Wes-Sahara
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
|||||
Nasionale leuse: Vryheid - Eenheid - Demokrasie | |||||
Amptelike taal | Arabies en Spaans1 | ||||
Hoofstad | Laayoune2 |
||||
Grootste stad | Laayoune | ||||
Regering
President
Eerste Minister |
Onopgelos 3 Mohamed Abdelaziz 4 Abdelkader Taleb Oumar 4 |
||||
beset verklaar cliamed en beheer |
van Spanje 27 Februarie 1976 opgeeis |
||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
266 000 km² (75ste) byna geen |
||||
Bevolking - Soos op 2004 skatting - Soos op _ sensus - Digtheid |
267 405 (182ste) 0,98/km² (rang onbekend) |
||||
BBP (PPP) - nvt total - Per capita |
onbekend (onbekend) onbekend (onbekend) |
||||
Geldeenheid | Marokaanse dirham (MAD ) |
||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC0) (UTC0) |
||||
Volkslied | 'Hymne monégasque' | ||||
Internet TLD | geen, .eh gereserveer | ||||
Skakelkode | +212 (deur Marokko) |
||||
4 in bannelingskap |
Wes-Sahara (Arabies: Al-Jumhūrīyâ al-Arabīyâ as-Sahrāwīyâ ad-Dīmuqrātīyâ / Afrikaans: Arabiese Demokratiese Republiek Sahara) is 'n land wat voorheen as kolonie van Spanje bekend gestaan het as Spaans Sahara. Dit is geleë in Noord-Afrika, suidwes van Marokko en noordwes van Mauretanië. Die Kanariese Eilande lê noordwes van Wes-Sahara.
In Julie 2004 het Wes-Sahara ongeveer 267 405 inwoners gehad. Die oppervlak van die land is ongeveer 266 000 vierkante kilometer. Dit is dus effens kleiner as Nieu-Seeland en net groter as die Verenigde Koninkryk maar met 'n totale bevolking kleiner as meeste stede in Suid-Afrika.
[wysig] Bevolking
Die etniese samestelling van die bevolking is oorwegend Sahrawi, letterlik inwoner van die Sahara of woestyninwoner ('n mengsel van Arabiere en gearabiseerde Imazighen (Berbers)) en Arabiere uit Marokko, wat formeel gesien koloniste is. Sahara (Arabiese uitspraak: Sachara) beteken woestyn in Arabies. Byna al die inwoners van Wes-Sahara is Moslems.
[wysig] Politiek
Alhoewel Marokko aanspraak maak op die land, erken meer as 70 lande, insluitend Suid-Afrika die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek (SADR) as soewereine owerheid van die land en is die republiek selfs lid van die Organisasie van Afrika Eenheid en van die Afrika Unie. Marokko is nie lid van hierdie organisasies nie, omdat hulle Wes-Sahara nie erken as onafhanklike land nie. Die setel van die SADR is tans in Algerië. Geen enkele staat ter wêreld erken die anneksasie van Wes-Sahara deur Marokko na die land se onafhanklikheid van Spanje, maar sommige lande, soos Frankryk en Nederland, erken ook nie Wes-Sahara as onafhanklike staat nie.
Die republiek het op die oomblik slegs 'n klein strook van die land onder hulle mag (in die suid-ooste), die res word deur Marokko bestuur . Die grens tussen die twee lande is die Marokkaanse Muur.
Die hele bestuur van die SADR bestaan uit Polisario-lede. Polisario is 'n guerillaleër wat in 1973 gestig is en veg vir die bevryding van Wes-Sahara van Marokkaanse oorheersing.
|
||
---|---|---|
Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Mauritanië | Mauritius | Marokko | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Principe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Wes-Sahara | Zambië | Zimbabwe |
||
Afhanklike gebiede: Brits: Britse Indiese Oseaan Gebied - Sint Helena en afhanklikhede| Portugees: Madeiraeilande |
Spaans: Kanariese-eilande - Ceuta en Melilla | Frans: Mayotte - Réunion |