Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions Skotland - Wikipedia

Skotland

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Skotland
Scotland
(Engels en Skots)
Alba (Skots-Gaelies)
Die Skotse vlag
Vlag van Skotland Wapen van Skotland
Leuse: Nemo me impune lacessit
(Engels: No one provokes me with impunity)
Die ligging van Skotland in Europa


Die ligging van Skotland in Europa

Die ligging van Skotland in die Verenigde Koninkryk
Die ligging van Skotland in die Verenigde Koninkryk
Tale Engels, Skots-Gaelies, Skots
Hoofstad Edinburgh
Grootste stad Glasgow
Eerste Minister Jack McConnell
Oppervlak
- Totaal
- % water
Geranglys 2de in die VK
78 782 vk km
1,9%
Bevolking
- Totaal (2001)
- Bevolkingsdigtheid
Geranglys 2de in die VK
5 062 011
64/vk km
Vereniging 843 deur Kenneth I
BBP (KKP)
 • Totaal
 • Per capita
2002 (skatting)
$130 miljard
$25 546
Geldeenheid Pond sterling (£) (GBP)
Tydsone
 - Somer (Somertyd)
GMT (UTC+0)
BST (UTC+1)
Beskermheilige Sint Andrew
Volkslied Geen
Nasionale blom Dissel
Internet TLD .uk
Skakelkode 44
Die kasteel Eilean Donan
Vergroot
Die kasteel Eilean Donan

Skotland (Engels: Scotland, Skots-Gaelies: Alba [ˈaləpə], Latyns-Kelties: Caledonia) is 'n deelstaat in die noordweste van Europa en vorm een van die vier deelstate van die Verenigde Koninkryk. Die hoofstad, Edinburgh, is een van die belangrikste finansiële sentrums in Europa.

Skotland beslaan met 78 772 vierkante kilometer sowat een derde van Groot-Brittanje se oppervlak en grens aan Engeland in die suide. Die grenslyn loop oor 'n afstand van 96 kilometer tussen die Tweedrivier aan die ooskus en die Solway Firth in die weste. In die ooste word Skotland deur die Noordsee begrens, in die noorde en weste deur die Atlantiese Oseaan, en in die suidweste deur die Noordelike Kanaal en die Ierse See. Die eiland Ierland lê sowat 30 kilometer van Skotland se mees suidwestelike landtong af.

Naas die vastelandse gebied is daar meer as 790 eilande. Skotland beskik oor die grootste reserwes van ru-olie in die Noordelike Atlantiese Oseaan en die Noordsee.

Die Koninkryk van Skotland het tot 1 Mei 1707 as 'n onafhanklike staat bestaan en het daarna volgens die Wet van Vereniging (Acts of Union) met die Koninkryk van Engeland saamgesmelt om die Koninkryk van Groot-Brittanje te vorm.

Inhoud

[wysig] Geografie

Die Skotse vasteland bestaan uit drie landskapsvorme: Die Skotse Hoogland in die noorde, die Sentraal-Skotse vlaktes en die heuwelagtige Southern Uplands in die suide. Die Hoogland is 'n bergagtige streek met die Great Glen as sentrale vallei. Die hoogste bergspitse van die Verenigde Koninkryk maak deel uit van die Skotse Hoogland, soos byvoorbeeld die Ben Nevis naby Fort William, wat met 1 344 meter die hoogste piek in die land is.

Loch Ness met die kasteel Urqhart in die voorgrond
Vergroot
Loch Ness met die kasteel Urqhart in die voorgrond

Die vlaktes van Sentraal-Skotland vorm die digbevolkte hartland met die stad Glasgow in die weste en die hoofstad Edinburgh in die ooste. Die vlaktes is ook die nywerheidsentrum van Skotland.

Die heuwelland van die Southern Uplands strek oor 'n afstand van naastenby 200 kilometer van Stranraer aan die Ierse See tot by Oos-Lothian en die Noordsee. Hierdie streek speel 'n kleiner rol as toeristebestemming, maar is nogtans 'n mooi berggebied met talle bergspitse soos die Merrick in Galloway met 'n hoogte van 843 meter. Hy bied 'n pragtige uitsig oor die noordelike Hoogland, die plato van Noord-Ierland in die weste en die Engelse Lake District (Meer-distrik), die Pennines-bergreeks en die eiland Man in die suide.

Daar is meer as 790 eilande langs die Skotse kus, met die Shetland-, Orkney- en Hebride-eilande as die drie belangrikste eilandgroepe. 'n Groot aantal eilande lê ook in die riviermondings Firth of Clyde en Firth of Forth. Sint-Kilda is die mees afgeleë van die bewoonde eilande en lê meer as 160 kilometer van die vasteland af.

[wysig] Klimaat

Skotland staan bekend vir sy nat en koel, maar matige klimaat, wat veral deur die oseaan beïnvloed word. Die land trek ongeag sy subarktiese ligging voordeel uit die warme Golfstroom en het baie warme temperature in vergelyking met ander Europese gebiede, wat op dieselfde breedtegraad lê soos byvoorbeeld die omgewing van die Noorse hoofstad Oslo.

Ben Nevis, die hoogste berg, lê in Lochaber, die natste distrik van die Britse Eilande
Vergroot
Ben Nevis, die hoogste berg, lê in Lochaber, die natste distrik van die Britse Eilande

Die weer is dikwels onvoorspelbaar, en temperature is ondanks die matige Golfstroom-invloed laer as in die res van die Verenigde Koninkryk. Die gemiddelde maksimale temperatuur in die winter is 6 °C, terwyl die hoogste gemiddelde temperature in die somer tot sowat 18 °C styg. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur op die berg Ben Nevis is vriespunt.

Wes-Skotland is danksy die oseaniese strome gewoonlik warmer as die ooste, wat deur die kouer temperature van die Noordsee beïnvloed word. Tiree op die Hebride-eilande word as die sonnigste plek in die land beskou; dit het in 1975 300 sonskyndae gehad.

Die gemiddelde jaarlikse reënval varieer in die verskillende streke; die westelike hoogland is die natste gebied met meer as 3 000 millimeter reën per jaar, terwyl die reënval in die vlaktes meesal tot minder as 800 millimeter beperk bly. Hoër geleë gebiede word in die winter deur koue en sneeuval gekenmerk. Die dorp Braemar het sowat 59 sneeudae per jaar, terwyl die kusgebiede sneeuval gewoonlik op minder as tien dae per jaar het.

[wysig] Geskiedenis

Die eerste groep van jagters en versamelaars het hulle sowat 11 000 jaar gelede in Skotland gevestig, nadat die yslaag van die laaste ystydperk begin terugwyk het. Die eerste permanente huise is sowat 9 500 jaar gelede opgerig, en die eerste noemenswaardige dorpe het sowat 6 000 jaar gelede ontstaan.

Die Muur van Hadrianus vorm die grenslyn tussen die Romeinse provinsie Britannia en Skotland
Vergroot
Die Muur van Hadrianus vorm die grenslyn tussen die Romeinse provinsie Britannia en Skotland

Die geskiedskrywing van Skotland begin in die Romeinse tydperk, toe die Romeine Engeland en Wales verower en as die provinsie Britania by hulle ryk inlyf. 'n Gedeelte van Suid-Skotland kom 'n tyd lank onder Romeinse invloed, tog word die noorde, wat as Caledonia bekend staan, nooit verower nie. Caledonia is destyds die tuisland van die Pikte, terwyl die Gaeliese stamme van Dál Riata, wat oorspronklik vanaf Noord-Ierland na Skotland gekom het, Argyll bewoon.

Ná die einde van die Romeinse heerskappy in Brittanje bestaan Skotland uit vier koninkryke: Dál Riada in die noorde; die Ryk van die Pikte, wat noord van die Firth of Forth lê; Strathclyde, die ryk van die Britoniese Kelte; en Bernicia, die ryk teen die Tweedmonding, wat deur die Germaanse Angele bewoon word.

Volgens die tradisionele oorlewering neem die geskiedenis van die Koninkryk van Skotland 'n aanvang met Kenneth I van Skotland, wat in 843 koning van die Pikte en Skotte word. Die Koninkryk van Skotland bei in die volgende meer of min na sy huidige grense uit. Terwyl die ryk goeie en nou betrekkinge met die heersers van Engeland het, word die binnelandse politiek deur 'n hewige magstryd binne die heersende dinastie oorskadu.

Robert Bruce
Vergroot
Robert Bruce

Met die Normandiese verowering van Engeland in 1066 begin Skotland geleidelik wegbeweeg van sy Gaelies-Keltiese kultuur. Koning Malcolm III trou met Margaret, die suster van Edgar Ætheling, 'n Angel-Saksiese adellike wat aanspraak maak op die Engelse troon. Margaret verminder veral die invloed van die Keltiese kerk.

Met die troonbestyging van haar jongste seun David I word die feodale stelsel in Skotland ingevoer en die immigrasie van setlaars uit die Nederlande bevorder. Hierdie beleid is veral daarop gemik om die handelsbande met die vasteland van Europa en Skandinawië te versterk. In die laat 13de eeu ontvang baie Normandiese en Anglo-Normandiese gesinne landgoedere in Skotland. In hierdie tydperk vergader ook die Skotse parlement vir die eerste keer.

Ná die dood van die Jonkvrou van Noorweë, die laaste afstammeling en erfgenaam van Alexander III van Skotland, vra die Skotse adel Edward I van Engeland om bemiddeling tussen die verskillende troonpretendente. Die Engelse heerser probeer nogtans liewer om 'n marionetmonargie onder sy invloed te vestig.

Die Skotte bied weerstand teen die Engelse planne en ondersteun onder die leiding van Sir William Wallace en Andrew de Moray eers John Balliol en later Robert Bruce as moontlike troonopvolger. Bruce is op 25 Maart 1306 as die nuwe Skotse koning Robert I bekroon en behaal op 23 en 24 Junie 1314 in die Slag van Bannockburn 'n beslissende oorwinning oor die Engelse.

Die oorlogshandelinge vlam egter ná sy dood tydens die Tweede Skotse Onafhanklikheidsoorlog (1332-1357) weer op met Edward Balliol se vergeefse poging om Bruce se erfgename met Engelse steun van die troon te verdryf. Die politieke situasie in Skotland begin met die opkoms van die Stewart-dinastie in die sewentigerjare van die 14de eeu stabiliseer.

Teen die einde van die Middeleeue is Skotland in kulturele opsig verdeel in die oorwegend Skotstalige vlaktes en die Gaeliessprekende hoogland. Die vlaktes is histories nouer ingeskakel by die hoofstroom van die Europese kultuur as die hoogland, wat veral deur sy clan-stelsel gekenmerk word. Die magtige clans oorheers die hoogland tot by die Wet van Vereniging in 1707.

Die Skotse parlement
Vergroot
Die Skotse parlement

In 1603 word die Skotse koning Jakob VI die erfgenaam van die Engelse troon en regeer ook as koning Jakob I van Engeland. Met die uitsondering van die tydperk van die Protektoraat bly Skotland 'n selfstandige staat, tog is daar geskille oor die bestuur van die kerk. Ná die Glorieryke Rewolusie en die val van die Rooms-Katolieke Jakob VII dreig Skotland vir 'n tyd lank om 'n ander Protestantse monarg uit Engeland te kies. Die Engelse dreig met 'n handelsboikot en die sluiting van die grens, maar uiteindelik aanvaar die parlemente van Skotland en Engeland die gemeenskaplike Wet oor die Vereniging, waardeur die Koninkryk van Groot-Brittanje geskep word.

Twee Jakobiete-opstande in die weste van Skotland slaag in 1715 en 1745 nie daarin om die Huis Hanover van die Britse troon te verdryf nie.

Skotland word in die tydperk van die Skotse verligting en die Industriële Rewolusie een van die intellektuele, handel- en nywerheidsentrums van Europa. Veral ná die Tweede Wêreldoorlog gaan die land gebuk onder die proses van de-industrialisering. Die land beleef desondanks in die afgelope dekades 'n soort kulturele en ekonomiese hergeboorte, wat gedeeltelik te danke is aan die inkomste uit die olie- en gasontginning in die Noordsee, die vinnige groei van die elektroniese bedryf en die finansiële sektor en die skepping van die Skotse Parlement volgens die Skotland-wet van 1998.

[wysig] Ekonomie

Die Skotse ekonomie is stewig verweef met dié van Europa en ander gebiede van die Westerse wêreld en sterk uitvoergerig. Dit is in wese 'n markekonomie, alhoewel daar tot 'n beperkte mate staatlike inmenging in die ekonomiese gebeure is.

Ná die Industriële Rewolusie begin die Skotse ekonomie hom op die swaar nywerhede toespits, met die skeepsbou, steenkoolmynbou en staalvervaardiging as die belangrikste bedrywighede. As 'n deel van die Britse Ryk vind Skotse uitvoergoedere maklike toegang tot die wêreldwye markte.

Die hoofkwartier van die Bank van Skotland in Edinburgh
Vergroot
Die hoofkwartier van die Bank van Skotland in Edinburgh

Met die verskuiwing na hoë-tegnologie en dienste verminder die swaar nywerhede se belangrikheid in die laat 20ste eeu. Die tagtigerjare is gekenmerk deur 'n ekonomiese opswaai in die sogenaamde Silicon Glen-korridor tussen Glasgow en Edinburgh, en 'n groot aantal tegnologiese ondernemings het hulle in Skotland gevestig. Ook die ontdekking van olievelde langs Skotland se Noordseekus bevorder die transformasie van die plaaslike ekonomie.

Edinburgh het tot Skotland se belangrikste en Europa se sesde grootste finansiële sentrum ontwikkel. Die stad huisves die hoofkwartiere van die Koninklike Bank van Skotland (Royal Bank of Scotland, die tweede grootste bank in Europa), HBOS (die eienaars van die Koninklike Bank van Skotland) en Standard Life.

Die Glenfiddich-whiskydistillery in Dufftown
Vergroot
Die Glenfiddich-whiskydistillery in Dufftown

Glasgow is Skotland se grootste seehawe en die vierde belangrikste nywerheidsentrum in die Verenigde Koninkryk. Die stad lewer meer as sestig persent van Skotland se uitvoere van nywerheidsprodukte op. Alhoewel sy omvang verminder het, is die skeepsbou nog steeds een van die grootste plaaslike nywerhede. Glasgow beskik daarnaas oor Skotland se mees uitgestrekte en ekonomies belangrikste sakesentrum. Dit is een van Europa se twintig belangrikste finansiële sentrums en huisves die hoofkwartiere van baie belangrike Britse maatskappye.

Aberdeen, wat soms ook die olie-hoofstad van Europa genoem word, dien as die sentrum van die olienywerheid. Tekstiele, chemiese produkte, distillerye, brouerye, toerisme en vissery is eweneens belangrike bronne van inkomste.

'n Bees van die Skotse Hoogland
Vergroot
'n Bees van die Skotse Hoogland

Skotland se uitvoere beloop in 2003 sowat £18,7 miljard (R231,7 miljard), waarvan sewentig persent of £13,1 miljard (R162,3 miljard) nywerheidsprodukte. Die belangrikste Skotse uitvoergoedere is whisky, elektroniese toerusting en finansiële dienste, met die Verenigde State, Duitsland en Frankryk as die belangrikste bestemmings.

Die bruto binnelandse produk van Skotland (BBP) beloop in die jaar 2002 £74 miljard (R917 miljard) of £14 651 (R181 558) per capita.

Slegs sowat 'n kwart van Skotland se oppervlak is agrariese gebiede, met graan en groentes as die hoofgewasse. Skaapteelt is egter 'n belangrike bedryf in gebiede soos die Skotse Hoogland en die eilandgroepe, wat minder geskik is vir akkerbou. Die meeste landgoedere word deur 'n relatief klein aantal mense beheer (350 mense besit meer as die helfte van die land). Die Skotse Parlement het in 2003 'n wetsontwerp, die Wet oor Landhervorming (Land Reform Act), goedgekeur, wat die aankoop van land vir plaaslike gemeenskappe en boere op huurboerderye moontlik maak, selfs in die geval dat die eienaars onwillig sou wees om te verkoop.

[wysig] Bevolking en tale

Die hawe van Arbroath
Vergroot
Die hawe van Arbroath

Skotland se 5,1 miljoen inwoners is meestal van Keltiese, Angel-Saksiese en Skandinawiese afkoms. In die laaste jare het ook 'n groter aantal immigrante uit Oos-Europa hulle in Skotland gevestig, waaronder sowat 20 000 Pole.

Alhoewel die oorgrote meerderheid Skotte Skotse Standaardengels praat, is byna een derde van die bevolking ook een van die inheemse tale Skots en Gaelies magtig.

Skots-Gaelies (Gaelies: Gàidhlig) word nog deur sowat een persent van die Skotte gepraat, meestal naas Engels. Volgens die sensus van 1971 was daar net 477 mense eentalig Gaelies. Die Gaeliese taalgebied beslaan veral die noord-westelike hooglandgebiede en die eilande langs die weskus. Gaelies staan onder meer sterk op die Hebrides, in die distrikte Ardnamurchan, Wester Ross en West Sutherland aan die weskus en in klein gemeenskappe in Perthshire (Gaelies: Peairt), Invernessshire (Inbhirnis), Sutherland (Cataibh), Ross en Cromarty (Ros is Cromba), Argyll (Earra-Ghaidheal), Nairn (Narunn) en Bute (Boid). Die taal word as 'n streektaal erken.

Skots, 'n Germaanse taal wat nou verwant is aan Engels, word deur sowat dertig persent van die bevolking gepraat. Die taal was oorspronklik 'n Angel-Saksiese dialek en het ook 'n literêre tradisie, nogtans het belangstelling in Skots eers in die afgelope jare weer duidelik toegeneem. Skots word net soos Gaelies as 'n streektaal erken.



Keltiese gebiede in Europa

Bretagne | Ierland | Wallis | Cornwall | Man | Skotland

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu