Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/22 Maart
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
22 Maart: Wêreldwaterdag
- 238 - Gordian I en Gordian II word as Romeinse Keisers verklaar.
- 1765 - Die parlement van die Verenigde Koninkryk neem die Seëlwet aan wat die groeiende separatistebeweging in koloniale Amerika verder aanblaas.
- 1888 - William McGregor, direkteur van Aston Villa F.C. in Birmingham, England, stig die Football League.
- 1945 - Die Arabiese Bond word deur 7 Arabiese state gestig.
- 1995 – Russiese ruimtevaarder Valeri Polyakov van die Sojoes-program keer terug van die Mir-ruimtestasie na 437 dae in die buitenste ruimte en stel daarmee 'n nuwe wêreldrekord op vir die langste ruimtevlug.