Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Uruguay - Wikipedia

Uruguay

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

República Oriental del Uruguay
Vlag van Uruguay Uruguay: Landswapen
(Vlag) (Landswapen)
Nasionale leuse: Ninguno
(Afrikaans: -)
Ligging van  Uruguay
Amptelike taal Spaans
Hoofstad Montevideo
34°53′ S 56°10′ W
Grootste stad Montevideo
Regering
President
Demokratiese Republiek
Tabaré Vázquez
Onafhanklikheid
- Verklaar
- Herken
van Spanje
25 Augustus 1825
28 Augustus 1828
Oppervlakte
 - Totaal
 - Water (%)

176,220 km² (90ste)
1,5%
Bevolking
 - Soos op 2005 skatting
 - Soos op 2002 sensus
 - Digtheid

3 415 920 (128ste)
3 399 237
19/km² (156ste)
BBP (PPP)
 - 2005 total
 - Per capita

$32 885 miljoen (90ste)
$9 619 (67ste)
Geldeenheid Uruguayaanse Peso (UYU)
Tydsone
 - Somertyd
UST (UTC-3)
UDST (UTC-2)
Volkslied Orientales, la Patria o la tumba
Internet TLD .uy
Skakelkode +598

Uruguay is 'n klein land in Suid-Amerika. Dit word begrens deur Brasilië in die noorde, Argentinië met die Uruguayrivier in die weste, die Río de la Plata in die suidweste en die Atlantiese Oseaan in die suidooste. Omtrent die helfte van die bevolking woon in die hoofstad Montevideo.

Die Río Uruguay
Vergroot
Die Río Uruguay

Die land is die tweede-kleinste in Suid-Amerika, en een van die mees stabiele. Dit vorm vir 'n lang tydperk 'n soort bufferstaat tussen die gebiede van die koloniale moonthede, Portugal en Spanje. Met sy onafhanklikheid in die jaar 1828 lei interne geskille tot 'n fase van politieke magstryd en burgeroorloë, maar uiteindelik word die land danksy die Europese immigrante uit veral Italië en Spanje 'n welvarende land, wat in Europa as die "Switserland van Suid-Amerika" bekend staan.

Die vleisverwerking, wat in die 1860'erjare 'n aanvang in die stad Fray Bentos neem, en die uitvinding van vragskepe met koelingsgeriewe maak van die land een van die grootste vleis-, vel- en woluitvoerders ter wêreld.

Die landbou vorm nog steeds die ekonomiese basis van die land, terwyl die toerisme danksy bekende bestemmings soos Punta del Este en die Costa de Oro 'n groot bydrae tot die vinnig groeiende dienstesektor lewer. Desondanks is honderdduisende Uruguyaners gedwing om 'n heenkome in die buiteland, veral in Argentinië, te vind. 'n Ander probleem bly die oorheersende rol van die hoofstad Montevideo, wat nog steeds meer as die helfte van die bevolking huisves.

[wysig] Geskiedenis

Kaart van Uruguay
Vergroot
Kaart van Uruguay

Omtrent 1000 n.C. is die Charrúa, 'n Indiaanse volk, die grootste etniese groep in die gebied van die huidige Uruguay.

Die Spaanse seevaarder Juan Díaz de Solis is in die jaar 1515 die eerste Europeër, wat in Uruguay voet aan wal sit en met die verkenning van die monding van die Río de la Plata begin. Die Spaanse naam van die rivier - "Silwerrivier" - dui aan dat die Spanjaarde hoop om in die omgewing silwer te vind. 1526 sit Sebastiano de Caboto die verkenningswerk voort en seil stroomop die takrivier Paraná.

Onder hewige verset van die Charrúa-volk begin die Spanjaarde en Portugese met die verowering van die gebied, en alhoewel Uruguay reeds in 1516 'n Spaanse kolonie word, ontstaan die eerste nedersettings nie voor die 17de eeu nie. Aangesien tegelykertyd setlaars vanuit Buenos Aires en Portugal die land binnedring, bly die gebied 'n twispunt tussen Spanje en Portugal. In 1724 stig Spanjaarde die hoofstad Montevideo, terwyl die posisie van die Portugese in Uruguay begin verswak. In 1776 word die gebied van Uruguay as die "Banda Oriental" (oostelike oewer of land oos van die Uruguayrivier) by die Spaanse Onderkoninkryk Río de la Plata (die historiese voorloper van die huidige Argentinië) ingelyf.

Die onafhanklikheidsbeweging onder leiding van José Gervasio Artigas begin in 1810 om die Spaanse juk af te werp, tog word die land net een jaar later 'n twispunt tussen Argentinië en Brasilië. In 1821 slaag Brasilië daarin om die gebied as Provincia Cisplatina te annekseer. Danksy die militêre ingryping van Argentinië verwerf Uruguay in 1825 sy onafhanklikheid. Die República Oriental del Uruguay (Republiek oos van die Uruguayrivier) word op 4 Oktober 1828 uitgeroep.

Die teenstellings tussen die Argentyns- en Brasiliaansgesinde politieke groeperings lei tot 'n gewelddadige binnelandse konflik. Die sogenaamde "Blancos" (die Wittes), veral konserwatiewe eienaars van groot landgoedere, wat deur die Argentynse diktator Juan Manuel Rosas ondersteun word, veg teen die "Colorados" (Rooies), sosiaal-liberaalgesinde nyweraars en koopmanne.

Die huidige departamientos van Uruguay
Vergroot
Die huidige departamientos van Uruguay

In 1838 begin diktator Rosas 'n veldtog teen Paraguay, Uruguay en Brasilië; Uruguay word deur Argentynse troepe beset. Frans-Britse troepe gryp in 1845 in en dwing Argentinië om sy buurland weer te ontruim. Met die oorwinning van die Colorados in 1851 begin die politieke situasie stabiliseer.

In 1864 val Paraguay sy buurlande Argentinië, Uruguay en Brasilië aan, maar die land ly 'n vernederende neerlaag. Een jaar later vorm die Colorado-party die nuwe regering, besluit egter om saam met die oppisisieparty, die Partido Nacional (of Blancos), te regeer. Hierdie magsdeling, die sogenaamde kollegiale stelsel, verseker dat Uruguay tot 'n stabiele demokrasie ontwikkel.

Uruguay is uiters geskik vir landbou en veeteelt, en tussen 1830 en 1930 vestig sowat 700 000 immigrante uit Spanje, Italië, Duitsland, Engeland en Switserland hulle in die land. Sy welvarende landbou en die uitvoer van vleis is die basis vir 'n grootskaalse ekonomiese opbloei. Uruguay word een van die rykste state in Latyns-Amerika. Die beleid van president José Batlle y Ordóñez, wat 1903 as staatshoof verkies word, maak van Uruguay 'n moderne staat met 'n gevorderde welvaartstelsel. Hy skei staat en kerk van mekaar en begin met die uitbou en modernisering van die pad- en spoorwegnet. In die 20ste eeu kan die land op sosiale vlak tred hou met die Europese nasies en kry die bynaam "Switserland van Suid-Amerika".

Die Groot Depressie van 1929 tref Uruguay baie hard, en die ekonomiese krisis bevorder in 1933 die verkiesing van Gabriel Terra. Sy regering munt in 'n diktatorskap uit, wat tot 1942 voortduur. Die liberale regering herstel in 1946 die kollegiale stelsel.

Nuwe grondwette word in 1919 en 1951 goedgekeur. Uruguay is in 1945 een van die stigterslede van die Verenigde Nasies.

Die binnestad van Montevideo
Vergroot
Die binnestad van Montevideo

In die sestigerjare begin die ekonomiese situasie geleidelik versleg. Die sosiale onrus, wat vervolgens opvlam, lei in 1963 tot die vorming van 'n gewapende stadsguerilla, die sogenaamde Tupamaros (vernoem na die Inka-koning Túpac Amarú), wat veral in die hoofstad Montevideo optree. In 1967 word die kollegiale stelsel deur 'n presidiale regering vervang, Jorge Pacheco Areco word die nuwe president. Sy opvolger Juan María Bordaberry (Colorados), wat in 1972 die presidentsamp oorneem, is nie in stat om die land se probleme op te los nie. Die militêre staatsgreep van die jaar 1973, waarby Bordaberry die mag met die Uruguayaanse weermag deel, is 'n poging om 'n einde aan die onluste en terreuraanslae te maak, lui egter ook 'n tydperk van 'n diktatoriale regeringstelsel in, wat eers met die vrye demokratiese verkiesings van 1985 tot 'n einde kom. Die outeritêr-militêre régime verbied alle politieke aktiwiteite en vermoor die leiers van linkse opposisiepartye. Tussen 1973 en 1975 verlaat meer as een miljoen mense om politieke en ekonomiese redes die land. In 1976 word Bordaberry deur die militêre leiers afgesit; die weermag begin die land alleen te regeer en verkies Aparicio Méndez as die nuwe president. Terwyl die ekonomie vanaf 1978 begin herstel, bly Uruguay een van die mees repressiewe lande ter wêreld; die relatiewe aantaal politieke gevangenes is die hoogste ter wêreld.

Die huidige president van Uruguay, Tabaré Vázquez, met die visepresident Rodolfo Nin
Vergroot
Die huidige president van Uruguay, Tabaré Vázquez, met die visepresident Rodolfo Nin

Die nuwe grondwet, wat die magsposisie van die militêre leiers sou versterk, word deur die bevolking in die referendum van 1980 nie goedgekeur nie. Weens die toenemde politieke instabiliteit en onluste word president Méndez deur generaal Gregorio Alvarez, 'n voorstander van demokratiese hervorming, vervang.

In die eerste vrye verkiesing na die staatsgreep word in 1985 Julio María Sanguinetti Cairolo (Partido Colorado) die nuwe president. Ondanks die hoë inflasiekoers van meer as 70 persent en 'n skuldlas van vier biljoen VSA-dollar slaag hy daarin om die ekonomie te stabiliseer.

Die wenner van die verkiesing in 1990 is Luis Alberto Lacalle de Herrera (Partido Nacional), wat die politiek van sy voorganger voortsit. Sy regering beplan om die groot staatsbedrywe, wat die vervoer-, kommunikasie-, energie- en versekeringsbedryf oorheers en deur groot verliese gekenmerk word, te privatiseer. Hierdie planne word in 'n referendum afgekeur.

Die huidige regering onder die leiding van president Tabaré Vázquez word deur Encuentro Progresista-Frente Amplio-Nueva Mayoría'n koalisie van linkse partye (die Encuentra Progresista, Frente Amplio en Nueva Mayoría) gevorm, wat 'n meerderheid in albei kamers van die parlement het.

[wysig] Ekonomie

Toerisme: Strand in Punta del Este
Vergroot
Toerisme: Strand in Punta del Este

Uruguay beskik oor 'n markgerigte ekonomie, alhoewel die staatsektor nog steeds 'n buitengewoon groot aandeel beslaan. In teenstelling met sy buurstate begin die land taamlik laat met die privatisering van sy staatsbedrywe en is hy nog steeds meer of min 'n onbekende vir internasionale beleggers.

Die relatiewe stabiliteit van die Uruguyaanse ekonomie word gereeld deur resessies in Argentinië en Brasilië ondermyn. Sedert die sestigerjare ondervind Uruguay groot ekonomiese moeilikhede, aangesien die land nie meer as 'n werklike mededinger op die wêreldmark kan optree nie. Dit steun nog steeds op die landbou, met name die veeteelt. Die voedselverwerking is die grootste nywerheid van die land. Nog in die vyftigerjare kan die land op die wêreldmark meeding met die gevorderde Europese nywerheidslande, tog versleg sy posisie vanaf die jare sestig aansienlik.

Alhoewel Uruguay nou 'n lidstaat van die gemeenskaplike Suid-Amerikaanse mark Mercosur geword het en sy ekonomie teen 'n gemiddelde jaarlikse koers van 3,6 persent groei, leef nog steeds 23 persent van sy bevolking benede die broodlyn. Die bestryding van die hoë inflasiekoers is een van die hoofdoelwitte van die regering se ekonomiese beleid.


Lande in Suid-Amerika
Argentinië | Bolivia | Brasilië | Chili | Colombia | Ecuador | Guyana | Paraguay | Peru | Suriname | Uruguay | Venezuela
Ander: Falklandeilande | Frans-Guiana
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com