Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/12 Maart
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
12 Maart: Onafhanklikheidsdag in Mauritius (1968)
- 515 v.C. - Konstruksie van die Tempel in Jerusalem word voltooi.
- 1930 - Mahatma Gandhi begin die Sout Satyagraha, 'n 24-dag, 320-km staptogom die Britse belasting op sout in koloniale Indië uit te daag.
- 1938 - Anschluss Österreichs: Oostenryk word deur die Wehrmacht beset, en word vervolgens Ostmark, 'n provinsie in die Duitse Ryk.
- 1940 - Die Moskou Vredesverdrag word onderteken wat 'n einde bring aan die Winteroorlog tussen Finland en die Sowjetunie.
- 2003 – Serwiese Eerste Minister Zoran Đinđić sterf in 'n sluipmoordaanval in Belgrado.