Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Halfleeftyd - Wikipedia

Halfleeftyd

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die halfleeftyd van 'n radio-aktiewe stof is die tyd wat dit neem vir die helfte van 'n monster om radio-aktiewe verval te ondergaan. Die term word ook in die farmaseutiese en ander bedrywe gebruik.

Die halfleeftyd kan ook meer algemeen beskryf word as die tyd wat dit neem vir 'n grootheid wat onderworpe is aan eksponensiële verval, om na die helfte van sy oorspronklike waarde te verval.

Na #
Halfleeftye
Oorblywende persentasie
van grootheid
0 100%
1 50%
2 25%
3 12.5%
4 6.25%
5 3.125%
6 1.5625%
7 0.78125%
... ...
N \frac{100%}{2^N}
... ...

Die tabel hier regs toon die vermindering in die grootheid aan in terme van die aantal halfleeftye wat verbygegaan het.

Groothede wat onderworpe is aan eksponensiële verval word algemeen aangedui met die simbool N (Hierdie konvensie impliseer 'n verval in 'n aantal diskrete items. Die vertolking is geldig in baie, maar nie alle, gevalle van eksponensiële verval nie). As die grootheid met die simbool N aangedui word, dan word die waarde van N op 'n tyd t deur die volgende vergelyking aangegee:

N(t) = N_0 e^{-\lambda t} \,

waar

  • N0 die aanvanklike waarde van N is (op t=0)
  • λ die positiewe konstante is (die vervalkonstante).

Wanneer t=0, is die eksponent gelyk aan 1 en is N(t) gelyk aan N0. As t na oneindigheid strewe, neig die eksponent na nul.

Daar bestaan 'n tyd t_{1/2} \, sodanig dat:

N(t_{1/2}) = N_0\cdot\frac{1}{2}

Deur dit in die vergelyking hierbo te vervang, verkry ons:

N_0\cdot\frac{1}{2} = N_0 e^{-\lambda t_{1/2}} \,
e^{-\lambda t_{1/2}} = \frac{1}{2} \,
- \lambda t_{1/2} = \ln \frac{1}{2} = - \ln{2} \,
t_{1/2} = \frac{\ln 2}{\lambda} \,

Dus is die halfleeftyd 69.3% van die gemiddelde leeftyd.

[wysig] Verval deur twee of meer prosesse

'n Radio-aktiewe element mag deur twee of meer prosesse verval. Hierdie prosesse kan verskillende waarskynlikhede aan die moontlikheid dat hulle sal plaasvind gekoppel hê en dus bestaan daar ook 'n afsonderlike halfleeftyd wat met elke proses verbind word.

As voorbeeld kan daar vir twee vervalmodusse, die hoeveelheid van 'n stof wat oorbly na 'n tyd t gegee word deur:

N(t) = N_0 e^{-\lambda _1 t} e^{-\lambda _2 t} = N_0 e^{-(\lambda _1 + \lambda _2) t}

Soortgelyk aan die vorige afdeling kan ons die nuwe totale halfleeftyd T _{1/2} \, bereken en sal ons vind dat dit gelyk is aan:

T_{1/2} = \frac{\ln 2}{\lambda _1 + \lambda _2} \,

of in terme van die twee halfleeftye gestel

T_{1/2} = \frac{t _1 t _2}{t _1 + t_2} \,

Waar t _1 \, die halfleeftyd van die eerste proses is en t _2 \, die halfleeftyd van die tweede proses is.

[wysig] Verwante artikels

  • Eksponensiële verval
  • Gemiddelde leeftyd
  • Radio-aktiewe verval
  • Radiometriese datumvasstelling
  • Tabelle van nukliede met kleurkodering van halfleeftye:
    • Isotooptabel (verdeel)
    • Isotoop tabel (volledig)

[wysig] Verwysings

  • Ooreenstemmende artikel in die engelstalige Wikipedia [1].
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com