Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Bonn - Wikipedia

Bonn

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Federale Stad Bonn
Land: Duitsland
Deelstaat: Noordryn-Wesfalen
Stigting: 12 v.C. Romeinse voorpos
Koördinate: 50° 43' N, 7° 06' O
Oppervlakte: 141,22 vk km
Bevolking: 314 020 (31 Desember 2005)
Bevolkingsdigtheid: 2 221 / vk km
Hoogte: 45,6-194,8 m bo seespieël
Burgemeester: Bärbel Dieckmann (SPD)
'n Oorsig oor die stad Bonn
Vergroot
'n Oorsig oor die stad Bonn

Die Federale Stad Bonn lê in die suide van die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfalen langs die oewers van die Ryn. Dit is een van die oudste stede van Duitsland, met 'n geskiedenis wat oor meer as 2 000 jaar strek. Tot by die einde van die 18de eeu is Bonn die hoofstad van die Keulense Keurvorste. Tydens die 19de eeu ontwikkel die Universiteit van Bonn tot een van die voorste akademiese instellings in Duitsland. Met tans sowat 30 000 studente is dit een van die grootste Duitse universiteite.

In die tydperk tussen 1949 en 1990 het Bonn as die hoofstad van die Bondsrepubliek Duitsland en daarna, tot by die jaar 1999, as regeringsetel van die herenigde Duitsland gedien. Alhoewel die parlement en dele van die regering na die historiese hoofstad Berlyn verskuif is, is daar nog steeds ses departemente in die stad, wat die amptelike naam Federale Stad Bonn gekry het.

Die voormalige hoofkwartiere van parlement, regering en baie departemente is onder meer deur maatskappye oorgeneem. Twaalf organisasies van die Verenigde Nasies het hulle hoofkwartiere in die stad, en die nuwe VN-Kampus, wat in Julie 2006 geopen is, huisves nou die meeste van hulle.

[wysig] Geografie

Bonn, soos gesien vanuit die Drachenfels
Vergroot
Bonn, soos gesien vanuit die Drachenfels

Bonn lê in die suid-weste van die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfalen, sowat 25 kilometer van Keulen af, in die oorgangsgebied tussen die Rynlandse Leisteen-gebergte en die Nederrynse Vlakte. Die stad lê langs die oewers van die Ryn, met drie derdes van die stadsgebied teen die linkeroewer.

Bonn grens in die suide en weste aan die uilopers van die Eifel-gebergte, in die noorde aan die Keulense Bog en in die ooste en suid-ooste aan die Bergiese Land. Weens sy ligging word Bonn ook die "Poort na die romantiese Middelryn" genoem.

Die hoogste bergspits in die stadgebied is die Paffelsberg met 'n hoogte van 194,8 meter. Bonn beskik oor 'n natuurpark in die stadsentrum, die Rheinaue-park, wat met sy oppervlak van 160 hektaar 'n groot deel van die oorstromingsgebied teen die linker- en regteroewer van die Ryn beslaan. Die park is tydens die Federale Tuinskou in 1979 ingewy en word onder meer vir opelugkonserte gebruik.

[wysig] Geskiedenis

Die oudste nedersettings in die gebied dateer uit die tydperk omtrent 14 000 v.C. Ná die nederlaag van die Romeinse veldheer Varus in die slag teen Germaanse krygers onder die bevel van Arminius in 9 n.C. word die stad, wat destyds Bonna genoem is, as 'n militêre voorpos uitgebou. In die noorde van die huidige Bonn is 'n Romeinse legioen gestasioneer. Handelaars en ambagsmanne het hulle vinnig digby die voorpos gevestig.

Standbeeld van Ludwig van Beethoven, 'n boorling van Bonn
Vergroot
Standbeeld van Ludwig van Beethoven, 'n boorling van Bonn

Met die ondergang van die Romeinse Ryk in die 5de eeu begin ook die neergang van Bonn. In die Frankiese tydperk en veral in die 9de en 10de eeu ontwikkel Bonn tot 'n geestelike sentrum, met die Villa Basilika as sy middelpunt. In die gebied van die huidige mark het 'n Middeleeuse markdorp ontstaan.

Ná hulle neerlaag in die slag naby Worringen in die jaar 1288 het die Keulense Keurvorste Bonn naas Brühl en Poppelsdorf as een van hulle woonplekke gekies. Uiteindelik het Bonn ook hulle hoofsetel geword. Tydens die 17de en 18de eeu het die Keurvoorste 'n aantal pragtige geboue in die barok-styl in Bonn laat opgerig.

In 1794 is Bonn deur Franse troepe beset en in 1815, ná Napoléon Bonaparte se neerlaag, by die Koninkryk Pruise ingelyf. Die stad het in die 19de eeu veral danksy die plaaslike universiteit, wat teen die einde van die 18de eeu gestig en in 1818 heropen is, bekendheid verwerf.

Ná die Eerste Wêreldoorlog is Bonn eers deur Britse en daarna tot by die jaar 1926 deur Franse troepe beset. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is groot dele van Bonn deur geallieerde bomaanvalle verwoes.

Die besluit, om van Bonn eerder as van Frankfurt am Main die voorlopige hoofstad van die nuut gestigte Bondsrepubliek Duitsland te maak, is op 3 November 1949 geneem en het tot 'n vinnige groei van die stad gelei.

[wysig] Eksterne skakels

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com