Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions Madrid - Wikipedia

Madrid

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Madrid
Land: Spanje
Gewes: Outonome Gewes Madrid
Koördinate: 40°25'N, 03°42'O
Oppervlakte: 607 vk km
Bevolking: 3 155 359 (2005)
Bevolkingsdigtheid: 5 190 / vk km
Hoogte: 667 m bo seespieël
Burgemeester: Alberto Ruiz-Gallardón (PP)
Amptelike webwerf: www.munimadrid.es
Madrid: Plaza de España
Vergroot
Madrid: Plaza de España

Madrid is die hoofstad van Spanje en die Outonome Gewes Madrid met 'n oppervlak van 607 vierkante kilometer en is met 3,1 miljoen inwoners die derde grootste stad in die Europese UnieLonden en Berlyn. Die metropolitaanse gebied van Madrid (Comunidad de Madrid) het 'n oppervlak van sowat 8 000 vierkante kilometer en 'n bevolking van 5,8 miljoen mense.

Madrid lê teen die Manzanares-rivier in 'n uitgestrekte vlakte sowat vyftig kilometer suid van die bergreeks Sierra de Guadarrama, in die geografiese sentrum van die Iberiese skiereiland.

Madrid is die historiese hoofstad van die Spaanse wêreldryk en die huidige politieke en kulturele sentrum van Spanje en sy finansiële en handelsentrum. Madrid dien as die setel van die Spaanse monargie en regering.

Dit is ook die setel van 'n aartsbiskop, belangrike administratiewe en militêre instellings, ses universiteite en 'n aantal ander tersiêre instellings, die Internasionale Toerisme-organisasie (OMT) talle teaters, museums en kulturele instellings. Die Koninklike Paleis van Madrid, die Koninklike Klooster van San Lorenzo de El Escorial en die Prado-museum is die belangrikste in 'n lang lys van besienswaardighede.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Alhoewel die gebied van Madrid reeds in die prehistoriese tydperk bewoon is, dateer die eerste verwysings na die stad uit die 9de eeu, toe Mehmed I 'n klein paleis op die terrein van die huidige Palacio Real of Koninklike Paleis laat oprig. Ringsom die paleis ontstaan 'n klein sitadel, al-Mudaina. Die Manzanares-rivier, wat deur die Arabiere al-Majri ("die bron van water") genoem is, vloei naby die paleis en is die etimologiese oorsprong van die naam Majerit, wat later na die huidige spelling Madrid verander het.

Die katedraal van Almudena
Vergroot
Die katedraal van Almudena
Die Escorial
Vergroot
Die Escorial

Tydens die Reconquista, die Christelike herowering van die Iberiese skiereiland, neem Alfonso I van Kastilië die sitadel in 1085 in. Hy wy die moskee as die Kerk van die Jonkvrou van Almudena. Sefardiese Jode en Moslems bly tot hulle verdrywing in die 15de eeu in die stad.

In 1329 vergader die Cortes Generales as raadgewende liggaam van koning Ferdinand IV van Kastilië vir die eerste keer in die stad. Hendrik III van Kastilië (1379-1406) herbou die stad ná 'n tydperk van onluste en 'n groot brand. Hy gee die voorkeur aan die versterkte El Prado buite die stadsmuur as sy nuwe residensie. Met die groot intog van Ferdinand en Isabella eindig die stryd tussen die koninkryke van Kastilië en Aragón.

Koning Karel I van Spanje verenig die Koninkryke van Kastilië met sy hoofstad Toledo en Aragón met sy hoofstad Barcelona in die huidige Koninkryk van Spanje. Alhoewel Karel reeds beoog om Madrid tot die nuwe hoofstad van die land te verklaar, is die koninklike hof eers deur sy seun Filips II (1527-1598) na Madrid verskuif, wat van Madrid de facto die hoofstad van Spanje maak. Die stad Sevilla heers in hierdie tydperk nog steeds oor die Spaanse besittings in Wes-Indië, maar terselfdertyd oorheers Madrid Sevilla. Met die uitsondering van 'n kort tydperk tussen 1601 en 1606, toe Filips (Felipe) III sy hof na Valladolid verskuif, is die lot van Madrid nou met dié van Spanje verbonde. Tydens sy Siglo de Oro, die Goue Eeu in die 16de en 17de eeu, toon Madrid min ooreenkomste met ander Europese hoofstede; die bevolking bly in ekonomiese opsig van die hof afhanklik.

Die hoek van Gran Via en Alcalastraat
Vergroot
Die hoek van Gran Via en Alcalastraat
Die Paleis van Kommunikasie (links) en die Bank van Spanje
Vergroot
Die Paleis van Kommunikasie (links) en die Bank van Spanje

Filips (Felipe) V neem die besluit om die stad by ander Europese metropole aan te pas en laat tydens sy heerskappy nuwe paleise soos die Palacio Real oprig. Tog word Madrid eers in die tyd van die populêre koning Karel (Carlos) III (1716-1788) 'n moderne stad. Toe Carlos IV (1748-1819) as sy opvolger koning van Spanje word, breek 'n opstand uit. Carlos III neem ná die Muitery van Aranjuez, wat deur sy eie seun Fernando VII aangevoer is, afstand van die troon. Die heerskappy van Fernando VII word met die inname van Madrid deur Franse troepe in Mei 1808 beëindig. Die opstand van die plaaslike bevolking teen die Franse troepe is meedoënloos neergeslaan en ondermyn vir 'n lang tyd Frankryk se heerskappy in Spanje en sy reputasie in Europa.

Ná die onafhanklikheidsoorlog keer Fernando VII in 1814 terug op die troon, tog word hy as gevolg van 'n liberale militêre rewolusie deur kolonel Riego gedwing om die eed op die grondwet af te lê. In die volgende dekade wissel liberale en konserwatiewe regerings mekaar af. Onder die heerskappy van Isabel II (1830-1904) vlam politieke spannings weer op. Ná 'n tweede opstand en die uitroeping van die Eerste Spaanse Republiek word die monargie heringevoer. Die Tweede Spaanse Republiek maak 'n einde aan die monargiese stelsel, tog mond die politieke konflik tussen fasciste en republikeine in die Spaanse Burgeroorlog (1936-1939) uit. Madrid, wat tot by die einde van die oorlog 'n republikeinse vesting bly, is een van die stede wat die swaarste deur die gevegte getref word, en dit is ook die eerste waar siviele teikens deur bomaanvalle verwoes word.

Die Plaza del Sol in die sentrum van Madrid
Vergroot
Die Plaza del Sol in die sentrum van Madrid
Die Nubiese Templo de Debod
Vergroot
Die Nubiese Templo de Debod

Tydens die diktatuur van generaal Francisco Franco groei die nywerhede veral in die suide van Madrid en lok duisende binnelandse migrante van die platteland. Die suidoostelike randgebiede van die hoofstad ontwikkel tot uitgestrekte krotbuurte, maar is terselfdertyd die politieke en kulturele sentrum van die demokratiese weerstandsbeweging. Die tydperk tussen 1965 en 1973 word deur 'n aantal stakings en studenteproteste gekenmerk.

Ná die afsterwe van generaal Franco in 1975 aanvaar die nuwe demokratiese partye sy wens dat die konstitusionele monargie met Juan Carlos I as koning heringevoer moet word, onder meer om die stabiliteit en demokrasie ná die einde van die diktatuur nie in gevaar te bring nie.

Met die ekonomiese opswaai van die tagtigerjare vestig Madrid sy posisie as die leidende ekonomiese, kulturele, industriële, tegnologiese en onderwyssentrum van die Iberiese skiereiland.

In 1992 is Madrid die kulturele hoofstad van Europa.

'n Bomaanslag, wat Madrid se beroepsverkeer op 11 Maart 2004 tydens die spitsuur tref, eis tweehonderd slagoffers. Islamitiese terroriste het die bomme as vergelding vir Spanje se militêre aanwesigheid in Irak in 'n trein geplaas.

[wysig] Klimaat

Die gebied van Madrid lê in die droë Mediterreense klimaatsone met sowat 2 800 sonskynure per jaar, tog is die nagtelike temperature en veral die winters as gevolg van die stad se ligging van meer as 600 meter bo seevlak kouer as in die kusgebiede. Die somers is baie warm, met temperature van meer as 30 °C in Julie. Reënval kom hoofsaaklik in die lente en herfs voor; die gemiddelde reënval is 439 mm per jaar. Die gemiddelde temperatuur is 5 °C in Januarie en 24 °C in Julie.

[wysig] Demografie

Die bevolking van Madrid groei veral in die 20ste eeu danksy die industrialisering en die binnelandse en internasionale migrasie. Ná 'n tydperk van stabilisasie, waartydens net die voorstede 'n noemenswaardige bevolkingsaanwas toon, neem Madrid se inwonerstal teen die begin van die 21ste eeu weer vinnig toe.

Tans is sowat 85 persent van die bevolking Spanjaarde, terwyl groot groepe immigrante uit Latyns-Amerika, Europa, Noord- en Wes-Afrika hulle in die laaste jare in die stad gevestig het. Die grootste gemeenskappe van buitelandse herkoms is immigrante uit Ecuador (83 967), Marokko (51 300), Sjina (48 973), Colombia (37 218) en Peru (32 791). 86 persent van die bevolking is Rooms-Katoliek.

[wysig] Ekonomie

Die Urbanización AZCA is die sentrale sakekern van Madrid
Vergroot
Die Urbanización AZCA is die sentrale sakekern van Madrid

Met die begin van die heerskappy van Filips II word Madrid die nasionale hoofstad van Spanje, tog bly dit in teenstelling met ander Europese metropole vir 'n lang tydperk bloot die administratiewe sentrum van die land.

Die industralisering van Madrid neem 'n aanvang ná die Spaanse Burgeroorlog in die dertigerjare van die twintigste eeu. Die belangrikste nywerhede is aanvanklik meganiese, elektroniese en farmaseutiese ondernemings. Tans beskik Madrid ook oor beduidende chemiese, motor- en vliegtuignywerhede. Tekstiele en voedselverwerking is eweneens belangrik.

Die Puerta de Europa-wolkekrabber
Vergroot
Die Puerta de Europa-wolkekrabber

Die sentralistiese beleid van die Spaanse staat bevorder die vinnige groei van Madrid se ekonomie, en baie maatskappye vestig hulle hoofkwartiere in die stad. Naas die buitelandse banke en die groot assuransiemaatskappye het meer as die helfte van die Spaanse ondernemings en die Spaanse effektebeurs Bolsa hulle hoofkwartiere in Madrid. Die grootste internasionale maatskappye in Madrid is onder meer IBM, Peugeot, Procter and Gamble, Shell en Siemens. Die meeste banke en internasionale ondernemings het hulle langs die Paseo de la Castellana in die noorde van die stad gevestig. Die gebied, wat ook as Urbanización AZCA bekend staan, is nou die besigheidsdistrik van Madrid. Barcelona is 'n belangrike mededinger en begin al hoe meer internasionale maatskappye lok, wat daar hulle hoofkwartiere vestig.

Die onlangse de-industrialisering en die opkoms van die tersiêre sektor as die nuwe ekonomiese swaartepunt voeg finansies, die mediabedryf en kommunikasie by die bestaande administratiewe dienste by. Die vervoer- en kommunikasiesektor verskaf tans meer as 150 000 werkgeleenthede. Daarnaas speel ook die toerisme met jaarliks meer as vyf miljoen besoekers 'n belangrike rol. Dit steun veral op toeriste met kulturele belangstellings.

[wysig] Vervoer

[wysig] Lugverkeer

Die lughawe Barajas
Vergroot
Die lughawe Barajas

Die Internasionale Lughawe Barajas is die belangrikste op die Iberiese skiereiland en verbind Spanje met die metropole van Europa, Amerika en die res van die wêreld. Met jaarliks meer as 40 miljoen passasiers is dit een van die twintig grootste lughawens ter wêreld, en met die oog op die jaarlikse groeisyfer van tien persent is 'n nuwe vierde terminaal, tans die grootste in Europa, onlangs bygevoeg. Die kapasiteit van Madrid se lughawe is nou tot 70 miljoen passasiers per jaar verhoog.

[wysig] Spoorweë

Die treinstasie Atocha
Vergroot
Die treinstasie Atocha

Die nasionale spoorwegnet van Spanje, die Red Ncional de Ferrocarriles Españoles (Renfe), is die belangrikste aanbieder van spoorwegverbindings. Madrid se hoofstasies is Atocha en Chamartín.

'n Nuwe stelsel van hoësnelheidstreine, die Alta Velocidad Española (AVE), word tans beplan en sal in die volgende dekade met sy nuwe spoorwegnet van 7 000 kilometer Madrid met ander belangrike provinsiale stede in Spanje verbind. Reistye sal steeds minder as vier ure wees.

Die eerste hoësnelheidslyn verbind sedert 2005 Atocha met die stede Toledo en Sevilla in die suide en Zaragoza en Lleida in die weste. Die lyn sal teen die jaar 2007 uitgebou word tot by Málaga in Suid-Spanje en die Katalaanse hoofstad Barcelona aan die weskus.

[wysig] Moltreine

Die moltreinnetwerk is aangepas by die bevolking van sowat ses miljoen mense in die metropolitaanse gebied van Madrid en is nou een van die mees uitgestrekte ter wêreld. Die netwerk word vinnig uitgebou; met die nuwe verbinding "Metrosur" na die suidwestelike voorstede beskik Madrid oor die tweede grootste moltreinnetwerk in Wes-Europa na Londen.

Die provinsie van Madrid word deur 'n spoorwegnet, wat veral op pendelaars gemik is (Cercanías), met die sentrum verbind.

[wysig] Kookkuns

Net soos elders in Spanje speel etes 'n groot rol, en mense besoek die plaaslike restourante ook grag vanweë die geselligheid wat 'n gemeenskaplike maal bied. Madrid beskik oor 'n groot verskeidenheid gastronomiese instellings, wat van klein tapas-kroeë tot by eersterangse restourante strek.

Alhoewel Madrid nou 'n groot aantal immigrante-gemeenskappe huisves, lê die klemtoon nog steeds op die tradisionele Spaanse kookkuns. Naas allerlei soorte braaivleis is visgeregte baie gewild, aangesien Madrid oor die tweede grootste vismark ter wêreld beskik.

Tipiese geregte en spesialiteite is Cocido Madrileño (ertjies en ander groente soos aartappels en worteltjies, wat saam met hoender- of varkensvleis bedien word), Sopa de Ajo (knoffelsop), Tortilla de patatas ('n soort eierstruif, wat van aartappels gemaak word) en Besugo al horno (gebakte karper). Tapas is klein happies, wat van enige soort voedsel berei en as 'n voorgereg saam met bier of wyn geniet word.

Soet snoeperye sluit torrijas madrileñas ('n gereg, wat van melk, eiers, heuning en suiker berei word), barquillos (wafels), bartolillos con crema ('n soort tert), buñuelos ('n gevulde gebak), mazapán (marsepein), turrón (nougat) en rosquillas de anís ('n soort anys-gebak).

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu