Oxford
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Oxford is 'n stad in Oxfordshire Engeland met 'n populasie van 134 248 (sensus 2001). Oxford is bekend vir die Universiteit van Oxford wat die oudste in die Engelssprekende wêreld is.
Die Thamesrivier vloei deur Oxford en word die Isis genoem. Die stad self was deur die Saksers gestig in 912 n.C. en was eers bekend as Oxenford. Gedurende die burgeroorlog was Oxford die koninklike hoofstad onder Koning Charles I.