Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/April
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sjabloon:UitgesoekteHerdenkingsApril
1 April: 1 April Gekkedag
- 527 - Bisantynse Keiser Justinus I benoem Justinianus I as medeheerser en opvolger.
- 1789 - Die Huis van Verteenwoordigers vergader vir die eerste keer met 'n kworum in New York Stad en verkies Frederick Muhlenberg as die eerste Speaker.
- 1826 - Die binnebrandmotor gepatenteer deur Samuel Morey.
- 1945 - Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Okinawa, die grootste amfibiese aanval in die Stille Oseaan Oorlog, begin in Okinawa, Japan.
- 1979 - Iran uitgeroep as Islamietiese republiek, 'n teokrasie gelei deur Ayatollah Ruhollah Khomeini as die Opperleier van Iran.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1513 - Juan Ponce de Leon betree as eerste Europeer Florida.
- 1801 - Slag van Kopenhagen - Die Britte verwoes die Deense vloot.
- 1982 - Falkland Oorlog: Argentinië val die Britse Falkland Eiland in en begin die oorlog.
- 1992 - Pierre Bérégovoy word Eerste Minister van Frankryk
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1922 - Joseph Stalin volg Lenin op as leier van die Sowjet-Unie.
- 1941 - Hongaarse en Nazi-troepe masjeer Joeggoeslawië binne.
- 1968 - Simon en Garfunkel stel die album Bookends vry.
- 1968 - Martin Luther King Jr. gee sy "mountaintop"-toespraak.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1949 - Twaalf nasies teken die Noord-Atlantiese Verdrag, en stig die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Engels: North Atlantic Treaty Organization).
- 1968 - Apollo-program: NASA lanseer Apollo 6.
- 1983 - Pendeltuig Challenger se eerste ruimtetog.
- 1984 - Die kernreaktor by Koeberg wek vir die eerste keer elektrisiteit op.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1955 - Winston Churchill bedank as Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
- 1973 - Pierre Messmer word Eerste Minister van Frankryk.
- 1976 - In die Volksrepubliek van Sjina, lei die massaprotes op die Tianmen-plein tot verskeie se dood.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 648 v.C. - Eerste sonsverduistering opgeteken deur die Antieke Grieke.
- 1652 - Nederlandse seevaarder Jan van Riebeeck sit vir die eerste keer voet aan wal in die Kaap die Goeie Hoop waar hy 'n handelspos stig.
- 1917 - Eerste Wêreldoorlog: Die Verenigde Staate verklaar oorlog teen Duitsland.
- 1941 - Tweede Wêreldoorlog: Duitsland val Joegoeslawië en Griekeland binne.
- 1994 - Die Rwandese Volksmoord begin toe die vleigtuig waarin die President van Rwanda, Juvénal Habyarimana,m en die President van Burundi, Cyprien Ntaryamira deur ekstremiste met vuurpyle afgeskiet word.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1795 - Frankryk aanvaar die meter as lengte eenheid. Napoleon vervang dit weer met die Mesures usuelles op 12 Februarie 1812.
- 1815 - Tombora bars uit en 92 000 mense sterf.
- 1906 - Vesuvius bars uit.
- 1964 - IBM kondig die System/360 aan.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1646 - Die eerste koerantadvertensie verskyn in Engeland.
- 1904 - Frankryk en Groot Brittanje teken die Entente cordiale.
- 1905 - Die Britse Oos-Afrika protektoraat word die Keniaanse kolonie.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1916 - Tweede Wêreldoorlog: Slag van Verdun - Duitse magte begin hulle derde offensief van die oorlog.
- 1940 - Tweede Wêreldoorlog: Duitsland val Denemarke en Noorweë binne.
- 1967 - Die eerste Boeing 737 (100 reeks) se eerste vlug.
- 1991 - Georgië verklaar sy onafhanklikheid van die Sowjet-Unie.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1865 - Amerikaanse Burgeroorlog: 'n Dag na sy oorgawe aan die Uniemagte, spreek Generaal Robert E. Lee van die Konfederate sy troepe vir die laaste keer toe.
- 1912 - Die RMS Titanic verlaat die hawe in Southampton, Engeland.
- 1944 - Henry Ford II word aangewys as vise-president van die Ford Motormaatskappy .
- 1972 - Viëtnam-oorlog: Vir die eerste keer sedert November 1967 begin Amerikaanse B-52 bomwerpers Noord-Viëtnam te bombardeer.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1775 - Laaste doodstraf vir toorkuns in Duitsland word voltrek.
- 1814 - Napoleon word verban na die eiland Elba.
- 1921 - Eerste sportuitsending oor radio.
- 1945 - Tweede Wêreldoorlog: Magte van die Verenigde State bevry die gevangenes by die Buchenwald-konsentrasiekamp.
- 1970 - Apollo 13 word gelanseer.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1877 - Die Verenigde Koninkryk annekseer Transvaal
- 1946 - Sirië verkry onafhanklikheid van Frankryk
- 1975 - Viëtnamoorlog: Die VSA-ambasade in Phnom Penh, Cambodië word ontruim as Khmer Rouge troepe die stad omsingel.
- 1981 - Die eerste lansering van die Columbia ruimtependeltuig vir die STS-1-sending.
- 1992 - Euro Disney open in Marne-la-Vallee, Frankryk
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1598 - Koning Henry IV van Frankryk skep die Edik van Nantes, wat vryheid van geloof aan die Hugenote gee.
- 1849 - Hongarye word 'n republiek.
- 1970 - Die suurstoftenk van Apollo 13 ontplof.
- 1997 - Tiger Woods word die jongste gholfspeler om die Amerikaanse Meesterstoernooi te wen.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
14 April: Purim in Judaïsme, Goeie Vrydag in Westelike Christendom (2006);
- 1739 - Hendrik Swellengrebel, die man na wie Swellendam na vernoem is, word Goewerneur van die Kaap en ook die eerste wat in die Kaap gebore is.
- 1912 - RMS Titanic bots teen 'n ysberg op haar eerste vaart - en sink geheel en al teen 2:20vm die volgende dag.
- 1962 - Georges Pompidou word Eerste Minister van Frankryk.
- 1981 - Die ruimtependeltuig Columbia voltooi sy eerste toetsvlug suksesvol.
- 1986 - Die Verenigde State bombardeer Libië in weerwraak teen Libië se ondersteuning van terrorisme teen die Verenigde State.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
15 April: Heilige Saterdag in Westelike Christendom (2006)
- 1865 - Andrew Johnson ingehuldig as die 17de President van die Verenigde State.
- 1912 - Die passasierskip die RMS Titanic sink.
- 1940 - Die Gealieerdes begin hulle aanval op die Noorweegse dorp Narvik wat deur Nazi Duitsland beset is.
- 1983 - Tokyo Disneyland open.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
16 April: Paassondag in Westelike Christendom (2006)
- 1799 - Slag van Taborberg; Napoleon verdryf die Ottomaanse Turke oor die Jordaanrivier naby Acre.
- 1917 - Vladmir Lenin keer terug uit ballingskap.
- 1943 - Dr. Albert Hofmann ontdek die psigiese effekte van LSD
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
17 April: Paasmaandag in Westelike Christendom, (2006)
- 1906 - San Francisco-aardbewing
- 1924 - Metro-Goldwyn-Mayer studio word gevorm.
- 1964 - Ford Motormaatskapy onthul die Mustang-motorkar.
- 1970 - Apollo 13-ruimtetuig keer veilig terug met alle bemanningslede.
- 1975 - Kambodja val in die hande van die Khmer Rouge.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1942 - Pierre Laval word Eerste Minister van Frankryk.
- 1972 - Die Roland Korporasie word gestig in Osaka.
- 1980 - Republiek van Zimbabwe (voorheen Rhodesië) word gevestig.
- 2002 - 'n Nuwe orde van insekte, Mantophasmatodea, word aangekondig.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1919 - Leslie Irvin van die Verenigde State onderneem die eerste suksesvolle valskermsprong en vrye val.
- 1927 - Mae West word veroordeel tot 10 dae in gevangenis vir haar rol in die vertoning Sex
- 1956 - Aktrise Grace Kelly trou met Rainier III van Monaco.
- 1964 - Die Ford Mustang word aan die algemene publiek vertoon.
- 1971 - Sierra Leone word 'n republiek.
- 1987 - The Simpsons se eerste vertoning op televisie.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1657 - Jode van New Amsterdam (later New York Stad) verkry vryheid van geloof.
- 1862 - Die eerste pasteurisasie-toets word voltooi deur Louis Pasteur en Claude Bernard.
- 1926 - Western Electric en Warner Bros. kondig Vitaphone aan - 'n proses om klank by film by te voeg.
- 1968 - 'n Suid-Afrikaanse Lugdiens Boeing 707 val tydens opstyging in Windhoek, Suidwes-Afrika (Tans Namibië) met 122 sterfgevalle.
- 1972 - Apollo 16 land op die maan.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 43 v.C. - Marcus Antonius word verslaan deur konsul Hirtius tydens die Slag van Mutina.
- 1863 - Bahá'u'lláh verklaar as die hoof van die Bahá'í Geloof
- 1975 - Viëtnam Oorlog: Die President van Suid-Viëtnam Nguyen Van Thieu vlug uit Saigon, na Xuan Loc, die laaste Suid-Viëtnamese vesting val.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1056 - Waarneming van 'n supernova in die Kreef nebula.
- 1500 - Portugese navigator Pedro Alvares Cabral word die eerste Europeër om Brasilië te sien.
- 1915 - Eerste Wêreldoorlog: Tweede Slag van Ypres - Duitse troepe gebruik gifgas by Ypres, België.
- 1970 - Eerste Aardedag gevier.
- 1993 - Vrystelling van Mosaic weergawe 1.0.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1942 - Tweede Wêreldoorlog: Duitse bomwerpers val Exeter, Bath en York in Engeland aan.
- 1967 - Sojoes 1 word gelanseer in 'n wentelbaan en vervoer 'n enkele ruimtevaarder, Kolonel Vladimir Komarov, wat sterf toe die ruimtetuig val tydens terugkeer na die aarde.
- 1968 - Die Verenigde Koninkryk vervaardig hulle eerste gedesimaliseerde munte, 'n 5p en 'n 10p munt.
- 1990 - Namibië word die 160ste lid van die Verenigde Nasies en 50ste lid van die Britse Statebond.
- 2001 - Intel onthul die Pentium 4-verwerker.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1967 - Ruimtevaarder Vladimir Komarov sterf in Soyuz 1.
- 1970 - Die eerste Sjinese satelliet word gelanseer.
- 1975 - Die Baader-Meinhof Bende blaas die Wes-Duitse ambassade in Stockholm op.
- 1984 - Apple Computer onthul die Apple IIc draagbare rekenaar
- 1990 - Die Hubble Ruimte-teleskoop gelanseer deur Ruimtependeltuig Discovery.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1719 - Robinson Crusoe word deur Daniel Defoe gepubliseer.
- 1961 - Robert Noyce verkry die eerste patent vir 'n geïntegreerde stroombaan.
- 1981 - Meer as 100 werkers word blootgestel aan bestraling gedurende herstelwerk aan 'n kernkragstasie in Tsuruga, Japan.
- 1983 - 'n Amerikaanse skoolmeisie, Samantha Smith, word deur die Sowjet leier Yuri Andropov uitgenooi om die Sowjet-Unie te besoek nadat hy haar brief gelees het waarin sy haar vrese vir 'n kern-oorlog beskryf.
- 1983 - Pioneer 10 reis verby Pluto se wentelbaan.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1962 - Die Ranger 4-ruimtetuig bots teen die maan.
- 1964 - Tanganjika en Zanzibar smelt saam om Tanzanië te vorm.
- 1986 - In die Oekraïne ontplof een van die reaktors by die Tsjernobil-kernkragstasie en veroorsaak die wêreld se ergste kernkragongeluk. 31 mense sterf as direkte gevolg van die ongeluk en duisende meer word blootgestel aan hoë vlakke van radio-aktiewe materiaal.
- 1994 - Suid-Afrika se eerste veelrassige verkiesing.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
27 April: Vryheidsdag (Suid-Afrika)
- 1521 - Ferdinand Magellan word deur inboorlinge van die Filippyne doodgemaak.
- 1565 - Cebu word gevestig en word die eerste Spaanse vesting in die Filippyne.
- 1941 - Tweede Wêreldoorlog: Duitse troepe val Athene binne.
- 1950 - Apartheid: In Suid-Afrika word die Groepsgebiedewet goedgekeur en rasse word formeel geskei.
- 1961 - Sierra Leone verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1920 - Azerbaijan word by die Sowjet-Unie ingelyf.
- 1945 - Benito Mussolini en Clara Petacci word doodgeskiet terwyl hulle probeer vlug uit Italië.
- 1952 - Die Verenigde State se besetting van Japan word beëindig.
- 1969 - Charles de Gaulle bedank as President van Frankryk.
- 1988 - Naby Maui, Hawaii word 'n vlugassistent uitgesuig uit die Boeing 737 van Aloha Lugredery en val na haar dood toe die boonste gedeelte van die vliegtuig se romp afgeskeur word tydens die vlug.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1672 - Louis XIV van Frankryk val die Nederlande binne.
- 1770 - James Cook ontdek Botany Bay, Australië.
- 1945 - Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse weermag in Italië gee oor aan die Gealiëerdes.
- 1945 - Adolf Hitler trou met Eva Braun in 'n Berlynse bomskuiling en hy wys Admiraal Karl Doenitz aan as sy opvolger.
- 1945 - Die konsentrasiekamp by Dachau word deur troepe van die Verenigde State bevry.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1789 - George Washington lê 'n eed af om die eerste verkose President van die Verenigde State te word.
- 1945 - Adolf Hitler en Eva Braun pleeg selfmoord nadat hulle getroud was vir een dag.
- 1975 - Noord-Viëtnamese troepe verower Saigon en beëindig die Viëtnam Oorlog.
- 1992 - CERN kondig aan dat die Wêreldwye Web vry sal wees vir almal sonder enige koste.
- 2001 - Dennis Tito, die eerste 'ruimtetoeris', vertrek in 'n Russiese vuurpyl na die Internasionale ruimtestasie.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis