Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/31 Maart
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
- 1778 - James Cook eis Vancouvereiland vir die Verenigde Koninkryk.
- 1854 – Kommodoor Matthew Perry van die VSA-vloot teken die Kanagawaverdrag, wat Japan dwing om hawens vir Amerikaanse handel oop te maak.
- 1889 - Die Eiffeltoring word in Parys ingehuldig.
- 1903 – Nieu-Seelandse uitvinder Richard Pearse vlieg na bewering in een van die eerste vliegmasjiene.
- 1917 - Die Deense Wes-Indies word die VSA Maagdeeilande nadat die VSA Denemarke $25 miljoen vir die Karibbiese Eilande betaal het.