Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Noord-Ierland - Wikipedia

Noord-Ierland

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Northern Ireland
Noord-Ierland
Tuaisceart Éireann (Iers)
Norlin Airlann1 (Ulster Scots)
Nie-amptelike vlag van Noord-Ierland Beeld:Northern Ireland coat of arms.png
Nie-amptelike Vlag van Noord-Ierland Vroeëre wapen
Dieu et mon droit (leuse)
(Frans vir "God en my reg")2
Ligging van Noord-Ierland
Northern Ireland's location within the UK
Die ligging van Noord-Ierland in die VK
Ampstale Engels, Iers-Gaelies, Ulster Scots
Hoofstad en
grootste stad
Belfast
Eerste Minister -
Staatssekretaris vir Noord-Ierland Peter Hain (LP)
Oppervlak
 - Totaal
Geranglys 4de in die VK
13 843 vk km
Bevolking
 - Totaal (2001)
 - Bevolkingsdigtheid
Geranglys 4de in die VK
1 685 267
122/vk km
NUTS 1 UKN
Stigting Wet van die Regering van Ierland, 1920
Geldeenheid Pond Sterling (£) (GBP) 3
Tydsone
 - in Britse Somertyd
UTC+0
UTC+1
Skakelkode +44 3 4
Geospesifieke Internet TLDs .uk 3 5 .ie 6
Nasionale blom Shamrock6
Volkslied God Save the Queen
De facto Londonderry Air
Beskermheilige St. Patrick6
1. Hierdie term is 'n neologisme, wat in die Skotse taal histories nooit gebruik is nie, maar in die ampstaal wél voorkom.
2. Soos Engeland en Wallis.
3. Soos die res van die Verenigde Koninkryk.
4. +44 en 28 word by landlyne geskakel. Die skakelkode is 028 in die VK en 048 vanuit die Republiek van Ierland.
5. .co.ni, die Nicaraguaanse TLD, is ook gebruik.
6. Soos die res van Ierland.
Giants Causeway, 'n kenmerkende basaltrots-formasie
Vergroot
Giants Causeway, 'n kenmerkende basaltrots-formasie

Noord-Ierland is een van die vier deelstate van die Verenigde Koninkryk. Dit lê in die noord-ooste van die eiland van Ierland, in die provinsie van Ulster, en beslaan ses graafskappe van die ou provinsie: Antrim, Londonderry, Tyrone, Fermmanagh, Armagh en Down. Drie ander graafskappe van Ulster, Cavan, Donegal en Monaghan, maak nou deel uit van die Republiek van Ierland.

Noord-Ierland is die enigste deelstaat van die Verenigde Koninkryk wat 'n gemeenskaplike landgrens met 'n ander nasie (die Republiek van Ierland) het. Noord-Ierland is volgens die Wet van die Regering van Ierland in 1920 gestig en het net soos Skotland en Wallis oor sy eie regering beskik. As gevolg van die politieke konflik tussen die Protestantse meerderheid en die groot Rooms-Katolieke minderheid het Noord-Ierland tans geen parlement of regering nie.

Noord-Ierland se oppervlak van 14 139 vierkante kilometer is sowat 'n sesde van Ierland se totale oppervlak, met 'n bevolking van 1 685 000 in April 2001. Die hoofstad en grootste stad is Belfast.

[wysig] Geskiedenis

Ulster, is naas Leinster, Munster en Connacht een van die historiese provinsies van Ierland. Ulster vorm in die vroeë Middeleeue selfs die politieke en kulturele sentrum van Ierland. Die beskermheilige van Ierland, Sint Patrick, wat in 432 vanuit Wallis na Ierland gekom het, het die bisdom van Armagh gestig. Ulster staan daarnaas bekend as die tuiste van 'n groot aantal Ierse digters, geleerdes en heersers, waaronder die magtige dinastie O'Neill in die 14de en 15de eeu.

Die Anglo-Normandiese konings van Engeland begin reeds in 1169 om Ierland te verower, tog slaag hulle tot in die 15de eeu nie daarin om meer as die oostelike kusgebiede in die omgewing van Dublin te oorheers nie. Dikwels pas die vroeë Engelse setlaars selfs by die Ierse kultuur en leefwyse aan. Onder die heerskappy van Hendrik VIII en Elisabeth I word die eerste plantations (Engelse nedersettings) in die graafskappe Offaly en Laois gestig.

Scrabo-toring, Newtownards, graafskap Down
Vergroot
Scrabo-toring, Newtownards, graafskap Down

Koning Jakob I van Engeland lê beslag op landgoedere in Ulster en bevorder in 1609 die vestiging van Engelse en Skotse setlaars in die gebied. Ook Oliver Cromwell gebruik Ierse boerderye as skenkings vir sy troepe.

Die Rooms-Katolieke bevolking kom in 1688 in opstand teen die Engelse heerskappy en beleër die stad Derry. Twee jaar later, op 12 Julie 1690, is hulle deur Willem van Oranje in die Slag van die Boynerivier oorwin - 'n gebeurtenis wat tydens die jaarlikse marching season in die somer deur die Protestantse Orde van die Oraniërs herdenk word. Die oorlewende Katolieke troepe vlug na die buiteland en behaal as soldate van die Franse leër 'n oorwinning oor die Engelse in die Slag van Fontenay.

As gevolg van hierdie politieke onluste, wat sowel Ierland asook Brittanje geraak het, is in 1695 die sogenaamde Strafwette (Penal Laws) ingestel, wat in verskillende mate teen alle godsdienste - behalwe vir die Anglikaanse Kerk - gerig was. Katolieke het in die tydperk tussen die 18de en vroeë 19de eeu die meeste van hulle politieke en ekonomiese regte kwytgeraak. Die Rooms-Katolieke bevolking van Ulster is besonder swaar deur hierdie maatreëls getref, aangesien hulle net in die noorde van Ierland 'n minderheid gevorm het en nuwe nywerhede byna steeds hier gevestig is. Die Anglikaanse burgery sy magsposisie het sodoende aansienlik versterk.

Teen die einde van die 19de eeu het die proses van Ierland se politieke, ideologiese en kulturele skeiding van Groot-Brittanje begin. Dit het aan die begin van die 20ste eeu 'n voorlopige hoogtepunt bereik. As deel van die Ierse onafhanklikheidsbeweging is 'n aantal organisasies soos Sinn Féin (1905) gestig.

Die Katolieke buurt Bogside, Derry
Vergroot
Die Katolieke buurt Bogside, Derry

Pogings om deur middel van parlementêre wette, die sogenaamde Home Rull Bills, Ierland se onafhanklikheid te bereik, was onsuksesvol. Ná die Eerste Wêreldoorlog en die Ierse Paasopstand van die jaar 1916, wat deur Britse troepe neergeslaan is, het dit duidelik geword dat daar moontlik geen vreedsame oplossing vir die Ierse konflik sou wees nie.

Ná die Ierse Onafhanklikheidsoorlog (1919 tot 1921) het die onderhandelinge tussen Ierland en Groot-Brittanje tot die Anglo-Ierse Verdrag gelei, wat bepaal het dat die Noord-Ierse graafskappe met 'n oorwegend Protestantse bevolking van die Ierse Republiek geskei sou word. Uiteindelik is die graafskappe Antrim, Down, Armagh, Londonderry, Tyrone en Fermanagh van die res van Ierland geskei.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com