Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Londen - Wikipedia

Londen

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Londen
Land: Verenigde Koninkryk
Deelstaat: Engeland
Koördinate: 51°30' N, 0°8' W
Oppervlakte: 1 579 vk km
Bevolking: 7 421 209 (1 Januarie 2005)
Bevolkingsdigtheid: 4 700 / vk km
Metropolitaanse gebied: 12 599 561 inwoners (1 Januarie 2005)
Hoogte: 20 m bo seespieël
Burgemeester: Ken Livingstone


Die Tower Bridge is een van Londen se bekendste bakens
Vergroot
Die Tower Bridge is een van Londen se bekendste bakens

Londen (Engels: London) is die hoofstad van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland en van Engeland. Londen, wat aan die Theemsrivier in die suidooste van Engeland geleë is, het 7 421 209 inwoners (1 Januarie 2005), waarvan sowat 2,7 miljoen in die dertien stadswyke van Inner London. Die metropolitaanse gebied het 'n bevolking van 12,6 miljoen. Die huidige administratiewe gebied met die verdeling in stadswyke het op 1 April 1965 met die stigting van Greater London ontstaan. Londen is die metropool met die vierde grootste populasie in Europa (as Istanbul ingesluit word), na Moskou, Parys, en Istanbul.

Londen is aanvanklik gestig as Londinium, die hoofstad van die Romeinse provinsie Brittanië en word later die middelpunt van die Britse Ryk.

Vandag genereer Londen 17% van die Verenigde Koninkryk se BNP - die vierde grootste ter wêreld - en is 'n groot finansiële sentrum saam met New York en Tokio. Vir eeue reeds is Londen 'n invloedryke sentrum in politiek, finansies, kunste en mode-ontwerp.

[wysig] Ekonomiese basis

Londen het sedert 1986 - die jaar waarin met die liberalisering van die Londense effektebeurs begin is - naas New York en Tokio tot een van die drie belangrikste finansiële sentrums ter wêreld ontwikkel. Meer as 500 banke het hulle hoofkwartiere in die stad, waaronder ook The Hongkong and Shanghai Banking Corporation, die grootste Europese bank. Alhoewel die Verenigde Koninkryk nie self lid is van die sogenaamde Europese Eurosone nie, hanteer Londen se banke meer transaksies in Euro as enige stad op die Europese vasteland.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com