Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Mauritanië - Wikipedia

Mauritanië

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Moet nie verwar word met die anteike koninkryk Mauretania nie.


الجمهورية الإسلامية الموريتانية
Al-Jumhuriyah al-Islamiyah al-Muritaniyah
République Islamique de Mauritanie
Islamitiese Republiek van Mauritanië
Vlag van Mauritanië Mauritanië: Landswapen
(Vlag) (Landswapen)
Nasionale leuse: Arabies: شرف إخاء عدل;
Frans: Honneur, Fraternité, Justice
(Eer, Broederskap, Geregtheid)
Ligging van  Mauritanië
Amptelike taal Arabies, Frans (de facto)
Hoofstad Nouakchott
18° 09' N 15° 58' W
Grootste stad Nouakchott
Regering
Junta President
Eerste Minister
Militêre junta
Kol. Ely Ould Mohamed Vall¹
Sidi Mohamed Ould Boubacar
Onafhanklikheid
 - Datum
Van Frankryk
28 November, 1960
Oppervlakte
 - Totaal
 - Water (%)

1 030 700 km² (28ste)
Weglaatbaar min
Bevolking
 - Soos op 2005 skatting
 - Soos op 1988 sensus
 - Digtheid

3 086 859 (129)
1,864,236 [1]
2/km² (187)
BBP (PPP)
 - 2005 total
 - Per capita

6,366 (146)
2 187 (139)
Geldeenheid Ouguiya (MRO)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC+0)
nie bemerk nie (UTC+0)
Volkslied National Anthem of Mauritania
Internet TLD .mr
Skakelkode +222
¹ Interim leier beneom deur die Militêre Raad vir Geregtheid en Demokrasie)

Die Islamitiese Republiek van Mauritanië, of Mauritanië, is 'n land in noordwes Afrika. Die land se kus is aan die Atlantiese Oseaan in die weste, dit grens aan Senegal in die suidweste, Mali in die ooste en suidooste, Algerië in die noord-ooste, met die Marokkaans geannekseerde Wes-Sahara gebied in die noordweste. Die hoof- en grootste stad is Nouakchott, geleë aan die Atlantiese kus. Dit is vernoem na die antieke Berber koninkryk Mauretania.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Van die 3de tot die 7de eeue, die migrasie van Berber stamme uit Noord-Afrika verdring die Bafoere, die oorsponklike inwoners van hedendaagse Mauritanië en die voorsate van die Soninke. Die Bafoere was hoofsaaklik landbouers, van die eerste Sahara groepe wat hulle historiese nomadiese leefwyse laat vaar. Met die geleidelike uitdroging van die Sahara, beweeg hulle suid. Op hulle hakke vind die migrasie van nie net Midde-Sahara groepe na Wes-Afrika, maar ook Berbers en Arabiere. Teen die 11de eeu het die eens klien Bafoer bevolkingsgroep gegroei na 'n baie groot en wel gestelde Soninkeryk - Ghana, wat gestrek het van Mauritanië na die naburige lande Senegal en Mali. Op soortgelyke manier het die Arabier-Berber bevolking, in die Noorde, hulle eie indrukwekkende ryk opegerig, die gebeied wat strek oor die Middellandse See in Spanje en Portugal in. Plaaslike nomadiese Berber stamme, hoewel invloedryk, bly aan die ander kant grootliks sonder mag nadat hulle deur die Soninke verower is.

In 1076 val Islamietiese soldaat-monnikke (Almoravid of Al Murabitun) die antieke Ghanaryk aan en oorwin dit. Oor die volgende 500 jaar kom Arabier vurige weerstand van die plaaslike bevolking (Berber en nie-Berber) te bowe en begin Mauritanië domineer. Die Mauritaniese Dertigjarige Oorlog (1644-74) was die onsuksesvolle finale poging om die Jemeense Maqil Arabiese invallers gelei deur die Beni Hassan stam af te weer. Die nasate van die Jemeense Beni Hassan soldate word die opperlaag van die Moorse gemeenskap. Berbers behou invloed deur die meeste van die gebied se Marabouts — die wie die Islam tradisie leer en bewaar. Baie Berber stamme verklaar hulle oorsprong as Jemen (soos hulle soms 'n Arabier herkoms aanvoer); daar is min geteuienis wat dit ondersteun, alhoewel sommige studies wel skakel tussen die twee toon. [2] Hassaniya, 'n hoofsaaklik mondelingse, Berber-beinvloede Arabiese dialek wat sy naam kry van die Jemeense Beni Hassan stam kry, word die dominante taal onder die grootliks nomadiese bevolking. Aristokrasie en dienskneg stande ontwikkel wat lei tot"wit" More (die aristokrasie), kewri (die inheemse groep wat nooit tot slawe gemaak is nie), en "swart" More of haratin (die voormalige slawe).

Kaart van Mauritanië
Vergroot
Kaart van Mauritanië

Franse kolonisasie in die begin van die 20ste eeu bring 'n wetlike verbod op slawerny en 'n einde aan interstam oorloë. Tydens die koloniale tydperk bly die bevolking nomadies, maar baie gesete bevolkingsgroepe, wie se voorsate eeue vroeë verban is begin terug sypel na Mauritanië. Toe die land in 1960 onafhanklikheid verkry is die hoofstad, Nouakchott, gestig by dieterrein van 'n klein koloniale dorpie, die Ksar, en 90% van die bevolking was steeds nomadies. Met onafhanklikheid kom groter hoeveelhede inheemse groepe (Haalpulaar, Soninke, en Wolof) Mauritanië binne, waar hulle na die gebied noord van die Sénégalrivier trek. Opgevoed in dieFranse taal en gebruike, wor dbaie van die nuwe aankomelinge klerke, soldate en administrateursin die nuwe staat.

More reageer op die verandering deur meer druk uit te oefen om meer aspekte van die Mauritaniese lewe, soos die reg en taal, te verarabiseer. 'n Skeuring ontwikkel tussen die wat Mauritanië as 'n Arabiese land beskou (hoofsaaklik More) en die wat 'n dominante rol vir nie-Moorse mense nastreef. Die onmin tussen die twee konflikterende visies van Mauritaniese samelewing was duidelike sigbaar tydens intercommunal geweld wat in April 1989 (die "1989 voorvalle") uitgebreek het, maar het sedertdien afgeneem. Die spanning tussen die twee visies bly 'n kenmerk van die politiese dialoog. 'n Beduidende aantal van beide groepe streef egter 'n meer diverse, pluralistiese samelewing na.

[wysig] Politiek

Mauritanië se Presidensiële verkiesing, die derde sedert die demokratiese proses in 1992, vind plaas op 7 November 2003. Ses kandidate insluitend Mauritanië se eerste vroulike en eerste Haratine (voormalige slaaf-familie) kandidate, verteenwoordig 'n wye verskeidenheid van politiese doelwitte en agtergronde. President Maaouya Sid'Ahmed Taya word herverkies met 67.02% van die populêre stem, volgens amptelike syfers, met Mohamed Khouna Ould Haidalla in die tweede plek.

Die PRDS, gelei deur President Maaouya Ould Sid'Ahmed Taya, het Mauritaniese politiek gedomineer sedert die land se eerste veel-party verkiesing in April 1992 nadat die huidige grondwet per referendum goedgekeur is in Julie 1991. President Taya, wat die verkiesing in 1992 en 1997 gewen het, word die eerste staatshoof deur 'n staatsgreep sonder bleodvergeiting op 12 Desember 1984 wat hom die voorsitter van 'n komitee van militere offisiere gemaak het wat Mauritanië van Julie 1978 tot April 1992 regeer het. Die land se eerste president, Moktar Ould Daddah, dien van onafhanklikheid tot hy in 'n staatgreep sonder bloedvergieting op 10 Julie 1978 afgeset is. 'n Groep van huidige en voormalige Weermag offisiere stuur 'n bloedige maar onsuksesvolle staatsgreep van stapel op 8 June 2003. Die kringleiers is steeds op vrye voet en hulle presiese doelstellings bly onduidelik.

Politiek in Mauritanië is nog altyd swaar beinvloed deur persoonlikhede, met enige leier se vermoeë om politieke beheer uit te oefen afhanklik aan beheer oor hulpbronne; oënskynlike vermoë of integriteit; en stam, etniese, familie en persoonlike oorwegins. Konflik tussen wit Moor, swart Moor, en nie-Moor etniese groepe, gesentreer om taal, grondbesit, en ander aangeleenthede, bly die vernaamste uitdagings tot nasionale eenheid.

Die regerings burokrasie bestaan uit tradisionele ministeries, spesiale agentskappe en, semistaat maatskappye. Die Binnelandsesake Ministerie staan aan die voorpunt van 'n stelsel van streeksgeowerneurs en prefects gebasseer na die model van die Franse plaaslike regeringstelsel. Volgens die stelsel word Mauritanië in 13 streke (wilaya) verdeel, insluitend 'n hoofstaddistrik, Nouakchott. Beheer is nou gekonsntreer in die uitvoerende tak van die sentrale regering, maar 'n reeks nasionale en munisipale verkiesings sedert 1992 het 'n beperkte mate van desentralisasie te weeg gebring.

Politieke partye, onwettig tydens die militêre tydperk, is weer gewettig in 1991. Teen April 1992, toe burgerlike regering terugkeer, is 16 hoof politieke partye erken; 12 hoof politieke partye was aktief in 2004. Meeste opposisie partye het die eerste wetegewende verkiesing in 1992 geboikot, en vir byna 'n dekade is die parlement gedomineer deur die PRDS. Die opposisie het deelgeneem aan munisipale verkiesings in Januarie-Februarie 1994 en vervolgens aan Senaat verkiesings, mees onlangs in April 2004, en verkry verteenwoordiging op plaaslike vlak sowel as drie setels in die Senaat.

Mauritanië, saam met Marokko, het die gebied van Wes-Sahara in 1976 onwettig geannekseer, met Mauritanië wat beheer oor neem oor die onderste derde. Na verskeie militêre verliese teen Polisario, trek Mauritanië in 1979 treug, en word hulle aansprake deur Marokko oorgeneem. As gevolg van ekonomiese onvermoë het Mauritanië 'n geringe speler in die gebiedstryd, met die land se amptelike posisie dat dit 'n speodige oplossing wil sien wat aanvaarbaar vir alle partye is.

[wysig] Militêre staatsgreep

Op 3 Augustus 2005 word berig dat die Mauritaniese militêres, insluitend lede van die presidensiële wag, beheer van sleutel punte in die hoofstad Nouakchott oorgeneem het wat dui op 'n moontelike staatgreep teen die regering van President Maaouya Ould Sid'Ahmed Taya wat buite die land was om die begrafnis van Saudi-Arabië se Koning Fahd by te woon. Die groep offisiere, wat hulle self die Militêre Raad vir Geregtigheid en Demokrasie noem, stel die volgende verklaring vry:

Die nasionale gewapende en sekuriteitsmagte het eenparig besluit om 'n besliste einde te bring aan die onderdrukkende aktiwiteite van die uitgediende outoriteit, terwyl ons mense gedurende die afgelope jare gelei het. (BBC)

Die Militêre Raad reik later nog 'n verklaring uit wat sy president, Kolonel Ely Ould Mohamed Vall, noem en 16 ander offisiere as lede lys.

Die Kolonel is self vroeër as 'n ferm bondgenoot van die nou uitgesette President, hom selfs ondersteun in die oorspronklike staatsgreep wat hom aan bewind gebring het, en agterna as sy sekuriteitshoof gedien. Die hoë vlak verraad teen die vorige president dui op breë ontevredenheid in die plaaslike regeringstakke, wat verder ondersteun word deur die oënskynlike algehele gebrek aan bloedvergieting.

Die staatgsreep is deur meeste gesagte in die wêreld veroordeel, maar plaaslike politieke partye spreek die hoop uit dat die Militêre Raad getrou sal bly aan hulle woorden hulle leierskap na twee jaar sal beëindig — wat hopelik na 'n demokratiese regering sal lei.[3].

In reaksie op die staatsgreep en in ooreenstemming met hulle eie reëls skors die Afrika-Unie Mauritanië van alle organisasie aktiwiteite.

Op 10 Augustus laat vaar die VSA en die Afrika-Unie eise dat die staatsgreep herroep word. Die Afrika-Unie herreope geter nie die skorsing nie en stel die hou van verkiesings as 'n vereiste vir hertoelating. [4]

Die Militêre Raad het vervolgens 115 politieke gevangenis van die vorige regering vry gelaat[5] en die terugkeer van President Maaouya Ould Sid'Ahmed Taya en sowat 300 van sy politieke ondersteuners toegestaan.[6]

[wysig] Gebiede

Atar in Mauritanië
Vergroot
Atar in Mauritanië
Chinguetti moskee in Mauritanië
Vergroot
Chinguetti moskee in Mauritanië
Spore van die Dakar Rally in Mauritanië
Vergroot
Spore van die Dakar Rally in Mauritanië
Richat Struktuur, Mauritanië
Vergroot
Richat Struktuur, Mauritanië
Koran versameling in 'n biblioteek in Chinguetti
Vergroot
Koran versameling in 'n biblioteek in Chinguetti

Mauritanië word verdeel in 12 regions (hoofstede in hakkies):

  • Adrar (Atar)
  • Assaba (Kifa)
  • Brakna (Aleg)
  • Dakhlet Nouadhibou (Nouadhibou)
  • Gorgol (Kaédi)
  • Guidimaka (Sélibaby)
  • Hodh Ech Chargui (Néma)
  • Hodh El Gharbi (Ayoun el Atrous)
  • Inchiri (Akjoujt)
  • Tagant (Tidjikdja)
  • Tiris Zemmour (F'dérik)
  • Trarza (Rosso)

Die nasionale hoofstad, Nouakchott, verteenwoordig 'n hoofstaddistrik.

[wysig] Geografie

Mauritanië is oor die lagemeen plat, die land se 1 030 700 vierkante meter wat uigestrekte, droë vlaktes vorm wat af en toe onderbreek word deur randjies en kransagtige dagsome. 'n Reeks steiltes kyk suidwes en verdeel die vlaktes in die middel van die land longitudinaal in twee. Die steiltes skei ook 'n reeks sandsteen plato's, die hoogste hiervan is die Adrarplato, wat 'n hoogte van 500 meter bereik. Fontien gevoerde oases lê aan die voet van sommige van die steiltes. Geisoleerde pieke, baiekeer ryk in minerale, rys bo die plato's uit; die kleiner pieke word guelb'e genoem en die groteres kedia's. Die konsentriese Guelb er Richat is 'n prominente punt van die noord-sentrale gebeied. Kediet Ijill, naby die stad Zouîrât, het 'n hoogte van 1 000 meter en is die hoogste piek.

[wysig] Trivia

  • Mauritanië en Madagaskar is die enigste twee lande in die wêreld wat nie-desimale geldeenhede gebruik. Die basiese geldeenheid, die ouguiya bestaan uit vyf khoums.

[wysig] Verwysings

  • CIA World Factbook
  • US State Department [7]

[wysig] Eksterne skakels

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:

Sjabloon:Wiktionary

Regering

Nuus

Oorsigte

Gidse

Geskiedenis

Toerisme

  • Sjabloon:Wikitravel


 
Lande van Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Mauritanië | Mauritius | Marokko | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Principe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Wes-Sahara | Zambië | Zimbabwe

Afhanklike gebiede: Brits: Britse Indiese Oseaan Gebied - Sint Helena en afhanklikhede| Portugees: Madeiraeilande |

Spaans: Kanariese-eilande - Ceuta en Melilla | Frans: Mayotte - Réunion

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com