Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions Sokker - Wikipedia

Sokker

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die aanvaller (met die rooi trui) is verby die verdediging (in die wit truie) en is op die punt om 'n skoot na die doel te waag. Die doelwagter sal probeer om te keer dat die bal by die doelhok ingaan.
Vergroot
Die aanvaller (met die rooi trui) is verby die verdediging (in die wit truie) en is op die punt om 'n skoot na die doel te waag. Die doelwagter sal probeer om te keer dat die bal by die doelhok ingaan.

Sokker is 'n spansport wat gespeel word tussen twee spanne wat elkeen bestaan uit 11 spelers en word beskou as een van die gewildste sportsoorte ter wêreld. Dit is 'n balspel wat op 'n reghoekige grasveld gespeel word. Die doel van die spel is om punte aan te teken deur die bal in die teenstanders se doel in te beweeg. Een van die uitstaande kenmerke van die spel is dat geen spelers buiten die doelwagter hul hande of arms mag gebruik om die bal te manipuleer nie. Die wenner is die span wat die meeste doele aangeteken het teen die einde van die wedstryd.

Die moderne spel het in Engeland ontwikkel met die vorming van die Football Association, wie se reëls van 1863 die grondslag gelê het vir die manier waarop die sport vandag gespeel word. Sokker word internasionaal gereguleer deur FIFA. Die bekendste internasionale sokkerkompetisie is die FIFA Wêreldbeker en is ook die die toernooi wat deur die meeste mense wêreldwyd dopgehou word.[1]

[wysig] Aard van die spel

'n Doelwagter duik om te keer dat die bal sy doelhok binnegaan.
Vergroot
'n Doelwagter duik om te keer dat die bal sy doelhok binnegaan.

Sokker word gespeel volgens 'n stel reëls. Die spel word gespeel met 'n ronde bal en twee spanne van elf spelers elk en die twee spanne ding mee om die bal in mekaar se doelhokke in te kry om sodoende 'n doel aan te teken. Die span wat die meeste doele teen die einde van die wedstryd aangeteken he, is die wenner; as beide spanne ewe veel doele aangeteken het, eindig die spel gelykop. Let wel: In sekere toernooie waar daar 'n uitkloprondtes gespeel word, word strafskoppe gebruik om te beslis wie die wenners is na 'n gelykopuitslag.

Die hoofreël is dat die spelers (buiten die doelwagter) nie doelbewus aan die bal mag raak met hul arms of hande tydens spel nie (hulle mag egter hul hande gebruik om 'n bal in te gooi). Alhoewel spelers hoofsaaklik hulle voete gebruik om die bal rond te beweeg, mag hulle enige deel van hulle liggame buiten hul arms en hande gebruik.

Tydens 'n tipiese spel probeer spelers om die bal na hul teenstanders se doelhok te beweeg deur indiwiduele beheer van die bal, soos om dit te dribbel (hardloop met die bal naby die voete), die bal na 'n spanmaat aan te gee en deur skote na die doel te waag wat deur 'n opponerende doelwagter beskerm word. Teenstanders mag probeer om die bal af te neem deur die bal te onderskep of deur die teenstander wat die bal beheer te lak; die toelaatbare fisiese kontak tussen spelers word egter beperk. Sokker is oor die algemeen 'n vryvloeiende spel met die bal wat ten alle tye in spel is buiten wanneer dit die veld verlaat of wanneer spel deur die skeidsregter gestop word.

Op professionele vlak word daar slegs 'n paar doele tydens 'n wedstryd aangeteken. Tydens 2005/2006 seisoen in die Engelse premierliga is daar byvoorbeeld 'n gemiddeld van 2.48 doele per wedstryd aangeteken.[2]

Die reëls van die spel spesifiseer nie spelerposisies buiten dié van die doelwagter nie, maar 'n aantal posisies het mettertyd ontwikkel. Hulle kan breedweg in drie kategorieë verdeel word: voorspelers (en: strikers) wie se hooftaak dit is om doele aan te teken; verdedigers wie se hooftaak dit is om te verhoed dat hul teenstanders doele aanteken en middelspelers (en: midfielders) wat poog om die bal by die teenstanders af te neem en dit na hul eie voorspelers aan te gee.

Daar kan verder tussen hierdie posisies onderskei word deur die kant van die veld waar die speler die meeste tyd spandeer. Daar is byvoorbeeld verdedigende senters asoook linker en regtervleuels in die middelveld. Die tien spelers in die veld kan in enige van hierdie posisies gerangskik word (daar kan byvoorbeeld vier verdedigers, vier middelspelers en twee voorspelers of drie verdedigers, twee middelspelers en vier voorspelers wees) en die aantal spelers in elke posisie bepaal die spelpatroon van 'n span; hoe meer voorspelers daar is en hoe minder verdedigers hoe aggressiewer en aanvallend is die spel terwyl die teenoorgestelde opstelling gewoonlik lei tot 'n stadiger meer verdedigende styl. Die rangskikking van spelers op die veld word gewoonlik deur die spanbestuurder bepaal.

[wysig] Geskiedenis en ontwikkeling

Speletjies wat berus op die skop van 'n bal is in baie lande in die geskiedenis gespeel. Die eerste aangetekende vorm is die Meso-Amerikaanse balspel wat deur die Olmec so vroeg as in 1500 v.C. gespeel is. Die Sjinese spel Cuju word ook in militêre handleidings uit die tydperk van die Qin Dinastie (255-206 v.C) genoem.[3]. Ander antieke balspele sluit in kemari uit Japan en die Romeinse spel Harpastum. Verskeie vorme van voetbal is ook in Europa tydens die Middeleeue gespeel.

Die reëls van sokker soos hulle vandag neergelê is, is gebaseer op pogings sedert die middel van die 19de eeu om die wyd uiteenlopende vorme van die spel te standardiseer by privaatskole in Engeland. Die eerste stel reëls wat ooreenkomste toon met die moderne spel is by die Trinity College te Cambridge in 1848 tydens 'n vergadering wat bygewoon is deur verteenwoordigers van Eton College, Harrow School, Rugby School, Winchester College en Shrewsbury School aanvaar, maar die reëls was nie universeel aanvaar nie en het baie ander klubs hul eie stel reëls gevolg.

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu