Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Senegal - Wikipedia

Senegal

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

République du Sénégal
Vlag van Senegal Senegal: Landswapen
(Vlag) (Landswapen)
Nasionale leuse: Frans: Un Peuple, Un But, Une Foi
(Een Volk, Een Doel, Een Geloof)
Ligging van  Senegal
Amptelike taal Frans
Hoofstad Dakar
14° 38' N 17° 27' W
Grootste stad Dakar
Regering
President
Eerste Minister
Republiek
Abdoulaye Wade
Macky Sall
Onafhanklikheid
- in Mali-Federasie met Frans-Soedan
- ontbinding van Mali-Federase
Van Frankryk
20 Junie 1960
20 Augustus 1960
Oppervlakte
 - Totaal
 - Water (%)

196 190 km² (85ste)
2,1%
Bevolking
 - Soos op 2004 skatting
 - Soos op - sensus
 - Digtheid

17 298 040 ¹ (75ste)
10 284nbsp;929
52²/km² (-)
BBP (PPP)
 - 2005 total
 - Per capita

$28,460 miljoen (98)
$1 475 (162ste)
Geldeenheid CFA Franc (XOF)
Tydsone
 - Somertyd
UTC (UTC0)
nie in gebruik nie (UTC+0)
Volkslied Pincez Tous vos Koras, Frappez les Balafons
Internet TLD .sn
Skakelkode +221

Die Republiek van Senegal is 'n land suid van die Sénégalrivier in Wes-Afrika. Senegal word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste, Mauritanië in die noorde, Mali in die ooste en Guinee en Guinee-Bissau in die suide. Gambië vorm 'n enklave binne Senegal om die Gambiarivier vir meer as 300 km in die binneland in. Die Kaap Verde eilande lê ongeveer 560 km van die Senegalese kus af.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Argeologiese ontdekkings in die hele gebied dui aan dat Senegal in prehistoriese tye bewoon is. Islam, die dominante geloof in Senegal, kom vir die eerste keer na die gebied in die 11de eeu. Vandag is van 95% die Senegalese Moslems. In die 13de en 14de eeue kom die gebied onder die invloed van die Mandingo ryke oos daarvan; die Jolof Ryk van Senegal word ook in die tydperk gestig. Verskeie Europese moondhede kom na die gebied vanaf die 15de eeu, totdat Frankryk in besit kom van wat 'n belangrike slawehandel vertrekpunt sou word. Onafhanklikheid van Frankryk word in 1960 bereik.

Senegal Gorée-eilandhawe, vroeër die sentrum van Slawehandel in Wes-Afrika
Vergroot
Senegal Gorée-eilandhawe, vroeër die sentrum van Slawehandel in Wes-Afrika

In Januarie 1959 smelt Senegal en Frans-Soedan (Frans: Soudan) saam om die Mali-Federasie te vorm wat ten volle onafhanklik word op 20 Junie 1960, as 'n uitvloeisel van die onafhanklikheid en oordrag van mag ooreenkoms wat op 4 April 1960 met Frankryk geteken is. As gevolg van politieke struikelblokke ontbind die Federasie op 20 Augustus. Senegal en Soudan (herdoop tot die Republiek van Mali) verklaar onafhanklikheid. Léopold Senghor was word verkies as Senegal se eerste president in Augustus 1960.

Na die ontbinding van die Mali-Federasie regeer President Senghor en Eerste Minister Mamadou Dia saam in 'n parlementêre stelsel. In Desember 1962 lei hulle politieke wedywering tot 'n staatsgreeppoging deur Eerste Minister Dia. Alhoewel dit sonder bloedvergieting onderdruk is, word Dia gearresteer en tronk toe gestuur. Senegal neem 'n nuwe grondwet aan wat die President se mag konsolideer. In 1980 besluit President Senghor om uit die politiek te tree en handig die leisels in 1981 aan sy keuropvolger, Abdou Diouf, oor.

Senegal verenig met Gambië in 'n nominale konfederasie, Senegambië, op 11 Februarie, 1982. Die unie word egter in 1989 ontbind. Ten spyte van vredesamesprekinge bots 'n suidelike seperatiste groep in die Casamance omgewing sedert 1982 sporadies met regeringsmagte. Senegal het 'n lang geskiedenis van deelname in internasionale vredebewaring.

Wade en Frankryk se Lionel Jospin
Vergroot
Wade en Frankryk se Lionel Jospin

Abdou Diouf was president tussen 1981 en 2000. Hy moedig breër politieke deelname aan, verminder regering betrokkenheid by die ekonomie en verbreed Senegal se diplomatieke betrekkinge, veral met ander ontwikkelende lande. Binnelandse politiek loop per geleentheid oor tot straatgeweld, grensspanning, en 'n gewelddadige separatiste beweging in die suidelike streek, Casamance. Nogtans versterk Senegal se verbintenis tot demokrasie en menseregte. Diouf dien vier termyne as President. In die Presidensiële verkiesing van 2000 word hy verslaan, in 'n vrye en regverdige verkiesing, deur opposisie leier Abdoulaye Wade. Senegal ondervind sy tweede vreedsame oorgang in mag en die eerste van een politieke party tot 'n ander.

Op 30 Desember 2004 kondig President Abdoulaye Wade aan dat hy 'n vredesverdrag met die separatiste groep in die Casamance gebied sou teken. Dit sal Wes-Afrika se langste burgerlike konflik tot 'n einde bring.

[wysig] Geografie

Kaart van Senegal
Vergroot
Kaart van Senegal

Senegal is geleë aan die weste van die Afrika vasteland. Die Senegalese landskap bestaan hoofsaaklik uit golwende sanderige vlaktes van die westelike Sahel wat in voetheuwels in die suidooste styg. Hier word ook Senegal se hoogste punt aangetref, 'n andersins naamlose 581m hoë punt naby Nepen Diakha. Die noordelike grens word gevorm deur die Sénégalrivier, ander riviere sluit in die Gambia en die Casamancerivier. Die hoofstad Dakar lê op die Cap-Vert skiereiland, die mees westelike punt van vasteland Afrika.

Hutte in platteland
Vergroot
Hutte in platteland

Die plaaslike klimaat is tropies met goed-gedefineerde droë en nat seisoene wat die gevolg van noordoostelike winterwinde en suidwestelike somerwinde is. Dakar se jaarlikse reënval van omtrent 600 mm vind plaas tussen Junie en Oktober wanneer die maksimum temperatuur gemiddeld 27 °C is; Desember tot Februarie minimum temperature is omtrent 17 °C. Binnelandse temperature is hoër as langs die kus en reënval styg heelwat verder suid en oorskrei 1500 mm per jaar in sommige gebiede.

[wysig] Politiek

Senegal is 'n republiek met 'n kragtige presidensie; die president is vroeër elke sewe jaar verkies – in 2001 aangepas tot elke vyf jaar – deur universele volwasse stemreg. Die huidige president is Abdoulaye Wade.

Senegal het ook 65 politieke partye wat bydra tot die ontwikkeling van die land deur suksesvolle oorgang na demokrasie. . Die eenkamer Nasionale Vergadering het 120 lede wat afsonderlik van die president verkies word. 'n Enkel huis wetgewer en 'n regverdige en onafhanklike regbank bestaan ook in Senegal. Die land se hoogste howe wat met sake-aangeleenthede handel is die grondwetlike raad en die geregshof waarvan die lede deur die president benoem word.

Senegal het 'n reputasie vir deursigtigheid in regerings verrigtinge. Die vlak van ekonomiese korrupsie wat die ontwikkeling van die ekonomieë in ander dele van die wêreld benadeel het is laag. Vandag het Senegal 'n demokratiese politieke kultuur gebou op een van die mees suksesvolle demokratiese oorgange in Afrika. Senegal erken en respekteer alle kulture, gelowe en tradisies.

[wysig] Ekonomie

In Januarie 1994 onderneem Senegal 'n moedige en ambisieuse ekonomiese hervormingsprogram met die ondersteuning van die internasionale donateur gemeenskap. Die hervormings neem aanvang met 'n 50 persent devaluasie van Senegal se geldeenheid, die CFA franc, wat teen 'n vaste koers met die voormalige Franse franc en nou die euro gekoppel is. Regeringsprysbeheer en subsidies word stelselmatig afgetakel. Nadat die land se ekonomie in 1993 met 2,1 persent gekrimp het, voer Senegal 'n belangrike ommekeer uit, danksy die hervormingsprogram, met reële groei in BBP gemiddeld 5 persent per jaar in die periode 1995-2001. Jaarlikse inflasie is afgebring na minder as 1 persent, maar styg weer na 'n geskatte 3,3 persent in 2001. Beleggings styg stewig van 13,8 persent van BBP in 1993 tot 16,5 persent in 1997.

Straatverkopers
Vergroot
Straatverkopers

As 'n lid van die Wes-Afrika Ekonomiese en Monetêre Unie (WAEMU), werk Senegal vir groter streeksintergrasie met gelykvormige eksterne tariewe. Senegal het ook reeds teen 1996 volle Internet verbinding bewerkstellig en daardeur 'n miniopbloei in inligtingtegnologie-gebasserde dienste bewerkstellig. Privaat aktiwiteit bedra nou 82% van BBP. Aan die negatiewe kant staar Senegal ernstige stedelike probleme van kroniese werkloosheid, strydlustige vakunies en, jeugmisdaad, en dwelmverslawing.

[wysig] Demografie

Senegal se bevolking 1961-2003
Vergroot
Senegal se bevolking 1961-2003

Senegal het 'n bevolking van sowat 10 miljeon, van wie ongeveer 70% in landelike gebiede bly. Digtheid in die gebiede wissel tussen omtrent 77 km² in die wes-sentrale gebied tot 2 km²in die droë oostelike deel.

[wysig] Etnisiteit

Senegal het 'n wye verskeidenheid etniese groepe en gevolglik word veelvuldige tale gepraat. Frans is die amptelike taal maar word gereeld gebruik slegs deur die geletterde minderheid. Die Wolof is die grootste enkele groep in Senegal op 43%, ander etniese groepe sluit in die Fula (24%), die Serer (15%), die Jola (4%), Mandinka (3%), naas talle kleiner gemeenskappe. Omtrent 50 000 Europeërs (meestal Franse) en Libanese woon in Senegal, hoofsaaklik in die stede. Onder die in die stede tel ook enige Sjiinese en Viëtnamese minderhede.

[wysig] Godsdiens

Senegal erken en respekteer alle kulture, gelowe en tradisies. Islam is die oorheersende geloof, gevolg deur ongeveer 94 persent van die land se bevolking; die Christen gemeenskap, teen 4 persent van die bevolking, sluit Rooms-Katolieke en diverse Protestante kerke in.

[wysig] Islam

Grande Mosquee de Ouakam, Senegal
Vergroot
Grande Mosquee de Ouakam, Senegal

Islam gemeenskappe is in die algemeen georganiseer om een van verskeie Islam Sufi ordes of brotherhoods, gelei deur 'n khalif (xaliifa in Wolof, van Arabies khal_fa), wat gewoonlik 'n direkte nasaat is van die groep se stigter. Die grootste en mees prominente Sufi ordes in Senegal is die Tijaniyya, waarvan die grootste deel-groepe gebaseer is in die stede Tivaouane en Kaolack, en die Mur_diyya (Murid), gebaseer in die stad Touba. Die Halpulaar, 'n wydverspreide etniese groep wat al langs die Sahel van Tsjaad tot Senegal aangetref word, verteenwoordigend van 20 persent van die Senegalese bevolking, was die eerste om hulle tot Islam te bekeer. Die Halpulaar, saamgestel uit verskeie Fula etniese groepe, genaamd Peul en Toucouleur in Senegal. Baie van die Toucouleurs, of sedentary Halpulaar van die Senegalriveirvallei in die noorde, skakel om na Islam omtrent 'n millennium gelede en dra later by tot die verspreiding van Islam oral in Senegal. Meeste gemeenskappe suid van die Senegalrivervallei, het egter nie geheel en al verislam tot die negentiende en vroeë twintigste eeue nie. Tydens die middel-negentiende eeu word Islam 'n belangrike vaandel waaronder weerstand teen die tradisionele aristokrasieë en Franse kolonialisme gevoer word, en Tij_n_ leiers Al-Hajj Umar Tall en Màbba Jaxu Ba vestig kortstondige, dog invloedryke, Islamstate maar beide sterf in oorlog en hulle ryke word deur die Franse geanneksseer.

Die uitbreiding van formele Koraanse skole (genaamd daara in Wolof) tydens die koloniale tydperk vermeerder grootliks as gevolg van die werk wat deur die Tijaniyya gedoen is. In Murid gemeenskappe, wat meer klem lê op die werksetiek as op letterlike Koraanse studies, word die term daara gereeld toegepas op werkgroepe toegewy aan werk vir 'n godsdienstige leier. Ander Islam groepe sluit die baie ouer Q_diriyya orde en die Senegalese Laayeen orde in, wat prominent is onder die kus Lebu. Vandag studeer meeste Senegalese kinders vir verskeie jare by daaras en memoriseer soveel van die Koraan as wat hulle kan. Sommige sit hulle godsdienstige studie voort by informele Arabiese skole (majlis) of by die groeiende aantal privaat Arabiese skole en publiek bevondsde Franko-Arabiese skole.

[wysig] Christendom

Klein Rooms-Katolieke gemeenskappe word hoofsaaklik aangetref in kus-Serer, Diola en Balant bevolkings, en in oosterse Senegal onder die Bassari en Coniagui. In Dakar word Katolieke en Protestantse gebruike ook gehoorsaam deur 'n gedeelte van die Libanese, Kaap Verdiese, Europese, en Amerikaanse immigrante bevolking, en onder sekere van die inwoners van elders in Afrika. Alhoewel Islam Senegal se meerderheid godsdiens is, was Senegal se eerste president, Léopold Sédar Senghor, 'n Katolieke Serer.

[wysig] Onderafdelings

Sine Saloum mangliet in Mar Lodj, Senegal
Vergroot
Sine Saloum mangliet in Mar Lodj, Senegal
Die Gambiarivier kronkel deur die Niokolokoba Nasionale Park, Senegal
Vergroot
Die Gambiarivier kronkel deur die Niokolokoba Nasionale Park, Senegal

Senegal is opgedeel in elf administratiewe streke of 'regions':

  • Dakar
  • Diourbel
  • Fatick
  • Kaolack
  • Kolda
  • Louga
  • Matam
  • Saint-Louis
  • Tambacounda
  • Thiès
  • Ziguinchor

Plaaslike administrateurs word almal aangestel en is verantwoordelik aan die President. Senegal het met Gambië saamgesmelt om die nominale konfederasie van Senegambië te vorm in 1982. Die unie word egter in 1989 ontbind. Ten spyte van vredesamesprekinge bots 'n suidelike seperatiste groep in die Casamance omgewing sedert 1982 sporadies met regeringsmagte. Senegal het 'n lang geskiedenis van deelname in internasionale vredebewaring.

[wysig] Kultuur

Op die strand by Mbour
Vergroot
Op die strand by Mbour
Dakar mark
Vergroot
Dakar mark
  • Lys van skrywers van Senegal
    • Ousmane Sembène Die Senegalese skrywer en filmregiseur word beskou as die 'vader' van Afrika Film.

[wysig] Eksterne skakels

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:

Sjabloon:Wiktionary

Regering

Nuus

Ooorsigte

Gidse

"Musiek"

Toerisme

  • Sjabloon:Wikitravel

Ander


 
Lande van Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Mauritanië | Mauritius | Marokko | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Principe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Wes-Sahara | Zambië | Zimbabwe

Afhanklike gebiede: Brits: Britse Indiese Oseaan Gebied - Sint Helena en afhanklikhede| Portugees: Madeiraeilande |

Spaans: Kanariese-eilande - Ceuta en Melilla | Frans: Mayotte - Réunion

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com