Mars ruimtetuigprogram
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Mars ruimteprogram was 'n reeks onbemande ruimtetuie wat na die planeet Mars gestuur was deur die Sowjet Unie gedurende 1970.
Mars 1 was gelanseer in 1962 maar het gefaal onderweg na Mars. Twee ander Sowjet lanserings gedurende die selfde tydperk, Mars 1962A en Mars 1962B, was waarskynlik identiese ruimtetuie maar beide het gefaal gedurende lansering en het nie die aarde se atmosfeer verlaat nie.
Die ruimtetuie Mars 2 tot en met Mars 7, was gebaseer op 'n nuwe, swaarder ontwerp, ongeveer 5 metrieke ton, en het 'n Proton vuurpyl benodig vir hulle lansering. Hulle was ontwerp om 'n orbiter en landingstuig te vervoer na Mars.
[wysig] Mars 2 en 3
- Lanserings datum/tyd:
- Lanserings massa (ingesluit brandstof):
- Gekombineer: 4650 kg
- Orbiter: 3440 kg
- Landingstuig: 1210 kg
- Wentelbaan massa: 2265 kg
- Afmetings: 4.1 meter hoog, 2 meter wyd (5.9 meter in breedte met die sonpanele oop gevou)
Die Mars 2 en 3 missies het bestaan uit identiese ruimtetuie, beide met 'n orbiter en 'n aangehegde landingstuig. Hulle was die eerste mens vervaardigde items wat op die oppervlakte van Mars geland het. Hulle primêre wetenskaplike doelwitte was om opnames te maak van Mars se oppervlakte en wolke, meet van die temperatuur op Mars, bestudering van die topografie, komposisie en fisiese eienskappe van die oppervlakte, meet van die eienskappe van die atmosfeer, meting van Mars se magnetiese velde, en dien as kommunikasie vir die versending van seine vanaf die landingstuie na die aarde. Mars 2 en 3 was gelanseer deur Tyazheliy Sputniks.