Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Junie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sjabloon:UitgesoekteHerdenkingsJunie
- 1938 - Die eerste Superman-strokiesprent word gepubliseer.
- 1975 - Rhodesiese onlustepolisie skiet 11 swart betogers en wond 15 ander buite Salisbury.
- 1979 - Negentig jaar van wit minderheidsregering eindig in Rhodesië, wat voortaan as Zimbabwe bekend sou staan.
- 2001 - Nepalese koninklike familie word afgemaai deur die troonopvolger voor hy homself skiet.
- 2002 - Hansie Cronjé, Suid-Afrikaanse krieketspeler sterf in 'n vliegtuigongeluk.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 455 - Die Vandale plunder Rome.
- 1800 - Die eerste inenting teen pokke word in Noord-Amerika aangewend.
- 1865 - Magte onder Generaal Edmund Kirby Smith word die laaste Konfederale weermag om oor te gee in die Amerikaanse Burgeroorlog.
- 1946 - Geboorte van die Italiaanse Republiek: Italië word 'n republiek en skaf die monargie af. Die laaste koning van Italië Umberto II word verban.
- 1953 - Die kroning van Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk - die eerste kroning wat op televisie uitgesaai word.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1889 - Die eerste langafstand elektriese kraglyn in die VSA word tussen Willamette Watervalle tot by Portland, Oregon se middestad gebou.
- 1937 - Die Hertog van Windsor (Duke of Windsor) trou met Wallis Simpson.
- 1940 - Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Dunkirk beëindig deur 'n Duitse taktiese oorwinning.
- 1944 - Charles de Gaulle word Eerste Minister van Frankryk.
- 1946 - Apartheid: 'n Wet wat grondeienaarskap en stemreg van Asiate inkort, word in Suid-Afrika aangeneem.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
4 Junie: Onafhanklikheidsdag in Tonga (1970)
- 1615 - Magte onder die sjogoen Tokugawa Ieyasu neem Osaka Kasteel in Japan in.
- 1792 - Kaptein George Vancouver maak aanspraak op Puget Sont (Puget Sound) namens Groot Britanje.
- 1920 - Die koninkryk van Hongarye word in vyf lande verdeel tydens die ondertekening van die Trianonverdrag in Parys.
- 1942 - Die Slag van Midway begin met 'n reuse Japanese aanval op die Midway Atoll.
- 1989 - Die Volksrepubliek van Sjina se militêre eenhede slaan toe op die Tiananmenpleinbetogings in Beijing met honderde sterfgevalle tot gevolg.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1849 - Denemarke word 'n grondwetlike monargie.
- 1934 - JMB Hertzog se Nasionale Party en Jan Smuts se Suid-Afrikaanse Party smelt saam om die Verenigde Party van Suid-Afrika te vorm. DF Malan en ander nasionaliste verwerp die samesmelting en stig die Gesuiwerde Nasionale Party (GNP).
- 1968 - Sirhan Sirhan skiet Robert F. Kennedy noodlottig in Los Angeles.
- 1967 - Die Sesdaagse Oorlog begin met 'n Israeliese lugmagaanval op Egipte, Jordanië, en Sirië.
- 1995 - 'n Nuwe toestand van materie, die Bose-Einstein-kondensaat word ontdek.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
6 Junie: Nasionale dag van Swede gevier.
- 1654 - Charles X volg sy niggie Christina op die Sweedse troon op.
- 1925 - Die Chrysler Maatskappy word deur Walter Chrysler gestig.
- 1944 - Die Slag van Normandië begin met 155 000 Geallieerde magte wat op die kus van Normandië land in die grootste amfibiese krygsverrigting in die geskiedenis.
- 1971 - Die Ed Sullivan Show gaan in Amerika van die lug af.
- 1982 - 'n Oorlog in Libanon begin toe Israeliese magte die suide van Libanon binneval om ontslae te raak van Palestynse Bevrydingsbeweging (PLO) militantes.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1905 - Noorweë ontrek uit die unie met Swede.
- 1948 - Edvard Benes bedank as President van Tsjeggoe-Slowakye eerder as om 'n grondwet te teken wat sy land in 'n Kommunistiese staat sou omskep.
- 1954 - Alan Turing sterf. Hy word beskou as een van die grondleggers van moderne rekenaarwetenskap.
- 1981 - Israel vernietig die Osirak kernaanleg naby Bagdad in Irak uit vrees dat dit vir die vervaardiging van atoombomme gebruik sou kon word.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1887 - 'n Patent word aan Herman Hollerith toegeken vir sy ponskaart-rekenaar.
- 1926 - Emily Hobhouse, die engelse kampvegter vir verbetering van die toestande in die konsentrasiekampe in Suid-Afrika tydens die Tweede Vryheidsoorlog op hierdie dag in Londen oorlede.
- 1940 - Tweede Wêreldoorlog: Die gealliëerde magte ontrek uit Narvik in Noorweë wat daartoe lei dat die Nore hulle wapens in Noorweë moet neerlê.
- 1949 - George Orwell se politiese roman Nineteen Eighty-Four word gepubliseer.
- 1953 - Flint-Worcester Tornado's: 115 mense sterf toe 'n Tornado Flint, Michigan tref. Dit was die laaste keer dat 'n tornado meer as 'n 100 lewens geëis het.
- 1967 - Sesdaagse Oorlog: Die intelligensieskip USS Liberty word deur die Israeliese Verdedigingsmagte aangeval in die USS Liberty insident. 34 Amerikaners sterf.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1534 - Jacques Cartier word die eerste Europeër om die St. Lawrence Rivier te ontdek.
- 1934 - Donald Duck maak sy debuut in die Silly Symphonies-tekenprent The Wise Little Hen.
- 1944 - Tweede Wêreldoorlog: Die Sowjetunie val Oos-Karelië en die voormalige Finse gedeelte van Karelië, wat sedert 1941 deur Finland beset is, in.
- 1970 - Koning Hussein het 'n noue ontkoming toe gewapende sluipmoordenaars op sy motorstoet vuur naby sy somerpaleis.
- 1983 - Margaret Thatcher se Konserwatiewe Party wen met 'n oorweldigende meerderheid om 'n tweede termyn te verseker.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1190 - Derde Kruistog: Frederick I Barbarossa verdrink in die Salephrivier terwyl hy 'n leër na Jerusalem lei.
- 1829 - Oxford verslaan Cambridge in die eerste kano-wedvaart.
- 1864 - Amerikaanse Burgeroorlog: Konfederales verslaan 'n baie groter Unie-mag tydens die Slag van Brice's Crossroads.
- 1935 - Alkoholiste Anoniem (AA) word gestig in Akron, Ohio. Dit is die dag wat tradisioneel as die eerste nugter dag van die medestigter van die AA, Dr. Bob Smith, beskou word.
- 1967 - Sesdaagse Oorlog: Israeliese magte beëindig hulle opmars in Sirië en hou hulle by 'n VN-skietstaking en bring daarmee 'n einde aan ses dae se gevegte op drie fronte.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
11 Junie: Kamehameha Dag in Hawaii
- 1509 - Koning Henry VIII van England trou met Katherina van Aragon.
- 1770 - Kaptein James Cook ly skipbreuk op die Groot Barrière-Rif.
- 1906 - Gebore: N.P. van Wyk Louw.
- 1955 - Le Mans ramp: Sewe en sewentig mense sterf en ander word beseer toe 'n renmotor van die baan af tol en in die skare vasjaag.
- 1963 - Die Universiteit van Alabama word gedesegregeer toe Goewerneur George Wallace gedwing word om opsy te staan nadat hy probeer verhoed het dat swart student inskryf.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
12 Junie: Onafhanklikheidsdag vir die Russiese Federasie (1990)
- 1864 - Unie Generaal Ulysses S. Grant onttrek sy troepe in die Slag van Cold Harbor.
- 1889 - 88 is dood in die Armagh spoorwegramp naby Armagh in Noord-Ierland.
- 1964 - Anti-Apartheidsleier Nelson Mandela word tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
- 1979 - 'n Mens-aangedrewe vliegtuig genaamd die Gossamer Albatross vlieg oor die Engelse Kanaal.
- 1987 - President van die VSA, Ronald Reagan, daag die leier van die Sowjet Unie, Michail Gorbatsjov, in die openbaar uit om die Berlynse Muur af te breek.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1898 - Yukon Gebied word gevorm met Dawson as hoofstad.
- 1922 - Gebore: Afrikaanse skrywer Etienne Leroux te Oudtshoorn. Seun van S.P. le Roux (later Suid-Afrikaanse Minister van Landbou), peetkind van C.J. Langenhoven.
- 1967 - Thurgood Marshall genomineer as die eerste swart Amerikaanse regter in die Hooggeregshof van die Verenigde State.
- 1971 - Viëtnamoorlog: Die New York Times begin die Pentagon Papers publiseer.
- 1983 - Pioneer 10 word die eerste mensgemaakte voorwerp om die sonnestelsel te verlaat.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
14 Junie: Vryheidsdag (Engels: Liberation Day) in die Falklandeilande en Suid-Georgië en die Suid-Sandwicheilande (1982)
- 1381 - Koning Richard II van England vergader met die leiers van die Opstand van die Kleinboere (Engels: Peasants' Revolt).
- 1777 - Die Continental Congress neem die stars and stripes aan as ontwerp vir die vlag van die VSA.
- 1822 - Charles Babbage beskryf 'n meganiese rekenaar, die difference engine, in 'n publikasie voorgelê aan die Royal Astronomical Society.
- 1940 - Parys word deur Nazi Duitsland ingeval en beset.
- 1985 - TWA Vlug 847 word deur Hezbollah-militantes gekaap.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1215 - Koning John van England plaas sy seël op die Magna Carta.
- 1389 - Die Turke verslaan die Serwiërs en Bosniërs in die Slag van Kosovo.
- 1904 - Die General Slocum-brand in New York se East River. Meer as 1 000 sterf.
- 1911 - Die Computing-Tabulating-Recording Company, nou bekend as IBM, word in New York geregistreer.
- 1916 - President van die VSA, Woodrow Wilson, teken 'n wetsontwerp wat die Boy Scouts of America beliggaam.
- 1966 - Die wêreld se eerste skeertuigskou word geopen met die nuus dat die Britse Ministerie van Verdediging 'n bestelling van sowat £1m geplaas het.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
16 Junie: Bloomsday, Jeugdag in Suid-Afrika
- 1487 - Die Slag van Stoke Field, die laaste slag in die Oorlog van die Rose word geveg.
- 1903 - Ford Motormaatskappy word beliggaam.
- 1963 - Sowjet Ruimtevaarder, Valentina Tereshkova word die eerste vrou in die ruimte.
- 1976 - Die 1976 Skoliereopstand word geweldadig toe die polisie traangas en honde gebruik teen skoolkinders wat teen Afrikaans as voertaal in swartskole betoog. Talle kinders waaronder Hector Petersen, word deur die polisie geskiet.
- 1999 - Thabo Mbeki ingehuldig as President van Suid-Afrika.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
17 Junie: Onafhanklikheidsdag in Ysland (1944)
- 1775 - Tydens die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog, neem Britse magte Bunker Hill buite Boston oor.
- 1789 - Die Derde Stand (Frans:Tiers état) van Frankryk verklaar hulleself as 'n nasionale vergadering.
- 1961 - Kanada se New Democratic Party word gestig deur 'n samesmelting van die CCF en georganiseerde arbeid.
- 1972 - Watergate skandaal: Vyf mans word in gevangenis geneem vir die inbraak op die kantore van die Democratic National Committee.
- 1994 - O. J. Simpson word gejaag en gearresteer op verdenking daarvan dat hy sy gewese vrou Nicole Brown Simpson, en Ronald Goldman vermoor het.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1812 – Die VSA verklaar oorlog teen Groot Brittanje, en begin daarmee die 1812-Oorlog.
- 1815 - Napoléon Bonaparte veg en verloor sy finale slag, die Slag van Waterloo
- 1858 - Charles Darwin ontvang 'n manuskrip deur Alfred Russel Wallace oor evolusie, wat hom aanspoor om sy teorie te publiseer.
- 1873 - Vroueregte-aktivis Susan B. Anthony word $100 beboet vir haar poging om in die 1872 VSA presidensiële verkiesing deel te neem.
- 1942 - Gebore: Thabo Mbeki, president van Suid-Afrika
- 1979 - Die SALT II-verdrag word deur die VSA en die Sowjet-Unie onderteken.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1623 - Gebore: Blaise Pascal, Franse filosoof, teoloog, wis- en natuurkundige.
- 1867 - Keiser Maximiliaan van Mexico word in Querétaro deur 'n vuurpeloton tereggestel.
- 1932 - Sterf: Sol Plaatje veeltalige Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus en aktivis van die Swart burgerregte-beweging
- 1945 - Gebore: Aung San Suu Kyi, Burmese vryheidsstryder, en wenner van die Nobelprys vir Vrede in 1991
- 1947 - Gebore: Salman Rushdie, Britse skrywer van o.a. van die boek The Satanic Verses
- 1953 - Ethel and Julius Rosenberg in Amerika as Sowjet spioene tereggestel.
- 1978 - Die strokiesprent Garfield verskyn vir die eerste keer.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1597 - Oorlede: Willem Barentsz, seevaarder wat onder andere dele van die Noordelike Seeroete verken het.
- 1789 - 577 Afgevaadigdes van die Franse Derde Stand onderneem die Tennisbaan Gelofte, en begin daarmee die Franse Revolusie.
- 1837 - Koningin Victoria bestyg die Britse troon.
- 1877 - Alexander Graham Bell stel die eertse kommersiële telefoondiens in Hamilton, te Ontario, op.
- 1928 - Gebore: Jean-Marie Le Pen, omstrede Franse politikus
- 1991 - Die Duitse Bondsdag wys Berlyn aan as die nuwe hoofstad van Duitsland.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
21 Junie: Somer/Winter-sonstilstand, Kortste dag van die jaar
- 1734 - 'n Swart slaaf bekend as Marie-Joseph Angélique word gemartel en toe gehang in Nieu-Frankryk.
- 1788 - New Hampshire bekragtig die VSA-Grondwet en word daarmee die 9de staat van die VSA.
- 1813 - Laura Secord vertrek om die Britse magte van die dreigende Amerikaanse aanval op Queenston, Ontario te waarsku.
- 1905 - Gebore: Jean-Paul Sartre, Franse filosoof en skrywer.
- 1985 - Groenland neem amptelik sy eie vlag aan ter ondersteuning van die strewe vir onafhanklikhied van Denemarke.
- 2000 - The anti-gay amendement bekend as Afdeling 28 word in Skotland met 99 teen 17 stemme afgeskaf.
- 2004 - Marc Dutroux, een van die mees berugte misdadigers in België, word tot lewenslange gevangenisstraf, en 'n verdere 10 jaar, veroordeel.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 168 v.C. - Romeinse magte verslaan en neem Macedoniese Koning Perseus in die Slag van Pydna in gevangenis.
- 1633 - Die inkwisisie dwing Galileo Galilei om afstand te doen van sy die stelling dat die aarde om die son draai.
- 1937 - Camille Chautemps word Eerste Minister van Frankryk in die tweede Populêre Front ministerie.
- 1941 - Nazi Duitsland val die Sowjet Unie in tydens Operasie Barbarossa.
- 1986 - Argentynse sokkerster Diego Maradona teken die Hand van God Doel aan teen Engeland tydens die kwarteindstryd van die 1986 Sokker wêreldbeker in Meksikostad.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
23 Junie: Jani word in antieke Letland gehou.
- 1534 - Gebore: Die Japannese Daimyo Oda Nobunaga in Nagoya-kasteel.
- 1713 - Franse inwoners van Acadia word een jaar gegee om trou te sweer aan Brittanje of Nova Scotia te verlaat.
- 1858 - Edgardo Mortara, 'n ses-jaar-oue Joodse seun, word deur Pouslike owerhede van sy ouerhuis geneem om Rooms-Katoliek groot gemaak te word.
- 1887 - Kanada se eerste nasionale park, Banff, word geskep.
- 1894 - Op inisiatief van baron Pierre de Coubertin word die Internasionale Olimpiese Komitee in die Sorbonne in Parys gestig.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
24 Junie: Fête nationale du Québec (Sint Johannes die Doper Dag) - Amptelike vakansie dag van Quebec, Kanada
- 1534 - Jacques Cartier, 'n Franse Seevaarder, ontdek die Suid-Afrikaanse "Prins Edward Eilande" in die Suidelike Yssee.
- 1535 - Die Anabaptiste staat van Münster word verower en ontbind.
- 1597 - Die eerste Nederlandse tog na die Oos-Indiese eilande bereik Bantam op Java.
- 1812 - Napoleon Bonaparte val Rusland binne onderweg na Moskou.
- 1821 - Slag van Carabobo: Venezuela verkry algehele onafhanklikheid van Spanje.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1950 - Die Koreaanse Oorlog tussen die Verenigde Nasies en Noord-Koreaanse magte begin.
- 1975 - Mosambiek verkry onafhanklikheid van Portugal.
- 1993 - Kim Campbell word verkies as leier van die Progressive Conservative Party of Canada en word die eerste vroulike Eerste Minister van Kanada.
- 1996 - Die Khobar Towers-bomaanval in Saoedi-Arabië laat 19 VSA-soldate dood.
- 1998 - Microsoft Windows 98 word vrygestel.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1541 - Oorlede: Francisco Pizarro, Spaanse ontdekkingsreisiger verantwoordelik vir die geweldadige vernietiging van die Inkas, word in Lima vermoor.
- 1945 - Die stigtingakte van die Verenigde Nasies word in San Francisco, Kalifornië geteken.
- 1955 - Die Vryheidsmanifes word onderteken in Kliptown, Soweto.
- 1959 - Die Sint Lawrence Seeweg, 'n stelsel van kanale wat die Groot Mere met die Atlantiese Oseaan verbind, word amptelik geopen.
- 1964 - Die Beatles stel die album A Hard Day's Night vry.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1709 - Pieter die Grote verslaan Karel XII van Swede in die Slag van Poltava.
- 1846 - Ierse Aartappelhongersnood: 'n Ierse koerant publiseer 'n berig oor 'n nuwe aartappelplaag.
- 1964 - Etienne Leroux ontvang die Hertzogprys vir Sewe Dae by die Silbersteins wat na vertaling in verskeie Europese tale die eerste Sestiger-werk word wat internasionaal uitgegee word.
- 1969 - Die Stonewall riots begin in New York Stad, en begin daarmee die moderne gayregtebeweging.
- 1979 - Die bokser Muhammad Ali kondig sy uitrede aan.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1712 - Gebore: Jean-Jacques Rousseau Franse filosoof en skrywer van onder andere Le Contrat Social (1762) en Emile.
- 1880 - Australiese misdadiger en volksheld Ned Kelly word in Glenrowan, Victoria vasgetrek.
- 1914 - Franz Ferdinand, Aartshertog van Oostenryk, word deur Serbiese nasionalis Gavrilo Princip in die Sluipmoord in Sarajevo vermoor wat lei tot die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog.
- 1919 - Die Verdrag van Versailles word geteken waarmee die Eerste Wêreld Oorlog beeindig word.
- 1942 - Tweede Wêreldoorlog: In Noord-Afrika neem veldmaarskalk Rommel en sy Panzerarmee Afrika, Fuqa, gevange.
- 1976 - Twee Britte en 'n Amerikaner word in Luanda tot teregstelling deur 'n vuurpeleton gevonnis vir hulle rol as huursoldate in die Angolese burgeroorlog.
- 1995 - Suid-Afrika se President Nelson Mandela rig die Waarheids- en versoeningskomisie op om menseregtemisdrywe uit die Apartheidsera te ondersoek.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1577 - Gebore: Peter Paul Rubens, Vlaamse skilder.
- 1613 - Shakespeare se Globe Teater brand af.
- 1890 - Gebore: Henny van Andel-Schipper, oudste erkende mens in die wêreld
- 1900 - Gebore: Franse skrywer van onder meer Die klein prinsie, Antoine de Saint-Exupéry
- 1922 - Frankryk vergun 100 hektaar by Vimy Ridge "vrylik en vir altyd, aan die regering van Kanada, vir die gratis gebruik van die grond kwytgeskeld van alle belasting".
- 1927 - Die eerste toetslopie van Wallace Turnbull se verstelbare-hellingshoek skroef vindplaas.
- 1995 - Die Ruimtependeltuig Atlantis koppel vir die eerste keer met die Russiese Mir ruimtestasie
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
30 Junie: Onafhanklikheidsdag in die Demokratiese Republiek van die Kongo (1960)
- 1864 - VSA Nasional Parke: Abraham Lincoln skenk die Yosemite-vallei aan Kalifornië vir "openbare ... ontspanning".
- 1905 - Albert Einstein publiseer die artikel "Oor die elektrodinamika van bewegende liggame" en stel daarmee die spesiale relatiwiteitsteorie bekend.
- 1908 - Die Toengoeskaslagvoorval vind in Siberië plaas.
- 1960 Republiek van Kongo (nou die DRK) verkry onafhanklikheid van België.
- 1971 - Die bemanning van die ruimtetuig Sojoes 11 sterf toe hulle lugtoevoer deur 'n foutiewe klep ontsnap.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis