Kelt
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die terme Kelte, uitgespreek /kɛlt/, [1] verwys na enige van 'n aantal antieke volke in Europa wat Kelties tale, 'n tak van die Indo-Europese tale gepraat het, sowel as ander groepe waarvan die taal onbekend is maar wat deur in argeologiese getuienis geasosieer word met kulturele kenmerke soos Keltiese kuns. Historiese teorië is ontwikkel wat beweer het dat die faktore 'n gemene oorsprong aandui, maar nuwer teorieë dat kultuur na verskillende inheemse volke versprei, word deur genetiese getuienis ondersteun.
Alhoewel die uitbreiding van die Romeinse Ryk daartoe gelei dat vasteland Kelte Romeinse kultuur aangeneem het, het die ontwikkeling van Keltiese Christendom in Ierland en Brittanje 'n vroeë middeleeuse renaissance van Keltiese kuns tussen 400 en 1200 gelei. Oudheidkundige belangstelling vanaf die 17de eeu lei daartoe dat die term Kelt uigebrei word en stygende nasionalisme veroorsaak Keltiese herlewings vanaf die 19de eeu in gebiede waar die gebruik van Keltiese tale bewaar gebly het.
Vandag word die term "Kelties" baie keer gebruik om die tale en kulture van Ierland, Skotland, Wallis, Cornwall, die Isle of Man en die Franse gebied Bretagne maar stem streng gesproke ooreen met die Keltiese taalfamilie – waarvan : Iers-Gaelies, Skots-Gaelies, en Manx (Gaelies tale) en Wallies, Bretons en Cornies (Eiland-Keltiese tale).