Michelle Bachelet
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Beeld:Michelle Bachelet official photo.jpg |
|
Order | |
---|---|
President vanaf | 11 Maart, 2006 – huidig |
Vise-President | {{{vise-president}}} |
Voorganger | Ricardo Lagos |
Opgevolg deur | Geen |
Gebore | 29 September, 1951 Santiago, Chile |
Dood | |
Politieke party | Sosialistiese party |
Eggenoot | |
Handtekening | [[Beeld:{{{handtekening}}}|128px]] |
{{{Voetnotas}}} |
Verónica Michelle Bachelet Jeria (gebore 29 September 1951) is 'n Chileense Sosialistiese politikus, en die eerste vrou wat verkies is as die president van haar land. Sy het die presidentskap in 'n opvolgverkiesing gewen, en het teen die Chileense besigheidsman Sebastián Piñera meegeding as presidensiële kandidaat, sy het 'n voorlopige 53,5% van die stemme bekom. Haar presidentskap word ingehuldig op die 11de Maart 2006. Bachelet het ook gedien as Minister van Gesondheid en Minister van Verdediging in die kabinet van haar voorganger, Ricardo Lagos.
Bachelet is die moeder van drie, en sy en haar man is uitmekaar uit. Sy praat Spaans, Engels, Duits, Portugees, Frans, en 'n bietjie Russies.
[wysig] Lewe en loopbaan
Bachelet is gebore in Santiago, die tweede kind van antropoloog Ángela Jeria and Lugmag Generaal Alberto Bachelet. Sy voltooi haar hoërskoolloopbaan in 1969 by Liceo Nº 1 Javiera Carrera, 'n meisieskool. In 1970 het sy haar opleiding in die mediese skool by die Universiteit van Chile begin.
Onder die regering van Salvador Allende, is Bachelet se vader in beheer geplaas van die Voedselverspreidingskantoor, en op die dag van die staatsgreep van 11 September 1973, is hy in hegtenis geneem by die Air War Academy onder die aanklag van hoogverraad. As gevolg van daaglikse marteling by Santiago se publieke gevangenis, het hy aan 'n hartaanval gelei wat sy dood veroorsaak het. Bachelet se kêrel op daardie stadium, Jaime López, is ook in aanhouding geneem en gemartel voor sy vorseerde verdwyning. Op 10 Januarie 1975, is Bachelet se moeder ook in hegtenis geneem en gemartel by die Villa Grimaldi, 'n bekende aanhoudingsentrum in Santiago, vir 21 dae.[1] In 1975, as gevolg van familiekonneksies, is albei - eerder as om te verdwyn - verban na Australië, waar Bachelet se ouer broer Alberto gebly het. Bachelet en haar moeder het daarna hulself in Oos-Duitsland gevestig waar sy ook Duits geleer het by die Herder Instituut in Leipzig en haar mediese studies voortgesit by die Humboldt Universiteit van Berlyn.
In 1979 het Bachelet teruggekeer na Chile, waar sy haar studies voltooi het en gegradueer het - in 1982 - van mediese skool as 'n chirurg by die Universiteit van Chile. Tussen 1983 en 1986 het sy gespesialiseer in pediatrie en publieke gesondheid by die Kinderhospitaal Roberto del Río. Gedurende hierdie tyd het sy ook nie-regeringsorganisasies, soos PIDEE (waarvan sy ook die hoof was tussen 1986 en 1990), bygestaan, en het sy kinders gehelp wat gemartel is en verdwyn het.
Tussen 1985 en 1987 het Bachelet 'n verhouding van 2 jaar gehad met Alex Vojkovic[2], 'n verteenwoordiger vir die Manuel Rodríguez Patriotiese Front (FPMR), 'n gewapende groep wie se aktiwiteite onder andere die mislukte sluipmoordaanval op Pinochet in 1986 insluit. Die verhouding het in 'n kleinigheid verander in haar presidensiële veldtog, waartydens sy enige ondersteuning vir sulke groepe ooit, ten sterkste ontken het.
Bachelet was polities aktief gedurende die tweede helfde van die 1980's, waartydens sy baklei het vir die herstel van demokrasie. In 1990, nadat demokrasie herstel is, het Bachelet gewerk vir die Ministerie van Gesondheid en was 'n konsultant vir die Pan-Amerikaanse Gesondheidsorganisasie, die Wêreldgesondheidorganisasie en die Duitse Gemeenskap vir Tegniese Samewerking (GTZ).
Tussen 1994 en Julie 1997, het Bachelet ook gewerk as adviseur vir die Gesondheids-Ondersekretaris. Aangedryf deur haar belange in burgerlike-militêre betrekkinge, het sy begin om militêre strategie te studeer by die Nationale Akademie van Politieke en Strategiese Studies (Anepe) in Chile, sy het daar die eerste plek in haar bevordering gekry, wat haar toegelaat het om haar studies voort te sit in die Verenigde State by die Inter-Amerikaanse Verdedigingskollege in Washington, DC, by wyse van 'n presidensiële beurs. Sy het in 1998 teruggekeer na Chile om vir die Ministerie van Verdediging te werk as 'n Minister adviseur, en het gegradueer van 'n Meestersprogram in militêre wetenskappe by die Weermag van Chile se Oorlog akademie.
Die Miami Herald dui daarop dat Bachelet, in die verlede, na haarself as 'n ateïs verwys het[3], maar meer onlangs, op 10 Desember, 2005, het die Washington Post berig dat sy haarself geïdentifiseer het as agnosties[4].
[wysig] Politieke loopbaan
As 'n universiteitstudent was Bachelet 'n lid van die Sosialiste Jeug. Sy het aangesluit by die Sosialistiese party van Chile in die 1970's. In 1995 het sy deel geword van die party se Sentrale Kommittee, en vanaf 1998 tot 2000 was sy 'n aktiewe lid van die Politieke Kommissie. In 1996 het sy gestaan as kandidaat vir burgemeester van Las Condes, - 'n voorstad van Santiago - vir die Sosialiste, maar het slegs 2,35% van die stemme verwerf.
Bachelet is as Minister van Gesondheid aangestel deur president Richard Lagos op 11 Maart 2000, en op 7 Januarie 2002 is sy aangestel as die Minister van Verdediging: die eerste vrou om die pos te beklee in 'n Latyns-Amerikaanse land.
Teen die einde van 2004, na 'n hewige toename in gewildheid in meningspeilings, is Bachelet gevra om die Sosialiste se presidensiële kandidaat te word[5]. Op 1 Oktober van daardie jaar het sy bedank van haar regeringspos om haar veldtog te begin. 'n Geleentheid vir die aanwysing van die enkele presidensiële kandidaat van die Koalisie van Partye vir Demokrasie - die CPD: Chile se regerende koalisie sedert 1990 - is gekanselleer nadat Bachelet se opponent, Christen-demokraat Soledad Alvear, a voormalige kabinetslid van die drie CPD regerings, vroeg ontrek het as gevolg van 'n gebrek aan ondersteuning in haar eie party en in meningspeilings.
In die 2005 verkiesing, het Bachelet te staan gekom teen die senter-regse Sebastián Piñera (RN), die regse Joaquín Lavín (UDI) en die ver-linkse Tomás Hirsch (JPM). Met 46% van die stemme, kon sy nie 'n absolute meerderheid bekom nie, wat sy nodig gehad het om die verkiesing te wen. In 'n opvolgverkiesing op 15 Januarie 2006, het Bachelet te staan gekom teen Piñera, en het die presidentskap gewen met 'n voorlopige 53,5% van die stemme, met die gevolg dat sy die land se eerste verkose vroulike president word, die tweede in Suid-Amerika na Guyana se Janet Jagan, en die derde in Latyns-Amerika na Nicaragua se Violeta Chamorro en Panama se Mireya Moscoso.