Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Alpe - Wikipedia

Alpe

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Mont Blanc
Vergroot
Die Mont Blanc

Die Alpe is 'n magtige bergreeks in Europa met 'n oppervlakte van meer as 200 000 vierkante kilometer, wat oor 'n afstand van 1 200 kilometer van Frankryk in die weste tot by Oostenryk en Slowenië in die ooste en van Suid-Duitsland in die noorde tot by Italië in die suide strek. In die suidooste gaan die Alpe oor na die Dinariese Gebergte, in die noordooste na die Karpate. Die hoogste berg, die Mont Blanc aan die Frans-Italiaanse grens, is 4 808 meter bo seevlak.

Die Alpe word volgens geografiese kenmerke onderverdeel in die Wes-Alpe en Oos-Alpe, en ten opsigte van die hoogte bo seevlak in die Vooralpe (tot by 1 500 meter), Middelalpe (tot by die sneeugrens) en die Hoogalpe (met 'n hoogte van meer as 3 000 meter).

Die Alpe ontstaan gedurende die geologiese tydperk van die tersiêr, toe die oorspronklike vasteland van Afrika noordwaarts beweeg, die sedimentafsettings van die Middellandse See eers saampers en daarna opvou. Hierdie geologiese aktiwiteite is nog steeds aan die gang en lei tot 'n klein, jaarlikse styging van die gebergte se hoogte.

Die oppervlakte is behalwe deur geologiese aktiwiteite ook deur klimaatsomstandighede gevorm. Veral gedurende die Ystydperk verander gletsers die voorkoms van die gebergte en begin groot valleie in te sny, terwyl die smeltwater in die randgebiede van die Alpe groot mere soos die Bodenmeer tussen Duitsland, Switserland en Oostenryk en die Gardameer in Noord-Italië laat ontstaan.

Satellietfoto van die Alpe
Vergroot
Satellietfoto van die Alpe

As 'n waterskeiding en klimatologiese grensgebied skei die Alpe die stroomgebiede van die Noordsee, die Middellandse See en die Swart See en die klimaatsones van die maritieme gebied in die weste, die kontinentale in die noorde en ooste en die milde Mediterreense gebied in die suide van mekaar. Die Alpe is die brongebied van groot Europese riviere soos die Inn, Po, Rhône en Ryn.

[wysig] Ekonomiese basis

Geografiese en klimatologiese omstandighede bepaal die ekonomiese basis van die verskillende gebiede. Die noordelike Vooralpegebied word deur 'n moderne landbousektor met melkboerdery en veeteelt gekenmerk, terwyl die bosgebiede 'n aantal werksgeleenthede in die houtbedryf skep. Die milde klimaat in die valleie van die suidelike Alpe is uiters geskik vir die wynbou en vrugteverbouing, terwyl in die oostelike gebiede sout en ertse gemyn word.

Hidroëlektriese kragopwekking voorsien in die elektrisiteitsbehoeftes van baie Alpegebiede.

Die alpiene sportbedryf is 'n belangrike bron van inkomste in alle gebiede, alhoewel die massatoerisme negatiewe uitwerkings op die sensitiewe omgewing en mikroklimaat van die gebergte het.

[wysig] Geskiedenis

In die antieke tydperk is die Alpegebied veral as 'n onherbergsame streek beskou, en sowel Kelte asook Romeine het geen nedersettings in die koue bergwêreld gestig nie. Vir hulle was slegs die bergpasse oor die Alpe van belang, en dit is ook die enigste geografiese punte in die bergreeks, wat hulle name gegee het.

Lauterbrunnenvallei, Switserland
Vergroot
Lauterbrunnenvallei, Switserland
Snelweg oor die Brenner-bergpas
Vergroot
Snelweg oor die Brenner-bergpas

As gevolg van die groter bevolkingsdigtheid het mense in die Middeleeue langsamerhand belang gestel in die Alpe. Die eerste nedersettings is in die Alpevalleie gestig, en die bergpasse het as deel van handelsroetes al hoe meer belangriker geword. Die berge self is egter nog steeds as gevaarlike en selfs angswekkende, mitiese plekke beskou en het die aanleiding gegee tot allerhande bygelowe. Die Middeleeuse berigte oor die sogenaamde "Heksesabbat" het hulle oorsprong in vroeë 15de eeuse oorlewerings uit die gebiede van Valais en Dauphiné in die Wes-Alpe.

As reaksie op die volksgeloof, wat na die bergwêreld as 'n tuiste van demone verwys het, het die kerklike owerhede orals in die Alpe gebedsplekke en heiligebeelde ter ere van die beskermheiliges soos Sint-Bernhardus en Sint-Niklaas opgerig.

Eers in die renaissance-tydperk het mense werklik in die bergwêreld begin belangstel, en in 1387 het die monnik Niklaus Bruder uit die Switserse stad Luzern met vyf metgeselle vir die eerste keer die bergspits Pilatus beklim en sodoende die bewys gelewer dat mense die berge sonder vrees kon aandurf.

Die Switserse humaniste van die 16de eeu het hierdie proses van ontmitologisering van die bergwêreld op 'n wetenskaplike basis voortgesit. Mense het vir die eerste keer die majestueuse landskap in sy mooiheid ervaar en die berge se geografiese betekenis as 'n natuurlike grens tussen Noord-Europa en Italië, maar ook as 'n oorgangsgebied met bergpasse en 'n landskap met landboupotensiaal danksy sy weivelde besef.

Sedert die laat 17de eeu het geleerdes die Alpe in hul werke vanuit 'n natuurkundige en teologiese standpunt begin behandel, en die ontmitologisering van die berge is nou ook deur die begin van die alpinisme bevorder. Moeilike bergspitse soos die Mont Blanc is deur geleerdes beklim, en hulle berigte het vinnig die eerste welgestelde toeriste, onder meer uit Engeland, gelok. Stede soos Genève het die vertrekpunt van talle reisgroepe op pad na die "yswêreld" van berge en gletsers geword. Mense het die grootsheid van die Alpewêreld bewonder en die lewe van sy bewoners, veral herders, begin idealiseer en romantiseer.

Sedert die dertigerjare van die 19de eeu lok die eerste grootpaaie oor die bergpasse as vernuftige prestasies van die destydse ingenieurskuns die bewondering van mense uit, en ook talle kunstenaars het die wisselwerking tussen natuur en tegniek as 'n nuwe motief ontdek.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com