Louis Pasteur
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Franse skeikundige Louis Pasteur (* 27 Desember 1822 in Dole in die département Jura, † 28 September 1895 in Villeneuve-L'Etang naby Parys) is een van die leidende wetenskaplikes van die 19de eeu en 'n pionier op die gebied van die mikrobiologie. Met die sogenaamde racematsplitsing van 'n sout van die para-wynsteensuur lê Louis Pasteur die grondslag vir die stereochemie.
Pasteur ontwikkel entstowwe teen die pluimveecholera, miltvuur (1881) en hondsdolheid (1885). Pasteurisasie, die kort verhitting van voedsel om kieme te bestry, is 'n metode wat hy as eerste navorser ondersoek.
In 1857 doen Pasteur as dekaan en professor van die departement chemie van die Universiteit van Lille navorsing oor die besonderhede van die fermentasieproses. Hy ontdek die melksuurbakterie, wat die fermentasie van melk tot kaas bevorder, en bewys uiteindelik dat fermentasie nie 'n uitsluitend chemiese entiteit is nie, soos destyds in die wetenskapswêreld beweer word, maar eerder 'n proses wat van die lewende sel afhanklik is. Fermentasie is feitlik 'n chemiese proses, wat in lewende organismes verloop.