Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Smeltingswarmte - Wikipedia

Smeltingswarmte

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die smeltingswarmte (ook latente smeltingswarmte genoem) is die hoeveelheid warmte-energie wat 'n materiaal moet absorbeer om 'n bepaalde hoeveelheid massa van die stof van 'n vastestof tot 'n vloeistof en omgekeerd te verander. Die temperatuur waarteen hierdie omskakeling van toestand plaasvind word die smeltpunt genoem. Die warmte-energie wat afgegee word om die teenoorgestelde toestandsverandering te bewerkstellig is gewoonlik ewe veel en daar kan daarna verwys word as die stollingswarmte.

Wanneer 'n mens termiese energie van 'n vloeistof of 'n vastestof onttrek, val die temperatuur. Wanneer warmte-energie bygevoeg word styg die temperatuur. Wanneer die oorgangspunt tussen die vastestof- en vloeistoffases egter bereik word (die smeltpunt), bly die temperatuur vir 'n suiwer stof konstant met verdere toevoeging of onttrekking van energie totdat die toestandverandering voltooi is, voordat daar weer 'n verdere styging of daling respektiewelik in die temperatuur sal plaasvind. Dit is dan ook die rede waarom daar na die latente smeltingswarmte verwys word, aangesien die addisionele toegevoegde energie se impak "weggesteek" is in soverre dit die temperatuur betref. Om van 'n vloeistof- na 'n vastestoftoestand te verander moet die molekules van die stof meer georden raak en moet addisionele hitte verwyder word. In die teenoorgestelde rigting moet daar 'n groter wanorde tussen die molekules wees en moet hitte bygevoeg word.

Die eenhede waarin smeltingswarmte gewoonlik uitgedruk word is:

joule per mol (die SI-eenheid)

of

kalorieë per gram (ou metriese eenheid wat tans min gebruik word)

of

Britse termiese eenheid per pond (British Thermal Unit) of Btu per pond-mol (Nog in algemene gebruik in sekere Amerikaanse publikasies).

[wysig] Smeltingswarmte van bekende stowwe

Die smeltingswarmte van water is

334.5 kilojoule per kilogram

Die smeltingswarmte van 'n paar ander algemene stowwe is:

Stof Smeltingswarmte
(kJ/kg)
metaan: 58.41
etaan: 95.10
propaan: 79.96
metanol: 99.16
etanol: 108.99
gliserol: 200.62
mieresuur: 276.35
asynsuur: 192.09
asetoon: 97.99
benseen: 127.40
myristic acid: 198.70
palmitiensuur: 163.93
steariensuur: 198.91

Hierdie waardes is afkomstig van die CRC Press se Handbook of Chemistry and Physics, die 62ste uitgawe.

[wysig] Sien ook

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com