Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Le Havre - Wikipedia

Le Havre

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Le Havre is 'n stad in die Normandiese département Seine-Maritime in die noordweste van Frankryk met sowat 193 000 inwoners. Die stad by die monding van die Seinerivier dra die bynaam "Porte Océane" en is die tweede grootste seehawe van Frankryk en die tweede grootste stad van Normandië.

Le Havre is in 1944 deur gealliëerde lugaanvalle volledig verwoes. Die argitek Auguste Perret (1874-1954) neem die besluit om die ou stadskern nie te herstel nie, maar verwesenlik sy visie van 'n moderne, vriendelike stad, wat volgens 'n eenvormige roosterpatroon aangelê is en grotendeels uit industrieel vervaardigde betonelemente bestaan. Die straatblokke se afmetings is noukeurig beplan om enersyds 'n maksimum van sonlig te laat binnedring, maar om andersyds ook as 'n beskerming teen die koue seewind te dien.

Uitsig oor die strand van Le Havre en 'n deel van die stadsentrum
Vergroot
Uitsig oor die strand van Le Havre en 'n deel van die stadsentrum

Die see, die hawe en die belangrike geboue is van orals in die middestad sigbaar.

Vir Perret se nuwerwetse gebruikmaking van die boumateriaal beton en die indrukwekkende aantoning van sy potensiaal verklaar die UNESCO die stadsentrum van Le Havre op 15 Julie 2005 tot wêrelderfenisgebied. Die oppervlak van 133 hektaar verteenwoordig volgens die UNESCO "'n buitengewone voorbeeld van die argitektuur en die urbanisme van die na-oorlogse tydperk" en is een van die min destydse Europese objekte op die lys van die wêrelderfenisgebiede.

Ander besienswaardighede is die strand van sowat twee kilometer midde-in die stadsentrum, die klein universiteit met 7 500 studente en die ou hawe wes van die stadsentrum. Sy historiese dokke is nou 'n elegante winkel- en vermaaklikheidsentrum. 'n Metaaltoring van 120 meter, wat deur die bekende Franse argitek Jean Nouvel opgerig is, is die nuwe baken van die stad. Ook Oscar Niemeyer, die argitek en beplanner van die Brasiliaanse hoofstad Brasilia, het 'n bydrae tot Le Havre se nuwe argitektuur gelewer. Sy kulturele sentrum Le Volcan is 'n ronde betongebou wat soos 'n hoogoond lyk en met Auguste Perret se reghoekige geboue kontrasteer. Die Pont de Normandie, wat Le Havre met Honfleur in die département Calvados verbind, is in 1995 ingewy en behoort tot die langste brûe in Europa.

Die André-Malraux-museum (Musée des Beaux-Arts André Malraux) bewaar die erfenis van die impressionistiese skilders soos Monet, Boudin, Dufy en Pissaro, wat die lig en die bekoorlike landskap van Calvados as hulle gunstelingmotiewe ontdek het.

[wysig] Geskiedenis

Die kulturele sentrum Le Volcan van Oscar Niemeyer
Vergroot
Die kulturele sentrum Le Volcan van Oscar Niemeyer

Le Havre is 'n baie jong stad. Dit word in die jaar 1517 ter ere van koning Frans I van Frankryk onder die naam Franciscopolis gestig om die ou hawens van Honfleur en Harfleur te vervang. Later word dit hernoem tot Le Havre-de-Grâce.

Frans I, koning van Frankryk en stigter van Le Havre
Vergroot
Frans I, koning van Frankryk en stigter van Le Havre

Die ekonomiese groei van die stad begin tydens die 18de eeu danksy die uitgebreide seehandel. In die 19de eeu word dit 'n belangrike nywerheidstad.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog word Le Havre in die Slag van Normandië verwoes, en 5 000 inwoners sterf in die lugaanvalle. Meer as 12 000 woonstelle is volledig verwoes. Die heropbou van die stad word deur die argitek Auguste Perret in die boustyl van die modernisme beplan.

Tot by die sewentigerjare van die 20ste eeu is Le Havre 'n belangrike hawe vir die passasierskepe van die transatlantiese roete tussen Le Havre en New York - veral die beroemde France, wat hierdie roete tussen 1962 en 1974 as die grootste passasierskip ter wêreld met 'n lengte van 316 meter bedien het. Ongeag die proteste van inwoners en 'n staking van die loodse is die France in 1979 aan 'n Noorse redery verkoop en herdoop tot Norway.

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com