Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
San Francisco - Wikipedia

San Francisco

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

San Francisco
Land: Verenigde State
Deelstaat: Kalifornië
Koördinate: 37°46' N, 122°25' W
Oppervlakte: 600,7 vk km
Landoppervlakte: 121 vk km
Bevolking: 744 230 (1 Julie 2004)
Bevolkingsdigtheid: 6 151 / km²
Metropolitaanse gebied: 4 157 377 inwoners
Hoogte: 0-282 m bo seespieël
Burgemeester: Gavin Newsom

San Francisco is die vierde grootste stad van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië na Los Angeles, San Diego en San Jose. Die stad aan die weskus van die Verenigde State staan sedert die sestigerjare, toe dit die hoofstad van die hippie-beweging is, ook bekend onder sy diminutief Frisco. San Francisco is die tweede belangrikste toeristebestemming in die VSA na New York.

Die Golden Gate-brug
Vergroot
Die Golden Gate-brug

San Francisco lê aan die noordelike kant van die San Francisco-skiereiland, met die Stille Oseaan en die San Franciscobaai aan weerskante, en het nagenoeg 780 000 inwoners (meer as 4,1 miljoen in die amptelike metropolitaanse gebied). Die nie-amptelike metropolitaanse gebied van San Francisco strek tot by San Jose in die suide en is met sowat 7 miljoen inwoners (2004) die vierde grootste in die Verenigde State na New York, Los Angeles en Chicago.

Die bekendste bakens van die stad is die Golden Gate-brug met 'n lengte van 2,7 kilometer en 'n maksimale hoogte van 227 meter, die voormalige gevangeniseiland Alcatraz, die Transamerica-gebou in die vorm van 'n piramide met 'n hoogte van 260 meter en die cable car-trem. San Francisco verwerf ook bekendheid as die hoofstad van die Amerikaanse gay-beweging.

Inhoud

[wysig] Geografie

Die stad lê in die noorde van die San-Francisco-skiereiland, met die Stille Oseaan in die weste, die Golden Gate in die noorde en die Baai van San Francisco in die ooste.

San Francisco se ligging digby die geologiese breuksone van San Andreas, 'n bron van voortdurende seismiese aktiwiteite, maak van die stad 'n gebied wat in 'n groot mate deur aardbewegings bedreig word. Die grootste aardbewing in die moderne geskiedenis het die stad in die jaar 1906 getref. Die Loma Prieta-aardbewing in 1989 eis tientalle menselewens en berokken groot skade in die stad en sy omgewing.

Market Street, soos gesien vanuit die Twin Peaks-heuwel
Vergroot
Market Street, soos gesien vanuit die Twin Peaks-heuwel

Die gevaar dat 'n soortgelyke aardbewing soos dié van 1906 die stad in die nabye toekoms sal kan skud spel 'n groot rol by die ontwikkeling van San Francisco se infrastruktuur. Nuwe geboue moet aan hoë veiligheidsvereistes voldoen om die strukturele skade van 'n groot bewing so klein moontlik te hou, terwyl miljoene dollar aan die opgradering van ouer geboue en brûe bestee word.

Die stadshorison van San Francisco
Vergroot
Die stadshorison van San Francisco

Die mees sorgwekkende geologiese gebiede is die landaanwinningsprojekte in die San Franciscobaai soos byvoorbeeld Marina en Hunters Point; die ondergrond bestaan hier uit modder, sand en afval wat in die gevolg van vroeër aardbewings opgehoop is. Hierdie grond blyk uiters onstabiel te wees en lei in die geval van 'n nuwe aardbewing moontlik tot groot skade soos in die Loma Prieta-bewing.

San Francisco staan bekend vir sy heuwels; in totaal is daar 42 heuwels van meer as 30 meter hoogte binne die stadsgrense. Sommige van die heuwels het tot woonbuurte soos Nob Hill, Pacific Heights, Russian Hill en Telegraph Hill ontwikkel, terwyl ander soos Twin Peaks, Mount Sutro, Mount Davidson en Buena Vista-park as publieke parke en onbeboude gebiede bewaar is.

Die bekende voormalige gevangeniseiland Alcatraz lê in die San Franciscobaai en is vandag 'n museum.

[wysig] Geskiedenis

Die poort van Chinatown
Vergroot
Die poort van Chinatown

Die eerste bewoners van die San Franciscobaai is die Muwekma Ohlone ("die volk van die weste"), tog word hierdie Eerste Nasie in die 19de eeu byna uitgeroei.

Die Golden Gate-brug
Vergroot
Die Golden Gate-brug

Tydens die 16de eeu stuur die Spaanse veroweraars twee ekspedisies na die noorde om die weskus van Amerika te verken. Hernán Cortés het toe al "'n skiereiland tussen die golf en die oseaan" ontdek en dit California genoem, tog staan Juan Rodriguez Cabrillo, wat die gebied tien jaar later besoek, in die Spaanse geskiedenisskrywing as die ware ontdekker bekend. Ook ander Europese ekspedisies, onder meer een onder die leiding van sir Francis Drake, verken die weskus tydens die 16de eeu, tog bly die baai van San Francisco weggesteek en onsigbaar vir die Europeane agter sy tipiese misbanke.

San Francisco word in die jaar 1776 as 'n sendingstasie van die Spaanse Fransiskaner-orde gestig. Aanvanklik dra die gebied die naam El Parage de Yerba Buena ("Vallei van die Goeie Kruid"). As 'n gevolg van die Amerikaans-Meksikaanse Oorlog, wat in die jaar 1846 uitbreek, verloor Meksiko sy gesag oor Kalifornië. In 1848, toe Spanje die gebied aan die VSA afstaan, word die naam van die nedersetting verander na San Francisco.

'n Nagtelike uitsig oor San Francisco
Vergroot
'n Nagtelike uitsig oor San Francisco

Die Kaliforniese goudstormloop teen die middel van die 19de eeu lei tot 'n vinnige groei van die stad, wat van 'n klein dorpie met 900 inwoners tot 'n stad van 20 000 mense ontwikkel. Die grafstene op die plaaslike begraafplase begin geleidelik meer Ierse as Spaanse name te toon. Die naam Golden Gate verwys nog steeds na hierdie tydperk.

Baie immigrante laat hulle skepe na hul aankoms in die hawe agter; hulle word later saam met aarde en puin vir landaanwinningsprojekte gebruik. Groot dele van San Francisco se binnestad is op hierdie landfills opgerig.

Die 19de eeu word ook deur die stigting van 'n aantal belangrike ondernemings gekenmerk, waaronder Wells Frago Bank, Levi Stauss & Co. en Ghirardelli Chocolate Company. San Francisco word die ekonomiese sentrum van Kalifornië.

In 1906 verwoes 'n aardbewing San Francisco, tog word die stad vinnig heropgerig.

Tydens die Konferensie van San Francisco in 1945 is die Verenigde Nasies gestig, en met die Vrede van San Francisco, wat in 1951 gesluit is, is die Tweede Wêreldoorlog in die Verre Ooste deur die VSA en Japan amptelik beëindig.

Vanaf die sestigerjare is San Francisco die Amerikaanse sentrum van verskillende teenkulture, soos byvoorbeeld die hippie-beweging. Danksy die liberale maatskaplike klimaat vestig baie gay mans hulle in die stad.

[wysig] Klimaat

San Francisco word aan drie kante deur water omring sodat sy klimaat sterk deur die koue stromings van die Stille Oseaan beïnvloed word. Die stad geniet 'n Mediterreense klimaat met milde temperature. Die somers is relatief fris met temperature wat tussen 15° en 20°C lê en dikwels mistige weer, wat as gevolg van die kombinasie van koue Pasifiese en warm binnelandse lugmassas ontstaan, terwyl die winters deur gematigde temperature en hoë reënval gekenmerk word.

[wysig] Besienswaardighede

Cable Car
Vergroot
Cable Car
  • Die sendingstasie uit die jaar 1776 is een van die gewildste historiese besienswaardighede in San Francisco.
  • Die Golden Gate-brug, wat in 1936 voltooi is, is die bekendste baken van die stad. Die brug verbind die stad met die noordelike voorstede.
  • Chinatown, die Sjinese stadsbuurt van San Francisco, word met sy 80 000 inwoners as die grootste Sjinese nedersetting buite Asië beskou. Dit is 'n digbevolkte kwartier met talryke winkels, ateljees en restourante. Die Golden Gate Fortune Cookie Factory is 'n buitengewoon eksotiese bakkery wat besigtig mag word.
  • Die Cable Car, San Francisco se bekende berg-en-dal-trem, is al in 1873 in diens gestel en ry teen 'n snelheid van hoogstens vyftien kilometer per uur. Die oudste van die waentjies, wat nog steeds in bedryf is, dateer uit die jaar 1887.
  • Die stad beskik oor 'n aantal eersterangse museums soos die M.H. de Young-museum vir Asiatiese kuns, die Kaliforniese Museum en die Meksikaanse Museum.
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com