Miguel de Cervantes
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Miguel de Cervantes Saavedra (* 24 September 1547 in Alcázar de San Juan (by Madrid); † 23 April 1616 in Madrid) was 'n Spaanse digter en dramaturg. Sy hele lewe lank was hy arm en deur die ongeluk vervolg. In die Seeslag van Lepanto in 1571 verloor hy sy regterarm, byvoorbeeld, en in 1575 word hy gevange geneem deur seerowers van Algiers en vyf jaar lank aangehou alvorens sy losprys betaal is. Sy bekendste werk is Lewe en dade van die skerpsinnige edelman Don Quijote van La Mancha (El Ingenioso Hidalgo Don Quijote de la Mancha). Cervantes se invloed op die Spaanse taal was enorm en Heinrich Heine het gemeen, dat Cervantes slegs met Shakespeare en Goethe vergelyk kan word. Hy word afgebeeld op Spaanse euromunte van 10, 20 en 50 sent.