Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions Ystergordyn - Wikipedia

Ystergordyn

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Ystergordyn in Europa
Vergroot
Die Ystergordyn in Europa

Die Ystergordyn is 'n Westerse term wat deur Winston Churchill gepopulariseer is. Dit verwys na die grens wat Europa simbolies, ideologies en fisies in twee verskillende gebiede sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog (1945) tot einde van die Koue Oorlog (1989) verdeel het.

Inhoud

[wysig] Beskrywing

Die Ystergordyn was in die eerste plek 'n fiktiewe grens deur Europa, 'n skeidslyn tussen die sogenaamde kommunistiese 'Oosblok' (die Sowjetunie en vasalstate in Oos-Europa) en die kapitalistiese 'Weste' (westerse lande onder leiding van die Verenigde State van Amerika).

Die grens ontstaan na die Tweede Wereldoorlog en word "afgebreek" na die ineenstorting van die mag van die kommunistiese partye in Oos-Europa en die ineenstorting van die Sowjetryk. Hongarye begin eerste met die afbreek van die Ystergordyn op 2 Mei 1989, waarby die hoë koste vir die onderhoud van die grens ook 'n rol speel. Die 'gordyn' was dié simbool van die Koue Oorlog.

In die tweede plek het die Ystergordyn ook 'n tasbare en fisiese element gehad wat bestaan het uit mynvelde, die doringdraad, wagposte en torings wat op die grense tussen die Oosblok en die Weste in Europa gevestig is. Hiervan was die Berlynse Muur die mees sigbare voorbeeld.

[wysig] Oosprong van term

Die term Ystergordyn vir 'n onoorbrugbare skeiding tussen gebiede, is waarskynlik vir die eerste keer gebruik deur die Belgiese Koningin Elisabeth, oor die situasie wat in 1915 tussen België en haar geboorteland Duitsland bestaan. 'n Ystergordyn (of eiserner Vorhang) was in Duitse teaters 'n verpligte veiligheidsmaatreël wat moes voorkom dat 'n moontlike brand op die verhoog sou kon uitbrei na die saal. Sodanige brande het gereeld voorgekom want die beskilderde doek wat vir dekor gebruik was, was uiters vlambaar. In die geval van 'n brand op die verhoog word 'n metaalskeidingswand tussen die verhoog en saal neergelaat wat deur brandweerspuite met water verkoel word.

Na Elisabeth gebruik ook ander die term as metafoor vir geskeide gebiedsdele. Die term ystergordyn vir die skeiding tussen die Duitse en die Russiese invloedsfeer word vir die eerste keer in 'n artikel van die Duitse dagblad Das Reich, op 18 Februarie 1945 gebruik, waarna Joseph Goebbels volgens dieselfde dagblad, in 'n toespraak op 25 Februarie eweneens oor 'n ystergordyn praat.

Die term in sy Koue Oorlog betekenis kan nagespoor word na 'n toespraak deur die Britse staatsman Winston Churchill op 5 Maart 1946. In sy Fultontoespraak waarsku hy teen die groeiende tweespalt in Europa. Aanvanklik was sy siening deur baie mense verwerp en word sy insigte oor die aangeleentheid eers 'n paar jaar later na waarde geskat.

[wysig] Gedeelte van Churchill se Fultontoespraak

"Van Stettin aan die Baltiesekus tot Triëst aan die Adriatiesesee, het 'n ystergordyn neergedaal dwarsdeur die Europese kontinent. Agter die lyn lê alle hoofstede van die ou state van Sentraal en Oos-Europa: Warskou, Berlyn, Praag, Wene, Boedapest, Belgrado, Boekarest en Sofia. Al hierdie beroemde stede en die bevolkings rondom hulle bevind hulself binne die Russiese sfeer en word almal in die een of andere vorm onderworpe, nie alleen aan die Sowjet-Russiese invloed maar in grote en steeds groeiende mate aan direkte oorheersing deur Moskou."

[wysig] Verwante terme

'n Verwante term aan die Ystergordyn, die Bamboesgordyn is geskep in verwysing na Sjina. 'n Veld vol kaktusse rondom die VSA Vlootbasis by Guantanamobaai geplant deur Kuba word ook somtyds genoem die Kaktusgordyn. Aangesien die strategiese kompetisie tussen die Weste en die ander lande afgeneem het na die einde van die Koue Oorlog, het die terme grootliks in onbruik verval.

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu