Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Januarie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sjabloon:JanuarieKalender2006Bron
1 Januarie: Nuwejaarsdag
- 1801 - Giuseppe Piazzi ontdek die eerste asteroïede, 1 Ceres.
- 1801 - Die Koninkryk van Ierland smelt met die Koninkryk van Groot-Brittanje saam, wat die Sint Patrickkruis tot die Union Jack voeg.
- 1954 - Apartheid: Die Bantoeonderwys Wet 47 van 1953 word van krag.
- 1959 - President Fulgencio Batista van Kuba vlug na die Dominikaanse Republiek nadat magte onder Fidel Castro beheer oor Havana neem.
- 1983 - Die ARPANET verander sy networkprotokol van NCP na TCP/IP, en baken die begin van die Internet soos ons dit vandag ken af.
- 1995 - Die Wêreld-handelsorganisasie word geskep om die Algemene Ooreenkoms op Tariewe en Handel te vervang.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 366 - Die Alamanni kruis die bevrore Rynrivier in groot getalle om die Romeinse Ryk in te val.
- 533 - Mercurius word Pous Johannes II, die eerste pous wat 'n nuwe naam aanneem ná sy bestyging tot die pousdom.
- 1666 - Die hoekstene van die Kasteel in Kaapstad word deur Zacharias Wagenaer en andere gelê.
- 1929 - Kanada en die Verenigde State onderteken 'n plan om die Niagarawaterval te bewaar.
- 1949 - Luis Muñoz Marín word die eerste demokraties-verkose Goewerneur van Puerto Rico.
- 1991 - Sharon Pratt Dixon word ingesweer as die burgemeester van Washington, DC, en word daardeur die eerste swart vrou om 'n stad van soortgelyke grootte en belang te lei.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1749 - Benning Wentworth begin om die New Hampshire Grants uit te reik op land waarop die provinsie van New York ook aanspraak maak, en wat tans Vermont is.
- 1888 - The 91 cm refraktorteleskoop by Lick Observatory, op daardie stadium die grootste teleskoop ter wêreld, word in gebruik geneem.
- 1958 - Tien voorheen Britse kolonies in die Karibies smelt saam om 'n nuwe onafhanklike land, die Wes-Indiese Federasie, te vorm.
- 1973 - George Steinbrenner en 'n groep beleggers koop die New York Yankees vir 10 miljoen dollars.
- 1990 - Generaal Manuel Noriega, die onttroonde "Sterkman van Panama", gee oor.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1493 - Christopher Columbus verlaat die Nuwe Wêreld, en beëindig só sy eerste reis.
- 1884 - Die Fabian Society word in Londen gestig.
- 1948 - Thakin Nu van die Anti-Fascist People's Freedom League oorsien die onafhanklikheidswording van Burma vanaf die Britse Ryk, sonder om die Statebond te betree.
- 1987 - Apartheid: Arbeiderspartyleier Eerwaarde Allan Hendrickse en 150 ondersteuners baai in protesaksie by die Slegs Blankes Kings Beach strand in Port Elizabeth.
- 2004 - NASA se Mars Rover Spirit land suksesvol op Mars om 04:35 UTC.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
5 Januarie: Twaalfde Nag (Christendom)
- 1933 - Bouwerk begin aan die Golden Gate-brug in San Franciscobaai.
- 1970 - All My Children word vir die eerste keer op die ABC televisienetwerk uitgesaai, en vier in 2005 sy 35ste draaijaar in die Verenigde State.
- 2000 - Die eerste dag van die 2000 Al Qaeda Spitsberaad.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
6 Januarie: Driekoningedag in Katolisisme
- 1838 - Samuel Morse toets die elektriese telegraaf vir die eerste keer suksesvol.
- 1907 - Maria Montessori open haar eerste skool en dagsorgsentrum vir werkersklaskinders in Rome.
- 1973 - Schoolhouse Rock draai vir die eerste keer.
- 1995 - 'n Brand in 'n woonstel in Manila lei tot die ontbloting van die beplande Operation Bojinka-komplot van Al-Qaeda.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
7 Januarie: Kersfees volgens die Juliaanse kalender en baie Ortodokse kerke.
- 1785 - Fransman Jean-Pierre Blanchard en Amerikaner John Jeffries word die eerte mense om die Engelse Kanaal deur die lug te beriek in 'n lugballonreis.
- 1927 - Die eerste transatlantiese telefoonoproep word van New York Stad na London gemaak.
- 1975 - OPEC verhoog die prys van ru-olie met 10 persent.
- 1979 - Pol Pot en die Khmer Rouge se bewind word in Demokratiese Kampuchea deur Viëtnamese troepe omver gewerp.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1198 - Lotario de Conti word Pous Innocent III. Sy eerste optrede is die herstel van die pouslikemag in Rome.
- 1806 - Die Slag van Blaauwberg vind plaas gevolg deur die tweede Britse besetting van die Kaap.
- 1889 - Herman Hollerith ontvang 'n patent vir sy elektriese tabelleermasjien.
- 1912 - Die South African Native National Congress (SANNC) word as voorloper van die ANC in Bloemfontein gestig.
- 2004 - RMS Queen Mary 2, die grootste passasiersskip ooit, word gedoop deur haar naamgenoot se kleindogter, Koningin Elizabeth II.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1768 - Philip Astley reël die eerste moderne sirkus in Londen.
- 1839 - Die Franse Akademie vir Wetenskap kondig die Daguerreotipe fotografiese proses, vernoem na die uitvinder daarvan, Louis Daguerre, aan.
- 1871 - Afrikaanse digter, skrywer, regsman en natuurkenner Eugène Nielen Marais word in Pretoria gebore.
- 1878 - Humbertus die Goeie word Koning van Italië.
- 1916 - Eerste Wêreldoorlog: In Gallipoli is die Ottomaanse Ryk die oorwinnaars in die Slag van Çanakkale.
- 1996 - Die Nasionale Misdaadinligtingbestuursentrum stel syfers vry wat bevestig dat Suid-Afrika die mees geweldadige land ter wêreld buite 'n oorloggebied is.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
10 Januarie: Seijin Shiki (Mondigwordingsdag) in Japan (2005)
- 49 v.C. - Julius Caesar en sy X Equestris-legioen oorkruis die Rubicon en oortree daarmee Romeinse reg en begin 'n burgeroorlog.
- 1810 - Napoleon skei Keiserin Joséphine, sy kindlose eerste vrou.
- 1929 - Belgiese kunstenaar Hergé skep Kuifie (Frans: Tintin), 'n denbeeldige karakter wat in meer as 200 miljoen strokiesprentboeke in 40 tale gepubliseer is.
- 1946 - Die eerste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies open in Londen. Een-en-vyftig lidlande is teenwoordig.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 532 - Aanhangers van strydwawedrenne breek in by 'n tronk, steek dele van Konstantinopel aan die brand en begin daarmee die Nika-onluste.
- 1787 - William Herschel ontdek Titania en Oberon, twee mane van die planeet Uranus.
- 1879 - Die Anglo-Zoeloe-oorlog breek uit nadat Cetshwayo nie reageer op die Britse ultimatum van 11 Desember 1878 nie.
- 1922 - Insulien word vir die eerstekeer gebruik op 'n menslike pasiënt met suikersiekte in Toronto, Kanada.
- 1964 - VSA Geneesheer-generaal Dr. Luther Terry reik 'n waarskuwing uit dat "rook skadelik vir gesondheid kan wees".
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1838 - Om anti-Mormoonse vervolging te vermy vlug Joseph Smith, Jr. en sy volgelinge uit Ohio na Missouri.
- 1904 - 'n Paar honderd berede Hereros val Okahandja in die toenmalige Duits-Suidwes-Afrika aan. Geboue word aan die brand gesteek en 123 mense, meestal Duitsers sterf.
- 1915 - Eerste Wêreldoorlog: Suid-Afrikaanse magte val Duits-Suidwes-Afrika by Ramansdrift in.
- 1945 - Die Rooileër begin 'n reuse offensief aan die Oostelike Front wat die Duitse linies by Vistula breek en die weg baan vir die oorwinning van Berlyn.
- 1970 - Die selfverklaarde Republiek van Biafra in suidoostelike Nigerië kapituleer wat 'n einde bring aan die Nigeriese Burgeroorlog.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1898 - Émile Zola publiseer "J'Accuse" om die Dreyfus aangeleentheid bloot te lê, en beskuldig die Franse regering van anti-Semitisme.
- 1957 - Die Wham-O speelgoedmaatskappy produseer hulle eerste vlieënde skyf wat later herdoop is tot die Frisbee.
- 1967 - Generaal Gnassingbé Eyadéma neem mag oor in Togo na 'n staatsgreep. Hy reggeer as staatshoof tot met sy dood in Februarie 2005.
- 1986 - 'n Maand-lange geweldadige stryd begin in Aden, Suid-Jemen tussen onderteuners van Ali Nasir Muhammad en Abdul Fattah Ismail, wat duisende steftes tot gevolg het
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
14 Januarie: Pongal
- 1301 - Die Árpád dinastie in Hongarye eindig.
- 1954 - Joe DiMaggio trou met Marilyn Monroe.
- 1972 - Koningin Margrethe II, die huidige monarg van Denemarke, bestyg die troon volgens 'n nuwe opvolgingswet.
- 2004 - Die nasionale vlag van Georgië, die sogenaamde Vyf-kruisevlag word tot amptelike gebruik herstel na 'n ondebreking van ongeveer 500 jaar.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
15 Januarie: Jallikattu
- 1759 - Die Britse Museum open in Londen.
- 1876 - Die eerste koerant in Afrikaans, Die Afrikaanse Patriot met C.P. Hoogenhout as redakteur word in die Paarl uitgegee.
- 1919 - Rosa Luxemburg en Karl Liebknecht, twee van die mees prominente sosialiste in Duitsland, word deur die Freikorps gemartel en vermoor.
- 1994 - Die PAC stem in om af te sien van die gewapende stryd teen die Suid-Afrikaanse regering en as 'n politieke party te registreer vir die naderende verkiesing.
- 2001 - Die Engelse Wikipedia, 'n Wiki en Vryeinhoud ensiklopedie, word amptelik bekendgestel.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 27 BC - Gaius Octavius word die titel Augustus gegee deur die Romeinse Senaat.
- 1547 - Ivan die Verskriklike word gekroon tot Tsaar van Rusland.
- 1605 - Boek Een van Don Quixote, El ingenioso hidalgo Don Quijote de la Mancha deur Miguel de Cervantes, word vir die eerste keer in Madrid, Spanje uitgegee.
- 1909 - Die ekspedisie gelei deur Sir Ernest H. Shackleton bepaal die ligging van die Magnetiese_Suid-Pool.
- 1917 - Eerste Wêreldoorlog: Die Zimmermann Telegram word gestuur.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
17 Januarie: Martin Luther King Dag in die VSA (2005)
- 1852 - Die Sandriverkonvensie waarvolgens Brittanje alle aansprake tot outoriteit anderkant die Vaalriver opgee, word geteken.
- 1946 - Die Sekuriteitsraad van die Verenigde Nasies vergader vir die eerste keer in Church House in Londen.
- 1961 - Patrice Lumumba voormalige premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo sterf in 'n sluipmoordaanval in Katanga.
- 1991 - Golfoorlog: Operasie Desert Storm begin.
- 1995 - Groot Hanshin Aardbewing: 'n Aardbewing van 7,2 op die Richterskaal vind naby Kobe, Japan, plaas met meer as 6 000 dood en meer as $100 biljoen se skade aan eiendom.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1677 - Jan van Riebeeck (57) sterf in Batavië.
- 1778 - Kaptein James Cook ontdek die Sandwicheilande, nou bekend as Hawaii.
- 1871 - Koning Wilhelm I van Pruise word uitgeroep as die eerste Keiser van die Duitse Ryk, 'n nuut verenigde nasie-staat.
- 1902 - Kommandant Gideon Scheepers word per vuurpeleton tereggestel naby Graaff-Reinet nadat hy skuldig bevind is deur 'n Britse krygshof op aanklagte van moord, brandstigting en vernietiging van treine tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
- 1977 - Dit word ontdek dat die geheimsinnige Legionsiekte deur 'n nuwe bakterie nou bekend as Legionella veroorsaak word.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1839 - Die Royal Marines land by Aden om seerowers daarvan te verhoed om Britse skepe na en van Indi aan te val. Aden sou onder Britise beheer bly tot 1967.
- 1977 - Iva Toguri, na bewering 'n Tokyo Rose, word ten volle kwytgeskeld.
- 1983 - Apple Computer stel die Apple Lisa vry, hulle eerste kommersiele persoonlike rekenaar met 'n grafiesekoppelvlak en 'n rekenaarmuis. Dit het 1 Megagreep RAM gehad en $9 995 gekos.
- 1984 - Die Standerbende beroof drie banke in minder as 'n uur in Johannesburg se middestad.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
20 Januarie: Eid ul-Adha in Saudi-Arabi (2005); Inhuldigingsdag in die VSA
- 1265 - Byeengeroep deur Simon de Montfort, vergader die Engelse Parlement vir die eerste keer in die Westminsterpaleis.
- 1320 - Nadat hy Pole herverenig het word Wladislaus die Korte in Kraków as Poolse koning gekroon.
- 1885 - LaMarcus Adna Thompson patenteer die roller coaster.
- 1942 - Nazis by die Wannseekongres in Berlyn besluit op die " Eindoplossing tot die Joodse vraagstuk wat uieindeik lei tot die Joodse volksmoord.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
21 Januarie: Eid ul-Adha (Islam, 2005)
- 304 - Dertienjarige Sint Agnes, die beskermheilige van jong meisies, word tereggestel vir die weiering van 'n huweliksaanbod.
- 1793 - Franse Revolusie: Nadat hy deur die nasionale Konvensie aan verraad skuldig bevind is word Koning Louis XVI per guillotine voor 'n toejuigende skare tereggestel.
- 1969 - Suid-Afrika teken 'n verdrag met Portugal, wat namens Angola optree, oor die eerste fase ontwikkeling van die waterhulpbronne van Kunenerivervallei.
- 1976 - Die Concorde begin kommersiële vlugte na Londen, Parys, Bahrain, en Rio de Janeiro.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1879 - Britse magte in Zoeloeland lei 'n verpletterende nederlaag teen Cetewayo se impies in die Slag van Isandlwana.
- 1901 - Na hy die titel Prins van Wallis vir ses dekades gehou het, word Koning Edward VII die oudste man om die Britse troon op te volg.
- 1905 - Russiese Revolusie: Vreedsame betogings gelei deur Vader Gapon eindig in 'n menseslagting op Bloedige Sondag buite die Winterpaleis in St. Petersburg.
- 1973 - Roe v. Wade: Die Hoogsgereghof van die VSA lewer 'n mylpaalbeslissing oor aborsie.
- 1980 - Andrei Sakharov, 'n sleutelargitek van die Sowjet waterstofbom en wenner van die 1975 Nobelprys vir Vrede word in Moskou gearresteer en na Gorki verban.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1579 - Die Unie van Utrecht word geteken wat die provinsies in noordelike Nederland verenig.
- 1719 - Heilige Romeinse keiser Charles VI skep Liechtenstein, die enigste prinsdom in die Heilige Romeinse Ryk wat tot vandag toe bestaan.
- 1960 - Die bathyscaphe Trieste bereik die rekord diepte van 10 916 m in Challenger Deep van die Marianatrog.
- 1968 - Nood-Koreaanse magte lê beslag op USS Pueblo opgrond van bewerings dat dit hulle gebiedswaters vir spioenasie doeleindes binne gegaan het.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 41 - Na jare van misbruik vermoor Cassius Chaerea en die ontevrede Pretoriaanse Garde Romeinse keiser Gaius Julius Caesar Germanicus, beter bekend as Caligula, en sy jong gesin op wreedaardige wyse. Sy oom Claudius word as keiser in sy plek verklaar.
- 1438 - Pous Eugenius IV word deur die Vergadering van Basel geskors.
- 1900 - Tweede Vryheidsoorlog: Die Britte onder Generaal Warren gee aan Generaal Botha oor by Spioenkop nadat meer as 1 000 Britse soldate en 60 Boere in die slag omkom.
- 1924 - Petrograd, opgerig deur Pieter die Grote van Rusland in 1703, word herdoop tot Leningrad drie dae na die dood van Vladimir Lenin.
- 1984 - Die eerste Apple Macintosh verskyn op die winkelrakke, soos twee dae te vore op televisie gedaverteer tydens die Super Bowl XVIII.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
25 Januarie: Tu Bishvat (Judaïsme, 2005), Burnsnag in Skotland
- 1327 - Die tienerjarige Edward III word gekroon as Koning van Engeland, maar die land word deur sy ma Koningin Isabella en haar minnaar Roger Mortimer regeer.
- 1924 - Die eerste Winter Olimpiese Spele open teen die voet van Mont Blanc in Chamonix, Frankryk.
- 1971 - Generaal Idi Amin neem mag in Uganda oor van Eerste Minister Milton Obote en begin daarmee agt jaar van militêre regering.
- 2004 - Marsverkenningsvoertuig Opportunity land op Mars en rol in die Eagle krater in, 'n klein krater op die Meridiani Planum.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
26 Januarie: Australiēdag in Australiē (1788), Republiekdag in Indiē (1950).
- 1700 - 'n Aardbewing van 9 op die Richterskaal vind langs die Amerikaanse Stille Oseaankus plaas soos getuig uit Japanese tsoenamirekords.
- 1788 - Die Britse First Fleet, gelei deur Kaptein Arthur Phillip, land by Sydney Cove net buite die heedendaagse Sydney om die eerste permanente Europese vesting in Australiē te vestig.
- 1950 - President Rajendra Prasad volg Rajaji die laaste Goewerneur-Generaal van Indiē op as staatshoof en Opperbevelvoerder van die Indiese gewapende magte.
- 1983 - Lotus 1-2-3, 'n gewilde sigbladprogram word vir die eerste keer vrygestel.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
27 Januarie: Joodse volksmoordgedenkdag in die Verenigde Koninkryk en ander lande
- 1888 - Die National Geographic Society, uitgewer van die tydskrif National Geographic, word gestig.
- 1945 - Die Rooileër bevry 7 500 gevangenes wat deur Nazi-personeel in die Auschwitz-konsentrasiekampe in Oświęcim, Pole agtergelaat is.
- 1951 - kerntoetse begin by die Nevada-toetsterrein met 'n een-kiloton bom wat op Frenchman Flats laat val is.
- 1967 - Die Apollo 1-ruimtetuig word deur 'n brand vernietig by die Kennedy Ruimtesentrum. Ruimtevaarders Gus Grissom, Edward White en Roger Chaffee sterf in die voorval.
- 1973 - Die Parysverdesakkoorde word geteken om 'n einde te bring aan die Viëtnamoorlog.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1521 - Die Ryksdag van Worms word byeengeroep om Martin Luther en die Protestantse hervorming in die Heilige Romeinse Ryk te bespreek.
- 1855 - 'n Lokomotief op die Panamaspoorweg voltooi die wêreld se eerste transkontinentale oorkruising.
- 1918 - Rebelle neem beheer van Helsinki en dwing die Senaat van Finland ondergronds tydens die Finse Burgeroorlog.
- 1921 - 'n Simboliese Graf van die Onbekende Soldaat word onder die Arc de Triomphe in Parys geïnstalleer.
- 1986 - Die NASA-Ruimtependeltuig, Challenger, ontplof 73 sekondes na lansering op die tuig se tiende sending.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1845 - The Raven, 'n gewilde gedig deur Edgar Allan Poe, word vir die eerste keer gepublisseer in die New York Evening Mirror.
- 1856 - Die Victoria Cross word vir die eerste keer toegeken ter erkenning van dapper optrede tydens die Krimoorlog.
- 1886 - Carl Benz doen aansoek om 'n patent vir die eerste suksesvolle petrolaangedrewe motor.
- 1959 - Die Disney geannimeerde film Sleeping Beauty word vir die eerste keer vrygestel.
- 2002 - In sy State of the Union Address beskryf President van die VSA George W. Bush Irak, Iran en Noord-Korea as "regimes wat terreur borg", en wat 'n "As van boosheid" vorm.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1649 - Koning Charles I word onthoof vir hoogverraad voor die Banqueting House in Londen tydens die Engelse Burgeroorlog.
- 1820 - Edward Bransfield van die Royal Navy land op die vasteland van Antarktika.
- 1933 - Adolf Hitler word ingesweer as kanselier van Duitsland.
- 1968 - In die Viëtnamoorlog, stuur Viet Cong magte die Tết Offensief op Viëtnamese Nuwejaarsdag (Tet) van stapel.
- 1981 - Apartheid: Vier-en-twintig mense sterf in Operasie Beanbag, 'n aanval deur die Suid-Afrikaanse weermag op die ANC en PAC, in Matola, 'n woonbuurt in Maputo, Mosambiek. 'n Portugese engenieur, Jose Ramos, word "verkeerdelik geïdentifiseer" as Joe Slovo en by 'n padblokade doodgeskiet.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
31 Januarie: Onafhanklikheidsdag in Nauru (1968)
- 1606 - Guy Fawkes word tereggestel vir sy aandeel in die Gunpowder Plot teen die Engelse Parlement en Koning James I.
- 1876 - Die VSA beveel alle Inheemse Amerikaners om na reservate te trek.
- 1946 - In Joeggoeslawië, stel 'n nuwe grondwet die ses republieke waaruit dit betaan daar: Bosnië en Herzegovina, Kroasië, Macedonië, Montenegro, Serwië en Slowenië.
- 1961 - Aanboord Mercury-Redstone 2 word Ham die Sjimpansee die eerste mensagtige wese in die buitenste ruimte.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis