Noordsee
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Noordsee is 'n epikontinentale see in die noordweste van Europa. Dit is gevorm deur die styging van die seespieël aan die einde van die ystydperk vanaf 10 000 VAE. Die diepste gebied, by die Noorse kus, is ongeveer 200 meter.
Die see is deel van die Atlantiese Oseaan en grens Brittanje, die Färöer, Noorweë, Denemarke, Duitsland, Nederland, België en Frankryk.
Die grootste deel van Europa se olie- en gasreserves is in die Noordsee en hierdie is een van die grootste vervaardigingsareas in die wêreld wat nie deel is van OPUL nie. Meeste van die reserves is onder water wat behoort aan die Verenigde Koninkryk en Noorweë, met kleiner reserves in die waters van Denemarke, Nederland, en Duitsland.