Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Jersey - Wikipedia

Jersey

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Bailiwick of Jersey
Bailliage de Jersey
Distrik van die eiland Jersey
Wapen van Jersey
(Vlag van Jersey) (Landswapen van Jersey)
Volkslied: Ma Normandie
God Save the Queen
Ligging van Jersey
Amptelike tale Engels en Frans; Jèrriais
Hoofstad Saint Helier
49° 11' N, 2° 06' O
Grootste stad Saint Helier
Politieke bedeling Britse Kroongebied
Regeringsvorm Selfregering deur Statevergadering
Hertogin van Normandië Koningin Elizabeth II
Luitenant-Goewerneur van Jersey Sir John Cheshire
Balju Sir Philip Bailhache
Oppervlakte
 - Totaal
 - % water

116 km²
-%
Bevolking
 - Bevolkingsdigtheid

91 000
784,5/km²
Geldeenheid Pond Sterling van Jersey
Tydsone UTC
Internet TLD .je
Skakelkode +1534

Die Bailiwick of Jersey (Jèrriais: Jèrri) is die grootste van die Kanaaleilande digby die kus van Noord-Frankryk en net soos die eiland Man 'n besitting van die Britse Kroon, wat nie deel uitmaak van die Verenigde Koninkryk of die Europese Unie nie. Die eiland met 'n oppervlak van 116 vierkante kilometer het sowat 91 000 inwoners. Die onbewoonde eilande Minquiers en Ecréhous behoort tot Jersey.

Die eiland is 'n oorblyfsel van die historiese hertogdom van Normandië, en die plaaslike Frans-Normandiese dialek Jèrriais word as streektaal erken. Engels en Frans is die amptelike tale. Frans bly tot die jaar 1946 'n amptelike taal van die regering, maar sy gebruik is vandag beperk tot 'n aantal seremonies soos die gebed voor die opening van die Statevergadering. Frans is egter 'n verpligte skoolvak.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Jersey is in die jaar 933 deur Willem Langswaard, hertog van Normandië, geannekseer. Sy afstammeling Willem die Veroweraar (Willem I van Engeland) verenig na die Normandiese inval in Engeland in 1066 die hertogdom van Normandië en die Koninkryk van Engeland onder een kroon.

Koning Johan I van Engeland verloor in 1204 al sy Normandiese besittings op die vasteland aan die koning van Frankryk, met die uitsondering van die Kanaaleilande Jersey, Guernsey, Alderney, Sark en Herm, wat as selfregerende gebiede by die Engelse Kroon bly.

Die handel, wat deur die neutraliteit tussen Engeland en Frankryk bevorder word, word die basis vir die welvaart van Jersey. Die landbou, vissery, skeepsbou en wolvervaardiging is vir 'n lang tydperk die hoofsaaklike bronne van inkomste. Tydens die 19de eeu begin danksy die verbetering van die vervoer die ontwikkeling van die toerisme.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog word Jersey tussen 1 Mei 1940 en 9 Mei 1945 deur Duitse troepe beset.

[wysig] Politiek

Government House, Jersey: Ontvangs op die verjaardag van koningin Elizabeth II in 2005
Vergroot
Government House, Jersey: Ontvangs op die verjaardag van koningin Elizabeth II in 2005

Die State van Jersey vorm die wetgewende vergadering van die eiland. Dit sluit 53 verkose lede in - 12 senatore wat vir 'n ampstermyn van 6 jaar verkies word, 12 konstabels wat vir drie jaar as hoofde van die parogieë verkies word, 29 afgevaardigdes wat vir 'n ampstermyn van drie jaar verkies word; die Bailiff (Balju) en Deputy Bailiff (wat as voorsitters van die vergadering benoem word) en drie lede sonder stemreg - die Dekaan van Jersey, die Prokureur-Generaal en die Prokureur van Jersey, wat almal deur die Kroon benoem word.

Die regeringsdepartemente word deur komitees van die State beheer. Die Bailiff fungeer as die siviele hoof van die eiland.

Die meeste lede van die State word as onafhanklikes verkies. Die enigste politieke party, wat tans in die State verteenwoordig is, is die Demokratiese Alliansie van Jersey.

Die Normandiese gemene reg, wat die Clameur de Haro en die Engelse reg insluit, dien as basis vir die regstelsel. Die justisie word deur die Koninklike Hof (Royal Court) van die Verenigde Koninkryk beheer.

Koningin Elizabeth I se tradisionele titel as staatshoof is dié van Hertogin van Normandië, alhoewel sy hierdie titel formeel nie gebruik nie. Sy regeer die kroongebied danksy haar funksie as koningin.

[wysig] Geografie

Rotswande van die noordelike kuslyn naby Plémont
Vergroot
Rotswande van die noordelike kuslyn naby Plémont

Jersey is die grootste en mees suidelike van die Kanaaleilande met 'n oppervlak van 45 vierkante myl (116 vierkante kilometer), sowat twaalf myl van die Franse skiereiland Cotentin in Normandië.

Die seegebied van die Baai van Saint-Malo staan bekend vir sy getye, wat twee keer per dag 'n verskil van 40 voet tussen eb en vloed kan bereik - een van die grootstes ter wêreld.

Jersey het 'n gematigde klimaat met milde winters en koel somers, alhoewel dit die meeste sonskynure van alle Britse Eilande het. Sy landskap word deur vlaktes met lae heuwels langs die noordkus gekenmerk.

Vir administratiewe doeleindes is die eiland in twaalf parogieë onderverdeel, wat almal toegang tot die see het en die name van heiliges dra. Die parogieë word verder verdeel in vingtaines (of, soos in die geval van St. Ouen, in "cueillettes"), wat histories ontwikkel het en as plaaslike bestuurseenhede en kiesafdelings dien. Sogenaamde Centeniers word in elkeen van die parogieë vir 'n ampstermyn van drie jaar as polisiehoofde verkies.

[wysig] Ekonomie

Die kasteel op die Mont Orgueil dateer uit die 13de eeu en dien destyds as beskerming teen Franse invalle
Vergroot
Die kasteel op die Mont Orgueil dateer uit die 13de eeu en dien destyds as beskerming teen Franse invalle

Die ekonomiese basis van Jersey is finansiële dienste, toerisme, internethandel en landbou. Finansiële dienste lewer die helfte van die eiland se inkomste op.

Terwyl Jersey in die 19de eeu onder meer nog 'n belangrike uitvoerder van sider na die Verenigde Koninkryk is (in 1810 word 4,5 miljoen liter uitgevoer), is aartappels en suiwelprodukte vandag die belangrikste landbouprodukte. Talle boere gee die voorkeur aan natuurlike bemesting en gebruik vraic, die seewier wat in groot hoeveelhede aan Jersey se strande uitgespoel word, vir die bekende Jersey Royal-aartappels. Hierdie tradisie dateer uit die 12de eeu.

Die plaaslike Jersey-beesras dien as die basis vir 'n klein organiese vleisbedryf.

Aangesien Jersey geen belasting op toegevoegde waarde het nie, is daar gespesialiseerde maatskappye wat goedere soos video's, kontaklense en ander goedere na die Verenigde Koninkryk uitvoer en op daardie mark teen laer pryse aanbied. Hierdie praktyk word deur nuwe wetgewing beperk.

[wysig] Geldeenheid

Jersey het sy eie banknote en muntstukke, wat saam met dié van Guernsey, die Verenigde Koninkryk en Skotland as wettige betaalmiddel dien. Jersey se geldeenheid is aan die Britse Pond Sterling gekoppel. Sien Pond Sterling van Jersey.

[wysig] Demografie

Sowat vyftig persent van die eiland se bevolking is uitheems. Dertig persent van die 91 000 inwoners is in die gebied van die hoofstad St. Hélier gekonsentreer.

Die Kerk van Engeland is die grootste godsdienstige gemeenskap op die eiland, terwyl in die plattelandse gebiede baie aanhangers van die Metodistekerk woon. Daar is ook 'n groot Rooms-Katolieke minderheid.

[wysig] Kultuur

Normandiese vlae tydens La Fête Nouormande 2005
Vergroot
Normandiese vlae tydens La Fête Nouormande 2005

Jèrriais, die inheemse Normandiese taal, word deur 'n minderheid van die bevolking gepraat. Tydens die 19de eeu is dit nog die huistaal van die meerderheid. Deesdae is veral ou mense die taal magtig, alhoewel dit in Jersey se skole onderwys word. Dit speel nog 'n groot rol in die topografie van die eiland, waar naas Jèrriais ook Franse en Engelse plekname gebruik word.

'n Aantal neolitiese kunswerke is die vroegstes wat op die eiland gevind is. Die enigste oorblyfsels van die ryk middeleeuse kultuurerfenis is muurskilderye, nadat die ikonoklasme (beeldestorm) tydens die Calvinistiese reformasie van die 16de eeu baie werke vernietig het.

Drukkerye bestaan sedert die tagtigerjare van die 18de eeu, en talle publikasies in Jèrriais, Frans en Engels verskyn in die 19de eeu op die eiland. Aktuele en satiriese poësie is die belangrikste literêre kunsvorm.

John Everett Millais, Elinor Glyn en Wace behoort tot Jersey se bekende kunstenaars. Lillie Langtry, wat ook as Jersey Lily bekend staan, word as die leidende kunstenares van Jersey beskou. Die bekende Franse skrywer Victor Hugo bly in die tydperk van 1852 tot 1855 as balling op Jersey.

Die plaaslike karnaval, die Blommeslag (Battle of Flowers), vind sedert die jaar 1902 plaas.

[wysig] Kookkuns

Seekos is 'n belangrike bestanddeel van Jersey se kookkuns, net soos sy melk, room en botter. Jersey het, anders as Normandië, geen tradisie van kaasvervaardiging nie, alhoewel 'n klein hoeveelheid kaas plaaslik gemaak word.

Die Jersey Royal is die plaaslike soort aartappel, wat baie gewild is op die plaaslike en Europese mark. Die klein, geurige aartappels groei op die suidwaarts geleë côtils (steile hellings).

Appels is 'n histories belangrike vrugtesoort. Die sogenaamde "swart botter" (lé nièr beurre) is 'n spesialiteit, wat van appels, sider en speserye gemaak word. Hierdie konfyt word gewoonlik in die nagte van November in spesiale houers, die sogenaamde bachins, berei - 'n gewilde vermaak vir almal, wat tot sestien ure kan neem. Emigrante het die resep ook in Noord-Amerika bekend gemaak; veral in die VSA-deelstaat Pennsylvania is "apple butter" 'n gewilde lekkerny. Die verbouing van appels word tans weer bevorder en vergroot. Appelbrandewyn en wyn word in klein hoeveelhede geproduseer.

[wysig] Eksterne skakels

Straatname verskyn in Engels, Frans en Jèrriais
Vergroot
Straatname verskyn in Engels, Frans en Jèrriais


Lande in Europa
Albanië | Andorra | Armenië1 | Azerbeidjan1 | België | Bosnië-Herzegowina | Bulgarye | Kroasië | Ciprus2 | Denemarke | Estland | Finland | Frankryk | Duitsland | Georgia1 | Griekeland | Hongarye | Ysland3 | Ierland | Italië | Letland | Liechtenstein | Litaue | Luxemburg | Macedonië | Malta | Moldawië | Monaco | Montenegro | Nederland | Noorweë | Oostenryk | Pole | Portugal | Roemenië | Rusland1 | San Marino | Serwië | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Switserland | Tsjeggië | Turkye1 | Oekraïne | Verenigde Koninkryk | Vatikaanstad | Wit Rusland
Afhanklikhede: Akrotiri and Dhekelia2 | Faroëreilande | Gibraltar | Guernsey | Jan Mayen | Jersey | Eiland Man | Svalbard
1. Land deels in Asië. 2. Geografies in Asië , maar gereeld beskou as deel van Europa agv kulturele en historiese oorwegings. 3. Land deels in Noord-Amerika
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com