Portugal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
República Portuguesa |
|
Volkslied: A Portuguesa |
|
Amptelike taal | Portugees |
Hoofstad | Lissabon |
Regeringstelsel | Republiek |
Religie | Rooms-Katoliek 97% |
Oppervlak – % water |
92 391 km² 0,5% |
Bevolking – Digtheid: |
10 56 212 112/km² |
Geldeenheid | Euro (EUR) |
Tydsone | UTC -1 en 0 |
Nasionale feesdag | 10 Junie |
Web | Kode | Tel. | .pt | PRT | 351 |
Portugal is 'n demokratiese republiek geleë in die suidwestelike hoek van die Iberiese skiereiland in Suidwes-Europa. Portugal word begrens deur Spanje in die noorde en ooste en deur die Atlantiese Oseaan in die weste en suide. Wes van die hoofstad Lissabon lê Cabo da Roca, die mees westelike punt van die Europese vasteland.
Die eilandgroep van die Asore en die eiland Madeira maak deel uit van Portugal.
[wysig] Etimologie
Die naam Portugal is afgelei van die nedersetting Cale in die rivierdelta van die Rio Douro. Cale is moontlik 'n Griekse woord (kalles, "mooi") en het vermoedelik na die natuurskoon in die noorde van die huidige Portugal verwys, wat in die antieke tydperk deur Grieke gekoloniseer is. Daar is egter ook geskiedkundiges wat beweer dat Cale van Fenisiese herkoms is, aangesien die eerste Fenisiese kolonies reeds voor die Griekse tydperk ontstaan het.
Toe Portugal deel uitgemaak het van die Romeinse Ryk, was Cale 'n belangrike seehawe (Latyns: Portus Cale). Tydens die Middeleeue het die naam verander na Portucale en later Portugale, alhoewel dit in die 7de en 8ste eeu slegs na die noordelike geweste van Portugal verwys het, dit wil sê die gebied tussen die riviere Rio Douro en Rio Minho. Die naam Portus Cale is verder verkort tot Porto, nou die tweede grootste stad van die land, wat homself met trots as die naamgewer van Portugal beskou.
|
|
---|---|
België | Ciprus | Denemarke | Duitsland | Estland | Finland | Frankryk | Griekeland | Hongarye | Ierland | Italië | Letland | Litaue | Luxemburg | Malta | Nederland | Oostenryk | Pole | Portugal | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Tsjeggië | Verenigde Koninkryk |