Saturnus (planeet)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
Saturnus is die sesde planeet van die Son af. Dit is 'n gasreus, die tweede grootste planeet in die sonnestelsel na Jupiter. Die planeet is vernoem na die Romeinse god Saturnus.
Inhoud |
[wysig] Fisiese eienskappe
Saturnus se vorm is sigbaar afgeplat by die pole en bult uit by die ewenaar ('n afgeplatte sferoïde). Die planeet se ewenaar-deursnit en pool-deursnit verskil amper 10% (120 536 km in teenstelling met 108 728 km).
Dít is die effek van die rotasiespoed en die vloeistof-toestand van die planeet. Saturnus het ook die laagste digtheid van al die planete in die sonnestelsel, met 'n gemiddelde digtheid van 0.69, wat heelwat laer is as water. Dit is egter slegs die gemiddelde waarde, saturnus se boonste atmosfeer is minder dig, en die kern is heelwat digter as water.
[wysig] Saturnus se ringe
Saturnus se mees prominente eienskap is waarskynlik sy ringe. Hierdie ringe is die eerste keer waargeneem deur Galileo Galilei in 1610 met sy teleskoop.
Die ringe kan waargeneem word met 'n moderne teleskoop of goeie verkyker. Die ringe bestaan uit silikarots, ysteroksied, en ys partikels wat wissel in grootte van stofpartikels tot die grootte van 'n motorkar.
[wysig] Verkenning van Saturnus
Saturnus is die eerste keer besoek deur Pioneer 11 in 1979 en die volgende twee jare deur Voyager 1 en Voyager 2.
Die Cassini-Huygens wentelsonde en sonde, wat tans onderweg is, sal aankom in 2004 vir die bestudering van Saturnus en sy maan Titan. Die Cassini-Huygens-ruimteskip sal waarskynlik by Saturnus aankom op 1 Julie, 2004;
[wysig] Saturnus se mane
Saturnus het 'n groot aantal mane, waarvan 30 al name het. Dit is nie bekend presies hoeveel mane Saturnus het nie, aangesien 'n daar klomp voorwerpe van verskillende groottes is wat om die planeet wentel. Titan is noemenswaardig aangesien dit die enigste maan in die sonnestelsel is met 'n digte atmosfeer.
'n Onlangse studie in laat 2000 het nog 'n addisionele 12 mane gevind wat in 'n wentelbaan is, wat daarop dui dat dit fragmente is van groter liggame wat deur Saturnus "gevang" is. (Nature vol. 412, p.163-166)
Naam | Deursnee (km) | Massa (kg) | Gemiddelde wentelbaan radius (km) |
Wentelperiode | Posisie |
---|---|---|---|---|---|
Pan | 20 | Onbekend | 133,583 | 0.575 dae | in Encke Divisie |
Atlas | 30 (40 × 20) | Onbekend | 137,670 | 0.6019 daes | buitenste A-Ring shepherd |
Prometheus | 91 (145 × 85 × 62) | 2.70×1017 | 139,350 | 0.6130 dae | binneste F-Ring shepherd |
Pandora | 84 (114 × 84 × 62) | 2.20×1017 | 141,700 | 0.6285 dae | buitenste F-Ring shepherd |
Epimetheus | 115 (144 × 108 × 98) | 5.60×1017 | 151,422 | 0.6942 dae | co-orbitals |
Janus | 178 (196 × 192 × 150) | 2.01×1018 | 151,472 | 0.6945 dae | |
Mimas | 392 | 3.80×1019 | 185,520 | 0.942422 dae | |
Enceladus | 498 | 7.30×1019 | 238,020 | 1.370218 dae | |
Telesto | 29 (34 × 28 × 36) | Onbekend | 294,660 | 1.887802 dae | leading Tethys trojan |
Tethys | 1060 | 6.22×1020 | 294,660 | 1.887802 dae | |
Calypso | 26 (34 × 22 × 22) | Onbekend | 294,660 | 1.887802 dae | trailing Tethys trojan |
Dione | 1120 | 1.05×1021 | 377,400 | 2.736915 dae | |
Helene | 33 (36 × 32 × 30) | Onbekend | 377,400 | 2.736915 dae | trailing Dione trojan |
Rhea | 1530 | 2.49×1021 | 527,040 | 4.5175 dae | |
Titan | 5150 | 1.35×1023 | 1,221,830 | 15.94542 dae | |
Hyperion | 286 (410 × 260 × 220) | 1.77×1019 | 1,481,100 | 21.27661 dae | |
Iapetus | 1460 | 1.88×1021 | 3,561,300 | 79.33018 dae | |
Kiviuq | 16 | Onbekend | 11,365,000 | 449.2 dae | Inuit Groep |
Ijiraq | 12 | Onbekend | 11,440,000 | 451.5 dae | Inuit Groep |
Phoebe | 220 | 4.00×1018 | 12,944,300 | -548.2 dae** | Noorse Groep |
Paaliaq | 22 | Onbekend | 15,199,000 | 686.9 dae | Inuit Groep |
Skathi | 8 | Onbekend | 15,647,000 | -728.9 dae** | |
Albiorix | 32 | Onbekend | 16,404,000 | 783.5 dae | Gallic Groep |
Erriapo | 10 | Onbekend | 17,616,000 | 871.9 dae | Gallic Groep |
Siarnaq | 40 | Onbekend | 18,160,000 | 893.1 dae | Inuit Groep |
Tarvos | 15 | Onbekend | 18,247,000 | 925.6 dae | Gallic Groep |
Mundilfari | 7 | Onbekend | 18,709,000 | -951.4 dae** | Noorse Groep |
S/2003 S1* | 7 | Onbekend | 18,719,000 | -956.2 dae** | |
Suttungr | 7 | Onbekend | 19,463,000 | -1016.3 dae** | Noorse Groep |
Thrymr | 7 | Onbekend | 20,382,000 | -1086.9 dae** | Noorse Groep |
Ymir | 18 | Onbekend | 23,096,000 | -1312.4 dae** | Noorse Groep |
* Daar word nog gewag vir bevestiging en 'n naam ** 'n Negatiewe wentelperiode dui op rotasierigting teenoor die planeet se rotasie
Ons sonnestelsel | |
Son | Mercurius | Venus | Aarde (Maan) | Mars | Astroïdegordel | 1 Ceres Planeet | Voorwepe in ons sonnestelsel | Astronomie |