Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Mayotte - Wikipedia

Mayotte

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Kaart van Mayotte
Vergroot
Kaart van Mayotte

Mayotte is 'n oorsese gebied van Frankryk aan die noordelike punt van die Mosambiek Kanaal in die Indiese Oseaan, tussen noordelike Madagaskar en noordelike Mosambiek. Die gebied is geografies deel van die Comore-eilande, maar nie polities nie. Dit staan ook as Mahoré bekend, veral onder voorstaanders vir die insluiting daarvan in die Unie van Comore.

[wysig] Geskiedenis

Mayotte is in 1843 saam met die ander Comore-eilande aan Frankryk toegeken. Dit is die enigste eiland in die argipel wat in referendums in 1974 en 1976 gestem het om sy bande met Frankryk te behou en onafhanklikheid te laat vaar (met onderskeidelik 63.8% en 99.4% stemme). Die Comore maak steeds aanspraak op die eiland, en volgens 'n 1976 Verenigde Nasies Sekuriteitsraad resolusie deur 14 van die 15 lede van die raad ondersteun, sou die raad die Comore se soewereiniteit oor Mayotte ondersteun, maar Frankryk het die resolusie geveto.

Die toestand van Mayotte blyk vir Frankryk lomp te wees: terwyl die bevolking grotendeels nie van Frankryk onafhanklik wou wees en by die Comore aansluit nie, is daar internasionale kritiek teen volgehoue bande van Mayotte aan Frankryk. Verder sou dit moeilik wees om die eiesoortige plaaslike administrasie van Mayotte, grootliks regeer volgens tradisionele Moslem reg, in die regsstrukture van Frankryk in te pas, om nie te praat van die koste om die lewensstandaard naby die vlak van die van metropolitaanse Frankryk te bring nie. As gevolg van hierdie redes, moet wette van die nasionale parlement spesifiek aandui of dit op Mayotte van toepassing is vir die wette om daar te geld.

Die status van Mayotte het in 2001 verander om baie naby aan die van 'n département van die vastelandgedeelte van Frankryk te wees, met die spesifieke benaming collectivité départementale. Die verandering is in 'n referendum in Mayotte met 73% aanvaar. Na die grondwetlike hervorming van 2003 word dit 'n collectivité d'outre-mer met die titel collectivité départementale de Mayotte.

[wysig] Geografie

See  naby Mamoudzou
Vergroot
See naby Mamoudzou

Die hoofeiland, Mahoré (of Grand Terre), is geologies die oudste van die Comore. Dit is 39 km lank en 22 km wyd, en die hoogste punte is tussen 500 en 600 meter bo seespieël. Weens die vulkaan rotse is die grond in sommige gebiede relatief vrugbaar. 'n Koraalrif wat groot dele van die eiland omring verseker beskerming vir skepe en 'n habitat vir vis.

Dzaoudzi was die hoofstad van die Comore tot 1962 en is nou Mayotte se administratiewe sentrum. Dit is geleë op Île Pamanzi (of Petit Terre), wat teen 10 km² die grootste van verskeie eilandjies langs Mahoré is, waarmee dit met 'n spoelbrug verbind is. Mayotte is 'n lid van die Indiese Oseaan Kommissie, met aparte lidmaatskap van die Comoreeilande.

 
Lande van Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Mauritanië | Mauritius | Marokko | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Principe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Wes-Sahara | Zambië | Zimbabwe

Afhanklike gebiede: Brits: Britse Indiese Oseaan Gebied - Sint Helena en afhanklikhede| Portugees: Madeiraeilande |

Spaans: Kanariese-eilande - Ceuta en Melilla | Frans: Mayotte - Réunion

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com