Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Atlantiese Oseaan - Wikipedia

Atlantiese Oseaan

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Aarde se vyf Oseane

Die Atlantiese Oseaan is die aarde se tweede-grootste oseaan wat ongeveer een vyfde van die oppervlak beslaan. Die oseaan se naam, van Griekse mitologie verleen, beteken die "See van Atlas".

Die oseaan beslaan 'n verlengde, S-vormige kom wat in 'n noord-suid-rigting strek, en is verdeel in die Noord-Atlantiese en Suid-Atlantiese oseane deur ewenaar-teëstrome by omtrent 8° Noord breedteligging. Afgesper deur Noord- en Suid-Amerika aan die weste, en Europa en Afrika aan die ooste, word die Atlantiese Oseaan aan die Stille Oseaan verbind deur die Arktiese Oseaan aan die noorde en die Drake Deurgang, wat tussen Antarktika en Kaap Hoorn lê, aan die suide. 'n Mensgemaakte verbinding na die Stille Oseaan word deur die Panamakanaal verskaf. Aan die ooste word die skeidslyn tussen die Atlantiese en Indiese Oseaan getrek op die 20° Oos lengtelyn. Die skeiding tussen die Atlantiese en Arktiese Oseaan word deur 'n lyn vanaf Groenland tot die suidelike Svalbard tot die noordelike Noorweë.

Die Atlantiese Oseaan, soos gesien vanaf die weskus van Ierland op 'n mooi dag.
Vergroot
Die Atlantiese Oseaan, soos gesien vanaf die weskus van Ierland op 'n mooi dag.

Deurdat dit sowat 20% van die Aarde se oppervlak beslaan is die Atlantiese Oseaan slegs kleiner as die Stille Oseaan in grootte. Met die aanliggende seë beslaan dit 'n oppervlakte van sowat 106 450 000 km² (41 100 000 vierkante myl); sonder hulle het dit 'n oppervlakte van 82 362 000 km² (31 800 000 vk. myl). Die landoppervlakte wat in die Atlantiese Oseaan dreineer is vier keer dié van die Stille of Indiese oseane. Die volume van die Atlantiese Oseaan met die aanliggende seë is 354 700 000 km³ (85 093 000 kubiese myl), en 323 600 000 km³ (77 632 000 kubiese myl) sonder hulle.

Die gemiddelde diepte van die oseaan, tesame met die aanliggende seë, is 3332 m (10 932 voet); sonder hulle is dit 3926 m (12 877 voet). Die grootste diepte, 8 605 m (28 232 voet), is in die Puerto Ricotrog. Die wydte van die oseaan wissel van 2 848 km (1 769 myl) tussen Brasilië en Liberië, tot omtrent 4 830 km (3 000 myl) tussen die Verenigde State en Noord-Afrika.

Die oseaan het onreëlmatige kuslyne wat deur vele baaie, golwe en seë ingekeep word. Hierdie sluit die Karibbiese See, die Golf van Mexiko, die Golf van Sint-Lourens, die Middellandse See, die Swart See, die Noordsee, die Oossee en die Noorweë-Groenland See in. Eilande in die oseaan sluit in Svalbard, Groenland, Ysland, Rockall, Groot-Brittanje, Ierland, Fernando de Noronha, die Asore, die Madeira-eilande, die Kanariese Eilande, die Kaap-Verdiese Eilande, Bermuda, die Wes-Indies, Ascension Eiland, Sint Helena, Tristan da Cunha, die Falkland-eilande en Suid-Georgia-eiland.

Die Atlantiese Oseaan

Inhoud

[wysig] Oseaanbodem

Die grootste kenmerk van die bodemtopografie van die Atlantiese Oseaan is 'n groot onderwater bergreeks genaamd die Middel-Atlantiese Rif. Dit strek vanaf Ysland in die noorde tot ongeveer 58° suid breedteligging, en bereik 'n maksimumwydte van ongeveer 1600 km (1000 myl). 'n Groot rifvallei loop langs die rif vir meeste van sy lengte. Die waterdiepte bo-oor die rif is minder as 2700m (8900 voet) in meeste plekke, en verskeie bergspitse verrys bó die water en vorm eilande. Die Suid-Atlantiese Oseaan het 'n verdere onderwater-rif, genaamd die Walvisrif.

Die Middel-Atlantiese Rif skei die Atlantiese Oseaan in twee groot trôe, met dieptes wat gemiddeld tussen 3600 en 5485m (12 000 en 18 000 voet) is. Dwarsriwwe wat loop tussen die vastelande en die Middel-Atlantiese Rif breek die oseaanvloer op in verskeie komme. Sommige van die groter komme sluit die Guiana, Noord-Amerikaanse, Kaap Verde en Kanariese komme in die Noord-Atlantiese oseaan in. Die grootste Suid-Atlantiese komme is die Angola, Kaapse, Argentinië en Brasilië-komme.

Die diep oseaanvloer is bedenklik plat, alhoewel verskeie seeberge en 'n paar guyote bestaan. Verskeie dieptes of trôe word ook gevind in die oseaanvloer: Die Puerto Rico Trog, in die Noord-Atlantiese oseaan, is die diepste. In die Suid-Atlantiese oseaan bereik die Suid-Sandwich Trog 'n diepte van 8428m (27 651 voet). 'n Derde groot trog, die Romanche Trog, is te vinde naby die ewenaar en bereik 'n diepte van sowat 7760m (24 455 voet). Die plate langs die rande van die vastelande vorm sowat 11% van die bodemtopografie. Verder sny 'n aantal diep kanale dwarsoor die kontinentale verrysing.

Die volgende paragraaf is nog nie volledig vertaal nie, en uitstaande terme is in skuinsskrif

Oseaansedimente bestaan uit terrigene, pelagiese en authigenic materiale. Terrigene depositos bestaan uit sand, modder en klipdele wat deur erosie, verwering en vulkaniese aktiwiteit op land gevorm word, en dan see toe gespoel word. Hierdie materiale word grootliks gevind op die kontinentale plate, en is die dikste by groot riviermonde of langs woestynkuste. Pelagiese depositos, wat die oorblyfsels van organismes wat na die oseaanvloer gesink het bevat, sluit rooi kleie en Globigerina, pteropod, and siliceous oozes in. Hulle beslaan meeste van die oseaanvloer en wissel in dikte van 60m (200 voet) tot 3300m (107 900 voet), en is die dikste in die convergence belts en in sones van upwelling. Authigenic depositos bestaan uit materiale soos mangaanklonte, en kom voor waar sedimentasie stadig vorder, of seestrome die depositos sorteer.

[wysig] Watereienskappe

Die soutgehalte van oppervlakwater in die oop oseaan wissel van 33 tot 37 dele per duisend, en wissel met breedteligging en seisoen. Alhoewel die minimum soutgrade net noord van die ewenaar gevind word, word die laagste waardes in die algemeen by hoë breedteliggings en langs kuste met groot riviermonde gevind. Maksimum southeid word gekry by sowat 25° noord breedteligging. Die oppervlak se southeid word deur verdamping, neerslag, rivierinvloeie en die smelt van see-ys beïnvloed.

Die watertemperatuur by die oppervlak, wat ook met breedteligging, stromingstelsel en seisoen wissel, vertoon die breedteverspreiding van sonenergie, en wissel van minder as 2° tot 29°C (28° tot 84°F). Maksimumtemperature kom noord van die ewenaar voor, en minimumwaardes wat in die poolstreke gevind. In die middel-breedteliggings, die streek met die grootste temperatuurwisselings, kan waardes wissel tussen 7 tot 8°C (12,6 tot 14,4°F).

Die Atlantiese Oseaan bestaan uit vier groot watermassas. Die Noord- en Suid-Atlantiese sentrale waters maak die oppervlakwaters uit. Die sub-Antarktiese tussenwater strek tot dieptes van 1000m (3300 voet), en die Noord-Atlantiese diepwater strek só ver as 4000m (13 200 voet). Die Antarktiese bodemwater beslaan oseaankomme by dieptes groter as 4000m (13 200 voet).

As gevolg van Corioliskragte sirkuleer water in die Noord-Atlantiese oseaan kloksgewys, waar water anti-kloksgewys in die Suide sirkuleer. Die Suidelike getye in die oseaan is halfdaagliks; d.w.s., twee hooggetye kom binne elke 24 maanure voor. Die getye is 'n algemene golf wat van die suide na die noorde bewees. In breedteliggings bó 40° noord kom oos-wes-ossilasie voor.

[wysig] Klimaat

Die klimaat van die Atlantiese oseaan en die omliggende landgebiede word beïnvloed deur die oppervlaktemperatuur van die water en seestrome, asook deur die winde wat oor die water waai. As gevolg van die oseane se groot kapasiteit vir hitteretensie, is maritieme klimate gematigder en nie so blootgestel aan ekstreme seisoenale veranderinge nie. Neerslag kan ook geskat word van die weerdata van die kus en die lugtemperatuur vanaf die watertemperatuur. Die oseane is die grootste bron van atmosferiese vogtigheid, wat verkry word deur verdamping. Klimaatsones verskil met die lengtegraad; die warmste klimaatsones strek oor die Atlantiese noorde van die ewenaar. Die koudste sones is in die hoër lengtegrade, met die koudste gebiede wat ooreenstem met dié wat met ys bedek is. Seestrome dra by tot klimaatbeheer deurdat dit warm en koue water vervoer na ander gebiede. Omliggende landgebiede word geaffekteer deur die winde wat afgekoel of verhit word wanneer dit oor hierdie strome waai. Die Gulf Stream, byvoorbeeld, verhit die atmosfeer van die Britse Eilande en noordwes Europa, en die koue seestrome dra by tot die dik mis langs die kus van noordoos Kanada en die noordwestelike kus van Afrika. Oor die algemeen neig die winde om vogtige en warm of koue lug oor die landgebiede te vervoer. Tropiese siklone ontwikkel in die suidelike deel van die Noord-Atlantiese oseaan.


[wysig] Geskiedenis en ekonomie

Die Atlantiese Oseaan blyk die jongste van die wêreld se oseane te wees. Bewyse toon dat dit nie bestaan het voor 'n 100 miljoen jaar gelede nie, toe die kontinente wat gevorm het uit die opbreek van die superkontinent, Pangaea, uitmekaar gedruk is deur die proses van seebodemvergroting. Die Atlantiese oseaan is ekstensief verken seder die vroegste nedersettings opgerig is lanks die kus. Die Wikings, Portugese, en Christopher Columbus is van die bekendste van die vroeë verkenners van die oseaan. Na Columbus het Europese ontdekkingsreise drasties toegeneem, en baie handelsroetes is gevestig. Met die gevolg dat die Atlantiese oseaan die rugraat geword het en tot vandag toe nog is, tussen Europa en die As a result, the Atlantic became and remains the major artery between Europe and the Amerikas (bekend as transatlantiese handel). Talle wetenskaplike verkennings is onderneem, insluitende die by die Duitse Meteoor ekspedisie, Columbia Universiteit se Lamont Geologiese Observatorium, en die V.S.A Vloot se Hidrografiese Kantoor.

Die oseaan het ook noemenswaardige bydraes gemaak tot die ontwikkeling en ekonomieë van die land rondom dit. Behalwe vir die groot transatlantiese vervoer- en kommunikasieroetes, bied die oseaan ook genoegsame petroleum neerslae in die sedimentêre gesteentes van die kontinentale riwwe en ook die wêreld se rykste visbronne, veral in die water om die kontinentale riwwe. Die belangrikste spesies van vis wat gevang word is cod, haddock, hake, herring, en mackerel. Die produktiefste areas sluit in die Grand Banks van Newfoundland, die rif-area van Nova Scotia, Georges Bank van Cape Cod, die Bahama Banke, die waters rondom Ysland, die Ierse See, die Dogger bank van die the Noordsee, en die Falkland Banke. Palings, kreef, en walvisse is ook al in groot hoeveelhede gevang. Al hierdie faktore, saam in ag geneem, verhoog die kommersiële waarde van die Atlantiese Oseaan aansienlik. As gevolg van die bedreiging vir die oseaan omgewing deur olie, plastiese afval en die verbranding van toksiese afval op die see, bestaan 'n aantal internasionale ooreenkomste om sommige van die vorme van besoedeling af te bring.

  • In 1919, die Amerikaanse NC-4 word die eerste vliegtuig wat die Atlantiese oseaan oorsteek (alhoewel dit 'n paar landings gemaak het op eilande langs die pad).
  • Later in 1919, het 'n Britse vliegtuig onder die beheer van twee mans bekend as Alcock en Brown die eerste non-stop transatlantiese vlug onderneem van Newfoundland na Ierland.
  • In 1921, het die Britte die eerste geword om die Atlantiese oseaan oor te steek met 'n lugskip.
  • In 1927, maak Charles Lindbergh die eerste solo non-stop transatlantiese vlug in 'n vliegtuig (tussen New York Stad en Parys).
  • Nadat sy geroei het vir 81 dae en 2 962 myl, het Tori Munden die eerste vrou geword wat die Atlantiese oseaan oorgesteek het per roeiboot op die 3de Desember, 1999. Sy was alleen toe sy Guadeloupe bereik, nadat sy vanaf die Kanariese Eilande vertrek het.

Ligging: Watermassa tussen Afrika, Europa, die Suidelike Oseaan, en die Amerikas

Aardrykskundige Koördinate: 0 00 N, 25 00 W

Kaartverwysings: Wêreld

Area:

  • totaal: 76,762 miljoen km²
  • nota: dit sluit in die Baltiese See, Swartsee, Karibbiese See, Davis Straat, deel van die Drake Passage, Golf van Meksiko, Middellandse See, Noordsee, See van Noorweë, en omtrent die hele Scotia See, en ander watermassas.

Area - vergelykend: Bietjie minder as 6,5 keer die grootte van die Verenigde State.

Kuslyn: 111 866 km

Klimaat: Tropiese siklone ontwikkel langs die kus van Afrika naby Kaap Verde en beweeg weswaarts die Karibbiese See binne; tropiese siklone kan voorkom van Mei tot Desember, maar is meer algemeen tussen Augustus en November. Storms is algemeen in die Noord-atlantiese streek gedurende die noordelike winters, wat dit moeilik en gevaarlik maak om die oseaan oor te steek.

[wysig] Terrein

Die oppervlak is gewoonlik bedek met see-ys in die See van Labrador, Straat van Denemarke en die Baltiese See van Oktober tot Junie. 'n Kloksgewyse kolkbeweging van warm water bestaan in die noord-Atlantiese oseaan, terwyl 'n anti-kloksgewyse kolkbeweging van warm-water in die suid-Atlantiese oseaan bestaan. Die oseaanbodem word oorheers deur die Mid-Atlantiese Rif, 'n ruwe noord-suid middellyn vir die hele Atlantiese bekken, die eerste keer ontdek deur die Challenger Ekspedisie.

[wysig] Hoogste en laagste punte

  • laagste punt: Milwaukee Deep in die Puerto Rico Trog -8 605 m
  • hoogste punt: seevlak 0 m

[wysig] Natuurlike hulpbronne

Olie- en gasvelde, vis, soogdiere (robbe en walvisse), sand en gruis aggregate, poli-metaal nodules en edelgesteentes.

[wysig] Natuurlike gevare

Ysberge is algemeen in die Davis Straat, Straat van Denemarke en die noordwestelike Atlantiese Oseaan vanaf Februarie tot Augustus en is selfs al sover suid gewaar as Bermuda en die Madeira Eilande; skepe is ook onderworpe vriesing in die ekstreme noordelike Atlantiese oseaan van Oktober tot Mei. Aanhoudende mis kan ook 'n maritieme gevaar wees vanaf Mei tot September, en so ook orkane noord van die ewenaar (Mei tot Desember).

[wysig] Omgewing – huidige probleme

Bedreigde marienespesies sluit in die manatee, robbe, seeleeus, skilpaaie, en walvisse; dryfnet visvang veroorsaak die dood van dolfyne, albatrosse en ander seevoëls, wat die afname in visgetalle versnel en bydra tot internasionale dispute. Munisipale slykbesoedeling langs die Amerikaanse ooskus, die suidkus van Brasilië, en oostelike Argentinië is ook onder die huidige omgewingsprobleme wat die Atlantiese oseaan in die gesig staar. Oliebesoedeling is ook 'n rede tot kommer, veral in gebiede soos die Karibbiese See, die Golf van Meksiko, die Maracaibo meer, die Middellandse See en die Noordsee. Verder is daar ook besoedeling deur munisipale en industriële afval in die Baltiese See, Noordsee en die Middellandse See.

[wysig] Aardrykskunde – nota

Belangrike wurgpunte sluit in die Dardanelles, die Straat van Gilbraltar, toegang tot die Panama- en Suezkanale. Strategiese strate sluit in die Doverstraat, die Floridastrate, Mona deurgang, "The Sound" (Oresund), en die Windward deurgang. Die ewenaar verdeel die Atlantiese Oseaan in die Noord-Atlantiese en die Suid-Atlantiese Oseaan (Voorheen bekend as die Ethiopiese Oseaan). Gedurende die Koue-oorlog was die sogenaamde Groenland-Ysland-VK (GIUK)"gap van hewige strategiese belang, die seebodem in daardie gebied is uitgelê met ekstensiewe hidrofoonsisteme om Sowjet duikbote te monitor.

[wysig] Belangrike hawens

[wysig] Vervoer – nota

Die Noord-Oossee-kanaal in Duitsland en die Amerikaans-Kanadese Sint-Laurens-waterweg is twee belangrike waterweë.

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com