Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Maart
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sjabloon:MaartKalender2006
1 Maart: Aswoensdag in Westelike Christendom (2006); Sint Dawiddag in Wallis, Mărţişor in Romenië, Martenitsa in Bulgarye.
- 1896 - Ethiopië wen die beslissende Slag van Adowa oor Italië wat die Eerste Italo-Abessiniese Oorlog tot 'n einde bring.
- 1919 – Japannese heerskappy in Korea: Die Samilbeweging in Korea begin landwyd met menige vreedsame protesaksies, maar word brutaal onderdruk deur die Japannese polisie en weermag onderdruk.
- 1947 - Die Internasionale Monetêre Fonds begin sy finansiële werksaamhede.
- 1954 - Die 15-megaton waterstofbom Castle Bravo word ontplof op Bikini Atol in die Stille Oseaan, wat een van die ergste radioaktiewe besoedeling deur kerntoetsing tot gevolg het.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
2 Maart: Onafhanklikheidsdag in Marokko (1956)
- 1836 - Die Republiek van Texas verklaar onafhanklikheid van Meksiko.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Australiese en Amerikaanse lugmagte val 'n groot konvooi van die Japannese vloot onderweg na Nieu-Guinee in die Slag van die Bismarcksee aan.
- 1946 - Hồ Chí Minh word President van Noord-Viëtnam.
- 1998 - Water word ontdek op Europa, 'n maan van die planeet Jupiter.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1431 - Gabriel Condulmer word Pous Eugenius IV.
- 1878 - Met die Verdrag van San Stefano, wat die Russies-Turkse Oorlog beëindig word Bulgarye 'n selfregerende prinsdom in die Ottomaanse Ryk.
- 1918 - Rusland teken die Verdrag van Brest-Litovsk met die Sentrale magte en beïndig sy deelname aan die Eerste Wêreldoorlog wat sonder opset lei tot onafhanklikheid vir Finland, Estland, Letland, Litaue en Pole.
- 1958 - Nuri as-Said word vir die 14de keer Eerste Minister van Irak.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
4 Maart: Sint Casimirdag in Litaue en Pole
- 1461 - Die Roosoorloë in Engeland: Lancasterse Koning Henry VI word afgeset deur sy Yorkse neef, wat toe Koning Edward IV word.
- 1825 – Ondanks nederlae in beide die VSA verkiesingskollege en die meerderheidstem in die Amerikaanse presidensiële verkiesing in 1824 word John Quincy Adams ingesweer as die sesde President van die VSA.
- 1877 - Emile Berliner vind die mikrofoon uit.
- 1975 - Akteur en regisseur Charlie Chaplin word deur Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk tot ridder geslaan.
- 1980 - Robert Mugabe van die Zimbabwe African National Union word as die eerste regeringshoof van Zimbabwe verkies.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1770 - Bostonslagting: Die gooi van sneeuballe na Britse soldate tydens 'n militêre besetting loop uit op geweld in Boston.
- 1824 - Brittanje verklaar amptelik oorlog teen Burma en begin daarmee die Eerste Anglo-Burmese Oorlog.
- 1872 - George Westinghouse patenteer die lugrem wat treine in staat stel om meer betroubaar tot stilstand te kom.
- 1918 – Bolshevistiese Rusland skuif sy hoofstad van Moskou na Petrograd.
- 1946 - Die term "Ystergordyn" word vir die eerste keer in 'n openbare toespraak deur Winston Churchill gebruik.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
6 Maart: Onafhanklikheisdag in Ghana (1957)
- 1521 - Ferdinand Magellaan en sy bemanning word die eerste Europeërs om Guam in die Mariana-eilande te bereik.
- 1869 - Dmitri Mendeleev stel die eerste periodieke tabel van chemiese elemente aan die Russiese chemiese vereniging voor.
- 1987 - 193 mense aanboord van die Britse veerboot M/S Herald of Free Enterprise kom om toe dit omslaan terwyl dit die hawe van Zeebrugge, België verlaat onderweg na Dover, Engeland oor die Engelse Kanaal.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
7 Maart: Onderwysersdag in Albanië
- 161 - Marcus Aurelius en Lucius Verus volg Antoninus Pius op om mede-keisers van die Romeinse Ryk te word.
- 1936 - Duitsland herbeset die gedemilitariseerde Rynland, en verbreek daarmee die Verdrag van Versailles en die Locarno Verdrae wat na die Eerste Wêreldoorlog onderteken is.
- 1950 - Die Sowjetunie reik 'n verklaring uit wat ontken dat die Duitse kernfisikus Klaus Fuchs as 'n Sowjet spioen gedien het.
- 1965 - Amerikaanse Burgerregtebeweging: Burgerregte betogers wat van Selma na Montgomery, Alabama marsjeer word brutaal deur die polisie aangeval op Bloedige Sondag.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
8 Maart: Internasionale Vrouedag; Moedersdag in Albanië
- 1618 - Johannes Kepler ontdek derde wet van planetêre beweging.
- 1702 - Prinses Anne van die Huis van Stuart word Koningin van Engeland, Skotland en Ierland.
- 1782 - Byna 100 Amerkaanse inboorlinge sterf deur die toedoen van Pennsylvania burgermagte in 'n massamoord wat as die Gnadenhüttenmenseslagting bekend staan.
- 1844 - Oscar I bestyg die troon van Swede-Noorweë.
- 1966 – Nelson se Pilaar, 'n groot graniet pilaar met 'n standbeeld van Lord Horatio Nelson daarop in Dublin, Ierland, word deur 'n bom vernietig.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
9 Maart: Baron Blissdag in Belize
- 1916 - Generaal Pancho Villa lei 1500 Meksikane in 'n aanval oor die VSA grens op Columbus, Nieu-Meksiko, wat aanleiding gee tot 'n strafekspidisie deur die VSA leër.
- 1932 - Eamon de Valera word President van die uitvoerende raad van die Ierse Vrystaat.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: 'n Bomaanval op Tokio versoorsaak 'n vuurstorm waarin 100 000 mense sterf.
- 1959 - Die wêreld se topverkoper pop, Barbie, word vir die eerste keer in New York verkoop.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 241 v.C. - Rome verslaan Kartago in die Slag van die Aegate-eilande wat die Eerste Puniese Oorlog beëindig.
- 1831 - Die Franse Vreemdelinge Legion word deur Koning Louis-Philippe gestig om die oorlog in Algerië te ondersteun.
- 1876 - Alexander Graham Bell voer die eerste suksesvolle telefoonoproep uit.
- 1952 – Nadat hy volgens wet verbied is om herverkiesing na te streef, voer voormalige President Fulgencio Batista 'n staatsgreep uit om beheer van Kuba oor te neem.
- 2000 - Die NASDAQ effektebeursindeks bereik 'n hoogtepunt van 5048,62, die hoogste vlak van die dot-comvoorspoedgolf.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
11 Maart: Rooineusdag in die Verenigde Koninkryk (2005)
- 1513 - Giovanni de' Medici word Pous Leo X.
- 1845 - Māori magte onder leiding van stamleiers Kawiti en Hone Heke vernietig die Britse nederstting van Kororareka in Nieu-Seeland wat die Flagstaffoorlog ontlont.
- 1966 – President Sukarno van Indonesië, aan bewind sedert die Tweede Wêreldoorlog, word afgeset deur Suharto en die leër.
- 1990 - Die Litause Sowjet Sosialistiese Republiek se bestaan eindig toe Litaue die herstel van onafhanklikheid van die Sowjetunie verklaar.
- 2004 - Die 11 Maart Aanvalle: 'n Reeks terroriste bomaanvalle op streekspendeltreine dood 191 en wond meer as 1800 in Madrid, Spanje.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
12 Maart: Onafhanklikheidsdag in Mauritius (1968)
- 515 v.C. - Konstruksie van die Tempel in Jerusalem word voltooi.
- 1930 - Mahatma Gandhi begin die Sout Satyagraha, 'n 24-dag, 320-km staptogom die Britse belasting op sout in koloniale Indië uit te daag.
- 1938 - Anschluss Österreichs: Oostenryk word deur die Wehrmacht beset, en word vervolgens Ostmark, 'n provinsie in die Duitse Ryk.
- 1940 - Die Moskou Vredesverdrag word onderteken wat 'n einde bring aan die Winteroorlog tussen Finland en die Sowjetunie.
- 2003 – Serwiese Eerste Minister Zoran Đinđić sterf in 'n sluipmoordaanval in Belgrado.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 874 - Die bene van Sint Nicephorus word in Konstantinopel begrawe.
- 1781 - William Herschel ontdek die planeet Uranus.
- 1881 - Tsaar Alexander II van Rusland sterf in 'n sluipmoord in 'n Nihilistiese komplot deur Ignacy Hryniewiecki.
- 1954 - Viet Minh magte onder Vo Nguyen Giap stuur 'n reuse artillerieaanval op die Franse leër van stapel om die Slag van Dien Bien Phu, die finale slag in die Eerste Indosjinaoorlog, te begin.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
14 Maart: Volkebonddag (2005), Witdag in Japan, Pi-dag
- 1590 - Henri van Navarre en die Hugenote verslaan die magte van die Katholieke Bond onder die Duc de Mayenne in die Slag van Ivry.
- 1794 - Eli Whitney patenteer die pluismeul.
- 1964 - Jack Ruby word skuldig gevind van die moord op Lee Harvey Oswald.
- 1984 - Gerry Adams, leier van Sinn Féin, word ernstig gewond in 'n sluipmoordpoging in Belfast, Noord-Ierland.
- 1991 - Die "Birmingham Ses", te vore verkeerdelik aan moord en bomaanvalle op kroeë in Birmingham, Engeland skuldig bevind, word na 16 jaar in die tronk vrygelaat.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 44 v.C. - Julius Caesar van die Romeinse Republiek word deur Marcus Junius Brutus en verskeie ander Romeinse Senators op die Ides van Maart dood gesteek.
- 1493 - Christopher Columbus keer na Spanje terug na sy eerste reis na die Amerikas.
- 1877 – Geskiedenis van krieket: Krieketspelers wat Engeland en Australië verteenwoordig speel die eerste toetswedstryd by die Melbourne Cricket Ground.
- 1906 - Charles Rolls en Henry Royce stig die motorvervaardigermaatskappy Rolls-Royce.
- 1917 - Tsaar Nikolaas II van Rusland word gedwing om te abdikeer tydens die Februarie Revolusie wat drie eeue van Romanovheerskappy beëindig.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1521 - Ferdinand Magellaan bereik die Filippyne.
- 1815 - Willem I verklaar homself Koning van die Verenigde Koninkryk van die Nederlande, die eerste grondwetlike monargie in Nederland.
- 1872 - Wanderers F.C. wen die eerste FA Cup, die oudste sokker kompetisie in die wêreld, 1-0 teen Royal Engineers A.F.C. by Die Oval in Kennington, London.
- 1968 - Viëtnamoorlog: Amerikaanse soldate dood 347 burgerlikes in My Lai, Viëtnam.
- 1978 - Voormalige Eerste Minister van Italië Aldo Moro word in Rome deur die Rooi Brigade ontvoer.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
17 Maart: Sint Patrickdag
- 45 v.C. - Julius Caesar behaal sy finale oorwinning in die Slag van Munda waar hy die Optimatemagte van Titus Labienus en Gnaeus Pompeius verslaan.
- 1901 - 'n Uitstalling van 71 skilderye deur Vincent van Gogh veroorsaak 'n opskudding in Parys, 11 jaar na sy dood.
- 1958 - Vanguard 1, die eerste sonkragaangedrewe satelliet, word gelanseer. Dit is die oudste mensgemaakte voorwerp wat vandag nog in die ruimte is.
- 1959 - Tenzin Gyatso, die 14de en huidige Dalai Lama, vlug uit Tibet na Indië.
- 1969 - Golda Meir van die Arbeiders Party word die vierde Eerste Minister van Israel.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
18 Maart: Vlagdag in Aruba (1976)
- 1229 – Sesde Kruistog: Heilige Romeinse Keiser Frederick II verklaar homself tot Koning van Jerusalem.
- 1438 - Albert II van Habsburg word Koning van die Romeine in die Heilige Romeinse Ryk.
- 1921 - Die Pools-Sowjetoorlog, wat die grens tussen die Tweede Poolse Republiek en Sowjet Rusland bepaal, kom formeel tot 'n einde met die ondertekening van die Vrede van Riga.
- 1922 - Mahatma Gandhi word gevonnis tot ses jaar tronkstraf vir burgerlikeongehoorsaamheid.
- 1965 - Ruimtevaarder Aleksei Leonov trek 'n ruimtepak aan en verlaat die Voskhod 2 ruimtetuig om die eerste persoon te word om in die ruimte te loop
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
19 Maart: Sint Josefdag in Katolisisme en Vadersdag in verskeie lande
- 1279 - Die Song Dinastie in Keiserlike Sjina eindig met 'n Mongoolse oorwinning in die Slag van Yamen.
- 1687 – Die soektog na die monding van die Mississippirivier gelei deur die Franse ontdekkingsreisiger Robert Cavelier de La Salle eindig met 'n muitery en sy moord in Texas.
- 1915 - Die planeet Pluto word vir die eerste keer gefotograffeer 15 jaar voor dit uiteindelik deur Clyde Tombaugh by die Lowell Observatory ontdek is.
- 1932 - Die Sydneyhawebrug, 'n belangrike landmerk in Sydney, Australië, word formeel geopen.
- 1982 - Die Falklandoorlog begin met die Argentynse besetting van Suid-Georgia.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
20 Maart: Vernal equinox en Internasionale Aardedag (2005), Palmsondag in Westelike Christendom (2005), Onafhanklikheidsdag in Tunisië (1956)
- 1413 - Henry V word koning van Engeland.
- 1602 - Die Verenigde Oos Indiese Kompanjie, wat later 'n groot rol sou speel in die vestiging van die Europese nedersetting in die Kaap, word gestig.
- 1933 – Die konstruksie van die eerste Nazi konsentrasiekamp by Dachau word voltooi.
- 1987 - AZT word die eerste antiretroviralemiddel wat goedgekeur word vir die gebruik teen MIV en VIGS.
- 1995 - Die Aum Shinrikyo sekte voer 'n Saringasaanval op die Tokio ondergrondse treinstelsel uit waarin 12 mense sterf en meer as 6000 beseer word.
- 2003 - Die VSA begin met operasie Shock and Awe bomaanvalle op Irak.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
21 Maart: Benito Juárezdag in Meksiko, Norouz in Iran, Wêreldpoësiedag
- 1556 – Aartsbiskop van Kantelberg Thomas Cranmer word in Oxford, England per brandstapel tereggestel.
- 1800 - Pius VII word as Pous gekroon in Venesië met 'n tydelike pouslike tiara uit papier-mâché gefabriseer.
- 1804 - Code Napoléon word aangeneem as Franse siviele reg.
- 1935 - Sjah Reza Pahlavi vra die internasionale gemeenskap formeel om Persië se inheemse naam, Iran, wat 'Land van die Ariane beteken, te gebruik.
- 1990 – Die voormalige Suidwes-Afrika, Namibië, verkry onafhanklikheid van Suid-Afrika, met Sam Nujoma as eerste President.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
22 Maart: Wêreldwaterdag
- 238 - Gordian I en Gordian II word as Romeinse Keisers verklaar.
- 1765 - Die parlement van die Verenigde Koninkryk neem die Seëlwet aan wat die groeiende separatistebeweging in koloniale Amerika verder aanblaas.
- 1888 - William McGregor, direkteur van Aston Villa F.C. in Birmingham, England, stig die Football League.
- 1945 - Die Arabiese Bond word deur 7 Arabiese state gestig.
- 1995 – Russiese ruimtevaarder Valeri Polyakov van die Sojoes-program keer terug van die Mir-ruimtestasie na 437 dae in die buitenste ruimte en stel daarmee 'n nuwe wêreldrekord op vir die langste ruimtevlug.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
23 Maart: Nasionale Dag in Pakistan (1956)
- 1801 - Tsaar Alexander I bestyg die Russiese troon na sy vader wreedaardig vermoor is.
- 1919 - Benito Mussolini stig die Fasciste beweging in Milaan, Italië.
- 1978 – Die eertse UNIFIL troepe kom in Lebanon aan op 'n vredesending langs die Blou Lyn.
- 1989 - Twee navorsers kondig die uitvinding van koue kernsmelting aan. Die verklaring is later in twyfel getrek.
- 1996 - Lee Teng-hui word verkies as President van die Republiek van Sjina in die eerste direkte presidensiële verkiesing in Taiwan.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
24 Maart: Voetwassingdonderdag in Westelike Christendom (2005)
- 1603 - Koning James I word die eerste Britse monarg om gelyktydig in Skotland, Engeland en Ierland te heers.
- 1882 - Robert Koch kondig die ontdekking van die bakterie wat tuberkulose veroorsaak aan.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Gevangene Geallieerde soldate begin die groot ontsnapping (Engels: Great Escape), toe hulle uit die Stalag Luft III, krygsgevangenekamp wat deur die Luftwaffe bedryf is, ontsnap.
- 1976 - President Isabel Perón van Argentinië word ontvoer en afgeset in 'n bloedlose staatsgreep.
- 1989 - Die Tenkskip Exxon Valdez stort meer as 11 miljoen gallon olie in die Prince Williamsont, Alaska, wat 'n groot omgewingsramp tot gevolg het.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
25 Maart: Onafhanklikheidsdag in Griekeland (1821)
- 1306 - Robert I van Skotland word gekroon as koning van Skotland by die Scone Paleis in Perth.
- 1634 – Die Engelse kolonie Maryland word deur Lord Baltimore en 'n groep Katolieke settelaars gestig.
- 1655 - Christiaan Huygens ontdek Titan, die grootste van die planeet Saturnus se mane.
- 1957 – Wes-Duitsland, Nederland, Luxemburg, Italië, Frankryk en België teken die Romeverdrag wat die Europese Ekonomiese Gemeenskap daar stel.
- 1995 - Ward Cunningham vestig die eerste wikiwerf die Portland Pattern Repository.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
26 Maart: Onafhanklikheidsdag in Bangladesh (1971), Rangapanchami (Holi) in Hinduisme (2005)
- 1707 – Volgens die Act of Union, smelt Engeland en Skotland om die Verenigde Koninkryk van Groot Brittanje.
- 1871 - Die Paris Commune word formeel in Parys, Frankryk gevestig.
- 1881 - Domnitor Carol I van Hohenzollern-Sigmaringen word verklaar as die eerste Koning van Roemenië.
- 1999 - Dr. Jack Kevorkian, 'n voorstaander van dokter-gesteunde-selfmoord, word skuldig bevind aan moord in die dood van 'n terminaal siek pasiënt.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1513 - Spaanse conquistador Juan Ponce de León gewaar Florida vir die eerste keer, oënskynlik terwyl hy opsoek was na die Fontein van ewigdurende Jeug in die Nuwe Wêreld.
- 1958 - Nikita Khrushchev word Premier van die Sowjetunie.
- 1964 - Die Goeie Vrydag-aardbewing wat 9,2 op die richterskaal meet tref Prince Williamsont aan die kus van Alaska. Dit veroorsaak tsoenami's wat sover as Kalifornië en Hawaii trek.
- 1977 - Twee Boeing 747-vliegtuie bots in die Teneriferamp op Tenerife in die Kanariese Eilande. 583 sterf in een van die ergste lugrampe in die geskiedenis van lugvaart.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 193 - Praetoriaanse Wagte voer 'n sluipmoord op Romeinse Keiser Pertinax uit en verkoop die troon in 'n veling aan Didius Julianus.
- 845 - Wikingstropers, waarskynlik onder leiding van Ragnar Lodbrok, buit Parys en hou die stad vir 'n groot losprys.
- 1939 – Magte van die Spaanse Staat gelei deur Generalísimo Francisco Franco buit Madrid wat die Spaanse Burgeroorlog beëindig.
- 1979 - 'n Kernreaktor by Three Mile Island naby Harrisburg, Pennsylvania ondergaan 'n gedeeltelike Kernsmelting.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1461 – Yorkse troepe behaal 'n oorwinning tydens die Slag van Towton, die grootste veldslag in die Rose-oorlog tot op daardie stadium.
- 1638 - Sweedse settelaars stig Nieu-Swede naby Delaware Baai, die eerste Sweedse kolonie in die Amerikas.
- 1807 - Die asteroïde 4 Vesta word naby Jupiter se wentelbaan deur Heinrich Wilhelm Olbers ontdek.
- 1809 – By die Diet van Porvoo, sweer die Riksdag van Finland trou aan die Tsaar Alexander I van Rusland wat die afskeiding van die Groothertogdom van Finland uit Swede tot gevolg het.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1867 – VSA Staatsekretaris William H. Seward onderhandel die aankoop van Alaska van Rusland.
- 1912 - Sultan Abdelhafid teken die Verdrag van Fez wat Marokko in 'n Franse protektoraat verander.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Wang Jingwei word deur Japan as hoof van die marionetregering in Sjina aangestel.
- 1954 - Die Toronto Transit Commission open die eerste moltreinstelsel in Kanada.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1778 - James Cook eis Vancouvereiland vir die Verenigde Koninkryk.
- 1854 – Kommodoor Matthew Perry van die VSA-vloot teken die Kanagawaverdrag, wat Japan dwing om hawens vir Amerikaanse handel oop te maak.
- 1889 - Die Eiffeltoring word in Parys ingehuldig.
- 1903 – Nieu-Seelandse uitvinder Richard Pearse vlieg na bewering in een van die eerste vliegmasjiene.
- 1917 - Die Deense Wes-Indies word die VSA Maagdeeilande nadat die VSA Denemarke $25 miljoen vir die Karibbiese Eilande betaal het.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis