Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Mei
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sjabloon:UitgesoekteHerdenkingsMei
- 1786 - Openingsaand van die opera Die huwelik van Figaro deur Wolfgang Amadeus Mozart in Wene
- 1956 - Die polio-entstof ontwikkel deur Jonas Salk word aan die publiek beskikbaar gestel.
- 1994 - Formule 1-renjaer Ayrton Senna sterf gedurende die San Marino Grand Prix
- 2004 - Ciprus, die Tsjeggiese Republiek, Estland, Hongarye, Letland, Litoue, Malta, Pole, Slowakye, en Slowenië sluit by die Europese Unie aan.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1933 - Die eerste waarneming van die Loch Ness-monster gerapporteer.
- 1952 - Die eerste kommersiële straalvliegtuig, die BOAC Comet, word in diens geneem
- 1953 - Hussein van Jordanië gekroon.
- 1997 - Tony Blair word Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk, en beëindig daarmee 18 jaar van Konserwatiewe Party regering. Op 44 is hy die jongste eerste minister in 185 jaar.
- 2000 - Bill Clinton kondig aan dat toegang tot die GPS (Global Positioning System), soortgelyk aan die VSA se militêre-stelsel, aan die publiek beskikbaar gestel gaan word.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1494 - Christopher Columbus ontdek Jamaika
- 1963 - Martin Luther King Jr. lewer sy "I have a dream"-toespraak
- 1991 - Die Verklaring van Windhoek word onderteken
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1924 - Die 1924 Somer Olimpiese Spele open in Parys, Frankryk.
- 1930 - Britse polisie arresteer Mahatma Gandhi en plaas hom in die Yeravda gevangenis.
- 1932 - In Atlanta, Georgia, begin Al Capone sy elf-jaar lange gevangenisstraf vir belasting ontduiking.
- 1979 - Margaret Thatcher word die eerste vroulike Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1835 - In België word 'n treinspoor tussen Brussel en Mechelen geopen, die eerste treinspoor in kontinentale Europa.
- 1925 - Afrikaans word as amptelike taal aanvaar in Suid-Afrika.
- 1944 - Mahatma Gandhi word uit die gevangenis bevry.
- 2000 - Alle tradisionele planete word in 'n reguitlyn gesien vanaf die aarde, (Mercurius, Venus, Mars, Jupiter, Saturnus, Maan en die Son).
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1889 - Die Eiffeltoring word amptelik vir die publiek geopen tydens die Universele Ekspo in Parys.
- 1937 - Die Duitse zeppelin, die Hindenburg, slaan aan die brand en word verwoes terwyl dit probeer dok by New Jersey. 36 mense sterf.
- 1954 - Roger Bannister word die eerste persoon wat die myl in minder as vier minute hardloop.
- 1994 - Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk en Franse President Francois Mitterrand open die tonnel by die Engelse Kanaal.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1952 - Die konsep vir die geïntegreerde stroombaan, die basis vir alle moderne rekenaars, vir die eerste keer deur Geoffrey W.A. Dummer gepubliseer.
- 1992 - Ruimtependeltuig Endeavour se eerste ruimtevaart.
- 1998 - Apple Rekenaars (Apple Computer) se bekendstelling van die iMac.
- 1998 - Mercedes-Benz koop Chrysler vir VS$40 biljoen en vorm DaimlerChrysler in die grootste industriële samesmelting in die geskiedenis.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1902 - In Martinique, vind die uitbarsting van Mount Pelee plaas en die dorp St. Pierre word verwoes en meer as 30 000 mense sterf. Slegs ’n klein aantal van die inwonders van St. Pierre's oorleef.
- 1914 - Paramount Pictures gevorm.
- 1933 - Mohandas Gandhi begin 'n 21 dae eetstaking in protes teen Britse onderdrukking in Indië.
- 1945 - Tweede Wêreldoorlog: Bevrydingsdag (VE-dag), die dag wat die Duitse magte toestem om onvoorwaardelik oor te gee.
- 1996 - Die nuwe Grondwet van Suid-Afrika word aanvaar.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
9 Mei: Dag van Europa
- 1502 - Christopher Columbus vertrek op sy laaste reis na die Nuwe Wêreld.
- 1887 - Brittanje annekseer Zoeloeland.
- 1901 - Australië se eerste parlement open in Melbourne.
- 2004 - Brenda Fassie sterf.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1503 - Christopher Columbus ontdek die Cayman Eilande en hy noem dit Las Tortugas as gevolg van die baie see-skilpaaie wat daar gevind word.
- 1534 - Jacques Cartier ontdek Newfoundland.
- 1940 - Tweede Wêreldoorlog: Duitsland val België, Nederland, en Luxemburg binne.
- 1994 - Nelson Mandela word ingehuldig as die eerste president demokraties verkies deur alle Suid-Afrikaners.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 330 - Bisantium word tydens 'n seremonie na Konstantinopel herdoop.
- 1928 - Die eerste analoë TV-diens word geopen in Schenectady, New York.
- 1949 - Siam se naam verander na Thailand.
- 1987 - Die eerste hart-long-oorplanting vind plaas in Baltimore, Maryland.
- 1997 - IBM se skaak-superrekenaar, Deep Blue, wen teen Garry Kasparov en word die eerste rekenaar om 'n wêreldkampioen skaakspeler te wen.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1870 - Manitoba word 'n provinsie van Kanada.
- 1873 - Oscar II van Swede-Noorweë gekroon as koning van Swede.
- 1881 - In Noord-Afrika, word Tunisië 'n Franse protektoraat.
- 1967 - Pink Floyd hou die eerste quadraphonic rock-konsert.
- 2002 - Voormalige President Jimmy Carter kom in Kuba aan vir 'n vyf-dag besoek aan Fidel Castro en word sodoende die eerste President van die Verenigde State, wat Kuba sedert Castro se 1959 rewolusie besoek.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1830 - Ecuador verkry onafhanklikheid.
- 1880 - In Menlo Park, New Jersey, voer Thomas Edison die eerste toetse uit van sy elektriese spoorweg.
- 1913 - Igor Sikorsky word die eerste persoon wat 'n vier motor vliegtuig bestuur.
- 1940 - Tweede Wêreldoorlog: Nazi Duitsland se inname van Frankryk begin toe die Duitse weermag die Meuse Rivier oorsteek.
- 1958 - Velcro se handelsmerk word geregistreer.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1870 - Die eerste rugbywedstryd in Nieu-Seeland word gespeel in Nelson tussen Nelson College en die Nelson Rugby Football Club.
- 1948 - Israel verklaar hulle as 'n onafhanklike staat en 'n voorlopige regering word gestig.
- 1955 - Koue oorlog: Agt kommunistiese-blok lande insluitende die Sowjetunie teken 'n gemeenskaplike beskermingsverdrag, die Warskou Verdrag.
- 1973 - Skylab, die Verenigde State se eerste ruimtestasie word gelanseer.
- 1995 - Tenzin Gyatso, die 14de Dalai Lama verklaar 6-jaar-oue Gedhun Choekyi Nyima as die elfde reïnkernasie van die Panchen Lama.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1718 - James Puckle patenteer die wêreld se eerste masjiengeweer.
- 1940 - Nylon sykouse word vir die eerste keer in die Verenigde State verkoop.
- 1948 - Egipte, Transjordanië, Libanon, Sirië, Irak en Saoedi-Arabië val Israel aan.
- 1957 - Brittanje toets hulle eerste waterstofbom in Operation Grapple.
- 1958 - Die Sowjet-Unie lanseer Sputnik 3.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1770 - 14-jaar oue Marie Antoinette trou met 15-jaar oue Louis-Auguste (wat later Koning van Frankryk word).
- 1943 - Holocaust: Die Warskou Ghetto opstand eindig.
- 1948 - Chaim Weizmann verkies as eerste president van Israel.
- 1969 - Venera program: Venera 5, 'n Sowjet ruimtetuig, land op Venus.
- 1975 - Junko Tabei word die eerste vrou om die piek van Mount Everest te bereik.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1846 - Die Saxofoon word deur Adolphe Sax gepatenteer.
- 1900 - Die beleg van Mafikeng eindig.
- 1943 - Die VSA-weermag sluit 'n kontrak met die Universiteit van Pennsylvania om die ENIAC te ontwikkel.
- 1969 - Die Sowjetse Venera 6 begin sy landing op Venus voor dit deur atmosferiese druk vernietig word.
- 1995 - Jacques Chirac word president van Frankryk.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1900 - Die Verenigde Koninkryk verklaar 'n protektoraat oor Tonga.
- 1910 - Die aarde beweeg deur die stert van die Halley se komeet.
- 1958 - 'n F-104 Starfighter stel 'n wêreldspoedrekord van 2 259,82 km/h.
- 1969 - Apollo program: Apollo 10 word gelanseer.
- 1974 - As deel van projek Smiling Buddha laat Indië hulle eerste kernwapen suksesvol ontplof, en word die sesde nasie om dit te doen.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1536 - Anne Boleyn, die tweede vrou van Henry VIII van Engeland word onthoof vir egbreuk.
- 1780 - Onverklaarde duisternis oor die ooste van Kanada en die New England-state begin teen 2 nm.
- 1971 - Mars ruimtetuigprogram: Mars 2 word gelanseer deur die Sowjet-Unie.
- 1999 - Star Wars: The Phantom Menace word vrygestel in filmteaters in die Verenigde State en stel 'n nuwe rekord vir die openingsdag met verkope van $28,5 miljoen.
- 2001 - Eenkindbeleid: Zhonghua Sun word tereggestel deur staatsamptenare van Volksrepubliek van Sjina omdat sy geweier het om gesteriliseer te word.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1570 - Abraham Ortelius gee die eerste moderne atlas uit.
- 1874 - Levi Strauss en Jacob Davis ontvang ‘n VS patent vir blou denimbroeke (jeans) met koper klinknaels.
- 1902 - Kuba verkry onafhanklikheid van die Verenigde State
- 1927 - Verdrag van Jedda: Saudi Arabië word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1927 - Charles Lindbergh vertrek vanaf Long Island, New York op die wêreld se eerste solo ononderbroke vlug oor die Atlantiese Oseaan.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1881 - Die Amerikaanse Rooi Kruis word gestig deur Clara Barton.
- 1927 - Charles Lindbergh voltooi die eerste ononderbroke transatlantiese solo vlug.
- 1932 - Amelia Earhart word die eerste vrou om aleen oor die Atlantiese Oseaan te vlieg.
- 1956 - Kernwapen toets: in die Stille Oseaan word Bikini Atoll amper totaal uitgewis deur die eerste lugontploffing van ‘n waterstofbom.
- 1980 - Woensdag, 12 Mei - Star Wars Episode V: The Empire Strikes Back open in teaters
- 1991 - Naby Madras word voormalige Indiese eerste minister Rajiv Gandhi vermoor deur 'n vroulike terroris deur middel van 'n selfmoordbom.
- 2003 - Aardbewing tref noord Algerië. Meer as 2 000 mense sterf.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1939 - Tweede Wêreldoorlog: Duitsland en Italië teken die Verdrag van Staal.
- 1960 – 'n Aardbewing tref Suid-Chile. Dit is die sterkste aardbewig wat al ooit waargeneem is.
- 1968 - Die kernkrag-aangedrewe duikboot die USS Scorpion sink met 99 mense aanboord 640 km suidwes van die Asore.
- 1972 - Ceylon aanvaar 'n nuwe grondwet en verander sy naam na Sri Lanka.
- 1990 - Windows 3.0 word vrygestel deur Microsoft.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
23 Mei: Victoria Dag in Kanada (2005)
- 1533 - Die huwelik van Katherina van Aragon en Henry VIII van England word nietig verklaar.
- 1568 - Die Tagtigjarige Oorlog breek uit toe Nederlandse rebelle onder leiding van Louis van Nassau Friesland in die Slag van Heiligerlee binneval.
- 1934 - Amerikaanse bankrowers Bonnie en Clyde word deur die polisie in 'n lokval gelei en doodgemaak in Black Lake, Louisiana.
- 1969 - Britse rockgroep, The Who, stel die rockopera Tommy vry.
- 1995 - Die Java-programmeertaal word amptelik deur James Gosling en kollegas aangekondig.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1844 - Eerste Elektriese telegram deur Samuel F. B. Morse vanaf Baltimore, Maryland na Washington, D.C. gestuur, met die boodkskap "What hath God wrought?".
- 1883 - Die Brooklyn Bridge geopen vir verkeer na 14 jaar van konstruksie.
- 1900 - Boereoorlog: Die Verenigde Koninkryk annekseer die Oranje Vrystaat
- 1940 - Igor Sikorsky voer die eerste suksesvolle enkel-rotor helikopter vlug uit..
- 1976 - Washington, DC Concorde diens begin.
- 1993 - Microsoft se bekendstelling van Windows NT
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
25 Mei: Onafhanklikheidsdag in Jordanië (1946)
- 1420 - Hendrik die Seevaarder word Grootmeester van die Orde van Christus, die Portugese opvolger van die Orde van die Tempeliers.
- 1521 - Martin Luther word voëlvry en 'n ketter verklaar deur die Ryksdag van Worms.
- 1810 - Mei Revolusie: Burgers van Buenos Aires gooi die Spaanse onderkoning uit en verklaar die eerste onafhanklike plaaslike regering in Argentinië.
- 1895 - Die Republiek van Formosa word ingehuldig in Taiwan, en onafhanklikheid van Qing Sjina verklaar.
- 1961 - Apollo program, met die doelwit om 'n "mens op die maan te land en veilig terug te bring Aarde" toe, word aangekondig.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
26 Mei: Onafhanklikheidsdag in Guyana (1966), Corpus Christi Fees in Katolisisme (2005), Moedersdag in Pole.
- 1805 - Napoléon Bonaparte met die Ysterkroon van Lombardye gekroon as Koning van Italië in Milaan .
- 1896 - Die Dow Jones Industrial Average word vir die eerstekeer deur Charles Dow as 'n aandelemarksyfer gepubliseer.
- 1918 - Georgië verklaar onafhanklikheid tydens die Russiese burgeroorlog en roep die Demokratiese Republiek van Georgië uit.
- 1972 - Richard Nixon en Leonid Brezhnev teken die Anti-Ballistiese Missielverdrag in Moskou, en sluit daarmee die SALT I onderhandelinge af.
- 1986 - Die Europese Gemeenskap neem die Europese vlag aan.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1328 - Philip VI word gekroon as koning van Frankryk.
- 1703 - Tsaar Peter die Grote stig die stad van Sint Petersburg.
- 1883 - Alexander III word gekroon as tsaar van Rusland.
- 1919 - Die NC-4 arriveer in Lissabon, en voltooi die eerste trans-Atlantiese vlug.
- 1923 - Die eerste 24-uurlange Le Mans-motoruithouwedren eindig.
- 1974 - Jacques Chirac word Eerste Minister van Frankryk.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 585 v.C. - 'n Sonsverduistering vind plaas soos deur Thales voorspel.
- 1588 - Die Spaanse Armada vaar van Lissabon na die Engelse Kannaal.
- 1892 - In San Francisco organiseer John Muir die Sierra Club.
- 1905 - Japanese magte onder leiding van Admiraal Togo Heihachiro vernietig die Russiese Oossee Vloot en wen die Slag van Tsushima, die beslisende seeslag in die Russies-Japanese Oorlog.
- 1936 - Alan Turing lê "On Computable Numbers" voor vir publikasie.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1727 - Peter II word Tsar van Rusland.
- 1886 - Chemikus John Pemberton begin om Coca-Cola te adverteer (advertensie in die Atlanta Journal).
- 1919 - Die waarneming van die verskuiwing van sterposisies gedurende 'n sonsverduistering bevestig Albert Einstein se relatiwiteitsteorie (sien ook Arthur Eddington).
- 1953 - Heer Edmund Hillary en Sherpa Tenzing Norgay word die eerste mense wat die piek van Mount Everest bereik.
- 1977 - Janet Guthrie word die eerste vrou om te kwalifiseer vir die Indianapolis 500.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1431 - In Rouen, Frankryk word 19-jaar oue Johanna van Arkel op die vuurstapel verbrand.
- 1911 - By die Indianapolis Motor Speedway, eindig die eerste Indianapolis 500. Ray Harroun word die eerste wenner van die 500-myl motorwedren.
- 1942 - Tweede Wêreldoorlog: 1000 Britse bomwerpers lanseer 'n 90-minute aanval op Keulen, Duitsland
- 1967 - By die "Ascot Speedway" in Gardena, Kalifornië, spring Evel Knievel met sy motorfiets oor 16 motorkarre.
- 1982 - Spanje word die 16de lid van NAVO en die eerste nasie wat by die alliansie aansluit sedert Wes-Duitsland se toelating in 1955.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
31 Mei: Uniewording (onafhanklikheid van Brittanje) in Suid-Afrika (1910) en Gedenkdag (Engels: Memorial day) (2004) in die VSA
- 1678 - Die Godiva optog begin in Coventry om Lady Godiva se naakte rit deur die strate van Coventry in Engeland te gedenk.
- 1901 Anglo-Boereoorlog: Die Boere maak 174 Britte dood tydens 'n aanval by Vlakfontein. Dinizulu weier om Britse instruksies om wapens teen die Boere op te neem uit te voer.
- 1902 Anglo-Boereoorlog: Boereafgevaardigdes kom met 'n meerderheid van 54 teen 6 ooreen om Britse voorstelle vir vrede te aanvaar wat lei tot die teken van die Vrede van Vereniging.
- 1961 - Na 'n referendum beperk tot wit stemgeregtigdes word Suid-Afrika tot Republiek verklaar.
- 1974 - Sirië en Israel teken 'n ontrekkingsverdrag om die Yom Kippur-oorlog te beëindig.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis