Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Guinee-Bissau - Wikipedia

Guinee-Bissau

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

República da Guiné-Bissau
Vlag van Guinee-Bissau Guinee-Bissau: Landswapen
(Vlag) (Landswapen)
Nasionale leuse:
Unidade, Luta, Progresso
(Portugees: Eenheid, Stryd, Vooruitgang
Ligging van  Guinee-Bissau
Amptelike taal Portugees
Hoofstad Bissau ¹
1° 52' N 15° 39' W
Grootste stad Bissau
Regering
President
Eerste Minister
Republiek
João Bernardo Vieira
Aristides Gomes
Onafhanklikheid
 - Verklaar
 - Erken
Van Portugal
24 September 1973
10 September 1974
Oppervlakte
 - Totaal
 - Water (%)

36 120 km² (133ste)
12% / Weglaatbaar min???
Bevolking
 - Soos op 2002 skatting
 - Soos op - sensus
 - Digtheid

1 345 479 (147ste)
-
48/km² (?)
BBP (PPP)
 - 2004 total
 - Per capita

$1,008 biljoen (191ste)
$700 (224ste)
Geldeenheid (?)
Tydsone
 - Somertyd
UTC (UTC)
(UTC)
Volkslied 'Esta é a Nossa Pátria Bem Amada'
Internet TLD .gw
Skakelkode +245
¹Voormalige President Kumba Ialá het besluit om die hoofstad na Buba te skuif, maar dit is onwaarskynlik dat voortgegaan sal word met die plan.

Die Republiek van Guinee-Bissau (República da Guiné-Bissau) is 'n land in Wes-Afrika, en een van die kleinste nasies op die vasteland van Afrika. Dit word deur Senegal begrens in die noorde, en Guinee in die suide en ooste, met die Atlantiese Oseaan in die weste. Voorheen bekend as die Portugese kolonie, Portugees-Guinee - die naam van die hoofstad Bissau is tot die amptelike naan toegevoeg om verwarring met dit en die Republiek van Guinee te verhoed.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Guinee-Bissau was vroeër die koninkryk van Gabù, deel van die Maliryk; dele van die koninkryk het bly voortbestaan tot die 18de eeu. Die riviere en kus van die gebied was egter van die eerste plekke wat deur die Portugese, wat die slawehandel in die 17de eeu begin het, gekolonisseer is. Die binneland is nie verken tot die 19de eeu nie. 'n Rebellie wat in 1956 deur die Partido Africano da Independência da Guiné e Cabo Verde (PAIGC) (African Party vir die Onafhanklikheid van Guinee en Kaap Verdië) begin is, konsolideer sy houvas op die land teen 1973. Onafhanklikheid word eensydig verklaar op 24 September 1973 en is erken deur 'n 93-7 VN Algemene Vergadering stemmery in November [1] , ongekend aangesien dit onwettige Portugese aggressie en besetting verdoem en plaasgevind het voor algehele beheer en Portugese erkenning. Erkenning word universeel na die Portugese revolusie van 1974. Die land is tot 1984 deur 'n revolusionêre raad beheer. Die eerste veelpartyverkiesings is in 1994 gehou, maar 'n weermagopstand in 1998 lei tot die president se onseteling en die Guinee-Bissauburgeroorlog. Verkiesings is in 2000 gehou en Kumba Yala is verkies.

In September 2003 vind 'n staatsgreep plaas waarin die weermag Yala arresteer omdat "hy nie in staat daartoe was om probleme op te los nie". Nadat dit verskeie kere uitgestel is, word wetgewende verkiesings in April 2004 gehou. 'n Muitery onder militêre faksies in Oktober 2004 lei tot die dood van die hoof van die gewapende magte en veroorsaak landswye onrus.

In Junie 2005 word Presidensiële verkiesings vir die eerste keer gehou sedert die staatsgreep Yala afgeset het. Yala keer terug as 'n kandidaat vir die PRS en maak aanspraak daarop dat hy die regmatige President van die land is, maar die verkiesing word gewen deur voormalige President João Bernardo Vieira, wat in die 1998 afgeset is. Vieira was 'n kandidaat vir een sekte in die PAIGC. Vieira verslaan Malam Bacai Sanha in 'n herstemming , maar Sanha weier aanvanklik om toe te gee en beweer dat die verkiesing onder bedrog gebuk gegaan het in twee kiesafdelings, insluitend die hoofstad Bissau.

Nie teenstaande verslae dat daar 'n invloei van wapens in die weke wat die verkiesing voor afgegaan het plaas gevind het en verslae oor 'n mate van 'ontwrigtings tydens veldtogvoering' – insluitend aanvalle op die Presidensiële Paleis en die Ministerie van Binnelandse sake deur steeds onbekende gewapende mans – bestempel Europese monitors die verkiesing as "kalm en georganiseerd". [2]

[wysig] Politiek

Henrique Rosa, president (2003-05) met President Lula van Brasilië
Vergroot
Henrique Rosa, president (2003-05) met President Lula van Brasilië

Guinee-Bissau het 'n veelparty Nasionale Volksraad, sowel as 'n president, beide wat deur Algemene verkiesings verkies word. Die president stel die eerste minister aan na konsultasie met die party in die volksraad. Die voormalige president, Kumba Yala, behoort aan die Social Renovation Party of PRS; ander partye in die raad sluit in die Guinea-Bissau Resistance en PAIGC.

[wysig] Streke

Guinee-Bissau is verdeel in nege streke (regiões):

  • Bafata regiõe
  • Biombo regiõe
  • Bissau regiõe
  • Bolama regiõe
  • Cacheu regiõe
  • Gabu regiõe
  • Oio regiõe
  • Quinara regiõe
  • Tombali regiõe

[wysig] Geografie

Kaart van Guinee-Bissau
Vergroot
Kaart van Guinee-Bissau
Sattelietbeeld van Guinee-Bissau
Vergroot
Sattelietbeeld van Guinee-Bissau


Die klein tropiese landjie lê op 'n lae hoogte bo seespieel; die hoogste punt is 300 meter. Die binneland is savanna, en die kus is 'n moerasserige vlakte. Die monsoon-agtige reënseisoen wissel af met tye van warm, droë harmattan winde wat van die Sahara af waai. Die Bijagos Argipel rek uit tot in die see.

[wysig] Ekonomie

Guinee-Bissau is onder die 20 armste lande in die wêreld. Boerdery- en vissery-ekonomie het 'n ernstige knou gekry tydens die 1998-99 burgeroorlog. Die land het buitelandse skuld van $ 921 miljoen en is ondeworpe aan 'n IMF strukturele aanpassingsprogram.

Een van Guinee-Bissau se belangrike inkomstebronne is kasjoeneute, waarvan uitvoere 90 000 ton per jaar bedra. In Januarie 2005 kondig die regering aan dat 'n sprinkaanswerm die onmisbare gewas bedreig, en dat die land nie die hulpbronne het om die infestasie die hoof te bied nie.

[wysig] Demografie

Die bevolkings van Guinee-Bissau is etnies divers met verskillende tale, gebruike en sosiale strukture. Die hoof gesproke taal is Portugees-Kreools (44%); Portugees word deur 14% gepraat. Meeste mense is boere met tradisionele godsdienstige oortuigings (animisme); 45% is Moslem, hoofsaaklik Fula en Mandinkasprekers gekonsentreer in die noorde en noordooste. Ander belangrike groepe is die Balanta en Papel, wat in die suidelike kusgebiede woon, en die Manjaco en Mancanha, in die sentrale en noordelike kusgebiede.

[wysig] Kultuur

Kyk ook: Lys van skrywers van Guinee-Bissau

[wysig] Verwysings

  • Richard Andrew Lobban, Jr. and Peter Karibe Mendy, Historical Dictionary of the Republic of Guinea-Bissau, 3rd ed. (Scarecrow Press, 1997) ISBN 0-8108-3226-7 Includes extensive bibliography

[wysig] Eksterne skakels

Sjabloon:Portal

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:

Sjabloon:Wiktionary

[wysig] Nuus

[wysig] Oorsigte

[wysig] Gidse

[wysig] Toerisme

  • Sjabloon:Wikitravel

[wysig] Ander


 
Lande van Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Mauritanië | Mauritius | Marokko | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Principe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Wes-Sahara | Zambië | Zimbabwe

Afhanklike gebiede: Brits: Britse Indiese Oseaan Gebied - Sint Helena en afhanklikhede| Portugees: Madeiraeilande |

Spaans: Kanariese-eilande - Ceuta en Melilla | Frans: Mayotte - Réunion

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com