Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Natrium - Wikipedia

Natrium

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

natriummagnesium
Li
Na
K  
 
 
Natrium in die periodieke tabel
General
Naam, Simbool, Getal natrium, Na, 11
Chemiese reeks alkalie-metaal
Groep, Periode, Blok 1 (IA), 3 , s
Digtheid, Hardheid 968 kg/m3, 0.5
Voorkoms wit met silwer skynsel
Atoomeienskappe
Atoomgewig 22.989770 amu
Atoomradius (ber.) 180 (190) pm
Kovalente radius 154 pm
van der Waals radius 227 pm
Elektron konfigurasie [Ne]3s1
e e per energievlak 2, 8, 1
Oksidasie toestande (Oksied) -1 (sterk basis)
Kristalstruktuur kubies vlak gesentreerd
Fisiese eienskappe
Toestand van materie Vastestof (paramagneties)
Smeltpunt 370.87 K (97.72 °C)
Kookpunt 1156 K (882.85 °C)
Molêre volume 23.78 ×10−6 m3/mol
Verdampingswarmte 96.96 kJ/mol
Smeltingswarmte 2.598 kJ/mol
Dampdruk 1.43×10-5Pa teen 1234 K
Spoed van klank 3200 m/s teen 293.15 K
Algemeen
Elektronegatiwiteit 0.93 (Pauling skaal)
Spesifieke warmtekapasiteit 1230 J/(kg*K)
Elektriese geleidingsvermoë 21 106/(m·ohm)
Termiese geleidingsvermoë 141 W/(m*K)
1ste ionisasie potentiaal 495.8 kJ/mol
2de ionisasie potentiaal 4562 kJ/mol
3de ionisasie potentiaal 6910.3 kJ/mol
4de ionisasie potentiaal 9543 kJ/mol
5de ionisasie potentiaal 13354 kJ/mol
6de ionisasie potentiaal 16613 kJ/mol
7de ionisasie potentiaal 20117 kJ/mol
8ste ionisasie potentiaal 25496 kJ/mol
9de ionisasie potentiaal 28932 kJ/mol
10de ionisasie potentiaal 141362 kJ/mol
Mees stabiele isotope
iso NV halfleeftyd VM VE MeV VP
22Na sin. 2.602 y epsilon 2.842 22Ne
23Na 100% Na is 'n stabiel met 12 neutrone
SI eenhede & STD word gebruik tensy anders vermeld.

Natrium is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Na (Natrium uit Latynse taal) en atoomgetal van 11. Natrium is 'n sagte, wasagtige, silwer, reaktiewe metaal wat aan die alkalie-metale behoort en kom in oorvloed voor in natuurlike stowwe (veral haliet). Dit is hoogs reaktief, brand met 'n geel vlam, word in lug geoksideer en reageer heftig met water wat meebring dat dit onder olie gestoor moet word.

Inhoud

[wysig] Kenmerkende eienskappe

Soos die ander alkalie-metale is natrium 'n sagt, baie ligte, silwerig wit, reaktiewe element wat nooit as 'n suiwer element in die natuur aangetref word nie. Natrium dryf in water, en ontbind dit ook om waterstofgas en hidroksied ione vry te stel. Wanneer dit fyn genoeg gemaal word sal natrium spontaan ontbrand in die teenwoordigheid van water. Dit ontbrand egter nie normaalweg spontaan in lug onder 338 Kelvin oftewel 64.85 °C nie.

[wysig] Aanwendings

Natrium in sy metaalvorm is 'n belangrike komponent vir die maak van esters en vir die vervaardiging van organiese verbindings. Hierdie alkalie-metaal is ook 'n komponent van natriumchloried (NaCl) wat noodsaaklik is vir lewe. Ander gebruike sluit in:

  • Word gebruik in sekere legerings om hul struktuur te verbeter,
  • Word in seepvervaardiging gebruik (saam met vetsure)
  • Om metale se oppervlaktes blink en glad te maak
  • Die suiwering van gesmelte metale.
  • In natriumdamp-lampe, wat 'n effektiewe manier is om lig vanuit elektrisiteit te verkry.

NaK, 'n legering van natrium en kalium, is 'n belangrike hitte-oordrag materiaal.

[wysig] Geskiedenis

Natrium word al lank reeds as 'n komponent van verbindings geëien, maar is eers in 1807 deur Sir Humphry Davy geïsoleer deur die elektrolise van bytsoda. In Europa tydens die middel-eeue is 'n verbinding van natrium met die Latynse naam sodanum gebruik as hoofpynstiller.

[wysig] Verspreiding

Natrium is volop in die sterre en die D spektraallyne van hierdie element is van die mees prominente in sterlig. Natrium maak ongeveer 2.6% van die Aardkors uit, wat dit die vierde mees volopste element daarin maak en die volopste alkalie-metaal. Dit word tans kommersieël geproduseer deur die elektrolise van droë gesmelte natriumchloried. Die metode is minder duur as die proses van vervaardiging deur die elektrolise van natriumhidroksied. Metalliese natrium het ongeveer 0.30 tot 0.45 Amerikaanse Dollar per kg gekos in 1997 en reagensgraad (ACS) natrium het in 1990 $75/kg (VSA) gekos. Op 'n volume basis is dit dus die goedkoopste metaal beskikbaar.

[wysig] Verbindings

Natriumchloried, ook beter bekend as gewone tafelsout, is die mees algemene verbinding van natrium. Natrium kom egter ook in baie ander minerale, soos amfibool, krioliet, haliet, soda niter, zeoliet ensovoorts voor. Natriumverbindings is belangrik vir die chemiese-, glas-, metaal-, papier-, petroleum-, seep- en tekstielnywerhede. Seep is gewoonlik 'n natriumsout van sekere vetsure.

Die belangrikste industriële natriumverbindings is gewone tafelsout (NaCl), soda-as (Na2CO3), koeksoda (NaHCO3), Bytsoda (NaOH), Salpeter (NaNO3), die di- en trifosfate van natrium, natriumtiosulfaat (hipo, Na2S2O3 · 5H2O) en boraks (Na2B4O7 · 10H2O).

[wysig] Isotope

Daar is dertien isotope van natrium wat al geëien is. Die enigste stabiele isotoop is Na-23. Natrium het twee radio-aktiewe kosmogeniese isotope (Na-22, halfleeftyd = 2.605 jaar; Na-24, halfleeftyd = ~15 ure).

[wysig] Voorsorgmaatreëls

In sy poeiervorm is natrium plofbaar in water en 'n gif in verbinding of onverbind met baie ander elemente. Die metaal moet te alle tye versigtig gehanteer word. Natrium moet gestoor word in of 'n inerte atmosfeer of onder minerale olie.

[wysig] Fisiologie van Na-ione

Natrium-ione speel 'n diverse rol in vele fisiologiese prosesse. Prikkelbare selle maak byvoorbeeld staat op die inname van Na+ om 'n depolarisasie te bewerkstellig. 'n Voorbeeld hiervan is die seinoordrag in die menslike sentrale senuwee-stelsel.

[wysig] Verwysings

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com