Italië
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Italiaanse Republiek of Italië is 'n land in die suide van Europa, wat bestaan uit 'n stewel-vormige skiereiland sowel as twee ander groot eilande in die Middellandse See: Sisilië en Sardinië. Aan die noordekant word dit begrens deur die Alpe, en grens aan Frankryk, Switserland, Oostenryk en Slowenië. Die onafhanklike lande van San Marino en die Vatikaanstad is klein ingeslote Italiaanse gebiede.
Repubblica Italiana |
|
Volkslied: Fratelli d'Italia |
|
Amptelike taal | Italiaans |
Hoofstad | Rome |
Regeringstelsel | Republiek |
Religie | Rooms-Katoliek |
Oppervlak – % water |
301 230 km² 2% |
Bevolking – Digtheid: |
58,0 miljoen 196/km² |
Geldeenheid | Euro (EUR) |
Tydsone | UTC +1 |
Nasionale feesdag | 2 Junie (1946) Dag van die republiek |
Web | Kode | Tel. | .it | ITA | 39 |
[wysig] Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Italië
Italië het 'n groot invloed gehad in die kulturele en sosiale ontwikkelinge van die hele gebied rondom die Middellandse See, en het ook die Europese kultuur sterk beïnvloed. Belangrike kulture en beskawings het daar bestaan sedert pre-historiese tye. Na Magna Graecia, die Etruskiese beskawing en veral die Romeinse Ryk wat die area van die wêreld vir eeue oorheers het, was Italië die middelpunt van Europese wetenskap en kuns gedurende die Middeleeue en die Renaissance.
Moderne Italië het eers onlangs 'n staat geword - op 17 Maart 1861, toe die meeste van die state van die skiereiland verenig is onder Koning Victor Emmanuel II van die Savoy-dinastie, wat regeer het oor Sardinië en Piedmont. Die argitekte van die Italiaanse unifikasie was Count Camillo Benso di Cavour, die hoof minister van Victor Emmanuel, en Giuseppe Garibaldi, 'n generaal en nasionale held. Rome self het vir 'n dekade daarna nog onder die regering van die Pous gebly, en het eers deel van die Koninkryk van Italië geword op 20 September 1870. Die Vatikaan is nou 'n onafhanklike staat binne-in en omring deur Rome.
[wysig] Areas
Italië word verdeel in 20 areas (regioni, enkelvoud regione), waarvan vyf 'n spesiale outonome status geniet, aangedui deur 'n *:
- Abruzzo
- Basilicata
- Calabria
- Campania
- Emilia-Romagna
- Friuli-Venezia Giulia *
- Latium (Lazio)
- Ligurië (Liguria)
- Lombardye (Lombardia)
- Marche
- Molise
- Piëmont (Piemonte)
- Apulia (Puglia)
- Sardinia (Sardegna) *
- Sisilië (Sicilia) *
- Toskane (Toscana)
- Trentino-Suid Tirol (Trentino-Alto Adige) *
- Umbrië (Umbria)
- Aosta Vallei (Valle d'Aosta)*
- Veneto
'n Area word weer verder verdeel in provinsies.
[wysig] Geografie
Hoofartikel: Geografie van Italië
Datum | Afrikaanse Naam | Plaaslike Naam | Opmerking |
---|---|---|---|
1 Januarie | Nuwejaarsdag | Capodanno | |
6 Januarie | Epifanie | Epifania | |
Beweegbaar | Paassondag | Pasqua | |
Beweegbaar | Paasmaandag | Lunedì di Pasqua | |
25 April | Herdenking van bevryding | Liberazione | 1945 |
1 Mei | Werkersdag | Festa del Lavoro | |
2 Junie | Republiekdag | Festa della Repubblica | 1946 |
15 Augustus | Hemelvaart | Assunzione | |
1 November | Alle heiligedag | Tutti i Santi | |
8 Desember | Immaculate Conception | Immacolata | |
25 Desember | Kersfees | Natale | |
26 Desember | St. Stefandag | Santo Stefano | |
31 Desember | Oujaarsaand | San Silvestro |
|
|
---|---|
België | Ciprus | Denemarke | Duitsland | Estland | Finland | Frankryk | Griekeland | Hongarye | Ierland | Italië | Letland | Litaue | Luxemburg | Malta | Nederland | Oostenryk | Pole | Portugal | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Tsjeggië | Verenigde Koninkryk |