Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Mali - Wikipedia

Mali

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Kyk ook die Malieryk en die dorp Mali, Guinee.

Die Republiek van Malie (République du Mali) is 'n deur land omringde land in Wes-Afrika. Dit is die tweede grootste van die Wes-Afrika lande. Dit grens aan Algerië in die noorde, Niger in die ooste, Burkina Faso en Ivoorkus in die suide, Guinee in die suid-weste, en Senegal en Mauritanië in die weste. Die land se reguit grense aan die noorde strek tot in die middel van die Saharawoestyn, terwyl die land se suide, waar die meeste van die land se mense woon, die Niger en Sénégalriviere insluit. Voorheen Frans-Soedan, is die land later vernoem na die Malieryk.

République du Mali
Vlag van Mali Mali: Landswapen
(Vlag) (Landswapen)
Nasionale leuse: Frans: Un peuple, un but, une foi
(Een volk, een doel, een geloof)
Ligging van  Mali
Amptelike taal Frans, Bambara, ander
Hoofstad Bamako
12° 40' N 7° 59' W
Grootste stad Bamako
Regering
President
Eerste Minister
Republiek
Amadou Toumani Touré
Ousmane Issoufi Maïga
Onafhanklikheid
- in Malie-Federasie met Senegal
- ontbinding van Mali-Federasie
- ontrekking uit Franse gemeenskap
Van Frankryk
20 Junie 1960
20 Augustus 1960
22 September 1960
Oppervlakte
 - Totaal
 - Water (%)

1 240 000 km² (23ste)
1,6%
Bevolking
 - Soos op 2002 skatting
 - Soos op - sensus
 - Digtheid

11 340 480 (68ste)
11 340 480
10,9/km_/km² (-)
BBP (PPP)
 - 2004 total
 - Per capita

$11 biljoen (135ste)
$900 (214de)
Geldeenheid CFA Franc (XOF)
Tydsone
 - Somertyd
UTC (UTC0)
nie in gebruik nie (UTC+0)
Volkslied Pour l'Afrique et pour toi, Mali (Vir Afrika en vir jou Mali)
Internet TLD .ml
Skakelkode +223

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Die Mandé mense vestig hulle in die Sahel (insluitende hedendaagse Mali), en vorm 'n reeks Sahelkoninkryke wat die Ghanaryk, die Malieryk, en die Songhairyk insluit. Timboektoe was 'n sleutel stad in hierdie ryke as 'n buitepos vir trans-Saharahandel en 'n middelpunt vir geleerdheid. Die Songhairyk kwyn onder 'n Marokkaanse inval in 1591.

Mali word van 1880 deur Frankryk binnegeval, wat dit as 'n oorsese department van Frankryk annekseer. Die kolonie, wat met tye ook naburige lande ingesluit het, het as Frans- Soedan of die Soedannese Republiek bekend gestaan. In die begin van 1959 word die unie van Malie en Senegal die Malie-Federasie, wat onafhanklikheid van Frankryk verkry op 20 Junie 1960. Senegal onttrek na 'n paar maande uit die Malie-Federasie. Die Republiek van Mali, onder Modibo Keïta, onttrek uit die Franse Gemeenskap op 22 September 1960.

Mali is van onafhanklikheid tot 1991 deur 'n reeks diktators regeer. Anti-regeingsbetogings in 1991 lei tot 'n staatsgreep, 'n tussentydse regering, en 'n nuwe grondwet. In 1992 wen Alpha Oumar Konaré Mali se eerste demokratiese, veelparty Presidensiële verkiesing. Met sy herverkiesing in 1997, druk President Konaré politiese en ekonomiese hervormings deur en beveg korrupsie. In 2002 word hy in 'n demokratiese verkiesing opgevolg deur Amadou Toumani Touré, wat 'n sleutel figuur in die 1991 demokratiese opstand was.

[wysig] Politiek

Mali se grondwet maak voorsiening vir 'n veelparty demokrasie, met die enigste beperking 'n verbod op partye gegrond op etniese, godsdiens, streek of geslagslyne. Die Nasionale Vergedering is die enigste wetgewende arm van die regering. Dit bestaan tans uit 147 lede. Verteenwoordiging word toegedeel volgens die bevolking van administratiewe distrikte. Die regering het 'n 5 jaar termyn.

[wysig] Gebiede

Kinders in Buguni, Malie
Vergroot
Kinders in Buguni, Malie

Mali word verdeel in nege gebiede (regions), insluitend die hoofstaddistrik van Bamako:

  • Bamakohoofstaddistrik
  • Gao
  • Kayes
  • Kidal
  • Koulikoro
  • Mopti
  • Ségou
  • Sikasso
  • Tombouctou

[wysig] Geografie

Kaart van Mali
Vergroot
Kaart van Mali

Mali word deur land omring en het 'n subtropiese tot droë klimaat. Dit is meestal plat en styg na golwende sandbedekte heuwels in die noordelike vlaktes en savanna om die Nigerrivier in die suide. Die heuwels van die Air Massif en Djado Plateau lê in die noordooste. Die grootste deel van die land lê in die Saharawoestyn, wat 'n warm, stof-belaaide harmattan dynserigheid veroorsaak wat algemeen voorkom tydens droë seisoen en lei tot herhaalde droogtes. Die nasie het aansienlike natuurlike hulpbronne, met goud, uraan, fosfate, kaolien, sout en kalksteen wat die meeste ontgin word.

Kyk Lys van stede in Mali

[wysig] Ekonomie

mark in Kati (Mali)
Vergroot
mark in Kati (Mali)
Uitsig oor Bamako
Vergroot
Uitsig oor Bamako
Nuwe moskee in Mali
Vergroot
Nuwe moskee in Mali
Djingareiber, Timboektoe
Vergroot
Djingareiber, Timboektoe
Djenné au Mali
Vergroot
Djenné au Mali

Mali is onder die armste land ter wêreld, met 65% van die land se grondgebied woestyn of halfwoestyn. Ekonomiese bedrywighede is hoofsaaklik beperk tot die oewergebied besproei deur die Nigerrivier. Ongeveer 10% van die bevolking is nomadiese en sowat 80% van die arbeidsmag is betrokke by boerdery of vissery. Nywerheidsaktiwiteit is gefokus op verwerking van beorderyprodukte. Mali is erg afhanklik van buitelandse hulpverlening en is blootgestel aan skommelings in wêreld pryse vir katoen, die land se hoof uitvoerproduk. In 1997, sit die land die suksesvolle implementering van 'n IMF-aanbevole strukturele aanpassingsprogram voort wat die land help om te groei, diversifiseer en buitelandse beleggings te lok. Mali se volging van ekonomiese hervorming, en die 50% devaluasie van die Afrika franc in Januarie 1994, het ekonomiese groei bevorder. Verskeie multinasionale maatskappye brei goudmynbou werkesaamhede in 1996-1998 uit, en die regering verwag dat Mali 'n belangrike goudprodusent suid van die Sahara sal word in die volgende paar jaar.

[wysig] Eksterne skakels

Sjabloon:Commonscat

[wysig] Regering

[wysig] Nuus

[wysig] Oorsigte

[wysig] Gidse

[wysig] Musiek


[wysig] Toerisme



 
Lande van Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Mauritanië | Mauritius | Marokko | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Principe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Wes-Sahara | Zambië | Zimbabwe

Afhanklike gebiede: Brits: Britse Indiese Oseaan Gebied - Sint Helena en afhanklikhede| Portugees: Madeiraeilande |

Spaans: Kanariese-eilande - Ceuta en Melilla | Frans: Mayotte - Réunion

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com