg die negentigerjare.
Bekende groepe/artieste uit die resente verlede sluit in Doe Maar, Frank Boeijen, Het Goede Doel, Marco Borsato, Guus Meeuwis, De Kast, Bløf .
Op radiostasies word musiek in verskillende tale gedraai, ook hier is Engels sterk verteenwoordig. Die Nederlandstalige aanbod verskil per sender, op Radio 2 en 100%NL is dit byvoorbeeld 'n groot deel van die aanbod, op Sky Radio word Nederlands alleen gehoor as daar 'n groot Nederlandstalige treffer is. 'n Ander taal wat reëlmatig gehoor word is Italiaans, en ook Frans en Duits is af en toe hoorbaar op die radio.
[wysig] Kuns
Nederland het baie bekende skilders, bekende meesters is onder meer Rembrandt van Rijn, Johannes Vermeer, Jan Steen en Vincent van Gogh. Bekende kunstenaars uit die resenter tyd is Piet Mondriaan en Maurits Escher.
[wysig] Vakansiedae
Datum | Afrikaanse naam | Nederlandse naam | Opmerking |
---|---|---|---|
1 Januarie | Nuwejaarsdag | Nieuwjaar | |
Maart/April | Paasfees | Pasen | Nederlanders vier Paasfees oor twee dae. |
30 April | Koninginnedag | Koninginnedag | Koninginnedag is oorspronklik gevier op die verjaardag van die koningin, maar word deesdae gevier op die verjaardag van die gewese Koningingmoeder, Juliana, omdat daar dan beter weer is. |
4 Mei | Herdenking vir die Dooies | Dodenherdenking | Herdenking vir die mense wat gesneuwel het in die Tweede Wêreldoorlog. |
5 Mei | Bevrydingsdag | Bevrijdingsdag | Viering van die oorwinning oor Duitse magte in 1945 tydens die Tweede Wêreldoorlog. |
40 dae na Paasfees | Hemelvaartdag | Hemelvaartsdag | |
7 weke na Paasfees | Pinkster | Pinksteren | Nederlanders vier Pinkster oor twee dae. |
5 Desember | Sinterklaas | Sinterklaas | Sinterklaas, 'n voorganger van Kersfeesvader gee geskenke vir kinders. |
25 Desember, 26 Desember | Kersfees | Kerstmis | Nederlanders vier Kersfees oor twee dae. |
[wysig] Sien ook
[wysig] Eksterne skakels
- Overheid.nl - die amptelike werf van die Nederlandse regering
- CBS - Nederlandse buro van statistiek
- Reisgids van Nederland
- CIA Fact Book about Netherlands
|
|
---|---|
België | Ciprus | Denemarke | Duitsland | Estland | Finland | Frankryk | Griekeland | Hongarye | Ierland | Italië | Letland | Litaue | Luxemburg | Malta | Nederland | Oostenryk | Pole | Portugal | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Tsjeggië | Verenigde Koninkryk |