Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Die avonture van Kuifie - Wikipedia

Die avonture van Kuifie

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

[Die Avonture van Kuifie

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste Europese strokiesverhale van die twintigste eeu, met 'n oplaag van meer as 200 miljoen boeke, wat in sowat sestig tale verskyn het. Die hooffigure van die verhale is die jong verslaggewer Kuifie en sy metgesel, die hond Spokie.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as 'n bylae van die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die laaste verhaal bly onvoltooi). Die eerste Afrikaanse uitgawes is in 1974 deur Human & Rousseau in Kaapstad vrygestel.

Die skepper van Kuifie, die Belgiese skrywer en illustreerder Georges Remi oftewel Hergé (1907-1983), staan bekend as die vader van die moderne strokiesprent en kry erkenning vir sy styl van ligne claire, wat sy strokiesprente van ander werke onderskei, en sy meesterlike vertelkuns. Vir sy latere werke doen hy uitgebreide navorsing om die verhale so outentiek moontlik te maak. Hy hou steeds die maatskaplike ontwikkelinge dop en werk hulle in sy verhale in.

Die avonture van Kuifie dek 'n aantal genres soos fantasie, misdaad, politieke tema's en wetenskapsfiksie, maar staan ook bekend vir hulle humor, gesofistikeerde satiriese inslag en politieke of kulturele aanmerkings.

Inhoud

[wysig] Karakters

[wysig] Kuifie

Kuifie en Spokie
Kuifie en Spokie

Kuifie is 'n jong Belgiese verslaggewer (en ook 'n vermaarde vegsvlieënier). Hy raak gereeld betrokke in gevaarlike ondersoeke en moet dan heldhaftig inspring om sake te beredder. Hy word meestal geskets as hard aan die werk in sy veld as joernalis. Sy lewenswaardes is neutraal, en hy is 'n minder kleurvolle karakter is as die res van sy ondersteunende byspelers.

[wysig] Kaptein Sardijn

Kaptein Sardijn
Kaptein Sardijn

Kaptein Sardijn is Kuifie se beste vriend. Hy is 'n skeepskaptein en die leser ontmoet hom die eerste keer in die Die krap met die goue knypers. Oorspronklik is Sardijn uitgebeeld as 'n swak, alkoholiese karakter, maar in latere werke word hy meer eerbiedwaardig en werklik heroïes. Sy growwe natuur en sarkasme is 'n goeie teenvoeter vir die soms onwaarskynlike geesdriftigheid van Kuifie; hy reageer dikwels blitsvinnig en droogweg wanneer die jong mannetjie te optimisties is.

[wysig] Professor Fosfatus

Professor Fosfatus
Professor Fosfatus

Professor Fosfatus is 'n verstrooide, hardhorende professor. Talle voorwerpe wat in die Kuifie-reeks gebruik word, soos 'n eenmanduikboot, die vuurpyl na die Maan en 'n sonarwapen, is deur hom ontwerp. Sonneblom hoop altyd om die mensdom te bevoordeel met behulp van sy uitvindings.

Sy doofheid is 'n gereelde bron van humor, siende dat hy weier om te erken dat hy doof is -- anders as halfdoof in die een oor -- en dan frases herhaal, maar soos wat hy dink hy gehoor het. In die "Maan"-boeke kry hy 'n gehoorapparaat, en het dwarsdeur die storie feitlik perfekte gehoor, solank die woord "bok" nie in sy geselskap gebesig word nie. Deur die verloop van latere avonture verloor hy sy gehoorapparaat, en word weer sy dowe self.

Fosfatus glo vas aan waterwiggelary en dra daarom altyd 'n pendule.

[wysig] Spokie

Spokie, erg dronk
Spokie, erg dronk

Spokie, 'n besonderse wit foksterriër, is Kuifie se konstante vierpotige metgesel. Hulle is onlosmaaklik van mekaar, en het die een die ander talle kere van riskante situasies gered. Hy geniet dit, nes Kaptein Sardijn, om whiskey te drink, en sy oormatige gedrinkery en geweldige arachnofobie laat hom soms in die pekel beland.

[wysig] Uys en Buys

Uys en Buys
Uys en Buys

Uys en Buys is twee onbeholpe speurders. Alhoewel hulle nie familie is van mekaar nie, lyk hulle soos 'n identiese tweeling, met die vorm van hulle snorre as die enigste sigbare verskil. Hulle is die bron van die meeste van die komiese verligting van die reeks. Hulle is geheel en al onbekwaam, kry dit altyd reg om die verkeerde karakter te arresteer, maar ten spyte daarvan kry hulle dit altyd reg om aan sensitiewe projekte toegewys te word. As hulle oorsee is, dring hulle daarop aan om anders as hulle gewone hoedjies, wandelstawwe en besigheidspakke, die nasionale volksdrag te dra, sodat hulle in die bevolking kan insmelt. Al wat hulle gewoonlik daarmee regkry, is om in die proses soos seer vingers uit te steek.

Die speurders is deels gebaseer op Hergé se vader en oom. Hulle was 'n identiese tweeling.

[wysig] Sommige byspelers

  • Generaal Alcazar
  • Ben Kalish Ezab
  • Bianca Castafiore
  • Chong-chen Chang
  • Oliviera de Figueira
  • Mitsuhirato
  • Dr. J.W. Müller
  • Nestor
  • Rastapopoulos

[wysig] Die oorspronklike 24 verhale wat deur Hergé geskep is

  1. Tintin au pays des Soviets (1930)
  2. Tintin au Congo (1931 oorspronklike uitgawe, 1946 kleuruitgawe)
  3. Tintin en Amérique (1932 oorspronklike uitgawe, 1945 kleuruitgawe, 1973 spesiale uitgawe wat in die Verenigde State gepubliseer is)
  4. Les Cigares du pharaon (1934 oorspronklike uitgawe, 1955 kleuruitgawe)
  5. Le Lotus bleu (1936 oorspronklike uitgawe, 1946 kleuruitgawe)
  6. L'Oreille cassée (1937 oorspronklike uitgawe, 1943 kleuruitgawe)
  7. L'Île noire (1938 oorspronklike uitgawe, 1943 kleuruitgawe, 1965 gewysigde uitgawe vir die Britse uitgewers)
  8. Le Sceptre d'Ottokar (1939 oorspronklike uitgawe, 1947 kleuruitgawe)
  9. Le Crabe aux pinces d'or (1941 oorspronklike uitgawe, 1943 kleuruitgawe, later gewysigde uitgawe wat in gesensureerde vorm in die Verenigde State verskyn het)
  10. L'Étoile mystérieuse (1942 oorspronklike uitgawe, 1954 nuwe kleuruitgawe)
  11. Le Secret de la Licorne (1943)
  12. Le Trésor de Rackham le Rouge (1944)
  13. Les 7 Boules de cristal (1948)
  14. Le Temple du Soleil (1949)
  15. Tintin au pays de l'or noir (1949 oorspronklike uitgawe, 1969 uitgawe wat op versoek van die Britse uitgewers gewysig is)
  16. Objectif Lune (1954)
  17. On a marché sur la Lune (1954)
  18. L'Affaire Tournesol (1956)
  19. Coke en stock (1958)
  20. Tintin au Tibet (1960)
  21. Les Bijoux de la Castafiore (1963)
  22. Vol 714 pour Sydney (1968)
  23. Tintin et les Picaros (1976)
  24. Tintin et l'Alph-Art (onvoltooi, 1986 oorspronklike uitgawe, 2004 nuwe verfraaide uitgawe)

[wysig] Afrikaanse uitgawes

  1. Die Sontempel (1974)
  2. Die Haaie van die Rooi See (1976)
  3. Die Geheim van De Eenhoorn (het ook verskyn as "Die Geheim van die Eenhoorn", 1977)
  4. Die Geheime Wapen (1973 en 1996)
  5. Die Skat van Rackham die Rooie (1996)
  6. Die Krap met die Goue Knypers (2005)
  7. Koning Ottokar se Septer (2005)
  8. Die Sigare van die Farao (2005)
  9. Die Stukkende Oor (2005)
  10. Die Blou Lotus (2005)
  11. Die Swart Eiland (2005)
  12. Die Geheimsinnige Ster (2005)

[wysig] Animasieprente

  • Tintin et le mystère de la Toison d'or (1961)
  • Tintin et les oranges bleues (1964)
  • Le Temple du Soleil (Tintin et le temple du Soleil) (1969, animasieprent wat nie deur Hergé self geskryf is nie)
  • Tintin et le lac aux requins (1972, animasieprent wat nie deur Hergé self geskryf is nie)

[wysig] Musikale komedie

  • Tintin - Le Temple du Soleil (Kuifje - De Zonnetempel, 2001)

[wysig] Toekennings

In 2006 is Kuifie en Spokie saam met die Suid-Afrikaanse aartsbiskop Desmond Tutu deur die Dalai Lama vereer. Volgens Sy Heiligheid het die strokiesprent Kuifie in Tibet 'n belangrike bydrae gelewer om Tibet, wat in 1949 deur die Volksrepubliek van Sjina beset is, aan 'n nuwe leserspubliek bekend te stel.

[wysig] Eksterne skakels

[wysig] Bron

Grootliks vertaal vanaf The Adventures of Tintin op die Engelse Wikipedia.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com