Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/8 Maart
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
8 Maart: Internasionale Vrouedag; Moedersdag in Albanië
- 1618 - Johannes Kepler ontdek derde wet van planetêre beweging.
- 1702 - Prinses Anne van die Huis van Stuart word Koningin van Engeland, Skotland en Ierland.
- 1782 - Byna 100 Amerkaanse inboorlinge sterf deur die toedoen van Pennsylvania burgermagte in 'n massamoord wat as die Gnadenhüttenmenseslagting bekend staan.
- 1844 - Oscar I bestyg die troon van Swede-Noorweë.
- 1966 – Nelson se Pilaar, 'n groot graniet pilaar met 'n standbeeld van Lord Horatio Nelson daarop in Dublin, Ierland, word deur 'n bom vernietig.