Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/1 Maart
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
1 Maart: Aswoensdag in Westelike Christendom (2006); Sint Dawiddag in Wallis, Mărţişor in Romenië, Martenitsa in Bulgarye.
- 1896 - Ethiopië wen die beslissende Slag van Adowa oor Italië wat die Eerste Italo-Abessiniese Oorlog tot 'n einde bring.
- 1919 – Japannese heerskappy in Korea: Die Samilbeweging in Korea begin landwyd met menige vreedsame protesaksies, maar word brutaal onderdruk deur die Japannese polisie en weermag onderdruk.
- 1947 - Die Internasionale Monetêre Fonds begin sy finansiële werksaamhede.
- 1954 - Die 15-megaton waterstofbom Castle Bravo word ontplof op Bikini Atol in die Stille Oseaan, wat een van die ergste radioaktiewe besoedeling deur kerntoetsing tot gevolg het.